Saturday, March 25, 2017

Geheime planne 1 - Jesus as hoof

Hierdie reeks is gebaseer op Efèsiërs 1…Paulus is besig om aan die mense te verduidelik wat het hulle alles in Christus….

Efe 1:3 ANV  Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.

Francois du Toit skryf dit so in die Mirror Bybel…

Efe 1:3 Ek wil grootpraat oor God; ons vier Sy guns en welbehae; Hy is die Vader van ons Meester Jesus Christus. In Christus behoort alles wat in die hemel is aan ons.

1:3 Let’s celebrate God! Every spiritual blessing in heavenly places has found its definition in the fact that we are in Christ.

Dan vat hy ons van in Christus na die plek waar Hy verduidelik dat Jesus is die Hoof van alles…. (derde kwartaal woordskool oor Efesiers)

Efe 1:21-23 ANV  hoog bo elke mag en gesag, elke krag en heerskappy, en wat daar ook al sprake van mag wees, nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom.  (22)  Ja, aan Hom het God alles onderwerp, Hom bo alles verhef en Hom aangestel as hoof van die kerk.  (23)  Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in almal vervul.

Francois du Toit skryf dit so in die Mirror Bybel…

1:21 Sy posisie van mag is onbedreigd verhewe bo al die gekombineerde gesagsordes van elke koninkryk, heerskappy of regeringstelsel; Hy beklee ‘n rang van uisonderlike superioriteit, geen ander naam of reputasie sou ooit met Hom kon meeding nie.

1:22 Sy posissie van absolute outoriteit beteken voorts dat elke gesagsvorm aan Hom onderworpe is, als is onder Sy voete; die outoriteitsliggaam is die ekklesiakerk waarvan Hyself die hoof is.

1:23 Die ekklesia, (Sy beeld en gelykenis in die mens) is die sigbare, tasbare liggaam van God op aarde. Die volheid van Sy wese wat alles in almal tot vervulling bring, leef in ons! (Die ekklesiakerk is die mees volledige ruimte waarbinne God Homself kan vertoon.)

Wat beteken dit as Jesus die hoof is van alles? 

Die Bybel vertel ‘n storie wat ons help om te verstaan wat beteken dit as Hy die hoof is van alles.
In die Bybelse konteks praat die skrif van ‘n Koning wat sal kom ….

Heers oor sonde…

Rom 5:11-14 ANV  Maar dit is nie al nie. Ons verheug ons ook in God deur ons Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening ontvang het.  (12)  Verder nog dít: Deur een mens het die sonde in die wêreld gekom en deur die sonde die dood, en so het die dood tot al die mense deurgedring, omdat almal gesondig het.  (13)  Die sonde was al in die wêreld nog voordat die wet van Moses gegee is, maar sonde word nie toegereken as daar nie 'n wet is nie.  (14)  Nietemin het die dood heerskappy gevoer van Adam af tot by Moses, ook oor mense wat nie gesondig het op dieselfde manier as dié waarop Adam oortree het nie. Daar is ooreenkoms tussen Adam en Hom wat sou kom,

Die wet moet vervul word….

Die Wet – Alle wette wat gegee is aan Moses om te gee aan die Priesters wat gegaan het oor die tabernakel, die teenwoordigheid van God op aarde, die mens wat uitreik na God.
Pentateug – eerste 5 boeke van die Bybel – Gen, Exo, Lev, Num, Deut. (Die wet)
Profete – Josua – in die beloofde land, leer hulle die weë van God – (Josua – Maleagi) – Profesië oor die Messias wat sal kom.
Moses het gedeel met die wet. Profete het gegaan oor die aankondiging van die koms van die Koning. Profesie beteken om vooruit te sien. Om iets te sê wat gaan gebeur. Profeteer beteken om oor te borrel – jy kan die nie hou nie so jy vertel dit. Of jy sien iets voor dit gebeur. Maleagi eindig met ‘n aankondiging

Mal 4:5-6 ANV  Ek gaan vir julle die profeet Elia stuur voordat die dag van die Here kom, die groot, die verskriklike dag.  (6)  Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.

Johannes word die een wat die pad voorberei…(Sagaria se storie)

Luk 1:17 ANV  En hy sal voor die Here uit gaan in dieselfde gees en krag as Elia, om vaders en kinders met mekaar te versoen, om ongehoorsames op die regte pad terug te bring en om so vir die koms van die Here 'n volk voor te berei."

Elke Profetiese uitspraak moet vervul word…

Aankondiging dat die Koning Kom om dit wat Adam verloor het te herstel. Wat het Adam verloor die koninkryk, heerskappy van God. Hierdie is waaroor die Ou Testament gaan. Die uitspraak dat ‘n Koning kom wat outoriteit teruggee.

Jesus het hulle gewys dat die Hele skrif oor Hom gaan…elke Profeet, Rigter elke Koning …het die weg voorberei vir die Hoof van alles.

Rigters verteenwoordig – geregtigheid – gee hulle hul reg (dignity, waarde) bv Debora, Sameul, Ester – Ester red die minderheidsgroep, gee hul hul reg terug. Debora lei ‘n weermag wat die minder bevoorregtes beskerm. Wanneer die Koning kom sal Hy regverdig optree, Hy gebruik hierdie Rigters as ‘n voorbeeld sodat ons kan sien Hoe die Koning regverdigheid sal bring op die aarde. Jesus is die Koning wat aan ons teruggee dit wat aan ons behoort. Rut – Gaan oor die bloed lyn van die Messias. God het gesê Jesus sal kom en al die nasies insluit. Rut verteenwoordig my en jou as heidin wat ingesluit is.
1&2 Sameul – word die een wat Praat oor wag vir die Koning… maar die volk kies Saul, dan kom Dawid en die Here gebruik Dawid as ‘n model vir koninkrykslewe…hy begin te profeteer oor Koning van Konings. Die Enigste Koning wat al sy vyander oorwin het. Sleutel tot koninkryk – kombineer oorlog met anbidding.
Kronieke – beteken geskiedenis, geskiedenis van die konings.
Esra – Profeet…konings het korrip geraak…hier is ‘n ander koning wat kom
Nehemia – wys daar is hoop, daar kom restorasie, jy sal geseend wees in Hom.
Ester - Sy was gebruik as ‘n Koningin om die volk te bewaar waaruit die saad gebore sal word sodat die Koning kan kom
Job – maak nie saak wat gebeur nie die koninkryk wen.
Psalms – ‘n liedboek geskryf deur ‘n Koning aan ‘n Koning
Spreuke – Skryf oor die wysheid om te leef in hierdie koninkryk
Klaagliedere – Jy probeer sonder God leef en dit werk nie
Hooglied – Bruid van die Koning te wees, van intimitet tot oorlog
Jesaja – Maleagi is profete wat gaan oor hierdie Koning wat gaan kom.
Elia en Elisa – het die krag van Koninkryk gedemonstreer

Jesus ontmoet Elia en Moses…

Mark 9:4-7 ANV  Elia en Moses het toe aan hulle verskyn en met Jesus gestaan en praat.  (5)  Toe sê Petrus vir Jesus: "Rabbi, dit is goed dat ons hier is. Laat ons drie hutte bou: een vir U, een vir Moses en een vir Elia."  (6)  Hy het nie geweet wat hy sê nie, so verskrik was hy saam met die ander.  (7)  Daar het toe 'n wolk gekom wat sy skaduwee oor hulle laat val het; en uit die wolk het daar 'n stem gekom: "Dit is my geliefde Seun. Luister na Hom."

Die oorhandeging van die “batton”
Tot op daardie oomblik het hulle die wet en Profete gekommunikeer, jy moet so leef want Hy kom.
Die ou Testament kan net gebruik word as verwysing, Jesus het nooit die Ou Testament gepreek nie.

God se plan met die mens was heerskappy op aarde (Gen 1:27)
Die val van die mens beteken hy het sy outoriteit/regerinskap weggegee
God stuur Jesus om heerskappy op aarde te herstel deur die mens (Jes 9:14)

Isa 9:6 ANV  Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.

Jesus as die middelpunt van God se teenwoordigheid…in vier evangelies.

Mat 1:23 ANV  "Die maagd sal swanger word en 'n Seun in die wêreld bring, en hulle sal Hom Immanuel noem." Die naam beteken God by ons.

Jesus die vervulling van die ou tabernakel en die fondasie van die nuwe tabernakel. (Exo 25, Num 1-10)
Ooste – Juda onder die banier van ‘n Leeu
Weste – Efraim onder die banier van ‘n Os
Noorde – Dan onder die banier van ‘n arend
Suide – Ruben onder die banier van ‘n mens

1. Gesig van die Leeu – Jesus as Koning - Mattheus – ‘Die koninkryk van die hemele het naby gekom’
2. Gesig van die Os – Jesus as Dienskneg  - Markus – ‘En Jesus het dadelik vertrek...’
3. Gesig van die Mens – Jesus as die tweede ‘Adam’ – Lukas - ‘ En Jesus het gebid...’
4. Gesig van die Arend – Jesus as die Seun van God – Johannes – ‘Ek is ....’

Handelinge - demonstrasie van Krag in die Koninkryk
Romeine - Hestel van ons identiteit in die Koninkryk
Korinthiers tot Filemon – Ambassadeurskap van Koninkryk
Hebreeurs – In verhouding met die Koning as broer
Jakobus tot Openbaring – Ons openbaring as Heersers

God wil ons skuif van godsdien na verhouding

Die verhaal van verlore seun (Luk 15:11-24)
Hy wil ons skuif van diensknegte na seuns, van chistene wat 'n godsdiens beoefen na 'n burgers van Sy koninkryk en verhouding nie godsdiens nie.

Psa 115:15-16 AOV  Julle is geseënd deur die HERE wat hemel en aarde gemaak het.  (16)  Die hemele is hemele vir die HERE, maar die aarde het Hy aan die mensekinders gegee.

My eerste prioriteit as 'n burger van hierdie koninkryk is ...

Mat 6:33 ANV  Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

Ek en jy is gemaak ...

1. Om te lei in hierdie koninkryk...

Rom 8:17 ANV  En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.

2. Vir die onmoontlike…

Joh 14:12 ANV  Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan.

3. Om lig te bring waar daar duisternis is...1 Joh 3:8, 1 Kor 15:55-57

1Kor 15:55-57 ANV  "Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?"  (56)  Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God.  (57)  Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus.


Om dit te bereik...

1. Ons het 'n persoonlike leermeester Joh 14:16-17,26

Joh 14:16-17 ANV  Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,  (17)  naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees….Joh 14:26 ANV  en wanneer die Vader in my Naam die Voorspraak, die Heilige Gees, stuur, sal Hy julle alles leer en julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

2. Herstel van ons "stinking thinking" Rom 12:2

Rom 12:2 ANV  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

3. Heerskappy deur leierskap 1Pet 2:4-6, 9-10

1Pe 2:4-6 ANV  Kom na Hom toe, die lewende steen, wat deur die mense afgekeur is, maar deur God vir die ereplek uitverkies is.  (5)  Laat julle as lewende stene opbou tot 'n geestelike huis, om 'n heilige priesterdom te wees en geestelike offers te bring wat deur Jesus Christus vir God welgevallig is.  (6)  Daarom staan daar in die Skrif: "Kyk, Ek lê in Sion 'n hoekklip, uitverkies vir die ereplek. Wie in Hom glo, word nooit teleurgestel nie."

1Pe 2:9-10 ANV  Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.  (10)  Julle was vroeër geen volk nie, maar nou is julle die volk van God. Julle het tóé geen barmhartigheid ontvang nie, maar nou het God aan julle barmhartigheid bewys.

It is unnatural for a Christian to not have an appetite for the impossible – Bill   Johnson

Daniel se profetiese uitspraak oor die Koning van Konings (Dan 7:9-14)

Dan 7:9-10 AMPC  I kept looking until thrones were placed [for the assessors with the Judge], and the Ancient of Days [God, the eternal Father] took His seat, Whose garment was white as snow and the hair of His head like pure wool. His throne was like the fiery flame; its wheels were burning fire. [1Ki. 22:19; Psa. 90:2; Eze. 1:26-28; Dan. 7:13, Dan. 7:22; Mat. 19:28; Rev. 20:4]  (10)  A stream of fire came forth from before Him; a thousand thousands ministered to Him and ten thousand times ten thousand rose up and stood before Him; the Judge was seated [the court was in session] and the books were opened.

Dan 7:13-14 AMPC  I saw in the night visions, and behold, on the clouds of the heavens came One like a Son of man, and He came to the Ancient of Days and was presented before Him.  (14)  And there was given Him [the Messiah] dominion and glory and kingdom, that all peoples, nations, and languages should serve Him. His dominion is an everlasting dominion which shall not pass away, and His kingdom is one which shall not be destroyed. [Rev. 5:1-10]

Vir jou kleingroep?
1. Wat sien jy as God se geheim?
2. Wat was Jesus se gesprek met Moses enElia?
3. Hoe maak jy God se Koninkryk ‘n realiteit?

No comments:

Post a Comment