Saturday, April 8, 2017

Geheime Planne 3 oggend - "Worship"


Geheime Planne – “Worship”

Efes 1:3
Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het, het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is.

Efes 1:5-6
Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee.


Efes 1:11-12
Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word.

 Efes 1:14
Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!

 Paulus se reaksie op die openbaring van hierdie geheime planne is dat God aanbid moet word!

Wat is “worship” vir jou?   ___________

Elkeen van ons is uniek. God het ons gemaak, dat ons elkeen ‘n unieke rol in Sy storie vir hierdie wêreld kan vervul.


 Alhoewel ons so verskil het ons almal een ding in gemeen en dit is dat elkeen van ons gemaak is om lewens te leef van “worship”


Dat ons lewens ‘n advertensiebord sal wees van God se Goedheid, Grootheid en Heerlikheid.
ʼn Baie eenvoudige definisie – Worship is ons reaksie op dit waaraan ons die meeste waarde heg
Wat vir ons die meeste van waarde is, dit word die fokus van ons worship.

Ek en Jy is geskape vir Hom!
Spreuke 16:4
Alles het die HERE gemaak vir Sy doel
“the Lord has made everything for His purpose”

Kol 1:16
God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is ……… Alles is deur Hom en vir Hom geskep. 
Alles is deur Hom gemaak en alles is vir Hom gemaak
Open 4:11
“You (God) created everything, and it is for Your pleasure that they exist and were created”
Louie Giglio maak die stelling of gee iets van ‘n definisie van Worship
Worship is our response, both personal and corporate, to God for who He is, and what He has done; expressed in and by the things we say and the way we live.

Col 3 : 17
"And whatever you do, whether in word or deed, do it all in the name of the Lord Jesus, giving thanks to God the Father through him."
 ʼn Baie mooi voorbeeld van Aanbidding wat ʼn reaksie is op die openbaring van wie God is – is die storie van Paulus en Silas in die tronk (Hand 16)
Hand 16:25
Teen middernag was Paulus en Silas besig om te bid en tot lof van God te sing. Die ander gevangenes het na hulle geluister.
        Hulle het nie toegelaat dat die omstandighede hulle perspektief van wie God is steel nie.
        Aanbidding draai jou terug na die waarheid omtrent God.
Efes 1:5-6
Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet, het Hy genade aan ons gegee.

Efes 1:11-12
Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word.
"It's not the elements of our worship that are awesome. It's the object of our worship Who is awesome"
Ephesians 5:18-19
And be not drunk with wine, wherein is excess; but be filled with the Spirit; Speaking to yourselves in psalms and hymns and spiritual songs, singing and making melody in your heart to the Lord;

Ioannis Dekas- Die kampus leier van London maak die volgende stelling:
Worship is the strategy whereby we intentionally interrupt our preoccupation with ourselves in order to focus on His presence, His person and His purpose.

Aanbidding is die oomblik waar jy voor God staan, ontdek en reageer.
Deel van hierdie aanbidding behels dat ons uitdrukking gee aan wat in ons hart beleef word, deur:
• Die opsteek van hande. Pred 3: 41
• Uit te roep. Psalm 95; 1 -2, Psalm 98: 4 – 6
• Hande te klap. Psalm 47: 1
• Te Sing. Psalm 89: 1,  Psalm 105: 2
• Voor hom te buig Psalm 95: 6
• In tale te sing 1 Kor 14: 15, Ef 5: 19
Jesus inspireer ons tot ‘n lewe van aanbidding.

Sy aanbiddingslewe het uitdrukking gekry in sy
· Private tye met sy Vader en 
· In die publiek saam met Sy dissipels.
HEBREËRS 13:15-16 NLV
Kom ons bring dan, met Jesus Christus se hulp, ’n voortdurende offer van lofprysing aan God – ’n offer wat opklink van die lippe van hulle wat Hom bely. Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie. Dit is hierdie soort offers wat God se hart bly maak.


Worship is our response to what we value most. As a result, worship fuels our actions, becoming the driving force of all we do.

Vir jou Kleingroep:
1. Op grond van die stelling - Worship is ons reaksie op dit waaraan ons die meeste       waarde heg -  is daar goed in ons lewens wat ons fokus van worship kan steel.
2. Is dit vir jou moeilik om God alleen te worship? Is daar sekere. Is daar hindernisse of onvrymoedigheid? Wat kan jy doen om dit te oorkom?
3.Bespreek hoe worship in jou daaglikse lewe uitdrukking kan vind - deur praktiese voorbeelde.





No comments:

Post a Comment