Saturday, February 11, 2017

Look 1 : Indentiteit




Look 1 : Indentiteit 

Rom 5:17 Deur die oortreding van die een mens het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens, maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik: dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het, sal lewe en heerskappy voer.

Deur die oortreding van die een mens – (Adam)
het die dood begin heerskappy voer deur hierdie een mens
maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik
dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het
sal lewe en heerskappy voer

Rom 5:17 Deur die oortreding van die een mens
Waarom is wedergeboorte nodig?

Ons was almal ingesluit in Adam se val.
Sondeval – Adam kies om vanuit homself te leef – Ons word ons eie god.
Die val van Adam het veroorsaak dat ons almal ingesluit word en n sondige natuur het.

Rom 5:18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense,
19 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het

Ef.  5: 8 Vroeër was julle die ene duisternis

Rom 5:17 het die dood begin heerskappy voer

Die gevolg is dat ons onsself sien in sonde en dit lei tot sondige optrede

Sondige optrede is gelyk aan dat ons buite God se oorspronlike plan lewe

Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie

Die effek is;
Skuld – Skuldgevoel – Gevoel van ek het iets verkeerd gedoen
Skaam – Gevoel van ek is verkeerd  - daarom verdien ek nie God se teenwoordigheid nie
Seer – Die effek van sonde –  Gevoel van vrees en gebrek aan lewensvervulling

Uit myself kan ek nie die brug bou na redding toe nie

Rom 3: 21 Maar nou het die vryspraak deur God waarvan die wet en die profete getuig, in werking getree. Dit is die vryspraak wat nie verkry word deur die wet te onderhou nie, 22maar deur in Jesus Christus te glo.


Rom 5:17 maar deur die Een, Jesus Christus, is veel meer bereik

Jesus kom sluit ons in sy kruisdood

The basis of our new life in Christ, is established in the divine exchange that took place on the cross.
We were equally fully included in Jesus Christ – we have been proclaimed righteous, not because of our own righteous deeds, but because we were included in the moment of his perfect sacrifice and victory on the cross.
Now being in Christ we are therefore no longer ‘Sinners’ we are the ‘Righteousness of God”

Ingesluit 

Rom 6: 6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. 7 Iemand wat gesterf het, is immers vry van die mag van die sonde. 8 Ons het saam met Christus gesterwe; daarom glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe

Insluit beteken Jesus word ons geregtigheid.

Hy dra die straf vir ons sonde sodat ons vrygespreek kan word vir die straf van sonde.
Hy regverdig ons onverdiend. Jesus word ons geregtigheid.

Rom 5: 18 Soos een oortreding gelei het tot veroordeling vir alle mense, so het een daad van gehoorsaamheid dus ook gelei tot vryspraak en lewe vir almal.
19 Soos baie deur die ongehoorsaamheid van een mens sondaars geword het, so ook sal baie deur die gehoorsaamheid van die een Mens vrygespreek word.
Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, 24 maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

Rom 5:17 dié wat die oorvloed van genade en die vryspraak as gawe ontvang het

As gevolg van genade, onverdiende goedheid, nie as gevolg van wat ek gedoen het nie, maar as gevolg van wat Jesus gedoen het aan die kruis beleef ek vryspraak.

My assosiasie word gebreek met Adam en nou assosieer ek my met Jesus.
Dit is meer as vryspraak – Dit bring my in n nuwe posisie in Christus.

Ef 2: 1 Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2 wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in die mense wat aan God ongehoorsaam is.
3 So het ons trouens vroeër ook almal gelewe. Ons is deur ons sondige begeertes oorheers en het gedoen net waartoe ons luste ons gelei het en wat in ons gedagtes opgekom het. Vanweë ons sondige natuur sou ons net soos die ander mense deur God gestraf moes word.

Ons was ingesluit in Adam en die oorsaak was ‘n lewenswyse.
Ons moes straf ontvang.
MAAR Jesus het ons geregtigheid geword.

Ef 2 5 Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered! 6Ja, in Christus Jesus het Hy ons saam met Hom opgewek uit die dood en ons saam met Hom 'n plek in die hemel gegee,


You are Here
Nuwe Posisie 
Van duisternis na lig.
Ef 5:8 Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is.

Dus meer as vergewe na ek is onskuldig verklaar.
Kol 2: 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem.
Ek is nou perfek in Hom.
1. Hebr 10:14 Deur die één offer het Hy dié wat vir God afgesonder word, vir altyd volkome van sonde vry gemaak.
Heb 10:14  Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word.
AMP - For by a single offering He has forever completely cleansed and perfected those who are consecrated and made holy.
17 Dan sê Hy verder:
“Aan hulle sondes en hulle oortredings sal Ek nooit meer dink nie.”


Van 'n sondige natuur na 'n nuwe skepsel in Christus
2 Kor 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom
Ek sien my nou in die voorbeeld van Jesus. Hy is my prototipe.

Ek is kind van God met Hom wat woning kom maak het in my. 
Gal 4: 6 En omdat ons sy kinders is, het God die Gees van sy Seun in ons harte gestuur, en in ons roep Hy uit: “Abba! ” Dit beteken: Vader! 7 Jy is dus nie meer 'n slaaf nie; jy is nou 'n kind van God .

. 17: 22 Die heerlikheid wat U My gegee het, het Ek ook aan hulle gegee, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is: 23 Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees, sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefhet net soos U My liefhet.

Ek word nie net aanvaar nie – ek is ook erfgenaam – Gal 4:6
Die volle erfporsie van God is myne.

Through faith in the completed work of Jesus Christ on the cross, we now approach life no longer from the perspective of the fall of Adam, but from the victory that has been established in Jesus Christ.

Rom 5:17 ...  sal lewe en heerskappy voer

Jesus word die spieël in wie ek My identiteit sien.

Ek kyk nie meer, soos deur ʼn winkelvenster, en hoop om eendag soos Hy te kan wees nie. Ek kyk nou in ʼn spieël en ontdek dat Hy ʼn voorbeeld van my is en dat ek net soos Hy lyk.

Die belangrikste wat jy moet weet van jou goddelike identiteit is dat jy optree soos Christus omdat jy soos Hy in murg en been is!

2 kor 3: 16 Van Moses sê die Skrif egter: “Elke keer as hy hom na die Here wend, word die sluier weggeneem.”
18 Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here, want die sluier is van ons gesig af weggeneem. Ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word. Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe. Dit doen die Here wat die Gees is.

Openbaring: Ek sien myself in Christus.
Geloof: Ek glo wie ek is in Hom.
Belyning: Ek belyn my lewe met wat ek glo.

No comments:

Post a Comment