Thursday, December 24, 2015

Advent - 'n Christus Fees

Advent - 'n Christus Fees

Wat beteken Advent? – Latynse woord Adventus – aankoms, afwagting, verwagting
“Advent is a time of  – Expectant Waiting
      Hopeful Anticipation
      And Cheerful Preparation” – Louis Giglio


Die profete het ‘n afwagting geskep dat ‘n Messias gaan kom wat verlossing gaan bring.

Die afwagting was nie vir ‘n kind nie, maar vir ‘n Koning.

Jes 9: 5 Want ’n Kind is vir ons gebore,
’n Seun is aan ons gegee.
Hy sal die heerser wees
met die koninklike titels:

  • Wonderbare Raadsman,

(Woorde kan nie Sy liefde, wysheid en grootheid beskryf nie. Hy is die Koning wat die antwoord vir elkeen van ons het.)

  • Magtige God,

(Hy is by magte om te doen ver bo wat ons kan bid, dink of vra)

  • Ewige Vader,

(Sy koms strek oor tydsgrense heen. Sy hart is die van ‘n omgee Vader, wat die beste vir jou soek)

  • Vredevors.

(Sy teenwoordig bring innerlike vrede)

Dit is die belofte waaraan die engel Maria kom herinner het.

Luk. 1:31 Hy het jou uitgekies vir ’n spesiale taak: jy sal binnekort begin verwag. Een van die dae sal jy ’n Seun in die wêreld bring. Jy moet Hom Jesus noem. 32 Hy sal baie belangrik wees; so belangrik dat Hy die Seun van die allerhoogste God genoem sal word. 33 Die Here God sal Hom aanstel om te heers oor die koninkryk van sy voorvader Dawid. Jesus sal vir altyd oor Israel regeer. Sy koningskap sal nooit ophou nie; nooit nie.”


Die afwagting word vervul: Jesus kom betree ons wêreld

Luk 2: 9 Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword, 10 maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! 11 Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore! 
13 Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:
14 “Eer aan God in die hoogste
hemel, en vrede op aarde
vir almal in wie Hy ’n welbehae het.”

Dan begin ‘n storie van ‘n Ewige Vader omvou waar Hy die bron van:
  •  Hoop
  • Vrede
  • Blydskap en
  • Liefde raak.

Hy kom en  stap in die dissipels se lewe in en sê: “Volg my!”
Hy word n vriend vir Lasarus, Maria en Martha.
Hy daag Saggeus uit om sy lewe te belyn met God se wil vir Hom.

Jy raak die Koning wat leiding kom gee.

So kom Jesus in ons “elke-dag-lewe" en wil die Koning van jou  lewe wees.
Jesus wil jou uitdaag om te groei,  te verander en te volg,  sodat jy in Hom, blydskap, vrede, hoop en liefde kan f.

Om Hom te volg is dit om bewus raak van God met ons en ONS MET GOD.

Om Hom in elke oomblik te sien en toe te laat dat Hy as Koning ons kan lei.


No comments:

Post a Comment