Saturday, March 25, 2017

Geheime planne 1 - Jesus as hoof

Hierdie reeks is gebaseer op Efèsiërs 1…Paulus is besig om aan die mense te verduidelik wat het hulle alles in Christus….

Efe 1:3 ANV  Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Francois du Toit skryf dit so in die Mirror Bybel…

Efe 1:3 Ek wil grootpraat oor God; ons vier Sy guns en welbehae; Hy is die Vader van ons Meester Jesus Christus. In Christus behoort alles wat in die hemel is aan ons.

1:3 Let’s celebrate God! Every spiritual blessing in heavenly places has found its definition in the fact that we are in Christ.

Dan vat hy ons van in Christus na die plek waar Hy verduidelik dat Jesus is die Hoof van alles…. (derde kwartaal woordskool oor Efesiers)

Efe 1:21-23 ANV  hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.  (22)  Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.  (23)  Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Francois du Toit skryf dit so in die Mirror Bybel…

1:21 Sy posisie van mag is onbedreigd verhewe bo al die gekombineerde gesagsordes van elke koninkryk, heerskappy of regeringstelsel; Hy beklee ‘n rang van uisonderlike superioriteit, geen ander naam of reputasie sou ooit met Hom kon meeding nie.

1:22 Sy posissie van absolute outoriteit beteken voorts dat elke gesagsvorm aan Hom onderworpe is, als is onder Sy voete; die outoriteitsliggaam is die ekklesiakerk waarvan Hyself die hoof is.

1:23 Die ekklesia, (Sy beeld en gelykenis in die mens) is die sigbare, tasbare liggaam van God op aarde. Die volheid van Sy wese wat alles in almal tot vervulling bring, leef in ons! (Die ekklesiakerk is die mees volledige ruimte waarbinne God Homself kan vertoon.)

Wat beteken dit as Jesus die hoof is van alles? 

Die Bybel vertel ‘n storie wat ons help om te verstaan wat beteken dit as Hy die hoof is van alles.
In die Bybelse konteks praat die skrif van ‘n Koning wat sal kom ….

Heers oor sonde…

Rom 5:11-14 ANV  Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.  (12)  Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.  (13)  Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie.  (14)  Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom,

Die wet moet vervul word….

Die Wet – Alle wette wat gegee is aan Moses om te gee aan die Priesters wat gegaan het oor die tabernakel, die teenwoordigheid van God op aarde, die mens wat uitreik na God.
Pentateug – eerste 5 boeke van die Bybel – Gen, Exo, Lev, Num, Deut. (Die wet)
Profete – Josua – in die beloofde land, leer hulle die weë van God – (Josua – Maleagi) – Profesië oor die Messias wat sal kom.
Moses het gedeel met die wet. Profete het gegaan oor die aankondiging van die koms van die Koning. Profesie beteken om vooruit te sien. Om iets te sê wat gaan gebeur. Profeteer beteken om oor te borrel – jy kan die nie hou nie so jy vertel dit. Of jy sien iets voor dit gebeur. Maleagi eindig met ‘n aankondiging

Mal 4:5-6 ANV  Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag.  (6)  Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.

Johannes word die een wat die pad voorberei…(Sagaria se storie)

Luk 1:17 ANV  En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei."

Elke Profetiese uitspraak moet vervul word…

Aankondiging dat die Koning Kom om dit wat Adam verloor het te herstel. Wat het Adam verloor die koninkryk, heerskappy van God. Hierdie is waaroor die Ou Testament gaan. Die uitspraak dat ‘n Koning kom wat outoriteit teruggee.

Jesus het hulle gewys dat die Hele skrif oor Hom gaan…elke Profeet, Rigter elke Koning …het die weg voorberei vir die Hoof van alles.

Rigters verteenwoordig – geregtigheid – gee hulle hul reg (dignity, waarde) bv Debora, Sameul, Ester – Ester red die minderheidsgroep, gee hul hul reg terug. Debora lei ‘n weermag wat die minder bevoorregtes beskerm. Wanneer die Koning kom sal Hy regverdig optree, Hy gebruik hierdie Rigters as ‘n voorbeeld sodat ons kan sien Hoe die Koning regverdigheid sal bring op die aarde. Jesus is die Koning wat aan ons teruggee dit wat aan ons behoort. Rut – Gaan oor die bloed lyn van die Messias. God het gesê Jesus sal kom en al die nasies insluit. Rut verteenwoordig my en jou as heidin wat ingesluit is.
1&2 Sameul – word die een wat Praat oor wag vir die Koning… maar die volk kies Saul, dan kom Dawid en die Here gebruik Dawid as ‘n model vir koninkrykslewe…hy begin te profeteer oor Koning van Konings. Die Enigste Koning wat al sy vyander oorwin het. Sleutel tot koninkryk – kombineer oorlog met anbidding.
Kronieke – beteken geskiedenis, geskiedenis van die konings.
Esra – Profeet…konings het korrip geraak…hier is ‘n ander koning wat kom
Nehemia – wys daar is hoop, daar kom restorasie, jy sal geseend wees in Hom.
Ester - Sy was gebruik as ‘n Koningin om die volk te bewaar waaruit die saad gebore sal word sodat die Koning kan kom
Job – maak nie saak wat gebeur nie die koninkryk wen.
Psalms – ‘n liedboek geskryf deur ‘n Koning aan ‘n Koning
Spreuke – Skryf oor die wysheid om te leef in hierdie koninkryk
Klaagliedere – Jy probeer sonder God leef en dit werk nie
Hooglied – Bruid van die Koning te wees, van intimitet tot oorlog
Jesaja – Maleagi is profete wat gaan oor hierdie Koning wat gaan kom.
Elia en Elisa – het die krag van Koninkryk gedemonstreer

Jesus ontmoet Elia en Moses…

Mark 9:4-7 ANV  Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat.  (5)  Toe sê Petrus vir Jesus: "Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia."  (6)  Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander.  (7)  Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: "Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom."

Die oorhandeging van die “batton”
Tot op daardie oomblik het hulle die wet en Profete gekommunikeer, jy moet so leef want Hy kom.
Die ou Testament kan net gebruik word as verwysing, Jesus het nooit die Ou Testament gepreek nie.

God se plan met die mens was heerskappy op aarde (Gen 1:27)
Die val van die mens beteken hy het sy outoriteit/regerinskap weggegee
God stuur Jesus om heerskappy op aarde te herstel deur die mens (Jes 9:14)

Isa 9:6 ANV  Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Jesus as die middelpunt van God se teenwoordigheid…in vier evangelies.

Mat 1:23 ANV  "Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem." Die naam beteken God by ons.

Jesus die vervulling van die ou tabernakel en die fondasie van die nuwe tabernakel. (Exo 25, Num 1-10)
Ooste – Juda onder die banier van ‘n Leeu
Weste – Efraim onder die banier van ‘n Os
Noorde – Dan onder die banier van ‘n arend
Suide – Ruben onder die banier van ‘n mens

1. Gesig van die Leeu – Jesus as Koning - Mattheus – ‘Die koninkryk van die hemele het naby gekom’
2. Gesig van die Os – Jesus as Dienskneg  - Markus – ‘En Jesus het dadelik vertrek...’
3. Gesig van die Mens – Jesus as die tweede ‘Adam’ – Lukas - ‘ En Jesus het gebid...’
4. Gesig van die Arend – Jesus as die Seun van God – Johannes – ‘Ek is ....’

Handelinge - demonstrasie van Krag in die Koninkryk
Romeine - Hestel van ons identiteit in die Koninkryk
Korinthiers tot Filemon – Ambassadeurskap van Koninkryk
Hebreeurs – In verhouding met die Koning as broer
Jakobus tot Openbaring – Ons openbaring as Heersers

God wil ons skuif van godsdien na verhouding

Die verhaal van verlore seun (Luk 15:11-24)
Hy wil ons skuif van diensknegte na seuns, van chistene wat 'n godsdiens beoefen na 'n burgers van Sy koninkryk en verhouding nie godsdiens nie.

Psa 115:15-16 AOV  Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.  (16)  Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

My eerste prioriteit as 'n burger van hierdie koninkryk is ...

Mat 6:33 ANV  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Ek en jy is gemaak ...

1. Om te lei in hierdie koninkryk...

Rom 8:17 ANV  En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.

2. Vir die onmoontlike…

Joh 14:12 ANV  Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

3. Om lig te bring waar daar duisternis is...1 Joh 3:8, 1 Kor 15:55-57

1Kor 15:55-57 ANV  "Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?"  (56)  Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.  (57)  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.


Om dit te bereik...

1. Ons het 'n persoonlike leermeester Joh 14:16-17,26

Joh 14:16-17 ANV  Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,  (17)  naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees….Joh 14:26 ANV  en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

2. Herstel van ons "stinking thinking" Rom 12:2

Rom 12:2 ANV  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

3. Heerskappy deur leierskap 1Pet 2:4-6, 9-10

1Pe 2:4-6 ANV  Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.  (5)  Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.  (6)  Daarom staan daar in die Skrif: "Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie."

1Pe 2:9-10 ANV  Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.  (10)  Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

It is unnatural for a Christian to not have an appetite for the impossible – Bill   Johnson

Daniel se profetiese uitspraak oor die Koning van Konings (Dan 7:9-14)

Dan 7:9-10 AMPC  I kept looking until thrones were placed [for the assessors with the Judge], and the Ancient of Days [God, the eternal Father] took His seat, Whose garment was white as snow and the hair of His head like pure wool. His throne was like the fiery flame; its wheels were burning fire. [1Ki. 22:19; Psa. 90:2; Eze. 1:26-28; Dan. 7:13, Dan. 7:22; Mat. 19:28; Rev. 20:4]  (10)  A stream of fire came forth from before Him; a thousand thousands ministered to Him and ten thousand times ten thousand rose up and stood before Him; the Judge was seated [the court was in session] and the books were opened.

Dan 7:13-14 AMPC  I saw in the night visions, and behold, on the clouds of the heavens came One like a Son of man, and He came to the Ancient of Days and was presented before Him.  (14)  And there was given Him [the Messiah] dominion and glory and kingdom, that all peoples, nations, and languages should serve Him. His dominion is an everlasting dominion which shall not pass away, and His kingdom is one which shall not be destroyed. [Rev. 5:1-10]

Vir jou kleingroep?
1. Wat sien jy as God se geheim?
2. Wat was Jesus se gesprek met Moses enElia?
3. Hoe maak jy God se Koninkryk ‘n realiteit?

Saturday, March 18, 2017

Maag dit met jou Goed Gaan 2 - Lewenstaak



Maag dit met jou Goed Gaan 2 - Vocational Health

Nou Hierdie hele reeks het gegaan oor verandering
God het jou lief soos jy is maar het jou te lief om jou te los soos jy is

Romeine 12:2 (NLV) Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

 Die manier hoe jy dink bepaal hoe jy voel – bepaal hoe jy optree

Week 1 gesonde gedagtes

Week 2gesonde finansies

Die fokus van dit wat ek met jou wil deel is nie spesifiek op die werksplek nie – maar eerder op lewenstaak – God se droom vir jou lewe
Feit is ons is gemaak in die Beeld en gelykenis van God
Hy het aan ons die vermoë gegee om te droom, om te visualiseer

Einstein – “Imagination is more important than knowledge”
Napoleon – “Imagination rules the world”


In die verhaal van Dawid is daar lewenslesse van reuse wat hy moes verslaan om sy lewenstaak te realiseer
1.     Vertragings

1 Sam 17:15      “Dawid het heen en weer beweeg tussen Saul en sy pa se skape wat hy in Betlehem moes versorg.”  NLV

Moenie moedeloos word nie – Moenie dink God is nie besig met jou nie

Fil 1:6 – As God dan die goeie werk in julle begin het Sal Hy dit enduit voltooi tot die dag dat Jesus Christus kom


2.     Dawid bevind hom in omgewing van ontmoediging / moedeloosheid
1 Sam 17:8-11   “Ek is tog ’n Filistyn en julle is onderdane van Saul. Kies iemand wat ’n tweegeveg met my kan voer. As julle man daarin slaag om my dood te maak, sal ons julle slawe wees, maar as ek hom doodmaak, sal julle ons slawe wees! Ek daag vandag die gevegsmagte van Israel uit! Stuur tog iemand om teen my te veg!” Toe Saul en die Israeliete dit hoor, was hulle mismoedig en baie bang.”  NLV


Soms gaan niemand dink dat jy dit kan doen wat jy droom nie. Somtyds op pad na hierdie droom bevind jy jou tussen mense wat nie glo wat binne in jou is nie.


1 Sam 17:23-24 “Juis toe kom Goliat, die uithalervegter van Gat, uit die Filistyne se linies na vore. Dawid het sy herhaalde uitdaging gehoor.  Toe die Israeliete Goliat hoor, het hulle weggehardloop omdat hulle vir hom bang was.”  NLV


Hoekom het hulle bang en mismoedig geraak?


Want hulle het na die verkeerde stem geluister. 


3.     Die derde reus in jou pad is afkeuring


In Dawid se geval was dit sy eie broers wat sy motiewe bevraagteken het en op hom probeer afkyk het om die reus aan te vat.


1 Sam. 17:28     “Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. “Hoekom het jy hierheen gekom?” vra hy. “En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!”  NLV


Daar is baie keur  Mense om jou wat nie kan sien wat jy sien nie


4.     Nog ‘n reus wat voor Dawid te staan gekom het – was hy moes deel met Twyfel


1 Sam. 17:32-33         “Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!” Moenie verspot wees nie,” sê Saul. “Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ’n seun, terwyl hy van jongs af ’n vegter is!”  NLV
 

Hoe het Dawid gereageer en oorwin om by sy droom uit te Kom.

1.  Onthou hoe die Here jou in die verlede gehelp het.
1 Sam. 17:37     “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!”  NLV


2.  Gebruik die “tools” / talente wat die Here jou nou gegee het.
1 Sam. 17:38-40         “Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek: ’n bronshelm op sy kop en ’n borsharnas. Dawid het ook sy swaard bo-oor sy uitrusting vasgemaak. Toe hy probeer loop, kon hy nie, want hy het dit nog nie vantevore gedra nie. “Ek kan nie hiermee loop nie,” sê hy. “Ek is nie daaraan gewoond nie.” Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit uit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet.”  NLV

Moenie wag vir iets wat jy nie het nie. 

Eccl. 11:4 “If you wait for perfect conditions, you will never get anything done.” LB

3.  Ignoreer die “Dream Busters” droom brekers in jou lewe.
Dawid het nie enige aanmoediging van enigiemand afgekry nie.  Nie sy pa of sy broers nie.

Later in sy lewe toe ander ook teen hom gepraat het moes Dawid homself telke male versterk het in die Here.

1 Sam. 30:6        “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.”  AFR53

4.  Verwagting - Verwag dat die Here jou sal help vir Sy eer.
1 Sam. 17:45-47         “Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige…, Vandag gee die Here jou oor in my mag. Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het.”  NLV

Dit wat ek doen by my werksplek, in my lewenstaak, dit wat ek oor droom – mag dit U seën

Hand 13:36 – David served God’s purpose in his own generation.

God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.
Ephesians 3:20-21 (MSG)


Saturday, March 11, 2017

Mag dit met jou goedgaan 2. Finansies



Jesus gee lesse in Matt 6 oor hoe om Hom te vertrou vir jou môre.

Matt 6: 22“Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word. 23Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!

Kyk jy na môre deur die bril van Jesus?

Of kyk jy na Môre
Deur die realiteitsbril en
Jou eie potensiaal.
Sonder Jesus is jou toekoms donker.

Matt 6: 24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.

Jesus benader dit vanuit ‘n ander hoek.

Hy leer ons dat ons nie Hom en Mammon kan volg nie. Bedoelende jy kan net jou vertrou op God of Geld plaas, nie op albei nie.

Jimmy Evans, “Mammon promises us those things that only God can give—security, significance, identity, independence, power, and freedom. Mammon tells us that it can insulate us from life’s problems and that money is the answer to every situation.”

Jy kan nie jou vertrou op ‘n veranderlike soos geld plaas nie.

Spr 23:5 As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg. Dit sal vlerke kry soos ’n arend en wegvlieg in die lug.

Jou enigste onveranderlike sekuriteit is God.

Jesus se raad: Plaas jou hoop Hom.

Hy gebruik die volgende voorbeelde uit die natuur om jou te help om Hom te vertrou.

Matt 6 26 Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle hulle kos.
28“En wat klere betref – wat bekommer julle julle daaroor? Leer hierdie les van die veldlelies wat so pragtig in die blom staan. Hulle sloof hulle nie af om vir hulleself klere te maak nie. 29En tog sê Ek vir julle, selfs Salomo in al sy glorie was nie so pragtig aangetrek soos een van hulle nie.
30“As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek

Jy is in Sy oë meer werd as die voëls.

Matt 6:26 Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?
30“As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?

Glo dit met jou hele hart dat Jesus vir jou sal sorg.

Matt 6 27 “Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?

Hou op om jou te bekommer. Dit gaan nie jou môre verander nie, maar net jou vrede steel.

Matt 6 31“Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. 32Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Les: Jy is nie alleen nie, Jesus is by jou.
Hy ken jou behoeftes.
Vertrou net Sy Vaderhart.

Fokus op vandag.

Matt 6:34“Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.”

Tot vandag toe was God getrou. Dit wat werklik waarde het, het jy in Hom.
Hy het voorsien wat jy nodig gehad het.
Hy het jou deurgedra.
Hy was die bron van jou innerlike krag.

Wees dankbaar vir wat jy het.
Selftrots wil hê mense moet meer van my dink.
Skaarsheid – Voel verleë oor God se goedheid.
Dankbaarheid – Gee nie om wat mense dink nie, maar besef dat alle goeie gawes van die Here af kom.

Wat van môre?

Vertrou die Here meer as jouself of jou geld.

Hoe oorwin ek die bekommernisse oor môre?

1. As vrees jou beetpak begin bid.
Matt 6 :6 Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.

Wat moet ek bid?

Matt 6:9 Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil hier op aarde
uitgevoer word soos in die hemel.

Herinner jou aan wie God is.

Matt 6: 22“Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word.

Die God van liefde is vir jou.

Erken jou afhanklikheid van Hom.
Mat 6:11 Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

Vertrou sy uitkoms meer as jou begeertes.

2. Vertrou Sy inspraak en leiding.
Jy is die rentmeester van Sy eiendom, bestuur dit saam met Hom.

3. Gee jou “first fruits”
Matt 6:33“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.

Hoe soek ek eers die Koninkryk van God met my geld?

Spr 3:9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; 10 10dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. (Eks 23:19)

Matt 23:23 “Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle gee noukeurig tiendes van die nietigste deeltjies van julle inkomste, maar julle ignoreer die eintlik belangrike dinge waarom dit in die wet gaan: om te doen wat reg is, om ontferming te betoon en om mense van julle woord te wees. Julle behoort die tiendes te gee, maar die belangriker dinge mag julle ook nie nalaat nie.

Tiendes is gelyk aan “First fruits”

1 Kor 16:1 Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het. 2 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit

Die riglyn is:

Vanuit jou inkomste sit ‘n gedeelte, volgens jou vermoë, weg.
Vir God se kerk.
Mense in nood.

Wat die die beginsel?

Mattt6: 21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Dit vertel ‘n storie van jou hart.

Here ek is dankbaarheid teenoor U dat U vir my sorg.
Here ek vertrou u met my toekoms en erken ek steun op U.

Matt 6 33“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg

As jy God vertrou as jou voorsiener: begin jy in gehoorsaamheid optree as n gewer.

Want

(Boodskap) Luk 6:38  “Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle sorg. Julle sal nooit te min hê om van te leef nie. Julle sal van kop tot tone oorlaai word met goeie dinge. Ja, julle ganse lewe sal oorloop van goedheid. Al die goeie dinge wat julle met ander deel, sal op verrassende maniere na julle toe terugkom. jy weet Hy gaan voorsien

 As God jou bron is, is dit maklik om ‘n gewer te raak.

  • Die vrees vir: “as ek gee het ek nie meer nie”, val weg.
  • Dit word vervang met: “God is my bron vir môre”.
  • Ek gee nie om te ontvang nie, maar God wat voorsien, sal die leemte vul.


Saturday, March 4, 2017

Mag dit met jou goed gaan: Denke



Mag dit met jou denke goed gaan.

Geen lewensverandering vind plaas buite jou denke nie.

Rom 12:2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld
nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.

Hoekom moet ek my gedagtes bestuur? 

1. Omdat my gedagtes my lewe beheer.
Spr 4:23 Bo alles, wees versigtig
met wat in jou hart aangaan.
Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

2. My denke is ‘n oorlogsveld.

Wie oorheers jou denke?
Rom 8:6 As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.

Jy moet jou denke bestuur 
Bevry
Fokus
Voed

Bevry

2 Kor. 10:4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak

Drie kragte wat stoei om beheer van jou gedagtes te neem:


  • Eie argumente

Rom 8:6  Mense wat toelaat dat die sonde oor hulle lewens baasspeel, se koppe is heeltyd besig met sonde. Maar mense wat toelaat dat die Gees hulle lewens beheer, se koppe is heeltyd besig met dinge wat vir die Gees belangrik is.


  • Die duiwel wil beheer neem oor jou gedagtes

2 Kor 2:11 Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!


  • Die wêreld se kultuur

1 Joh 2:16 Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.

Hoe oorwin ons hierdie argumente? 

1. Verstaan versoeking

Jakobus 1:14-15 (DB)
Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld.- Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood.

Dit begin by ‘n begeerte (Hiermee is niks verkeerd nie).
God het ‘n plan om die begeerte te vervul, maar die vyand bring n alternatiewe voorstel.
As ons die alternatiewe voorstel volg, vertrou ons nie God nie.
Dit kom as ‘n gedagte en ons bedink dit.
Dit lei tot optrede.
Die vyand wys jou nooit die gevolge (eindprentjie) nie.

2. Fokus 

2 Kor 10:4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak
Neem die gedagtes gevange  deur dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Indentifiseer die leuen.
Vlug weg van die leuen en hardloop na die waarheid.
Kol 3: 1 Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.

3. Voed 

Kyk in die spieël van Christus.

2 Timothy 2:8 (CEV) Keep your mind on Jesus Christ ...
HEBREËRS 12:3 (NLV) Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.

Skep tye waar jy bewus kan raak van Jesus en waar jy Sy waarheid kan ontdek.

Ps 119: 97 Hoe lief het ek u gebooie!
Ek oordink dit die hele dag.
147 Voor dagbreek
roep ek om hulp,
en plaas my hoop op u woord.
148 Die hele nag lê ek wakker
om u woord te oordink.

Saturday, February 18, 2017

Look 2 : Intimiteit


Wat is intimiteit?

It's a blending of our heart with another's, so we can "see into" who they really are, and they can "see into" us. – Focus on the Family (Shana Schutte)

Intimiteit gaan nie oor ….

1. Die geveg met die duiwel nie
2. Ook nie my uitdagings met sonde nie
3. Maar dit gaan wel oor my seunskap/dogterskap

Wanneer ek myself assosieer met Wie Christus is ontdek ek my ware identiteit in Hom. Nou neem ek deel aan die gesprek oor my ontwerp, oorsprong, natuur en doel.

Rom 8:29-30 ANV  Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.  (30)  Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Vanuit die openbaring van wie ek is kan ek nou intimiteit geniet. Ek word so ingeweef, want ek ontdek ek is van dieselfde soort as God. Dit verander my hele perspektief op lewe.

2Co 3:18 ANV  Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2Co 3:18 MSG  All of us! Nothing between us and God, our faces shining with the brightness of his face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.

Nou vind my lewe uitdrukking in integriteit. (volgende week hieroor)

Gal 2:20 ANV  en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Gal 2:20 MSG  Christ's life showed me how, and enabled me to do it. I identified myself completely with him. Indeed, I have been crucified with Christ. My ego is no longer central. It is no longer important that I appear righteous before you or have your good opinion, and I am no longer driven to impress God. Christ lives in me. The life you see me living is not "mine," but it is lived by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me.

Wanneer ons praat oor intimiteit….

1. Ontdek ons daar is geen afstand

Mat 6:9-13 ANV  So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;  (10)  laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.  (11)  Gee ons vandag ons daaglikse brood;  (12)  en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;  (13)  en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

In die kultuur van Jesus se dag was God gesien as Almagtig, Alomteenwoordige God. Jesus vat die dissipels van hier (Matt 6), volgens die beginsels van die ou verbond (Deut 28) na ‘n plek waar Hy die vereistes van die ou verbond vervul en stel hulle voor aan ‘n nuwe verbond, een van restorasie, Immaneul God met ons (Matt 1:23).

Joh 14:16-23 ANV  Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,  (17)  naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  (18)  Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.  (19)  Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.  (20)  Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.  (21)  Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar."  (22)  Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: "Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?"  (23)  Jesus antwoord hom: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Jesus vestig vir my en jou ‘n totale nuwe raamwerk van lewe. God is nie net by ons nie maar woon in ons (vb koppies). Elke vorm van afstand is vernietig in Christus.

2. Ontdek ons Hy en ons is van dieselfde soort … (Ons is nie God nie)

Gen 1:26 AOV  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Adam en Eva se storie vertel ons die realiteit van ‘n liefdevolle God wat uitdrukking gee aan Sy liefde deur ons te maak. Hy is gefassineer deur verhouding met ons …want ons is van dieselfde soort en Hy begeer intimiteit. Ons is gemaak vir intimiteit met Hom net as ons besef ons restorasie in Christus maak ons van dieselfde soort.

“You will never desire intimacy with someone whom you perceive does not consider you to be their equal … The basis of all quality relationship, is that one party not be made to feel inferior to the other – of course we say this with the understanding He is the superior one, but that He has made us worthy, made us therefore not to feel inferior.” (Alan Platt)

Wanneer ek hierdie verstaan kan ek nie anders as om intiem te wees nie….

Real intimacy makes us feel alive like we've been found, as if someone finally took the time to peer into the depths of our soul and really see us there. Until then, until we experience true intimacy, we will feel passed over and ignored, like someone is looking right through us. – Focus on the Family (Shana Schutte)

Jesus se woorde bevestig dit…

Mar 12:30 ANV  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.'

In hierdie konteks, volgens die Grieks, behels inimitieit om …

geestelik ten volle betrokke te wees (hele hart - Eternal Reality)
fully engaged spiritually

1 Kor 2:10-12 ANV  Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.  (11)  Watter mens ken die verborge dinge van 'n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God.  (12)  Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

Nou maak spreek van tale sin…

1Co 14:2 MSG  If you praise him in the private language of tongues, God understands you but no one else does, for you are sharing intimacies just between you and him.

emosioneel ten volle betrokke te wees (hele siel - Internal Reality)
fully engaged emotionally

2 Sam 6:16-21 ANV  Terwyl die ark die Dawidstad ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster afgekyk. Sy het koning Dawid gesien terwyl hy spring en dans voor die Here en sy het hom in stilte verag.  …. Saul se dogter Mikal het hom tegemoet gegaan en smalend gesê: "Hoe waardig het die koning van Israel hom vandag gedra! Hy het hom die heeldag voor die slavinne van sy onderdane ontbloot soos 'n onbeskaamde mens wat hom sommer ontbloot."  (21)  Hy het vir Mikal geantwoord: "Voor die Here wat my verkies het bo jou pa en sy familie deur my aan te stel as heerser oor Israel, die volk van die Here, ja, voor die Here sal ek dans.

Dawid is so bly dat die God van hemel en aarde kies om daar te woon

intellektueel (verstandelik) ten volle betrokke te wees 
fully engaged intellectually
Al jou gedagtes (jou verstand en intelek) (Internal reality)

Psa 139:1-4 ANV  Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.  (2)  Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.  (3)  Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.  (4)  Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.

Dawid besef sy gedagtes kan nie hierdie Groot God begryp nie, hy gee oor.

Fisies en prakties ten volle betrokke te wees 
fully engaged physically, practically
Jou hele fisiese wêreld (External reality)

Psa 69:30-37 ANV  Ek is 'n hulpelose mens, vol pyn, maar U, o God, sal my red en my beskerm.  (31)  Dan sal ek die Naam van God besing, Hom met 'n danklied prys.  (32)  So 'n offer is vir die Here verkiesliker as selfs 'n volmaakte offerdier.  (33)  Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees, dié wat by God hulp soek, sal moed skep,  (34)  want die Here slaan ag op die armes, Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.  (35)  Laat hemel en aarde Hom prys, die see met alles wat daarin wemel…..

In Sy diepste uitdagings, in sy diepste seer roep hy uit en sing.

Wanneer ek dink oor intimiteit…

  • My gebed van “Here help” verander na intieme gesprekke van ontdekking en liefde ... ek wil net bid, want ek wil meer van Hom ontdek.
  • My aanbidding verander van ‘n lied na ‘n “serenade” van hierdie Een wat my liefhet. (Soos ‘n bruid wat haar man “pursue”)
  • Wanneer ek die Bybel lees opsoek na antwoorde, word dit die konteks van my intieme verhouding met die Een wat my eerste liefgehad het. 

Vandag is dit my en jou geleentheid om Face to Face met Hom te wees.


Saturday, February 11, 2017

Look 1 : Indentiteit




Look 1 : Indentiteit 

Rom 5:17 Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.

Deur die oortreding van die een mens – (Adam)
het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens
maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik
dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het
sal lewe en heerskappy voer

Rom 5:17 Deur die oortreding van die een mens
Waarom is wedergeboorte nodig?

Ons was almal ingesluit in Adam se val.
Sondeval – Adam kies om vanuit homself te leef – Ons word ons eie god.
Die val van Adam het veroorsaak dat ons almal ingesluit word en n sondige natuur het.

Rom 5:18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense,
19 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het

Ef.  5: 8 Vroeër was julle die ene duisternis

Rom 5:17 het die dood begin heerskappy voer

Die gevolg is dat ons onsself sien in sonde en dit lei tot sondige optrede

Sondige optrede is gelyk aan dat ons buite God se oorspronlike plan lewe

Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie

Die effek is;
Skuld – Skuldgevoel – Gevoel van ek het iets verkeerd gedoen
Skaam – Gevoel van ek is verkeerd  - daarom verdien ek nie God se teenwoordigheid nie
Seer – Die effek van sonde –  Gevoel van vrees en gebrek aan lewensvervulling

Uit myself kan ek nie die brug bou na redding toe nie

Rom 3: 21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22maar deur in Jesus Christus te glo.


Rom 5:17 maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik

Jesus kom sluit ons in sy kruisdood

The basis of our new life in Christ, is established in the divine exchange that took place on the cross.
We were equally fully included in Jesus Christ – we have been proclaimed righteous, not because of our own righteous deeds, but because we were included in the moment of his perfect sacrifice and victory on the cross.
Now being in Christ we are therefore no longer ‘Sinners’ we are the ‘Righteousness of God”

Ingesluit 

Rom 6: 6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. 8 Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe

Insluit beteken Jesus word ons geregtigheid.

Hy dra die straf vir ons sonde sodat ons vrygespreek kan word vir die straf van sonde.
Hy regverdig ons onverdiend. Jesus word ons geregtigheid.

Rom 5: 18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal.
19 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word.
Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Rom 5:17 dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het

As gevolg van genade, onverdiende goedheid, nie as gevolg van wat ek gedoen het nie, maar as gevolg van wat Jesus gedoen het aan die kruis beleef ek vryspraak.

My assosiasie word gebreek met Adam en nou assosieer ek my met Jesus.
Dit is meer as vryspraak – Dit bring my in n nuwe posisie in Christus.

Ef 2: 1 Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2 wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.
3 So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.

Ons was ingesluit in Adam en die oorsaak was ‘n lewenswyse.
Ons moes straf ontvang.
MAAR Jesus het ons geregtigheid geword.

Ef 2 5 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,


You are Here
Nuwe Posisie 
Van duisternis na lig.
Ef 5:8 Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.

Dus meer as vergewe na ek is onskuldig verklaar.
Kol 2: 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
Ek is nou perfek in Hom.
1. Hebr 10:14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.
Heb 10:14  Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
AMP - For by a single offering He has forever completely cleansed and perfected those who are consecrated and made holy.
17 Dan sê Hy verder:
“Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”


Van 'n sondige natuur na 'n nuwe skepsel in Christus
2 Kor 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom
Ek sien my nou in die voorbeeld van Jesus. Hy is my prototipe.

Ek is kind van God met Hom wat woning kom maak het in my. 
Gal 4: 6 En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba! ” Dit beteken: Vader! 7 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God .

. 17: 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.

Ek word nie net aanvaar nie – ek is ook erfgenaam – Gal 4:6
Die volle erfporsie van God is myne.

Through faith in the completed work of Jesus Christ on the cross, we now approach life no longer from the perspective of the fall of Adam, but from the victory that has been established in Jesus Christ.

Rom 5:17 ...  sal lewe en heerskappy voer

Jesus word die spieël in wie ek My identiteit sien.

Ek kyk nie meer, soos deur ʼn winkelvenster, en hoop om eendag soos Hy te kan wees nie. Ek kyk nou in ʼn spieël en ontdek dat Hy ʼn voorbeeld van my is en dat ek net soos Hy lyk.

Die belangrikste wat jy moet weet van jou goddelike identiteit is dat jy optree soos Christus omdat jy soos Hy in murg en been is!

2 kor 3: 16 Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”
18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Openbaring: Ek sien myself in Christus.
Geloof: Ek glo wie ek is in Hom.
Belyning: Ek belyn my lewe met wat ek glo.

Saturday, February 4, 2017

Look – Sien om na mekaar (Community)



Look – Sien om na mekaar (Community)

As ek die lewe die lewe in een woord moes verduidelik dan is dit:

VERHOUDINGS

Dit is die een ding wat die grootste invloed op jou lewe het.

Iemand het eenkeer gesê  - “Your net worth is determined by your network”

PREDIKER 4:8 (NLV)
Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie.


Reg deur die Bybel sien ons dat intensionele verhouding tot voordeel is van die mens

Om net ʼn paar te noem:

God maak vir Adam en God sê dis nie goed dat hy alleen is nie, en skape toe vir Eva

Salomo se: Twee is beter as een want as een val kan die ander een hom ophelp

Deuteronomium – een kan ʼn duisend laat vlug – twee kan 10 000 laat vlug

Die realiteit is – dat verhouding met die regte mense in jou lewe kan jou lewe versnel in die regte rigting – dit is “Devine acceleration”

Graig Groeschel – “You'll never do all God wants you to do without the right people around you”.

Rick Warren stel dit so mooi – “We are created for community, fashioned for fellowship, and formed for a family, and none of us can fulfil God’s purposes by ourselves”.

Ons het mekaar nodig. Daar is 59 verwysings in NT verwys na mekaar beginsel.
ROMEINE 12:5 (NLV)
Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
Die Californian Redwood Boom is baie interessant – dis die langste boom in die wêreld en word tot 110m lank. Hy is 8m in deursnee en weeg tot 500 ton. Die interessante feit van hierdie boom is dat hy geen penwortel het nie en dat sy wortel sisteem net tussen 2 en 4 meter diep is. Hierdie bome val selde om. Hoe kan iets wat 500 ton weeg, baie sterk winde, aardbewings, storms en vloede trotseer met ʼn wortel sisteem van slegs 4 meter diep?
Die interessante ding van die boom is dat sy wortels met ander Redwood bome vervleg en hulle letterlik mekaar regop hou. Hulle groei naby aan mekaar en is letterlik van mekaar afhanklik.
Chuck Swindoll som dit mooi op:
“Nobody is a whole team…We need each other. You need someone and someone needs you. Isolated islands we’re not. To make this thing called life work, we’ve got to lean and support. Relate and respond. Give and take. Confess and forgive. Reach out and embrace. Since none of us is a whole, independent, self-sufficient, super-capable, all-powerful hotshot, let’s quit acting like we are. Life’s lonely enough without our playing that silly role. The game is over. Let’s link up.”
Vier aspekte van ʼn mens se lewe – wat deur “community” / groepslewe aangeraak en aangespreek word in jou lewe.
1.    Publieke Arena – Ek weet en Jy weet
Dit is die publieke jy
En ongelukkig is dit al wat ons van mekaar gaan weet as ons net op so manier met mekaar “connect”.

2.    Masker – Ek weet maar jy weet nie
Daar is moontlik ʼn area of iets in jou lewe waarvan niemand weet nie
2 Kor 4:2 (MSG)
We refuse to wear masks and play games…… Rather, we keep everything we do and say out in the open……..
Jak 5:16
Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

3.    “Blind Spots” – Ek weet nie maar jy weet
Ons het mense nodig wat met ons eerlik is – iemand wie jy kan vertrou
SPREUKE 27:6 (NLV)
Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.

4.    Potensiaal – Ek weet nie en jy weet ook nie
Elkeen van ons het ongerealiseerde potensiaal en ek het mense nodig om my te help om dit te ontdek
Daar is ʼn Afrika spreekwoord wat sê – “When you run alone, you run fast, but when you run together, you run far”.
Efes 4:16 (NLT)
“As each part does its work, it helps the other parts grow, so Christ’s whole body is healthy and growing and full of love.”

Andy Stanley – “You can't grow spiritually unless you are connected relationally. Community isn’t just a nice option: it's a NEED - like food, water, and shelter".

Heb 3:12-13
"Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie"

Ongelukkig beweeg mense maklik weg van wat hulle glo.
As jy alleen is, is daar niemand om jou te keer nie

Maar...
13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word

Ons moet mekaar aanspoor (motiveer, herinner, vermaan)

En so mekaar help, om nie weg te beweeg van ons nuwe lewenswyse en ware identiteit in Christus.
The healthier your relationships, the healthier you will be – Andy Stanley