Saturday, February 4, 2017

Look – Sien om na mekaar (Community)



Look – Sien om na mekaar (Community)

As ek die lewe die lewe in een woord moes verduidelik dan is dit:

VERHOUDINGS

Dit is die een ding wat die grootste invloed op jou lewe het.

Iemand het eenkeer gesê  - “Your net worth is determined by your network”

PREDIKER 4:8 (NLV)
Daar is iemand wat heeltemal alleen is, boonop sonder seun of broer. Tog is daar geen einde aan al sy moeite nie en word sy oë nie versadig met rykdom nie.


Reg deur die Bybel sien ons dat intensionele verhouding tot voordeel is van die mens

Om net ʼn paar te noem:

God maak vir Adam en God sê dis nie goed dat hy alleen is nie, en skape toe vir Eva

Salomo se: Twee is beter as een want as een val kan die ander een hom ophelp

Deuteronomium – een kan ʼn duisend laat vlug – twee kan 10 000 laat vlug

Die realiteit is – dat verhouding met die regte mense in jou lewe kan jou lewe versnel in die regte rigting – dit is “Devine acceleration”

Graig Groeschel – “You'll never do all God wants you to do without the right people around you”.

Rick Warren stel dit so mooi – “We are created for community, fashioned for fellowship, and formed for a family, and none of us can fulfil God’s purposes by ourselves”.

Ons het mekaar nodig. Daar is 59 verwysings in NT verwys na mekaar beginsel.
ROMEINE 12:5 (NLV)
Net so is dit ook met Christus se liggaam. Al is ons baie, vorm ons saam een liggaam omdat ons aan Christus verbind is, en as ledemate van hierdie één liggaam hoort ons saam en het ons mekaar nodig.
Die Californian Redwood Boom is baie interessant – dis die langste boom in die wêreld en word tot 110m lank. Hy is 8m in deursnee en weeg tot 500 ton. Die interessante feit van hierdie boom is dat hy geen penwortel het nie en dat sy wortel sisteem net tussen 2 en 4 meter diep is. Hierdie bome val selde om. Hoe kan iets wat 500 ton weeg, baie sterk winde, aardbewings, storms en vloede trotseer met ʼn wortel sisteem van slegs 4 meter diep?
Die interessante ding van die boom is dat sy wortels met ander Redwood bome vervleg en hulle letterlik mekaar regop hou. Hulle groei naby aan mekaar en is letterlik van mekaar afhanklik.
Chuck Swindoll som dit mooi op:
“Nobody is a whole team…We need each other. You need someone and someone needs you. Isolated islands we’re not. To make this thing called life work, we’ve got to lean and support. Relate and respond. Give and take. Confess and forgive. Reach out and embrace. Since none of us is a whole, independent, self-sufficient, super-capable, all-powerful hotshot, let’s quit acting like we are. Life’s lonely enough without our playing that silly role. The game is over. Let’s link up.”
Vier aspekte van ʼn mens se lewe – wat deur “community” / groepslewe aangeraak en aangespreek word in jou lewe.
1.    Publieke Arena – Ek weet en Jy weet
Dit is die publieke jy
En ongelukkig is dit al wat ons van mekaar gaan weet as ons net op so manier met mekaar “connect”.

2.    Masker – Ek weet maar jy weet nie
Daar is moontlik ʼn area of iets in jou lewe waarvan niemand weet nie
2 Kor 4:2 (MSG)
We refuse to wear masks and play games…… Rather, we keep everything we do and say out in the open……..
Jak 5:16
Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word.

3.    “Blind Spots” – Ek weet nie maar jy weet
Ons het mense nodig wat met ons eerlik is – iemand wie jy kan vertrou
SPREUKE 27:6 (NLV)
Die wonde veroorsaak deur iemand wat lief is vir jou is baie beter as die baie soene wat jou vyande jou wil gee.

4.    Potensiaal – Ek weet nie en jy weet ook nie
Elkeen van ons het ongerealiseerde potensiaal en ek het mense nodig om my te help om dit te ontdek
Daar is ʼn Afrika spreekwoord wat sê – “When you run alone, you run fast, but when you run together, you run far”.
Efes 4:16 (NLT)
“As each part does its work, it helps the other parts grow, so Christ’s whole body is healthy and growing and full of love.”

Andy Stanley – “You can't grow spiritually unless you are connected relationally. Community isn’t just a nice option: it's a NEED - like food, water, and shelter".

Heb 3:12-13
"Wees dan versigtig, broers en susters. Maak seker dat daar nie by enigeen van julle ’n verkeerde gesindheid van ongeloof posvat wat julle vervreem van die lewende God nie"

Ongelukkig beweeg mense maklik weg van wat hulle glo.
As jy alleen is, is daar niemand om jou te keer nie

Maar...
13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word

Ons moet mekaar aanspoor (motiveer, herinner, vermaan)

En so mekaar help, om nie weg te beweeg van ons nuwe lewenswyse en ware identiteit in Christus.
The healthier your relationships, the healthier you will be – Andy Stanley

No comments:

Post a Comment