Saturday, January 28, 2017

Divine Acceleration 2 Kreatiwiteit



Divine Acceleration – Kreatiwiteit

Baie mense sien hulself nie as kreatief nie. Ons dink net die kunstenaar, digter en musikant is kreatief.
Is die ma wat elke dag moet bepaal wat geëet word, nie kreatief nie?
Is die persoon wat ‘n oplossing vir ‘n probleem kry nie kreatief nie?

Kreatiwiteit is wysheid buite die boks van ons vooropgestelde denkpatroon.

Die oorsprong van Kreatiwiteit is God se wysheid in ons, wat lei om buite die grense van ons vooropgestelde denke te laat dink.

Jesus is Wysheid en WYSHEID lei ons in ons elke dag lewe. 

1 Kor 1:30 Aan God is dit te danke dat julle met Christus Jesus verenig is. Hy het vir ons geword die wysheid wat van God kom: die vryspraak, die heiliging en die verlossing. 31Daarom, soos daar geskrywe staan:
“Dié wat wil roem, moet in die Here roem.”

In Spreuke 1, die boek wat oor elke dag wysheid gaan, begin Salomo na Wysheid as ‘n persoon verwys wat voor die aarde se ontstaan reeds daar was. Spr 1: 22- 27.
Dus Jesus (Wysheid) wat betrokke wil raak in die ons lewe. Spr 1: 1-3
Jesus (Wysheid) wil betrokke raak in die mens wat ervaring kort. Spr 1:5
Jesus (Wysheid) insig, en kennis gee vir die wat dit soek. Spr 1:6-11

Jesus se wysheid was buite die grense van die denkwyse van daardie tyd.

Mark 6: 35 Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36 Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.”
37 Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.”Hulle sê toe vir Hom: “Dit sal ’n yslike bedrag kos om brood te gaan koop om vir hulle te ete te gee!”

Die Dissipels tree realisties op. “Stuur hulle weg.”
Jesus se oplossing is buite die realisme – bevrug met Goddelike insig

1. Laat toe dat Jesus jou buite jou grense van jou vooropgestelde idees begelei
.
1 Ki 3:9 "Here's what I want: Give me a God-listening heart so I can lead your people well, discerning the difference between good and evil. For who on their own is capable of leading your glorious people?" (Salomo)

2. Wees skeppend

Sien nuwe geleenthede raak.
Sien areas raak waar God Sy Koninryk wil vestig.
Kry ‘n droom.

Gen 1:1 In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder. 2 Maar die aarde was ’n vormlose, onbewoonbare massa, en die diep waters was toegevou in duisternis. Die Gees van God het oor die oppervlakte van die water gesweef. 3 Toe beveel God: ....

Die geskiedenis van die woord Apostel 
In die Romeinse tyd het die woord apostel na die skepe verwys wat ‘n onbekende gebied gaan inneem het.
Die mense op die skip moes ‘n kultuur gaan skep deur opvoeding, vaardighede, kuns en waardes.
Die intensie was sodat die Keiser kan terugkeer en tuis voel soos in Rome.
Vir my en jou beteken dit orals waar ons gaan is ons mense besig om ‘n kultuur te skep waarin ons “soos wat dit is in die hemel so sal dit wees op die aarde” sodat ons Koning kan terugkeer.

3. Kry strategie en oplossing van die Here.
Die Heilige Gees wil jou help om ‘n roete na oplossing te bepaal.

Voorbeeld 1
Eks. 35:30 Moses het vir die Israeliete gesê: “Die Here het Besaleël, die seun van Uri uit die Judastam gekies. 31 God se Gees gee vir hom die verstand, die kennis en die vaardigheid vir die werk wat gedoen moet word. 32 Hy kan voorwerpe maak uit goud, silwer en koper. 33 Hy kan edelstene bewerk en dit monteer en ook houtsnywerk doen. Hy is in staat om enige kunswerk te maak. 34 God het vir hom en Oholiab, seun van Agisamak uit die Danstam, die vermoë gegee om ander op te lei. 35 Die Here stel hulle in staat om graveerwerk, borduurwerk en weefwerk te doen met blou, pers en bloedrooi wol en linne.”

Voorbeeld 2

Hand 6: 3 Medegelowiges, kies sewe mans onder julle wat daarvoor bekend is dat hulle vol van die Heilige Gees is en wysheid het. Ons sal hulle dan vir hierdie bediening aanstel
Die sewe mans vol van die Heilige Gees en wysheid moes ’n strategie ontwikkel om die probleem  van die versorging van die weduwees, op te los.

Max Lucado wrote: “Every day I have the honor of sitting down with a book that contains the words of the One who created me. Every day I have the opportunity to let him give me a thought or two on how to live.
Besef daar is meer as een roete en dit is wyer as jou lewenspatrone en gemaksone.
Skryf jou drome, planne of probleem binne ‘n sirkel.
Laat toe dat die Heilige Gees jou gedagtes bevrug met SY idees.
Skryf buite die sirkel gedagtes en verbind verskillende idees met mekaar.
Skryf dit neer.

Bid elke dag: “Jesus laat u wysheid en kreaktiwiteit deur my vloei.”

Selgroep vrae
Hoe kry kreatiwiteit uitdrukking in jou lewe?
Wat beteken die stelling Jesus is wysheid vir jou?
Watter onvervulde visies het jy?



No comments:

Post a Comment