Saturday, March 11, 2017

Mag dit met jou goedgaan 2. Finansies



Jesus gee lesse in Matt 6 oor hoe om Hom te vertrou vir jou môre.

Matt 6: 22“Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word. 23Maar as jou oog vuil en sleg is, versper dit die lig en jou binneste bly geheel en al donker. As die lig wat jy gedink het jy het, in werklikheid donkerte is, hoe pikswart is jou donker dan nie!

Kyk jy na môre deur die bril van Jesus?

Of kyk jy na Môre
Deur die realiteitsbril en
Jou eie potensiaal.
Sonder Jesus is jou toekoms donker.

Matt 6: 24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.

Jesus benader dit vanuit ‘n ander hoek.

Hy leer ons dat ons nie Hom en Mammon kan volg nie. Bedoelende jy kan net jou vertrou op God of Geld plaas, nie op albei nie.

Jimmy Evans, “Mammon promises us those things that only God can give—security, significance, identity, independence, power, and freedom. Mammon tells us that it can insulate us from life’s problems and that money is the answer to every situation.”

Jy kan nie jou vertrou op ‘n veranderlike soos geld plaas nie.

Spr 23:5 As jy nog na jou rykdom kyk, is dit eensklaps weg. Dit sal vlerke kry soos ’n arend en wegvlieg in die lug.

Jou enigste onveranderlike sekuriteit is God.

Jesus se raad: Plaas jou hoop Hom.

Hy gebruik die volgende voorbeelde uit die natuur om jou te help om Hom te vertrou.

Matt 6 26 Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle hulle kos.
28“En wat klere betref – wat bekommer julle julle daaroor? Leer hierdie les van die veldlelies wat so pragtig in die blom staan. Hulle sloof hulle nie af om vir hulleself klere te maak nie. 29En tog sê Ek vir julle, selfs Salomo in al sy glorie was nie so pragtig aangetrek soos een van hulle nie.
30“As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek

Jy is in Sy oë meer werd as die voëls.

Matt 6:26 Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?
30“As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?

Glo dit met jou hele hart dat Jesus vir jou sal sorg.

Matt 6 27 “Kan al julle bekommernis julle lewe een sekonde langer rek?

Hou op om jou te bekommer. Dit gaan nie jou môre verander nie, maar net jou vrede steel.

Matt 6 31“Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. 32Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.

Les: Jy is nie alleen nie, Jesus is by jou.
Hy ken jou behoeftes.
Vertrou net Sy Vaderhart.

Fokus op vandag.

Matt 6:34“Moet julle daarom nie oor môre bekommer nie. Môre sal sy eie bekommernisse bring. Vandag se moeilikhede is vir een dag heeltemal genoeg.”

Tot vandag toe was God getrou. Dit wat werklik waarde het, het jy in Hom.
Hy het voorsien wat jy nodig gehad het.
Hy het jou deurgedra.
Hy was die bron van jou innerlike krag.

Wees dankbaar vir wat jy het.
Selftrots wil hê mense moet meer van my dink.
Skaarsheid – Voel verleë oor God se goedheid.
Dankbaarheid – Gee nie om wat mense dink nie, maar besef dat alle goeie gawes van die Here af kom.

Wat van môre?

Vertrou die Here meer as jouself of jou geld.

Hoe oorwin ek die bekommernisse oor môre?

1. As vrees jou beetpak begin bid.
Matt 6 :6 Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon.

Wat moet ek bid?

Matt 6:9 Ons Vader in die hemel,
laat u Naam geheilig word.
10Laat u koninkryk kom.
Laat u wil hier op aarde
uitgevoer word soos in die hemel.

Herinner jou aan wie God is.

Matt 6: 22“Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word.

Die God van liefde is vir jou.

Erken jou afhanklikheid van Hom.
Mat 6:11 Gee ons die porsie brood wat ons vir vandag nodig het.

Vertrou sy uitkoms meer as jou begeertes.

2. Vertrou Sy inspraak en leiding.
Jy is die rentmeester van Sy eiendom, bestuur dit saam met Hom.

3. Gee jou “first fruits”
Matt 6:33“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.

Hoe soek ek eers die Koninkryk van God met my geld?

Spr 3:9 Vereer die HERE uit jou goed en uit die eerstelinge van al jou inkomste; 10 10dan sal jou skure vol word van oorvloed en jou parskuipe oorloop van mos. (Eks 23:19)

Matt 23:23 “Ellende wag vir julle, julle skynheilige skrifkenners en Fariseërs! Want julle gee noukeurig tiendes van die nietigste deeltjies van julle inkomste, maar julle ignoreer die eintlik belangrike dinge waarom dit in die wet gaan: om te doen wat reg is, om ontferming te betoon en om mense van julle woord te wees. Julle behoort die tiendes te gee, maar die belangriker dinge mag julle ook nie nalaat nie.

Tiendes is gelyk aan “First fruits”

1 Kor 16:1 Wat die geld betref wat ons vir die gelowiges in Jerusalem insamel, moet julle dieselfde reëling volg wat ek met die gemeentes in Galasië getref het. 2 Op elke Dag van die Here moet elkeen van julle na vermoë tuis iets opsy sit

Die riglyn is:

Vanuit jou inkomste sit ‘n gedeelte, volgens jou vermoë, weg.
Vir God se kerk.
Mense in nood.

Wat die die beginsel?

Mattt6: 21 Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.

Dit vertel ‘n storie van jou hart.

Here ek is dankbaarheid teenoor U dat U vir my sorg.
Here ek vertrou u met my toekoms en erken ek steun op U.

Matt 6 33“Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg

As jy God vertrou as jou voorsiener: begin jy in gehoorsaamheid optree as n gewer.

Want

(Boodskap) Luk 6:38  “Deel julle besittings met ander, dan sal God vir julle sorg. Julle sal nooit te min hê om van te leef nie. Julle sal van kop tot tone oorlaai word met goeie dinge. Ja, julle ganse lewe sal oorloop van goedheid. Al die goeie dinge wat julle met ander deel, sal op verrassende maniere na julle toe terugkom. jy weet Hy gaan voorsien

 As God jou bron is, is dit maklik om ‘n gewer te raak.

  • Die vrees vir: “as ek gee het ek nie meer nie”, val weg.
  • Dit word vervang met: “God is my bron vir môre”.
  • Ek gee nie om te ontvang nie, maar God wat voorsien, sal die leemte vul.


No comments:

Post a Comment