Saturday, October 24, 2015

Original: Jona


Original Jona

Ons gesels in die  reeks oor normale mense, net  soos ons,  wat ‘n groot impak gemaak het en waarby ons lewenslesse kan leer.

Jona is een van die Bybelkarakters waarmee ons onsself kan identifiseer.

Jona kry ‘n direkte opdrag van die Here, maar hy kies om die opdrag te vermy.

Jona.1:1  Die Here het vir Jona, die seun van Amittai, geroep om sy boodskap te gaan oordra. Hy het vir hom gesê: 2 “Gaan sê vir die groot stad Nineve dat Ek hulle gaan straf. Hulle sonde is so groot dat dit al aan die hemel raak.”

Die boek Jona se sentrale tema gaan oor die vraag waarom hy nie God se opdrag uitgevoer het nie.

Jona 1: 3 Jona het die Here se opdrag probeer ontduik. Hy het weg van Nineve af in die teenoorgestelde rigting na Tarsis toe gevlug

Wat is die hardlklop waarom Jona en in baie gevalle ons, nie ons lewe belyn met Jesus se roeping vir ons nie?

Jona 4 

Die antwoord kry ons in Jona 4. Hier help God hom om by die wortel van sy probleem  uit te kom.

Jona gaan sit buite die stad, en is teleurgesteld dat God nie die stad verwoes het nie.

Die storie maak ‘n interessante draai.

Die Here voorsien in sy direkte behoefte en dit verander sy gemoed.

Jona 4: 6 Die Here God laat toe ’n wonderplant opkom. Dit het ’n skaduwee oor Jona gegooi wat dit vir hom baie gemakliker gemaak het. Jona was baie bly oor die wonderplant.

Die Volgende oggend stuur die Here ‘n  wurm om die wonderplant op te eet

Jona 4: 7 Maar die volgende oggend toe die son opkom, stuur God ’n wurm. Hy het aan die plant begin vreet en dit het veroorsaak dat die plant doodgaan.8 Die son het al warmer geword. Soos die dag vorder, het God ’n skroeiende warm wind uit die ooste laat waai. Die son het so warm op Jona gebrand en hom so gedaan gemaak dat hy naderhand gewens het dat hy tog maar liewer dood was.

Hy sê toe weer soos hy gesê het: “Dit is beter as ek nie verder lewe nie.”

Toe sy eie gemak verander toe is Jona weer ongelukkig.

Les : Die Here is besig om Jona te leer dat die lewe nie net oor hom gaan nie.

Jy moet ook jou geluk kan vind in God se wonderwerke in ander se lewens.

Jona 4:10 “Nou toe nou,” sê die Here vir hom. “Jy dink jy het die reg om kwaad te wees oor ’n plant waarvoor jy nie ’n oomblik moeite gedoen het om dit te laat groei nie, wat oornag op sy eie opgekom en weer net so verdwyn het. 11 Maar jy wil nie hê Ek moet bekommerd wees oor die groot stad Nineve nie, waarin daar meer as 120 000 mense bly wat nie reg van verkeerd kan onderskei nie en waarin daar so baie diere is. Het Ek nie die reg om My oor hulle te bekommer nie?”

Jona word geleer om met selfsug, sy eie voorkeure en sy eie gemak  te breek en God se passie vir ander mense te ontdek.

Ontwikkel 'n hart vir 'n stad

Hy leer dat die Here ‘n passie vir ‘n  stad het, en God wil hê hy moet sy hart daarmee te belyn.

  • Die Here bekommer hom oor ons studente wat nie kan studeer nie
  • Oor huwelike wat uitmekaar val. 
  • En Hy het n passie dat n stad moet verander na n plek van lewe.


Die woord passie beteken – Ek is bereid om deur pyn te gaan, Om ‘n martelaar te raak vir n saak.
Passie vir God beteken jy sal jou eie gemak prys gee, om die Koninkryk van die  Here te help vestig.

Jy voel dalk om die wêreld te verander is onmoontlik
Maar die Here vra dat jy n passie vir JOU wêreld sal ontwikkel:

  • Jou werksomgewing
  • Jou blyplek 
  • Jou vriendekring


Jona se ongehoorsaamheid het  amper veroorsaak dat die stad Nineve nie God se genade beleef nie. Die een wat benadeel word is die een wat moes ontvang.

Ons dien ‘n  God van tweedekanse.

Toe Jona terug gaan na die stad – toe beleef die stad n transformasie

Jona 3:6 Toe die koning van Nineve hoor wat Jona sê, het hy van sy troon af opgestaan en sy koninklike klere uitgetrek. Hy het rouklere aangetrek en op ’n ashoop gaan sit. 7 Die koning en sy amptenare het toe die volgende bevel deur die stad gestuur: “Niemand nie, nie eers die diere, mag enigsins iets eet of drink nie. 8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Beginsel: Jou uitreik na JOU wêreld, dra daartoe by om DIE wêreld n beter plek te maak.

Lees Matt 25:31-46
Jou omgee se rimpel effek raak God se hart,

God se hart vir ‘n stad 

 Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal. Hy is die God van Israel. Hy sê vir al die mense wat Hy uit Jerusalem uit laat wegvat het na Babel toe: 5“Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees. Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.”

Die opdrag is om God se vrede en voorspoed vir n stad te soek, sodat dit goed kan gaan.
Shalom = Heelheid, oorvloedige lewe.

Les: as dit met die stad goed gaan, gaan dit met Jou goed.

God se ingryping in Nineve het nie net tot die bekering van mense gelei nie, maar tot restourasie van
die stad.

Jona 3:8 Almal moet rouklere aantrek en ernstig tot God bid. Almal moet ophou om kwaad te doen en geweld te pleeg.

Ons betrokkenheid moet tot transformasie lei. Jer 29:4-7

Hoe kan ons transformasie bring? 

Jer 29: 4 Die Here is sterker as alles en almal.
7 Doen ook julle deel dat daar vrede en voorspoed in Babel sal wees

Luk 10:2 Dít was sy instruksies aan hulle: “Die oes is só groot, maar die werkers is so min. Bid tot die Here wat in beheer is van die oes, en vra dat Hy meer werkers in die veld sal stuur. 3 Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur

1. Ons is geroep om n teenoorgestelde gees in n omgewing  te bring.
As daar suinigheid en vergrype is – word ‘n kampvegter vir oorvloed en regverdigheid.

2. Verhoog die geestelike klimaat in jou omgewing.

Jer :29: 7 Vra ook in gebed vir die Here dat dit goed sal gaan met die stad waar julle aangekom het toe julle uit julle land weggevat is
Luk 10 : 5 “Elke keer wanneer julle ’n huis binnegaan, spreek die vredesgroet daaroor uit.
9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

Begin bid vir jou omgewing, jou werksplek.
Waar nood is laat die Heilige Gees se gawes deur jou beweeg.

3. Raak prakties betrokke by jou omgewing
Jer 29:5 “Bou vir julle huise in Babel om in te bly. Maak vir julle tuine en eet die kos wat uit die tuine kom.

Saturday, October 10, 2015

Knowing God - ‘n Hart vir Heelwees


To Know God, and to make Him Known

Week 6

‘n Hart vir Heelwees

For my determined purpose is that I may know Him, that I may progressively become more deeply and intimately acquainted with Him, perceiving and recognizing and understanding the wonders of His Person more strongly and more clearly, Philippians 3:10a AMP

God skep ons met ‘n hart om Hom te ken, sodat ons Hom kan vertrou.
Yadah – Om intiem te ken

En Ek sal hulle ‘n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My ‘n volk wees, en Ek sal vir hulle ‘n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart. Jer 24:7

God our Creator vs. God our Created – Bonhoeffer

There’ll be no limits to the wholenss He brings. Is. 9:7 Msg

Op sy reis na Jerusalem toe het Jesus al met die grens tussen Samaria en Galilea langs gegaan. Net toe Hy 'n sekere dorpie wou binnegaan, kom tien melaatse mans Hom tegemoet, maar hulle bly op 'n afstand staan en roep hard: “Jesus, Here, ontferm U oor ons!”  Toe Hy hulle sien, sê Hy: “Gaan wys julle vir die priesters.” Op pad daarheen het hulle gesond geword. En een van hulle het, toe hy sien dat hy genees is, omgedraai en God hardop geprys. Hy het voor die voete van Jesus neergeval en Hom gedank. Hierdie man was 'n Samaritaan. Toe sê Jesus: “Was daar nie tien wat gesond gemaak is nie? Waar is die ander nege dan? Is daar niemand anders wat omgedraai het om God die eer te gee behalwe hierdie man wat nie eers 'n Jood is nie?”  En vir hom sê Hy: “Staan op en gaan huis toe. Jou geloof het jou gered.” LUKAS 17:11-19 AFR83



Sleutels vir Heelword:

Goddelike rus
Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”
Matthew 11:28-30 MSG

“Believers think they must do, do, do. But Christ says: It is done, done, done!” – Joseph Prince

Liggaamlike Genesing

Goddelike Ruiltransaksie
But he was wounded for our transgressions, he was bruised for our iniquities: the chastisement of our peace was upon him; and with his stripes we are healed. Isaiah 53:5 KJV





Saturday, October 3, 2015

Knowing God - Versoeking


Waarom is dit, dat dit wat ons nie wil doen nie – doen ons? Hoekom kry ons dit nie reg nie?

Is ons beskadigde goedere? Gekraakte erdekruike? Is daar iets met ons verkeerd of is dit deel van die menslike natuur, ons menswees?

Elke gelowige word geroep tot 'n lewe van integriteit, maar die vyand van itegriteit is versoeking.

1Kor 10:12 – 13
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.
Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar
God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek 
word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat
julle dit sal kan verdra. 

Wat is versoeking – Versoeking is enige iets wat vervulling belowe ten koste van gehoorsaamheid aan God. 

Waarhede rakende versoeking:
1.  Dit is nie sonde om versoek te word nie
Heb 4:15
Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.

2. Jy is nooit groter as versoeking nie – jy is nie bo versoeking 
1 Kor 10:12
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

3.  God versoek ons nooit nie
Jak 1:13 – 15
Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God       kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle               ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

    Every temptation—is an invitation—to depend on Christ

4. Daar is altyd ‘n uitkoms
1 Kor 10:13
maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

2 Kor 12:19
“My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. 

God’s solution to our vulnerability is to embrace His word on our needs



Saturday, September 26, 2015

Knowing God - Vrienskap


God wil jou vriend wees: 

Een van die mooiste gedagtes wat ons verhouding met Jesus beskryf is die woorde, vriend van God
Jesus self verwys daarna in Joh 15

Die gedeelte bou op na die beginsel vriend van God

Joh 15: 9 “Soos die Vader My liefhet, het Ek julle ook lief. Julle moet aan my liefde verbonde bly. 10 As julle my opdragte gehoorsaam, sal julle aan my liefde verbonde bly, net soos Ek ook die opdragte van my Vader gehoorsaam het en aan sy liefde verbonde gebly het. 11 Dit het Ek vir julle gesê sodat julle my blydskap mag ervaar en julle blydskap volkome kan wees.

God is vir ons:
• Omdat God ons liefhet en ons belange op Sy hart dra, is dit maklik om Hom te vertrou.
• Daarom wil ek gehoorsaam aan Hom wees.
• Die resultaat is volkome blydskap.

John 15:14 Julle is my vriende as julle doen wat Ek aan julle opdra. 15Ek noem julle nie meer slawe nie, want ’n slaaf weet nie wat sy eienaar doen nie. Julle noem ek lankal vriende, omdat Ek alles wat
Ek by my Vader gehoor het, aan julle verduidelik het.

Slaaf – Dit gaan oor die belange van die eienaar en hy moet daarvolgens presteer.
Vriend – Die Here het jou lief en jy is vir Hom belangrik. Ons reageer op Sy liefde.

Dieper dimensie van verhouding

Hebr 10:10 Dít is nou die verbond
wat Ek hierna met die volk Israel
gaan sluit, verklaar die Here:

Ek sal my opdragte inskryf
in hulle verstand
en Ek sal dit in hulle harte
graveer.

Les: Jou  intuïsie, jou gewete, spontane gedagtes is meer as net jou gedagtes. Dit is God se inspraak in jou lewe.

Hebr 10:10 b ... Ek sal hulle God wees
en hulle sal mý volk wees.
11 En hulle sal nie nodig hê
om elkeen sy medeburger
te onderrig en vir sy broer te sê:
‘Jy moet die Here
leer ken’ nie.
Want elkeen van hulle,
van die kleinste tot die grootste,
sal My ken.

Les: Die Here wil in ‘n persoonlike verhouding met elkeen van ons lewe.

12 Ek sal My ontferm oor hulle
ongeregtighede
en Ek sal nooit weer
aan hulle sondes dink nie.”

Les : Die Here bewys jou genade, alles wat afstand kon bring, het Hy deur die kruis verwyder.

Hebr 10:19 Broers en susters, ons het dus nou deur die bloed van Jesus volle vrymoedigheid om in die hemelse heiligdom in te gaan. 20Hy het hierdie nuwe, lewegewende pad wat deur die binneste voorhangsel tot by God gaan, vir ons oopgemaak deur vir ons te sterf.


Deur God se vriendskap: verander Hy ons lewe sodat ons lewe al hoe meer in lyn met Sy lewe sal kom.


Daarom moet ons doelbewus tyd skep waar ons Sy hart kan optel.

Een van die woorde wat gebruik word om hierdie oomblikke saam te vat, is gebed.
Gebed is die versamelnaam van jou verhouding met die Here.

Dialoog. God praat met ons

Lees Ps 5 1-3 en beleef die fokus op dialoog
Ps. 5:2 Hoor tog wat ek sê, Here!
Luister hoe ek my hart teenoor U leegmaak. Ek kreun.
3 Red my as ek om hulp kom smeek. U is my God, die Een wat my lewe beheer.
Daarom bid ek tot U.
4 U sal hoor as ek soggens vroeg met U praat, Here.
Soggens sal ek my hart oopmaak en wag op u antwoord.

Ek gee oor aan Sy leiding.  Ek soek Sy hart meer as net om my gedagtes bekend te maak.

Alle tye
Omdat gebed se fokus op vriendskap is, sê Jakobus dat ons ten alle tye moet bid.
Wanneer dit goed gaan en wanneer ons swaarkry moet ons bid.

Jak 5 :13 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.


God praat terug

Wanneer ons God se leiding begin soek, neem “toevalligheid” toe.

Jy begin antwoorde vind, in jou selgroep, boeke wat jy lees, ens.

Hebr 10 verwys verder na die belangrikheid om saam met ander die lewe te ervaar en die Here daarin te beleef.
Hebr 10 24 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade.25 En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie

Hierdie ‘saam-oomblikke” is geleenthede waar God deur vriende in ons hart graveer.

Die Here praat as ons aanbid

Dit is in tye van saam wees wat ons Hom aanbid.
Waar ons hart tydens aanbidding ontvanklik is om meer van Hom te ontdek.

Lees Ps 145 en sien hoe God homself openbaar tydens aanbidding.

Die Here praat deur die Bybel 

Een van die belangrike geleenthede wat ons  moet skep om God se hart op te tel, is wanneer ons Bybel lees.Ons moet toelaat dat die Here, deur Sy Woord te mediteer, ons hart verander.

Dieselfde woord vir Meditasie is herkou.

  • Die kerkvaders het dit soos volg verduidelik:
  • Om die Bybel te lees is om soos ‘n bees kos in te neem.
  • Tydens die herkou, laat jy toe dat  God met jou praat, jy haal die voedingstowwe uit die kos.
  • Die sluk verwys na ons wat met God praat. Jy “commit” jouself aan Hom.
  • As die kos deel word van wie jy is, dan pas jy die woord toe.

 
Verbeeldingsgebed
Om die Here se waarhede in die Bybel te ontdek moet jy ook jou verbeelding gebruik.

Lees die storie en plaas jou binne die verhaal.
Beleef: ryk, proe hoor en sien.
Laat Jesus se optrede jou inspireer.

Jesus nooi jou ’n eenheid met God: ’n Intieme verhouding waarin alles gedeel en gegee word en ons lewe diep met God wandel. Hierdie tipe verhouding vra ’n intensionaliteit in hoe ons ons tyd spandeer en met Hom sit.

Saturday, September 19, 2015

Knowing God: I am

Knowing God:  I am.

God het vooraf ‘n beeld oor wie ons moet wees. Wedergeboorte is die herstel van God se oorspronklik beeld van die mens. Hierdie beeld van wie ons is kan ons in Sy Seun Jesus sien

Rom. 8: 29 Want God het hulle reeds vooruit geken, en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word.

of soos die Message vertaling dit stel. Rom 9: 29-30 God knew what he was doing from the very beginning. He decided from the outset to shape the lives of those who love him along the same lines as the life of his Son. The Son stands first in the line of humanity he restored. We see the original and intended shape of our lives there in him. After God made that decision of what his children should be like, he followed it up by calling people by name. After he called them by name, he set them on a solid basis with himself. And then, after getting them established, he stayed with them to the end, gloriously completing what he had begun.

Jesus was die eerste van wie ons is, 'n voorbeeld van God beeld na wie ons gemaak is.

Rom 8:29 … en Hy het hulle aangewys om net soos sy Seun te word. Op hierdie manier sal Christus

Jesus die oudste seun wees, omring deur baie broers en susters.
Wedergeboorte is die aflê van my ou mens en die opneem van n totale nuwe mense
Dit is ook die simboliek van die doop. Met die Doop vereenselwig ek my met my nuwe identiteit.

Rom 6 4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. 5Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.

Omdat ek ‘n nuwe identiteit opgeneem  het, deur my ou mens af te lê,  verklaar dit my onskuldig van die verlede.
My verlede bepaal nie meer wie ek is nie, maar my nuwe identiteit in Christus.

Kol 2: 14 Hy het die skuldbewys met sy eise teen ons tot niet gemaak. Deur dit aan die kruis te spyker, het Hy dit vir goed weggeneem. 15Hy het elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon deur hulle as gevangenes in die triomftog van Christus mee te voer.

‘n Voorbeeld van ‘n gelykenis waar identiteit en onskuld verduidelik word, is in Luk 15, die verlore seun.


  • Die Kleed is die simbool van wie jy is. Jy is nou deel van ‘n nuwe Koninkrykfamilie.
  • Die ring, Jy dra nou die gesag van die familie.
  • Die Skoene, verwys daarna dat  jy is nie n slaaf van die verlede is nie.

Wat God oor my se dit is ek.

Die krag van verandering begin om my self as veranderd te sien. Hoe meer jy jouself sien in jou nuwe identiteit, hoe meer gaan dit ou optrede verander.

Lesse uit Gal 2: 19 en 20

Gal 2: 19 en 20.  Gevolglik leef ek nou vir God. Ek is saam met Christus gekruisig. 20 Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.

In die tuin van Eden het die mens homself as god gekroon.

Gen 3: 4 Toe sê die slang vir die vrou: “Julle sal beslis nie sterf nie, 5maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet en dan sal julle soos God wees deurdat julle alles kan ken.”

1. By wedergeboorte lê ek myself af en maak God die Koning van my lewe.
Gal 2;20 Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my

St Patrick
Christ beside me, Christ before me,
Christ behind me, Christ within me,
Christ beneath me, Christ within me,
Christ to the right of me, Christ to the left of me,
Christ in my lying, my sitting, my rising,
Christ in the heart of all who know me,
Christ in the tongue of all who meet me,
Christ in the ear of all who hear me.


2. Christus leef nou in my Gees
Hy het nie net kom woning maak nie, maar wil deur my leef.

3. Die lewe wat ek op aarde lewe word beïnvloed deur Jesus wat deur my lewe.

Gal 2:20 ... Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God,
• Hy vul my gedagtes  met wysheid, passie en lewensbeginsels
• Ek glo dit.
• Ek rig my lewe daarvolgens.

Saturday, September 12, 2015

Knowing God week 3 - Is God Salig onbewus?


As God dan God is?
Hoekom is Hy belangrik in my lewe?
Het ek Hom regtig nodig?
Ek ken hom maar ek beleef net Hy is so salig onbewus van alles?
Dit gaan goed met my ek het Hom nie regtig nodig nie, maar my kinders is gelukkig hier?
Iemand het jou genooi, of jy het gevoel jy moet net hierna toe kom, jy weet regtig nie hoekom Hy belangrik is nie, dan is vandag vir jou…

1. Is Hy regtig belangrik?

Gen 1:26-27 ANV  Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”  (27)  God het die mens geskep as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep.

Beeld en gelykenis – die mens – ‘n prentjie van God, (ability to engage with God and Respond to Him) – die verduideliking van die gloeilamp (Dieselfde DNA om God te kan absorbeer, die kapasiteit om Hom te kan geniet en vervulling te beleef Joh 14).

Hulle het ‘n keuse gemaak en van die boom geëet – en elke keuse het ‘n gevolg

Gen 3:10 ANV  En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”

Wandel – engels gebruik woord -(hide themselves – broken picture) die lig was aan, daar was ‘n connection
Vrees – praat van afstand, ek vermy Hom – "sense of purpose" verloor
Kaal –  ek kry skaam – ek kan myself nie beskerm nie
Wegkruip – ek voel skuldig

Col 2:13-15 MSG  When you were stuck in your old sin-dead life, you were incapable of responding to God. God brought you alive--right along with Christ! Think of it! All sins forgiven,  (14)  the slate wiped clean, that old arrest warrant cancelled and nailed to Christ's Cross.  (15)  He stripped all the spiritual tyrants in the universe of their sham authority at the Cross and marched them naked through the streets.

Tom Higgins se begrafnis – briefie aan Rika

2. Is Hy dan Salig onbewus?

Vir die wat voel God is ver? (omstandighede, teleurstellings ens)

Nee…ek dink ‘n persepsie dat God ons net wil straf het in ons gedagtes ingekruip agv die mens se sonde en skuld (Gen 3:8-10)

“The only sure barrier we have to discovering the truth is the opinion we already have of what is true” – Chuck Missler

Rom 5:8-10 MSG  But God put his love on the line for us by offering his Son in sacrificial death while we were of no use whatever to him.  (9)  Now that we are set right with God by means of this sacrificial death, the consummate blood sacrifice, there is no longer a question of being at odds with God in any way.  (10)  If, when we were at our worst, we were put on friendly terms with God by the sacrificial death of his Son, now that we're at our best, just think of how our lives will expand and deepen by means of his resurrection life!

3. Is Hy regtig nodig?

Jy is dalk hier maar jou weet nie regtig hoekom nie, jy het alles wat oop en toe maak, jy is dalk hier want jou kinders is gelukkig. En jy wonder is Hy (Christus, God, Heilige Gees) regtig nodig in my lewe?

Rom 8:10-11 MSG  But for you who welcome him, in whom he dwells--even though you still experience all the limitations of sin--you yourself experience life on God's terms.  (11)  It stands to reason, doesn't it, that if the alive-and-present God who raised Jesus from the dead moves into your life, he'll do the same thing in you that he did in Jesus, bringing you alive to himself? When God lives and breathes in you (and he does, as surely as he did in Jesus), you are delivered from that dead life. With his Spirit living in you, your body will be as alive as Christ's!

Rom 10:9-10 MSG  Say the welcoming word to God--"Jesus is my Master"--embracing, body and soul, God's work of doing in us what he did in raising Jesus from the dead. That's it. You're not "doing" anything; you're simply calling out to God, trusting him to do it for you. That's salvation.  (10)  With your whole being you embrace God setting things right, and then you say it, right out loud: "God has set everything right between him and me!"

Chris de Beer se storie – hoe Hy sy lewe moes omdraai

Miskien verloor ons fokus van waaroor dit gaan? Miskien val ons vas in ons wêreld hier en nou? Miskien het ons nodig om Barabas se storie net weer te hoor…

Video: https://youtu.be/RwX_EpNR4CA

Vrae vir jou kleingroep:
1. Is Hy regtig belangrik?
2. Is Hy dan Salig onbewus?
3. Is Hy regtig nodig?

Saturday, September 5, 2015

God Is ...


Die Bybel gebruik verskeie metafore om God te beskryf: 
• Brood van die lewe
• Die Blink Môrester
• Hy is die Alpha en Omega

Wat is jou metafoor van God?


Moses se lewensverhaal.

Moses leer God ken deur verskeie geleenthede waar God Homself openbaar het.

Die EK Is …
Ex 3 13  Moses het egter teëgestribbel: “As ek by die volk van Israel kom en vir hulle sê: ‘Die God van julle voorouers het my na julle toe gestuur,’ sal hulle my nie glo nie. Hulle sal vra: ‘En wie is Hy eintlik?’ Wat moet ek dan vir hulle sê?”
14God het hom geantwoord: “Ek is soos wat Ek is. Sê maar net vir hulle: ‘Ek Is het my na julle toe gestuur.’”

Die Here 
Ex 6: 2 Die Here het verder vir Moses gesê: “Ek is die Here.3Ek het My aan Abraham, Isak en Jakob voorgestel as ‘God die Almagtige’. Hulle het My nie geken as ‘die Here’ nie.

God van Genade 
Exo 34:6  En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy  (HERE) geroep (publish, proclaim): HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;

God soek “fellowship” met ons, sodat jy Hom beter kan leer ken.

Open 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet.
God openbaar Hom in die konteks van jou omstandighede.
God die geneesheer.
God die beskermheer.

Openbaring 4: 8
Hulle het dag en nag, sonder enige ruspouse, aanhou sê:
“Heilig, heilig, heilig
is die Here God
die Almagtige,
Hy wat was en wat is
en wat kom.”

Aanbidding is 'n sleutel om God te ontdek.
• Wie Hy was – Wat het jy al van Hom ontdek.
• Wat is Hy nou vir jou.
• Soek Hom elke dag, om Hom beter te leer ken.

God openbaar homself, sodat jy Hom met jou hele lewe sal vertrou.

Openb 4 9 Elke keer wanneer die lewende wesens heerlikheid, eer en dank toebring aan Hom wat op die troon sit, Hy wat vir altyd lewe, 10val die 24 ouderlinge in aanbidding neer voor Hom wat op die troon sit. Hulle aanbid Hom wat vir altyd lewe en sit hulle krone voor die troon neer en sê:


God is in jou more
Die Here vind jou nie net waar jy nou is nie, maar wil jou neem na meer.


Ontdek 

God is lewe: Hy is die bron van jou lewe.
God is lig: Sy krag het duisternis in jou lewe gebreek.
God is liefde:  Onvoorwaardelike liefde.
God is goed: God is altyd goed, jou optrede bepaal nie God se optrede teenoor jou  nie.
God is alomteenwoordig: Jy kan dieselfde kwaliteit verhouding met God hê as Jesus met God die  Vader het.

Laat die nagmaal ‘n herinnering wees van jou ontdekkings van God. 

1 kor 11: 23 Dít is wat die Here self gesê het en wat ek destyds aan julle oorgedra het net soos ek dit ontvang het. In die nag waarin Jesus verraai is, het Hy brood geneem 24en nadat Hy God gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: “Dit is my liggaam, dit is vir júlle. Gebruik dit ter herinnering aan My.”25Net so het Hy die wynbeker ná die maaltyd geneem en gesê: “Hierdie beker is die nuwe verbond wat verseël is deur my bloed. Gebruik dit, elke keer as julle daaruit drink, ter herinnering aan My.” 26Want elke keer as julle hierdie brood eet en uit hierdie beker drink, verkondig julle die Here se dood totdat Hy terugkom.