Saturday, April 29, 2017

Geloof ten spyte van Verwerping


Geloof ten spyte van Verwerping

As deel van ons reeks Geloof ten spyte van…, gesels ons vandag oor VERWERPING.

Aangesien ons in so ‘n prestasie gedrewe samelewing funksioneer, is verwerping die een reus waarmee elkeen van ons al te doen gehad het: Die werk wat jy nie gekry het nie, die partytjie wat waarheen jy nie uitgenooi is nie, ‘n eggenoot wat jou verruil het vir iemand anders, die pa vir wie jy nooit goed genoeg was nie, ens. En so kan ‘n mens aanhou en aanhou en aanhou. Elkeen van ons se verwerping storie lyk anders. Vir party is dit ‘n vlietende gedagte wat hanteer moet word, vir ander is dit so ‘n diepgewortelde pyn wat al vir so lank deel van jou lewe is, dat jy nie eers meer jou lewe daarsonder kan voorstel nie.

Miskien sit jy hier en voel jy het nie enige uitdagings met verwerping nie, dan wil ek jou vra of jy soms onsekerheid oor jouself (insecurity), min selfvertroue, ‘n lae selfwaarde, minderwaardigheid, ‘n erge gedrewenheid, of selfhaat beleef? Dit is almal byprodukte van verwerping. Om nie te praat van die vrees vir verwerping nie. Hoeveel kanse het ons nie gewaag nie, omdat ons bang is dat ons nie goed genoeg sal wees nie?

Wat is verwerping? Wanneer ek aan verwerping dink, sien ek ‘n band vol appels /aartappels wat voor ‘n klomp mense moet goed geoefende oë verbybeweeg en vinnige hande wat alles uitgooi wat nie groot genoeg, mooi genoeg, gesond genoeg na hulle sin is nie. Dit is letterlik wat verwerping beteken, daardie aksie van uitgegooi word, omdat jy nie goed genoeg is nie. Verwerping bring ons altyd na ‘n plek van: Wie ek is, is nie goed genoeg nie.

Die vrees vir verwerping is universieel een van die mees diep gesetelde menslike vrese, omdat ons biologies geskep is met die begeerte om te behoort. Verwerping vat ons na ‘n plek van isolasie toe. Hoekom is isolasie juis die straf waarmee geharde misdadigers gestraf word wanneer hulle in die gevangenis gestraf moet word? Solitary confinement.
Ons liggame reageer dieselfde op verwerping as op fisies pyn. Dit vat ons na ‘n plek van maskers en filters en mure. Na ‘n plek waar niemand tog moet sien wie en wat ek regtig is nie, want dan sal hulle my verwerp.

Wanneer ons mooi daaroor dink, besef ons dat daardie gevoel van: Wie ek is, is nie goed genoeg nie, eintlik die wortel van die hele sondeval is! Waarmee het die slang vir Eva verlei in Genesis 3? As jy van hierdie vrugte eet, sal jy soos God wees. Dit vat Eva na ‘n plek toe van ek moet iets doen om beter te word. As Eva haar identiteit verstaan het, sou sy geweet het dat sy reeds na die beeld van God gemaak is, dat sy reeds soos God is en nie nodig het om iets te doen om meer soos Hy te word nie!

Regdeur die Bybel lees ons van groot Bybel helde wat verwerping in baie ernstige grade beleef het. Dink maar aan ‘n Moses, wat nie net deur sy ma opgegee is vir aanneming nie, maar voor sy broer moes vlug, en later amper deur die volk wat hy uit Egipte gelei het, gestenig is! Dink aan Josef, wat op soveel maniere deur sy eie familie verwerp is.

As daar een persoon op hierdie aarde is wat verwerping beleef en dit verstaan is dit Jesus.
Wanneer jyself deur een of ander uitdaging gaan, is die beste persoon om mee te gesels, iemand wat dieselfde pad gestap het.

Dis waarom Hebr. 4:15-16 dit so mooi sê: Hy is nie iemand wat niks van ons weet en daarom nie simpatie met ons swakhede sal hê nie. Nee, Hy het al dieselfde pad as ons geloop en is deur dieselfde versoekings as ons, met dié verskil dat Hy nie een maal ’n fout gemaak het nie. Ons hoef dus nie bang te wees of te wonder of ons na God toe mag gaan nie. Ons kan maar gaan, want God sal baie goed wees vir ons. Wanneer ons dit nodig het, sal God vir ons meer gee as wat ons verdien en ons met sy liefde omvou.

Jesus is op soveel terreine verwerp: Regdeur die 4 Evangelies lees ons hoe Jesus en Sy boodskap verwerp was. Die Jode, Sy eie volk het geweier om te aanvaar dat Hy die Messias is. Ons lees hoe Hy uit die tempel gegooi word en uit dorpe gejaar word. In Markus 6, lees ons hoe Jesus terugkeer na Nasaret om vir Sy eie familie en die mense voor wie Hy grootgeword het te preek. Daar verwerp hulle hom tot so ‘n mate dat Hy nie eers wonderwerke daar kon doen nie.

In Sy binnekring van 12 mense kry ons ‘n Petrus wat Jesus 3 x verwerp deur te sê hy ken Hom nie! Om nie eers van die verraad te praat wat Judas gepleeg het nie. In Lukas 23 lees ons hoe dieselfde mense wat Hom gevolg het, die mense waarvoor Hy gepreek het, wat Hy bevry en genees het, skreeu: “Gee vir ons Barabbas! Kruisig Hom!” Selfs wanneer Hy aan die kruis hang, lees ons dat Johannes, Sy ma en ‘n paar vrouens daar was, geen melding word van Sy pa, broers of ander dissipels gemaak nie. Maar die grootste verwerping van alles waardeur Jesus moes gaan, is toe Sy Vader vir ‘n oomblik Sy kop weggedraai het en Hy aan die kruis uit geroep het: “My God, My God, waarom het u my verlaat!” Op daardie oomblik was alle sonde en alle siektes op Jesus. Dit was so afgryslik dat God Sy gesig weggedraai het daarvan. Waarom het Jesus nodig gehad om deur soveel verwerping te gaan? Sodat ons vandag lig en vry kan leef. Jesus het aan die kruis ook met verwerping gedeel, sodat ons nie nodig het om daarvan gevangenis te wees nie. G

God het Sy gesig van Sy seun af weggedraai, sodat Hy nooit sal nodig hê om Sy gesig van ons af weg te draai nie. Jesus verstaan verwerping. Hy verstaan hoe dit voel, en Hy het daarmee gedeel.
In die lig van alles wat Christus aan die kruis gedoen het, vind ons in Dawid se verhaal ‘n paar sleutels hoe ons met verwerping kan werk.

Dawid moes vroeg reeds verwerping ervaar het, toe niemand eers die moeite gedoen het om hom in die veld te kom roep, om saam met sy broers voor die Here se profeet te verskyn wat ‘n koning moes kom salf nie! Selfs net voordat Dawid teen Goliat moes veg, lees ons hoe hy op ‘n paar terreine verwerping moes beleef. Hoor hoe praar sy broer Eliab af op hom in 1 Sameul 17:28 Toe sy oudste broer Elíab hom met die manne hoor spreek, het Elíab baie kwaad geword vir Dawid en gesê: Waarom het jy eintlik afgekom, en aan wie het jy daardie klompie kleinvee in die woestyn afgegee? Ek ken jou vermetelheid en die boosheid van jou hart, want jy het afgekom om die geveg te sien. Waarom reageer Eliab so op Dawid? Hy projekteer die verwerping wat hy beleef het, op Dawid. As oudste seun, sou dit tot van self sprekend wees dat hy die koning sou moes word!

In vers 33 sê Saul vir Dawid dat hy net ‘n seuntjie is, en nooit teen iemand soos Goliat kan veg nie. Maar Saul het Dawid geantwoord: Jy kan nie na hierdie Filistyn gaan om teen hom te veg nie, want jy is ‘n seun, en hy is ‘n krygsman van sy jeug af.

In vers 42 lees ons hoe tot Goliat Dawid verag het omdat hy net ‘n mooi seuntjie was. Toe die Filistyn opkyk en Dawid sien, het hy hom verag, omdat hy ‘n seun was—rooierig, met ‘n mooi voorkoms.

Wat maak dat Dawid, ten spyte van talle verwerping nie daardeur geaffekteer word nie, maar die reus tromp op kan loop en hom doodmaak.

Die sleutel van Dawid se sukses, is dat hy geveg het vanuit ‘n plek van aanvaarding, en nie uit ‘n plek van verwerping nie. Dawid het ‘n paar goed verstaan:
  1. Dawid het die wonderwerk van sy skepping verstaan. Hy het verstaan dat sy geboorte nie die resultaat van twee mense se liefde was nie, maar dat hy ‘n produk van God self was. Hy skryf in Ps.139:13-16 Oh yes, you shaped me first inside, then out; you formed me in my mother’s womb. I thank you, High God—you’re breathtaking! Body and soul, I am marvellously made! I worship in adoration—what a creation! You know me inside and out, you know every bone in my body; You know exactly how I was made, bit by bit, how I was sculpted from nothing into something. Like an open book, you watched me grow from conception to birth; all the stages of my life were spread out before you, The days of my life all prepared before I’d even lived one day.  Psalm 139:13‭-‬16 MSG. Dawid het geweet dat God hom uitgedink en uitgedroom het.
  2. Dawid het geweet dat God hom aanvaar het, lank voordat enige iemand hom verwerp het. Hy het iets verstaan van Ef.1:3-6 How blessed is God! And what a blessing he is! He’s the Father of our Master, Jesus Christ, and takes us to the high places of blessing in him. Long before he laid down earth’s foundations, he had us in mind, had settled on us as the focus of his love, to be made whole and holy by his love. Long, long ago he decided to adopt us into his family through Jesus Christ. (What pleasure he took in planning this!) He wanted us to enter into the celebration of his lavish gift-giving by the hand of his beloved Son. God het ons gekies. Voor die grondlegging van die aarde af, het Hy ons in Christus gekies. In Christus is ons gekies
  3. Dawid het geweet wat God se gedagtes oor hom is. Maak nie saak wat enige iemand dink nie, God dink ongelooflike gedagtes oor hom. Sy waarde word nie bepaal deur wat op sy CV staan nie, of wat sy bankbalans is nie, watse kar hy ry nie. Hy het geweet dat God verskriklik baie van hom dink, asook oor hom dink. Your thoughts—how rare, how beautiful! God, I’ll never comprehend them! I couldn’t even begin to count them— any more than I could count the sand of the sea. Oh, let me rise in the morning and live always with you!
     Psalm 139:17‭-‬20 MSG‬
  4. Dawid het besef wie hy is en wie God is. In Ps.8 besing hy God se lof as ‘n jong skaapwagter. Nog lank voor hy koning was, het hy geweet wie hy is. As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het— wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel: (Psa 8:4-7)
As jy weet wie jy is en jy weet wie God is en hoe Hy oor jou dink, kom jy op ‘n plek waar jy nie meer verwerpbaar is nie.
Wanneer ons aan Dawid en Goliat dink as ‘n prentjie van ons geveg teen verwerping, weet ons Goliat verteenwoordig verwerping en die vrees vir verwerping, maar die fout wat ons baie keer maak, is om te dink ons is Dawid. Nee! Jesus is Dawid en Hy het reeds reus van verwerping in ons lewens oorwin. Al wat oorbly is die eggo van die leuens waarmee die vyand ons graag wil verstrengel. Jesus het aan die kruis finaal met verwerping klaar gespeel. Al wat jy nodig het om te doen, is om hierdie waarheid oor jou lewe vas te maak.
Verwerping vat ons na ‘n plek van isolasie, maskers en mure toe, maar aanvaarding van ons na ‘n plek van aanbidding toe.

Vir jou Selgroep:
1. Deel met mekaar areas in jou lewe waar jy sukkel met verwerping
2. Gesels oor die verwerping wat Bybelse karakters soos Josef en Dawid beleef het.
3. Gesels oor die verwerping wat Jesus beleef het
4. Lees deur Ps.139 en Ps. 8 en gesels oor hoe God oor jou dink
5. Gesels

No comments:

Post a Comment