Friday, January 13, 2017

Rigting 3 "Destiny"



Rigting:  “Destiny”

Waarheen is jy op pad?
Wat is die rede waarom jy hier op aarde is?
Ons is opsoek na die groot rede vir ons bestaan.

Die Ou Testement se stories neem ons na “Wat“  toe? 

Wat is die een ding wat ek met my lewe moet doen?
Moses se “wat” is gelyk daaraan om die volk te red uit Egipte.
Josef se “wat” is om Israel te red van hongersnood.
Ons spandeer so baie tyd om die “Wat is die rede vir my bestaan’ te soek?

Die Nuwe Testement skuif my soeke na Destiny van af ‘n “Wat” na ‘n “Wie”.

Rom 8:28 En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. 29 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.

1. Ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk
Innerlike geluk, sinvolheid, vrede
2. Vir Wie sal alles ten goede meewerk?
 ... wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe
3. Wat is sy doel?
 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word

Message vertaling . We see the original and intended shape of our lives there in him.

Jou “destiny” is:
Om jouself in Christus te ontdek,
Jouself met Hom te indentifiseer.
En toe te laat dat Hy deur jou uitdrukking kry.

Wie bepaal dus jou optrede? Wie is jou life coach?
Opvoeding
Die invloed van vriende

Jesus nooi jou om Hom toe te laat in jou lewe sodat Hy jou kan omvorm.

Rom 12: 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Dit is presies wat Paulus ervaar het toe Hy sy Destiny in Christus ontdek het.

Fil 3:6 In daardie tyd was ek so ernstig oor my Joodse godsdiens dat ek al wat Christen was, ywerig vervolg het. Ja-nee, volgens die Joodse wet het ek nie ’n voet verkeerd gesit nie.
Christus is vir my die belangrikste van alles en almal
7 Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie. Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het. 8Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander.
Al daardie dinge wat eers vir my so belangrik was, is nou vir my minder as niks werd, want Jesus het vir my alles geword. Hy is nou vir my belangriker as alle ander dinge tesame.
Daarom het ek alles gelos vir Hom. Wanneer God na my kyk, moet Hy sien dat ek in ’n intieme verhouding met Jesus staan. Jesus het mos my saak met God reggemaak. Dit was nie omdat ek so mooi na die wet geluister het nie, 9maar omdat ek Jesus vertrou.

My lewensoptrede, en rigting het verander toe my pad met Jesus sin gekruis het.

Die storie van Saggeus Luk 19

Twee hoofkrakters in die storie

Jesus en Saggeus
Jesus kan ons leer hoe om ons “Destiny” uit te leef.
By Saggeus kan ons leer wat het gebeur as Jesus jou padlangs kom.

Jesus

Jesus leef vir eending, dit is om sy Vader uitdrukking te gee in elke situasie.
Joh 4:34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Luk 19:5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom,
Jesus het toegelaat dat God se liefde en omgee deur Hom beweeg in die konteks waar Hy Homself bevind het. Dit was kenmerkend van Sy lewe op aarde.
Les
Laat Jesus uitdrukking kry in elke area van jou lewe.
Dit gaan oor gehoorsaamheid aan Jesus in alle areas van jou lewe.
Dit kan  ‘n langtermyn opdrag wees of net vir die oomblik.

Saggeus

Sy naam beteken Skoon, onskuldig
Sy lewe gee nie uitdrukking aan wie hy is nie: Hy het teen sy mense gedraai en julle geld gesteel.

Maar daar was  ‘n oomblik toe Jesus se teenwoordigheid sy lewe gevul het.

Luk19:8 Saggeus het egter openlik gereageer en vir die Here gesê: “Here, ek gaan die helfte van my besittings aan die armes gee, en as ek iets van iemand met ’n slenter bekom het, gee ek dit vierdubbel terug.”

Jesus se teenwoordig verander Saggeus se lewe.

The Robe gebruik die skryf Lloyd Douglas die storie van Saggeus om te verduidelik hoe Jesus ons vry maak. In hierdie storie vra Jesus vir Saggeus nadat hy hom voorgeneem het om die grootste deel van sy geld weg te gee, wat hom dit laat doen het, tot hierdie buitengewone daad van vrygewigheid laat oorgaan het. Dan antwoord Saggeus: Meester, toe ek in U oë kyk, het ek daarin die Saggeus gesien wat ek veronderstel was om te wees. Dit is wat die evangelie van Jesus met ons doen.

2 Kor.5:20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal.

1. Destiny is meer as daardie een ding waaraan ek my lewe moet wy.
2. Destiny is om in elke rol van my lewe Christus uitdrukking te gee.
3. Destiny is om in gehoorsaamheid, te sien wat Christus sien.

Op te tree soos Christus sou optree.

Dan raak dit nie “ ’n wat” nie, maar ‘n lewe waar Hy op verskillende wyses deur elke lewensrol  en in elke spasies deur my lewe.

Bespreek hoe die storie van Saggeus jou denkwyse oor die lewe uitdaag?
Wat het jy al van jouself in Christus ontdek?
Hoe raak die woord "omvorm" jou persoonlik?

No comments:

Post a Comment