Saturday, March 4, 2017

Mag dit met jou goed gaan: Denke



Mag dit met jou denke goed gaan.

Geen lewensverandering vind plaas buite jou denke nie.

Rom 12:2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld
nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe.

Hoekom moet ek my gedagtes bestuur? 

1. Omdat my gedagtes my lewe beheer.
Spr 4:23 Bo alles, wees versigtig
met wat in jou hart aangaan.
Wat jy dink, bepaal alles wat jy doen.

2. My denke is ‘n oorlogsveld.

Wie oorheers jou denke?
Rom 8:6 As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.

Jy moet jou denke bestuur 
Bevry
Fokus
Voed

Bevry

2 Kor. 10:4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak

Drie kragte wat stoei om beheer van jou gedagtes te neem:


  • Eie argumente

Rom 8:6  Mense wat toelaat dat die sonde oor hulle lewens baasspeel, se koppe is heeltyd besig met sonde. Maar mense wat toelaat dat die Gees hulle lewens beheer, se koppe is heeltyd besig met dinge wat vir die Gees belangrik is.


  • Die duiwel wil beheer neem oor jou gedagtes

2 Kor 2:11 Die bedoeling is dat ons nie deur Satan uitoorlê word nie! Sy planne is mos nie aan ons onbekend nie!


  • Die wêreld se kultuur

1 Joh 2:16 Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.

Hoe oorwin ons hierdie argumente? 

1. Verstaan versoeking

Jakobus 1:14-15 (DB)
Nee, dinge wat ’n geestelike stryd in jou lewe veroorsaak, is jou eie skuld.- Maar 'n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Die mens begin aan allerhande verkeerde dinge dink en wil dit dan net doen. Soos ’n kind wat agter ’n skoenlapper aanhardloop, lok die verkeerde gedagtes die persoon al hoe dieper die moeilikheid in. Dan word jou Christenskap voor ’n toets gestel. Jy moet kies. As jy kies om op die verkeerde pad aan te gaan, sal jy later nie net oor die verkeerde dinge dink nie, maar dit ook begin doen. En hoe meer jy dit doen, hoe meer sal jy dit wil doen. So werk die sonde met ’n mens. Dit is die pad na die afgrond, die afgrond van godverlatenheid en die dood.

Dit begin by ‘n begeerte (Hiermee is niks verkeerd nie).
God het ‘n plan om die begeerte te vervul, maar die vyand bring n alternatiewe voorstel.
As ons die alternatiewe voorstel volg, vertrou ons nie God nie.
Dit kom as ‘n gedagte en ons bedink dit.
Dit lei tot optrede.
Die vyand wys jou nooit die gevolge (eindprentjie) nie.

2. Fokus 

2 Kor 10:4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak
Neem die gedagtes gevange  deur dit aan Christus gehoorsaam te maak.
Indentifiseer die leuen.
Vlug weg van die leuen en hardloop na die waarheid.
Kol 3: 1 Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. 2 Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op die aarde nie.

3. Voed 

Kyk in die spieël van Christus.

2 Timothy 2:8 (CEV) Keep your mind on Jesus Christ ...
HEBREËRS 12:3 (NLV) Dink aan Hom wat soveel vyandigheid van sondaarmense deurstaan het. Dan sal julle nie uitsak en tou opgooi nie.

Skep tye waar jy bewus kan raak van Jesus en waar jy Sy waarheid kan ontdek.

Ps 119: 97 Hoe lief het ek u gebooie!
Ek oordink dit die hele dag.
147 Voor dagbreek
roep ek om hulp,
en plaas my hoop op u woord.
148 Die hele nag lê ek wakker
om u woord te oordink.

No comments:

Post a Comment