Saturday, February 18, 2017

Look 2 : Intimiteit


Wat is intimiteit?

It's a blending of our heart with another's, so we can "see into" who they really are, and they can "see into" us. – Focus on the Family (Shana Schutte)

Intimiteit gaan nie oor ….

1. Die geveg met die duiwel nie
2. Ook nie my uitdagings met sonde nie
3. Maar dit gaan wel oor my seunskap/dogterskap

Wanneer ek myself assosieer met Wie Christus is ontdek ek my ware identiteit in Hom. Nou neem ek deel aan die gesprek oor my ontwerp, oorsprong, natuur en doel.

Rom 8:29-30 ANV  Dié wat Hy lank tevore verkies het, het Hy ook bestem om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat sy Seun baie broers kan hê van wie Hy die Eerste is.  (30)  Dié wat Hy daartoe bestem het, het Hy ook geroep. En dié wat Hy geroep het, het Hy ook vrygespreek. En dié wat Hy vrygespreek het, het Hy ook verheerlik.

Vanuit die openbaring van wie ek is kan ek nou intimiteit geniet. Ek word so ingeweef, want ek ontdek ek is van dieselfde soort as God. Dit verander my hele perspektief op lewe.

2Co 3:18 ANV  Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

2Co 3:18 MSG  All of us! Nothing between us and God, our faces shining with the brightness of his face. And so we are transfigured much like the Messiah, our lives gradually becoming brighter and more beautiful as God enters our lives and we become like him.

Nou vind my lewe uitdrukking in integriteit. (volgende week hieroor)

Gal 2:20 ANV  en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe. Die lewe wat ek nou nog hier lewe, leef ek in die geloof in die Seun van God wat sy liefde vir my bewys het deur sy lewe vir my af te lê.

Gal 2:20 MSG  Christ's life showed me how, and enabled me to do it. I identified myself completely with him. Indeed, I have been crucified with Christ. My ego is no longer central. It is no longer important that I appear righteous before you or have your good opinion, and I am no longer driven to impress God. Christ lives in me. The life you see me living is not "mine," but it is lived by faith in the Son of God, who loved me and gave himself for me.

Wanneer ons praat oor intimiteit….

1. Ontdek ons daar is geen afstand

Mat 6:9-13 ANV  So moet julle bid: Ons Vader wat in die hemel is, laat u Naam geheilig word;  (10)  laat u koninkryk kom; laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.  (11)  Gee ons vandag ons daaglikse brood;  (12)  en vergeef ons ons oortredings soos ons ook dié vergewe wat teen ons oortree;  (13)  en laat ons nie in versoeking kom nie maar verlos ons van die Bose.

In die kultuur van Jesus se dag was God gesien as Almagtig, Alomteenwoordige God. Jesus vat die dissipels van hier (Matt 6), volgens die beginsels van die ou verbond (Deut 28) na ‘n plek waar Hy die vereistes van die ou verbond vervul en stel hulle voor aan ‘n nuwe verbond, een van restorasie, Immaneul God met ons (Matt 1:23).

Joh 14:16-23 ANV  Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander Voorspraak stuur om vir ewig by julle te wees,  (17)  naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie sien en Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.  (18)  Ek sal julle nie as weeskinders agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe.  (19)  Nog net 'n klein rukkie, en dan sien die wêreld My nie meer nie, maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.  (20)  Daardie dag sal julle weet dat Ek in my Vader is en julle in My en Ek in julle.  (21)  Wie my opdragte het en dit uitvoer – dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar."  (22)  Judas, nie Judas Iskariot nie, vra toe vir Hom: "Here, hoe kom dit dat U U aan ons gaan openbaar en nie aan die wêreld nie?"  (23)  Jesus antwoord hom: "As iemand My liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.

Jesus vestig vir my en jou ‘n totale nuwe raamwerk van lewe. God is nie net by ons nie maar woon in ons (vb koppies). Elke vorm van afstand is vernietig in Christus.

2. Ontdek ons Hy en ons is van dieselfde soort … (Ons is nie God nie)

Gen 1:26 AOV  En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Adam en Eva se storie vertel ons die realiteit van ‘n liefdevolle God wat uitdrukking gee aan Sy liefde deur ons te maak. Hy is gefassineer deur verhouding met ons …want ons is van dieselfde soort en Hy begeer intimiteit. Ons is gemaak vir intimiteit met Hom net as ons besef ons restorasie in Christus maak ons van dieselfde soort.

“You will never desire intimacy with someone whom you perceive does not consider you to be their equal … The basis of all quality relationship, is that one party not be made to feel inferior to the other – of course we say this with the understanding He is the superior one, but that He has made us worthy, made us therefore not to feel inferior.” (Alan Platt)

Wanneer ek hierdie verstaan kan ek nie anders as om intiem te wees nie….

Real intimacy makes us feel alive like we've been found, as if someone finally took the time to peer into the depths of our soul and really see us there. Until then, until we experience true intimacy, we will feel passed over and ignored, like someone is looking right through us. – Focus on the Family (Shana Schutte)

Jesus se woorde bevestig dit…

Mar 12:30 ANV  Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand en met al jou krag.'

In hierdie konteks, volgens die Grieks, behels inimitieit om …

geestelik ten volle betrokke te wees (hele hart - Eternal Reality)
fully engaged spiritually

1 Kor 2:10-12 ANV  Aan ons dan het God dit deur die Gees bekend gemaak, want die Gees deursoek alle dinge, ook die diepste geheimenisse van God.  (11)  Watter mens ken die verborge dinge van 'n mens behalwe die gees van die mens wat in hom is? So ook ken niemand die verborge dinge van God nie, behalwe die Gees van God.  (12)  Die Gees wat ons ontvang het, is nie die gees van die wêreld nie, maar die Gees wat van God kom. So weet ons wat God ons uit genade geskenk het.

Nou maak spreek van tale sin…

1Co 14:2 MSG  If you praise him in the private language of tongues, God understands you but no one else does, for you are sharing intimacies just between you and him.

emosioneel ten volle betrokke te wees (hele siel - Internal Reality)
fully engaged emotionally

2 Sam 6:16-21 ANV  Terwyl die ark die Dawidstad ingekom het, het Saul se dogter Mikal deur die venster afgekyk. Sy het koning Dawid gesien terwyl hy spring en dans voor die Here en sy het hom in stilte verag.  …. Saul se dogter Mikal het hom tegemoet gegaan en smalend gesê: "Hoe waardig het die koning van Israel hom vandag gedra! Hy het hom die heeldag voor die slavinne van sy onderdane ontbloot soos 'n onbeskaamde mens wat hom sommer ontbloot."  (21)  Hy het vir Mikal geantwoord: "Voor die Here wat my verkies het bo jou pa en sy familie deur my aan te stel as heerser oor Israel, die volk van die Here, ja, voor die Here sal ek dans.

Dawid is so bly dat die God van hemel en aarde kies om daar te woon

intellektueel (verstandelik) ten volle betrokke te wees 
fully engaged intellectually
Al jou gedagtes (jou verstand en intelek) (Internal reality)

Psa 139:1-4 ANV  Vir die koorleier. Van Dawid. 'n Psalm. Here, U sien dwarsdeur my, U ken my.  (2)  Of ek sit en of ek opstaan, U weet dit, U ken my gedagtes nog voordat hulle by my opkom.  (3)  Of ek reis en of ek oorbly, U bepaal dit, U is met al my paaie goed bekend.  (4)  Daar is nog nie 'n woord op my tong nie of U, Here, weet wat dit gaan wees.

Dawid besef sy gedagtes kan nie hierdie Groot God begryp nie, hy gee oor.

Fisies en prakties ten volle betrokke te wees 
fully engaged physically, practically
Jou hele fisiese wêreld (External reality)

Psa 69:30-37 ANV  Ek is 'n hulpelose mens, vol pyn, maar U, o God, sal my red en my beskerm.  (31)  Dan sal ek die Naam van God besing, Hom met 'n danklied prys.  (32)  So 'n offer is vir die Here verkiesliker as selfs 'n volmaakte offerdier.  (33)  Die verdruktes sal my lied hoor en bly wees, dié wat by God hulp soek, sal moed skep,  (34)  want die Here slaan ag op die armes, Hy vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie.  (35)  Laat hemel en aarde Hom prys, die see met alles wat daarin wemel…..

In Sy diepste uitdagings, in sy diepste seer roep hy uit en sing.

Wanneer ek dink oor intimiteit…

  • My gebed van “Here help” verander na intieme gesprekke van ontdekking en liefde ... ek wil net bid, want ek wil meer van Hom ontdek.
  • My aanbidding verander van ‘n lied na ‘n “serenade” van hierdie Een wat my liefhet. (Soos ‘n bruid wat haar man “pursue”)
  • Wanneer ek die Bybel lees opsoek na antwoorde, word dit die konteks van my intieme verhouding met die Een wat my eerste liefgehad het. 

Vandag is dit my en jou geleentheid om Face to Face met Hom te wees.


No comments:

Post a Comment