Saturday, April 1, 2017

Geheime Planne 2 Hoop as gevolg van my Erfporsie




Efesiers 1 is ‘n hoofstuk wat ons motiveer om ons vertroue in Hom te plaas.
Die uitnodiging is om Hom blindelings te vertrou in elke seisoen van ons lewe.

Paasnaweek fokus op:
·        Die Goeie Vrydag waar Jesus aan die kruis sterf.
·        Die Sondag waar ons feesvier oor Jesus se opstanding.

Wat van die Saterdag? (Die dag tussen die Vrydag en Sondag.)
Dis die dag wat die dissipels hulle in totale onsekerheid bevind het.

Kol 2:14  gee ons ‘n klein venster opening van die dag.

Kol 2:14 Hy het die do­kument met voorskrifte wat as klag­staat teen ons gedien het, uitgevee en dit vir goed weggevat deur dit aan die kruis vas te spyker. 15 So het Hy die re­geer­ders en gesagvoerders ontwapen. Hy het hulle in die openbaar bespotlik ge­maak deur aan die kruis oor hulle te triomfeer.

Dit was die dag wat Jesus die vyand ontwapen het.

Ons beleef in ons eie lewe “Saterdae”, waar die wonderwerk nog nie plaasgevind het nie.

In Efesies 1 nooi Paulus jou uit om Jesus deel van jou “Saterdag te maak”.

In die twee temas van Efesiers 1 is Jesus die middelpunt van elke seisoen van jou lewe. Die twee temas is:

1.     Deur wat Jesus gedoen het…. (Ef 1:3; 4; 5; 11)
2.     Sien wat Jesus gedoen het. ( Ef 1:18;19)

2 Kor 4:16 Om hierdie rede gee ons nie moed op nie. Al is ons uiterlike mens besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.17 Ons swaarkry op die oomblik is gering en tydelik, maar dit bewerk vir ons ’n heerlikheid wat alles verreweg oortref en vir altyd vas sal staan.18 Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie, maar op die onsigbare, want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare vir altyd.

Wat moet ons sien?

·        Hy het ons gekies om syne te wees.

Ef 1: 4 Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies.
Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe.

·        Hy wil naby ons wees as ‘n Vader en het ons aangeneem as Sy kinders. 

Ef 1:5 Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. 

Sien raak dat ons deur Hom alles het wat ons nodig het vir hierdie lewe.

Ef:1:3 Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. 
Ef 1:11  Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword.
·        Krag
·        Wysheid
·        Geestelike gawes
·        Vrede
·        Sy nabyheid

Ons het Christus aan ons kant wat agter die skerms besig is om oorwinning te bewerk.

Ef 1:19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk 20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

Lees die storie van hoe Petrus bevry is uit die tronk in Hand 12:6-17

·        Kyk na die verhaal vanuit die perspektief van die mense wat vir Petrus gebid het.
·        Hulle was onbewus daarvan dat God besig was om hulle gebede te verhoor.

Jesus los jou nooit, en is nooit passief nie, maar is konstant besig om jou te begelei na oorwinning.

Glo dat jou oorwinning,  jou “Sondag” sal aanbreek.

No comments:

Post a Comment