Saturday, March 18, 2017

Maag dit met jou Goed Gaan 2 - Lewenstaak



Maag dit met jou Goed Gaan 2 - Vocational Health

Nou Hierdie hele reeks het gegaan oor verandering
God het jou lief soos jy is maar het jou te lief om jou te los soos jy is

Romeine 12:2 (NLV) Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou, en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

 Die manier hoe jy dink bepaal hoe jy voel – bepaal hoe jy optree

Week 1 gesonde gedagtes

Week 2gesonde finansies

Die fokus van dit wat ek met jou wil deel is nie spesifiek op die werksplek nie – maar eerder op lewenstaak – God se droom vir jou lewe
Feit is ons is gemaak in die Beeld en gelykenis van God
Hy het aan ons die vermoë gegee om te droom, om te visualiseer

Einstein – “Imagination is more important than knowledge”
Napoleon – “Imagination rules the world”


In die verhaal van Dawid is daar lewenslesse van reuse wat hy moes verslaan om sy lewenstaak te realiseer
1.     Vertragings

1 Sam 17:15      “Dawid het heen en weer beweeg tussen Saul en sy pa se skape wat hy in Betlehem moes versorg.”  NLV

Moenie moedeloos word nie – Moenie dink God is nie besig met jou nie

Fil 1:6 – As God dan die goeie werk in julle begin het Sal Hy dit enduit voltooi tot die dag dat Jesus Christus kom


2.     Dawid bevind hom in omgewing van ontmoediging / moedeloosheid
1 Sam 17:8-11   “Ek is tog ’n Filistyn en julle is onderdane van Saul. Kies iemand wat ’n tweegeveg met my kan voer. As julle man daarin slaag om my dood te maak, sal ons julle slawe wees, maar as ek hom doodmaak, sal julle ons slawe wees! Ek daag vandag die gevegsmagte van Israel uit! Stuur tog iemand om teen my te veg!” Toe Saul en die Israeliete dit hoor, was hulle mismoedig en baie bang.”  NLV


Soms gaan niemand dink dat jy dit kan doen wat jy droom nie. Somtyds op pad na hierdie droom bevind jy jou tussen mense wat nie glo wat binne in jou is nie.


1 Sam 17:23-24 “Juis toe kom Goliat, die uithalervegter van Gat, uit die Filistyne se linies na vore. Dawid het sy herhaalde uitdaging gehoor.  Toe die Israeliete Goliat hoor, het hulle weggehardloop omdat hulle vir hom bang was.”  NLV


Hoekom het hulle bang en mismoedig geraak?


Want hulle het na die verkeerde stem geluister. 


3.     Die derde reus in jou pad is afkeuring


In Dawid se geval was dit sy eie broers wat sy motiewe bevraagteken het en op hom probeer afkyk het om die reus aan te vat.


1 Sam. 17:28     “Maar Dawid se oudste broer het gehoor hoe hy met die manskappe praat en het kwaad geword. “Hoekom het jy hierheen gekom?” vra hy. “En by wie het jy daardie klompie vee in die wildernis gelos? Ek ken jou domastrantheid en vermetelheid. Jy wil net die geveg sien!”  NLV


Daar is baie keur  Mense om jou wat nie kan sien wat jy sien nie


4.     Nog ‘n reus wat voor Dawid te staan gekom het – was hy moes deel met Twyfel


1 Sam. 17:32-33         “Ons moenie oor hierdie man moedeloos word nie,” sê Dawid vir Saul. “Ek sal teen hierdie Filistyn gaan veg!” Moenie verspot wees nie,” sê Saul. “Jy kan tog nie teen die Filistyn veg nie, want jy is nog maar ’n seun, terwyl hy van jongs af ’n vegter is!”  NLV
 

Hoe het Dawid gereageer en oorwin om by sy droom uit te Kom.

1.  Onthou hoe die Here jou in die verlede gehelp het.
1 Sam. 17:37     “Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!”  NLV


2.  Gebruik die “tools” / talente wat die Here jou nou gegee het.
1 Sam. 17:38-40         “Saul laat Dawid toe sy eie uitrusting aantrek: ’n bronshelm op sy kop en ’n borsharnas. Dawid het ook sy swaard bo-oor sy uitrusting vasgemaak. Toe hy probeer loop, kon hy nie, want hy het dit nog nie vantevore gedra nie. “Ek kan nie hiermee loop nie,” sê hy. “Ek is nie daaraan gewoond nie.” Daarom het hy die uitrusting uitgetrek. Hy neem toe sy herderstok, soek vyf gladde klippies in die spruit uit en sit dit in sy slingersak. Met sy slingervel in die hand loop hy die Filistyn tegemoet.”  NLV

Moenie wag vir iets wat jy nie het nie. 

Eccl. 11:4 “If you wait for perfect conditions, you will never get anything done.” LB

3.  Ignoreer die “Dream Busters” droom brekers in jou lewe.
Dawid het nie enige aanmoediging van enigiemand afgekry nie.  Nie sy pa of sy broers nie.

Later in sy lewe toe ander ook teen hom gepraat het moes Dawid homself telke male versterk het in die Here.

1 Sam. 30:6        “En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die Here sy God.”  AFR53

4.  Verwagting - Verwag dat die Here jou sal help vir Sy eer.
1 Sam. 17:45-47         “Maar Dawid skree terug: “Jy kom na my toe met ’n swaard en ’n spies en ’n swaard, maar ek kom na jou toe in die Naam van die Here, die Almagtige…, Vandag gee die Here jou oor in my mag. Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het.”  NLV

Dit wat ek doen by my werksplek, in my lewenstaak, dit wat ek oor droom – mag dit U seën

Hand 13:36 – David served God’s purpose in his own generation.

God can do anything, you know—far more than you could ever imagine or guess or request in your wildest dreams! He does it not by pushing us around but by working within us, his Spirit deeply and gently within us.
Ephesians 3:20-21 (MSG)


No comments:

Post a Comment