Saturday, July 7, 2018

Get Smart: Walk With Me


Get Smart: Walk With Me

Jesus nooi ons om Hom deel te maak van elke faset van ons lewe.

Lees die uitnodiging van Jesus

Matt 11:28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Ons fokus vandag  op die woorde  “Walk with me.”

Uit Jesus se lewe kan ons leer hoe om saam met hom te wandel.

Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Jesus nooi ons om in so ’n lewenswyse te wandel.

Die uitnodiging is juis vir die wat voel:
Die lewe is swaar.
Die lewe se uitdagings is te veel.
Jou toekomsprentjie maak jou emosioneel moeg.

Die metafoor wat Jesus gebruik om dit te verduidelik is ’n juk.

Matt 11: 28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. 29 Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My,

1. ’n Juk help dat twee osse saamtrek aan die vrag.
2. ʼn Juk laat toe dat een os die ander een lei.

Laat jou lewe beïnvloed word deur Jesus se leiding:
Laat Hom toe om jou lewensperspektief te vorm.
Laat Hom toe om oor jou gedagtes te heers en dit te beïnvloed.
Laat Hom toe om jou volgende aksie stap te bepaal.

Rom. 12 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Laat Jesus jou denke omvorm – Vernuwe.
Sodat jy kan onderskei in die elke dag lewe wat die regte besluit is.

Vernuwe
Skep geleenthede, soos bid, Bybel lees, geestelike byeenkomste waar Jesus jou elke dag denke te verander.

Onderskei
Laat toe dat Jesus jou elke dag (oomblikke) bepaal.

Hoe kan Jesus in jou elke dag lewe jou optrede bepaal?
Leef vanuit Jesus se wysheid.
Voorbeeld van Salomo:

Ek Het God se wysheid

1 Kon 3:7 O Here my God, U het my koning gemaak in die plek van my pa, Dawid. Maar ek is soos ’n klein seuntjie wat nog nie weet hoe om op te tree nie

1 Kon 3:9 Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer, want wie kan op sy eie oor hierdie groot volk van U regeer?”

Wysheid is nie iets wat kom en gaan nie. Jesus is wysheid en in Hom het jy wysheid.

Jak 1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid
1 Kon 3 Gee ons ‘n praktiese voorbeeld hoe God se wysheid deur Salomo werk.
23Toe sê die koning: “Albei van julle maak aanspraak op die lewende kind, en albei sê die dooie een is die ander een s’n. 24 Goed, bring vir my ’n swaard.” Iemand het vir hom ’n swaard gebring. 25 Hy sê toe: “Sny die lewende kind in twee en gee ’n helfte vir elkeen van hulle!”

In die oomblik vloei Goddelike wysheid deur spontane gedagtes wat deur die Heilige Gees geïnspireer word.

Laat jou keuses deur Goddelike waardes bepaal word.

Kol 3:16 Laat die rykdom van alles wat Chris¬tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys¬heid moet julle mekaar on¬derrig en me¬kaar die regte pad wys.

Laat jou gewete jou besluite beïnvloed.
Rom 1: 19 In hulle harte het hulle immers ’n duidelike besef van God, want God het dit aan hulle bekendgemaak.
Rom 2:15 Hulle optrede toon duidelik dat die vereistes van die wet in hulle harte geskryf staan. Boonop bevestig hulle gewetens dit deurdat hulle gedagtes hulle óf aankla óf vryspreek

Rom 14:22 Jy is dalk persoonlik daarvan oortuig dat jy niks verkeerds doen nie, maar hou dit liewer tussen jou en God. Gelukkig is jy as jy nie jouself hoef te verwyt oor wat jy weet op sigself reg is nie. 23 Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde.

Geloofsoortuiging = gewete
Laat jou geloofsoortuiging in die oomblik rigting gee.

Jesus kan deur jou emosies praat.
Mark 6 31Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: “Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem.”
32 Hulle het toe per skuit na ’n stil plek vertrek waar hulle alleen kon wees.

Jesus verander Sy rigting as gevolg van ʼn emosionele belewenis.
33 Maar baie mense het hulle sien vertrek en agtergekom waarheen hulle op pad was. Hulle het toe te voet van al die dorpe daarheen aangehardloop gekom en Jesus en sy dissipels ingewag. 34Toe Jesus uit die skuit klim en die groot klomp mense sien, het Hy ’n diep deernis vir hulle gevoel, want hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarom het Hy hulle uitvoerig begin onderrig.

Jou emosies waarsku jou ... , stop ... , moenie ..., waag...

In die oomblik vertrou Hy God se wysheid om spontaan deur Hom te vloei.

Mark. 6:35 Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.”
37 Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.”

Leer om sensitief te wees vir geopende deure.
Open 3:7 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Filadelfia. So sê die Heilige, die Betroubare
Hy wat die sleutel van Dawid hou
en deure oopsluit, en niemand kan
dit toesluit nie;
en Hy sluit en niemand kan
dit weer oopmaak nie:
8 Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. Al het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam en My nie verloën nie.

Sien geleenthede raak en draai weg van deure wat toe bly. 

Leer om sensitief te raak vir God se wysheid. 

Sy waardes
Sy stem deur jou gewete
Sy emosies
Sy geopende deure


Saturday, June 9, 2018

Speechless Wees Stil.


Ps. 46 is bekend vir die volgende aanhaling:
“Wees stil en weet dat ek jou God is”

Om dit te verstaan moet ons kyk na die konteks waarin die Psalm geskryf is.
Lees die verhaal 2 Kon 18 en 19, Kron. 32 en Jes. 36-37.

1. Jerusalem is omsingel deur die Assiriërs.
2. Die Assiriërs se koning Sanherib stuur boodskappe aan Israel wat hulle vertel dat hulle God hulle nie kan red nie.
3. Hiskia besluit om eerder stil te word en na die tempel te gaan, sodat God met hom kan praat.
4. God sê deur die profeet Jesaja dat die oorwinning Israel sin is.
5. Die volgende oggend het  ʼn engel van die Here 185 000  Assiriërs dood gemaak.

Ps. 46 neem ons na ʼn plek waar ons uit die gejaag van die lewe moet klim sodat ons God in die lewe kan ontdek.

Die Beginsel van “AL”.
Ps. 46 3.
Al bewe die aarde,
al verskuif die berge
diep in die see;
4 al bruis en skuim die waters,
al skud die berge
as die waters styg!


  • Al voel alles te veel.
  • Al is die lewe ‘n gejaag. 

Stop sodat God kan praat.
Psa 46:10 MSG  "Step out of the traffic! Take a long, loving look at me, your High God, above politics, above everything."

Wees stil Hebreeus  =   “râphâh”
Om stadiger  te wees  - “to slow down”
Bedaar.
Om op te hou.

Matt 6: 25“Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek.
26 Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle, hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?

Stop en kyk na die voëls...
Stop en waardeer die oomblikke in die lewe,
Sien God in die oomblik.

Skep ‘n spasie waar strome van vreugde, waarheid, inspirasie kan vloei.

Ps. 46:5 Die strome van die rivier 
bring vreugde
in die Godstad,
in die heilige woning
van die Allerhoogste.
6 God self woon daar;
dit sal nie beweeg nie.
Die Here is die stroom wat nooit opdroog nie.

8 Die Here, die Almagtige,
is by ons;
ons skuilplek
is die God van Jakob

“Die God van Jakob”

Al het Jakob verkeerd opgetree, nog steeds nooi God hom in die spasie van ontmoeting.

Gen 28: 15 Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou weer terugbring na hierdie land toe. Ek sal jou nie verlaat nie, maar doen wat Ek beloof het.”
16Toe Jakob wakker word, sê hy: “Sowaar! Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie eers geweet nie!”

Stop skep spasie ... Dat die Heilige Gees, “Die profeet” kan praat.

In die spasie hoor: 
PS 46:2 God is ons toevlug en ons krag;
in nood is Hy gereed
om te help.
6 As die dag breek,
sal God kom help.
7 God praat,
en die aarde versmelt.
8 Die Here, die Almagtige,
is by ons;
ons skuilplek
is die God van Jakob.

In die spasie, neem wat jy hoor na jou hart.

“Meditation moves from looking at the words of the text to entering the world of the text. As we take the text into ourselves, we find that the text is taking us into itself. Meditation  is letting the images and stories of the entire revelation penetrate our understanding.” Eugene Peterson

Stap 3 In die spasie ...wees net bewus God is by jou.
“ Sela”

Stap 4 In die spasie laat toe dat “die Profeet" praat.

Rigting gee.
Antwoord gee.
Hoop gee.

Ps 46:8 Come and see what the LORD has done.
See what amazing things he has done on earth.

Sunday, May 27, 2018

One Love - Die Werk van die Heilige Gees


ABC - Dis die werk van die Heilige Gees

Lukas 10:2-3 
Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou!

Johannes 16
8 En wanneer Hy (die Heilige Gees) kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het. (ANV)

“He will convict the world of sin”
convict - convince with solid, compelling evidence, especially to expose.

The Holy Spirit does not convict the believer of sin, 
but of his righteousness in Christ!    - Joseph Prince

Keltiese mense is van Ierland


  1. Patrick het begin bid  - “After I had arrived in Ireland, I found myself pasturing flocks daily, and I prayed a number of times each day. More and more the love and fear of God came to me, and faith grew and my spirit was exercised, until I was praying up to a hundred times every day and in the night nearly as often.”   - Patrick
  2. Patrick het die Keltiese taal en Kultuur begin verstaan.
  3. Patrick het lief geword vir die mense en hy het vir hulle gebid.


Waar het die lewe jou geplaas?
  1. Is die Here dalk besig met iets? (Awareness)
  2. Wat het daar met jou gebeur? (Belief)
  3. Kan jy lief word vir die mense? (Confession)


“Oh Holy boy, come walk among us again” 

Die kerk in die 5de eeu se twee groot aannames.
  1. Jy moet Latyns en beskaafd wees voor jy ’n Christen kan word.
  2. Wanneer jy ’n Christen word dan word jy ’n gekultiveerde Romeinse Burger.


Wie is die ‘Barbarian’ in jou wêreld?


  1. Kon nie Latyn lees, skryf of praat nie.
  2. Naakte oorlogvoering.
  3. Mense geoffer aan hulle gode.
-- 1st Century AD, Lucan writes of a Celtic grove in Gaul:  “Gods were worshiped there with savage rites, the altars were heaped with hideous offerings, and every tree was sprinkled with human gore.”

Kerk se grense?


Habakuk 2:14
Die tyd sal aanbreek dat die hele aarde vol sal word met die kennis van die Here se magtige teenwoordigheid net soos water die see oordek.

3 Stap benadering
  1. Vriendskappe en verwelkom in vriendekring.
  2. Geestelike gesprekke en bediening,
  3. As tyd reg is, gawe van geloof ontvang, ‘commitment’.



Patrick het dit vir 28 jaar lank gedoen. 
Oorlede in die jaar 460. 
  • Groot beweging ontstaan.
  • Tien duisende mense is gedoop .
  • meer as 700 kerke is geplant.
  • meer as 1000 priesters is georden.
  • 30 van die 150 Keltiese stamme -ten volle toegewyde Christene.

Doxa Deo 8 Spheres of Society
  • Church, 
  • Education, 
  • Social Society, 
  • Business, 
  • Sports, 
  • Arts, 
  • Government 
  • Media

3 John 1:5 
Dear friend, when you extend hospitality to Christian brothers and sisters, even when they are strangers, you make the faith visible.

Heb 13:2  
Be ready with a meal or a bed when it's needed. Why, some have extended hospitality to angels without ever knowing it!

Lukas 10:2-3 
Hy het vir hulle gesê: “Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes. Gaan nou!

Saturday, May 19, 2018

One Love: Confession


Who are you and who am I?
Who are you?
And who am I?
The question asked by great men
The question asked by all men
Who are you and who am I?
I walk with you and realize;
On this road, we’ve become entwined
The more I see of you the more I discover the true me
Who are you and who am I?
You have created me to be like you
I rejoice and I worship
How Great is my God?
You who have blessed me with the capacity to be as patient as you are
To love much,
To be as kind and good as you
It seemed impossible, but it comes so naturally
It is the rhythm of my heart, beating in time with yours, the Creator of all
Who are you and who am I?

Belydenis/ Confession. 
Dit is meer as om terug te kyk, jou sondes te bely, en te vra vir vergifnis.
Dit gaan ook oor die belyning met die uitspraak wat die Here oor jou lewe het.

Die Griekse woord vir belydenis is:   Homologeo.
“to say the same thing as another, eg. to agree with”

Dit is om saam met God te praat.

  • Oor jou identiteit.

Gen 1:27 God het die mens in
ooreenstemming
met Homself geskep;
volgens sy eie beeld.

Matt 3:16 Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. 17 Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.”


  • Oor jou toekoms en hoop. 

Matt 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”
Wat is God se uitspraak oor jou lewe?
Wat het jy ontdek oor wie Hy sê jy is?
Het jy al beloftes ontdek oor jou toekoms?
Het jy al ontdek wat leer Hy jou oor die lewe?

Die eerste keer wanneer ons op God se stem eggo, is by ons wedergeboorte.

Die eggo klink in ‘n gebed soos volg:

God, ek weet dat U is. Dankie dat ek U kan ervaar. Ek weet dat ek waardevol is vir U, so waardevol dat U, U Seun Jesus gestuur het om vir my te sterf. Here ek besef ek het hierdie lewe self probeer leef. Ek kan dit nie reg kry nie, ek wil nie meer so leef nie. Here Jesus ek glo dat U alles in U hand hou. Ek aanvaar vandag die nuwe lewe wat U vir my gee.
Ek glo dat U my vergewe van my sondige verlede, en dat deur U genade alles tussen U en my herstel is. Ek bely vandag dat ek U kind word. Ek is nie meer my verlede nie, maar in Christus aanvaar ek ‘n nuwe Identiteit, U Identiteit.
Ek behoort nou aan U en U aan my. Ons is een.

Ons eggo hierdie wedergeboorte-oomblik ook in ons doop.

Rom 6. 3 Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? 4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. 5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.
6 Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 7 Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde. 8 Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe

Ek is een met Christus – Hy het kom woning maak in my.
My ou mens is begrawe – Identiteit – Nuwe lewe in Hom.
Die mag van sonde (EK in beheer van my eie lewe) is verbreek.
Ek is nie meer n slaaf van my ou lewensstyl nie.
Ek is vry daarvan. Ek deel aan sy volheidslewe. Ek sien my self in Hom.

Spurgeon:  Salvation is not by what you bring to Christ, but by what you take from Him

Romeine 10: 8 Verduidelik hierdie eggo oomblik.

Rom 10:  8 Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:
‘Die boodskap is hier by jou,
op jou lippe en in jou hart.’”

9 Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. 10 Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos

Rom  10:9 Mirror Translation
Now your salvation is realised. Your own word echo God’s voice. The Masterful act of Jesus forms the word in your mouth, inspired by conviction in your heart that God indeed raised Him from the dead.

Paulus gebruik 2 verskillende begrippe vir verlos:

  1. Verlos van my ou identiteit: Ek word goed genoeg verklaar.
  2. Ek word elke dag al hoe meer wie ek is. 

My woorde eggo God se uitsprake en dit skep ʼn geloof wat tot dade oorgaan.

Hebr 6

  • God het ʼn woord oor Abraham se toekoms gespreek.
  • Die skrywer verduidelik dat God se woord ‘n kragtige aansporing is.

Hebr 6:18 Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is


  • Die metafoor om dit te verduidelik is ‘n anker.

Hebr 6:19 Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.


  1. God se woord oor jou lewe eggo vanuit die teenwoordigheid van die allerheiligste, waarhede oor jou lewe. 
  2. Die anker verwys nie net om vas te staan nie. Die anker is ook gebruik om jou in ‘n nuwe posisie in te trek.
  3. Jou eggo van God se woorde (homologeo), maak dat dit in jou siel geanker word en jou in die waarheid intrek.


Die geheim is om ook oor ander se lewens te profeteer.
Fil 1:6 Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

Phm 1:6  That the communication of thy faith may become effectual by the acknowledging of every good thing which is in you in Christ Jesus.

Dit sal die Hoop en waarheid in ander se lewens aktiveer.

Saturday, May 12, 2018

One Love – Belief (Geloof)



MATTHEW 28:19 (Amplified)
Go therefore and make disciples of all the nations [help the people to learn of Me, believe in Me, and obey My words], baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,

Een van die mooiste stories vir my in die Bybel oor bewustheid en hoe daar dan gereageer word in geloof is die storie van die Samaritaanse vrou by die put.

Lees Johannes 4 – Fassinerende storie

Uit die storie kan ons 3 punte in Jesus se interaksie met die Samaritaanse vrou sien wat haar lewe verander.

·       Gesprek
·       Deel waarheid
·       Reageer in geloof

Die storie eindig nie daar nie – Wat gaan den die vrou?

JOHANNES 4:28-30
Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk self – ’n man het my alles vertel wat ek al gedoen het.  Is hy nie dalk die Messias nie?”

Die inwoners het toe van die dorp af na Jesus toe begin stroom.

JOHANNES 4:39
Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

Ons lees dan dat Jesus vir 2 dae daar gekuier het en nog waarhede met hulle gedeel het.

JOHANNES 4:41
Baie meer van hulle eie mense het op grond van sy woorde begin glo. Hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie net meer op grond van wat jy gesê het nie; ons het nou self gehoor wat Hy sê, en ons weet dat Hy regtig die Verlosser van die wêreld is.”

Uit die vrou se storie kan ons dieselfde 3 punte sien en ook die impak in die hele dorp/stad.

·       Gesprekvoering
·       Deel waarheid
·       Mense reageer in geloof

Rom 10:9-10
Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos.

Bely – “Homo Logao”. Letterlik om saam met God te begin praat en te verklaar wie jy regtig is.

Rom 10:9-10 (Message)
This is the core of our preaching. Say the welcoming word to God—“Jesus is my Master”—embracing, body and soul, God’s work of doing in us what he did in raising Jesus from the dead. That’s it. You’re not “doing” anything; you’re simply calling out to God, trusting him to do it for you. That’s salvation. With your whole being you embrace God setting things right, and then you say it, right out loud: “God has set everything right between him and me!”


ROMEINE 10:14-17
Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!”
Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.

Die storie van goeie nuus word saamgevat in

Rom 5:17 - 18
Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een mens, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer
Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring.

Genade vir my skuld
Geregtigheid vir my skaamte 
Heerskappy vir my seer


Die doop is ‘n publieke verklaring  vanuit watter oortuiging ek leef – van wat ek glo

ROMEINE 6:3-5

Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.



My geloof bepaal hoe ek leef en hoe ek leef beïnvloed of ander mense sal glo.

Jou storie wat ander inspireer het die vermoë om ’n kultuur te verander, waar mense die goedheid van die Here sal sien  en glo.

Wat glo ons?

ONS GLO ... in ’n ewige drie-enige God, Skepper, Onderhouer en Regeerder van die hele skepping. In God het alle dinge hul oorsprong, bestaan en toekoms.
ONS GLO ... in God die Vader, die Enigste Bron van Lewe, wat ons geskep het om in kwaliteit verhouding met Hom te kan leef.
ONS GLO ... in Jesus Christus as die enigste Weg tot die Vader. Hy is die Waarheid en die Lewe wat herstel bring in alle gebrokenheid van die skepping; Jesus Christus, wat ter wille van die mens en sy saligheid uit die hemel neergedaal en vlees geword het; ...wat verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria; ...wat op die aarde geleef het as volwaardige mens asook volwaardig God; Hy wat gekruisig is,gesterwe het en begrawe is, opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel, waar Hy aan die regterhand van die Vader sit as enigste waarborg van ons verlossing en waar Hy vir ons voorspraak doen.
ONS GLO ... in die Heilige Gees wat as Bekragtiger, Trooster en Helper gestuur is, wat ons toerus met krag vir ons dienswerk; Hy wat ons bemagtig om te kan bedien met Sy gawes en te kan leef met Sy vrug; Hy wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Hy herinner ons aan die woorde van Jesus en lei ons in die hele waarheid; Hy bemagtig ons om die plan van God op aarde te verwesenlik.

Aangaande die MENS:

ONS GLO ... dat alle mense met geen uitsondering ten opsigte van ras, geslag, taal of kultuur geskape is na die beeld van God. As gevolg van hul ongehoorsaamheid aan God, is die mens verkneg aan sonde en die mag van duisternis. Deur die kruis het Jesus Christus die mensdom kom bevry. Die verlossingswerk van Jesus Christus aan die kruis hou as belofte van God rekonstruksie, restourasie en genesing vir die totale mens in.
Die kerk is die primêre agent op die aarde vir die proklamering en bediening van hierdie waarheid.
ONS GLO ... dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is, wat bestaan uit wedergebore gelowiges. Die kerk is die familie van God die Vader wat voorberei word as die bruid van Sy seun, Jesus Christus. Daar is ’n roeping en ’n mandaat vir die kerk om die Heerskappy van Jesus te proklameer hier op aarde. Die kerk vind sy primêre uitdrukking in die gemeenskap van gelowiges, wat saam ’n gemeente vorm waar verantwoordelikheid vir en aanspreeklikheid teenoor mekaar geneem word.

Aangaande die WOORD VAN GOD en die SAKRAMENTE:

ONS GLO ... dat die Bybel – beide die Ou en Nuwe Testament – die Woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees, waardeur die plan van God vir die mensdom bekend gemaak word. Ons glo dat dit die kommunikasie van die Wil van God is vir die hele mensdom en dat dit ons in alles onderrig wat nodig is vir saligheid en ’n lewe van oorwinning hier op aarde en tot in ewigheid.
Openbaringswysheid oor die inhoud van die Bybel is alleenlik moontlik deur die verligtende werk van die Heilige Gees.
ONS GLO ... in die doop van gelowiges deur onderdompeling as ’n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here en volg op die ervaring van wedergeboorte. Ons erken dat daar ’n geestelike misterie rondom die simboliese gebeurtenis van die doop is waar ons identifiseer met die dood en opstanding van Jesus Christus. Dit is ’n gebeurtenis wat heenwys na ons reg tot ons erfenis in Christus waardeur ons ’n rein gewete voor God vra deur gebed.
ONS GLO ... dat die bekragtende ervaring om deur die Heilige Gees gevul te word na die wedergeboorte, bedoel is vir elke gelowige. Die primêre bewys en permanente konsekwensie van hierdie vervulling van die Heilige Gees is die vermoë om in tale te praat, ’n gawe wat deur elke gelowige begeer behoort te word.
ONS GLO ... in die gereelde gebruik van die Verbondsmaal en dat die elemente van die brood en wyn simbolies is van die gebroke liggaam van Christus en Sy bloed wat gevloei het. Op hierdie manier, deur geloof, bring ons Sy oorwinning deur die kruis in gedagtenis en verwelkom ons die implikasies daarvan in ons lewens.

Aangaande die CHRISTELIKE WANDEL en POSISIE:

ONS GLO ... in die toerusting van elke gelowige deur die bediening van die vyf-vuldige gawes van Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Leraars vir die doel om hulle te fasiliteer in die ontdekking van hul individuele roeping, die ontwikkeling van hul bedieningsgawes en geestelike groei na volwassenheid in Christus. Ons moedig alle gelowiges aan om ’n lewe van heiligheid en toewyding te leef, waarin hul hele lewe onder die heerskappy van Jesus Christus kan funksioneer.
ONS GLO ... dat die openbaarmaking, en die meegaande identifisering van die lewe in Christus, die fondasie is van ons geloof. Ons leefwyse behoort nooit in konflik te wees met die duidelike, definitiewe riglyne van God se Woord nie.

Heiligmaking word ’n lewende realiteit in die gelowige se lewe deur:
·  identifisering met Christus in Sy dood, opstanding en posisie van Heerskappy wat Hy nou beklee;
·  ’n daaglikse toewyding aan die leiding van die Heilige Gees en die outoriteit van die Woord in elke faset van ons lewens;
·  ’n aktiewe wilsbesluit om nie aan die wêreld gelyk te word nie, maar deur konstante transformasie deur die vernuwing van ons gedagtes, anders te begin dink, praat en optree.

Aangaande die EWIGHEID:

ONS GLO dat wanneer die tyd wat deur God vasgemaak is, ten volle gekom het, Christus sal terugkom om Sy kerk saam met Hom te neem na waar Hy ewig is. As gelowiges sal ons vir ewig vry wees van aardse beperkinge. Ons verwag die terugkeer van Christus, waar Hy ons saam met Hom sal neem om sodoende met Hom verenig te wees en te deel in Sy ewige en hemelse heerlikheid. Daar is ’n oordeelsdag wat steeds moet kom wanneer Christus die lewende en dode sal oordeel met die ewige lewe as  ergoeding vir die regverdiges en ewige straf vir die goddelose.










Saturday, May 5, 2018

One Love - Awareness


Die verhaal van Jesus se ontmoeting met Saggeus inspireer ons om buite onsself te leef en uit te reik na ander.

Jesus stel die voorbeeld.

Die einde van die storie gee vir ons die motief van Jesus se hart en ʼn visie waarna ons kan streef.

Luk 19:10 Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”
Kom ons fokus op die twee woorde Soek en Red.

Soek
Luk 19: 1 Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. 2 En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. 3 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. 4 Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.

Elke mens is soekend, soekend na:
Ware lewensdoel
Sinvolle lewe
Aanvaarding
Ondersteuning in hulle omstandighede

Dis net in ons verhouding met Jesus wat ons soeke vervul word.

Gelukkig is ons nie die een wat alleen soekend is nie, maar in Jesus se eie woorde, is Hy die een wat eerste na ons uitreik.

Luk 19:5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Jesus het toegelaat dat die Heilige Gees Hom lei en sodoende het Hy gestop by Saggeus.
Ons moet bewus wees van mense rondom ons.
Joh 4: 35“Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier. Kyk net hoe ryp staan die ‘oes’. 36Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat ‘oes’, kry al hulle ‘lone’. Dit gaan natuurlik nie om ’n gewone oes nie, maar om die ‘oes van mense’. Omdat hulle deel van die ‘oes’ is, sal hulle vir altyd saam met God leef

Daar is 2 Geestelike gewoontes om ons te leer om ons geestelike oë oop te maak.
1. Bid
 Kol 4:2 Volhard in die gebed. Bid terwyl julle gees¬telik waaksaam en dankbaar is. 3 Bid ter¬selfdertyd ook vir ons, dat God ons ge¬leentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die ge¬vangenis is! 4 Bid dat wanneer ek daar¬oor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.
Bid vir geleenthede om uit te reik en bid vir die mense.
Here ek is beskikbaar om deur U gebruik te word.
Here ek bid vir .... sal U met hom wees.

2. “Strangers empathy”
Gewoonte twee neem ons na ʼn geestelike gewoonte wat die ou kerkvaders beoefen het.
Gaan sit in ʼn koffiewinkel en fokus op iemand wat instap.
Probeer jou inleef in daardie persoon se leefwêreld.
Hy het ook probleme, hy soek antwoorde oor die lewe,
Wat as hy ontdek wat  sy ware identiteit in Christus is?
Wat voel jy? Wat dink jy? Wat ervaar jy?
Bid in stilte vir die persoon.
Jesus stop nie net by Empatie nie, hy stap in die lewe van Saggeus in.
Luk 19: 5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Evangelisasie is nie om iemand in n hoek te probeer kry om ‘n besluit te neem nie.
Iemand raak nie jou projek nie.

Beoefen die beginsel van “Tuisgaan”. 

Die proses is nie om iemand eers tot geloof te bring nie, daarna deel van die kerk te maak nie.
Die volgorde is eers verhouding, waar iemand omgee kan beleef, en uit dit vloei ʼn soeke wat tot bekering kan lei.

Tydens die “tuisgaan” word redding beleef

Die woord vir redding is Sozo: Dit beteken nie iemand het tot geloof gekom nie.

Die woord Sozo beteken om gesond te word, heel te word.
Jesus se motief is om uit te reik na Saggeus sodat hy Sy goedheid kan beleef.

Lees ook die volgende voorbeeld.
Luk 5:27 Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê.
28 Levi het opgestaan, alles net so gelos en Jesus gevolg.

29 Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. 30 Maar die Fariseërs en skrifkenners wat aan die Fariseërparty behoort, het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?”
31 Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie – siek mense wel. 32 Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.”


Die beginsel van tuisgaan word deur Petrus verduidelik:

1 Petr 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 9 Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla. 10 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.

Hy koppel dit aan die bediening van gasvryheid: 
1. Die atmosfeer moet die van onselfsugtige liefde en geen veroordeling wees nie.
2. ʼn Plek van diensbaarheid.

Tweedens moet ons betrokke raak in mense se lewens. Die tyd uitkoop.

Derdens toelaat dat die Heilige Gees se gawes in daardie geleenheid deur ons werk.

Kol 4:5 In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. 6 Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge¬reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

Ons taak is om mense in te nooi in spasies waar die Heilige Gees hulle lewens kan aanraak en hulle die goedheid van God kan beleef. 

Saturday, April 28, 2018

RE:ACTS - Staan vir waarin jy glo!



RE:ACTS
Staan vir waarin jy glo!

Ons gesels vandag verder oor die boek Handelinge, en gaan spesifiek bietjie kyk na die volgende paar vrae:
1. Waarvoor staan jy?
2. Is dit waarvoor jy staan die waarheid?
3. Wat is die waarheid?
4. Staan jy op so ‘n manier dat God se koninkryk uitgebrei word daardeur?

As ons die vraag vra: “Waarvoor staan jy?” weet ek daar is verskillende goed wat in elke van ons passievol is en waarvoor ons bereid is om op te staan. Party van ons staan op vir Gratis Opvoeding, Minimum Loon of Mense Handel. Party staan op vir baie meer basiese behoeftes soos goeie koffie by die kantoor!

In Handelinge lees ons die mees ongelooflike stories van die dissipels wat opgestaan het vir waarin hulle glo.

Na die uitstorting van die Heilige Gees in Handelinge 1, het die volgelinge van Jesus onverskrokke opgestaan vir dit waarin hulle glo. Tot so ‘n mate dat hulle telke male in hegtenis geneem is daarvoor. Hoe meer die apostels opgestaan het waarvoor hulle glo, hoe meer mense het tot bekering gekom, maar ook hoe kwater het die Fariseërs en Sadduseërs geword.

Ons lees o.a. in Handelinge 4 waar Petrus en Johannes beveel word om op te hou om die Evangelie te verkondig:
Hand 4:18-21
(18)  En hulle het hul geroep en hulle bevel gegee om in die geheel nie in die Naam van Jesus te spreek of te leer nie.
(19)  Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;
(20)  want vir ons is dit onmoontlik om nie te spreek oor wat ons gesien en gehoor het nie.
(21)  En nadat hulle nog dreigemente bygevoeg het, aangesien hulle geen rede kon vind om hulle te straf nie, het hulle ter wille van die volk hulle losgelaat, want almal het God verheerlik oor wat gebeur het.

So word hulle vrygelaat met ‘n waarskuwing om op te hou preek. Hulle gaan egter aan, en dit lei tot hulle in hegtenis name. ‘n Engel van die Here het die hek van die tronk oopgemaak, net vir hulle om aan te gaan om die Evangelie te verkondig. ‘n Derde keer word hulle voor die Joodse Raad gedaag en hulle word erg met swepe geslaan! Wat was hulle reaksie?

That convinced them. They called the apostles back in. After giving them a thorough whipping, they warned them not to speak in Jesus’ name and sent them off. The apostles went out of the High Council overjoyed because they had been given the honor of being dishonored on account of the Name. Every day they were in the Temple and homes, teaching and preaching Christ Jesus, not letting up for a minute.
Acts 5:40‭-‬42 MSG.‬

Wanneer jy oor Christus en Sy Evangelie dink. Is dit iets wat jou passievol maak. Is dit iets wat waarvoor jy opstaan? Is dit iets waaroor jy opgewonde raak, ten spyte daarvan dat jy miskien moeilikheid kry daaroor? Weet die mense by jou werk waarvoor jy staan? Weet jou gesin waarvoor jy staan?

Die feit dat die apostels net onverskrokke aangehou het om die Evangelie te verkondig, het daartoe gelei dat daar massiewe groei in die kerk plaasgevind het. Tot so ‘n mate dat dissipels nie meer alleen al die werk kon doen nie, en hulle mense aangestel het om hulle te help. Dit was die eerste ouderlinge van die kerk.

Een van daardie ouderlinge se naam was Stefanus. Kort voor lank bevind Stefanus hom ook voor die Joodse Raad as gevolg van sy radikale verkondiging van die Evangelie.

As all those who sat on the High Council looked at Stephen, they found they couldn’t take their eyes off him—his face was like the face of an angel!
Acts 6:15 MSG

Toe hy aangekla word, word daar mense geplant om leuens oor hom te verkondig. Toe hy die geleentheid gegee word om iets te sê, verdedig hy homself glad nie, maar gebruik daardie geleentheid om basies die hele Ou Testament in een preek vir hulle te preek. Hy is so passievol daaroor dat hy nie omgee oor sy eie reputasie of die gevolge daarvan nie.

Die gevolg hiervan is dat hy met geweld na buite die stad gesleep word en daar gestenig word, wat van hom die eerste martelaar maak.

Ek vra weer. Hoe passievol is jy oor dit wat jy Christus in jou lewe gesien doen het? Is dit belangriker in jou lewe as om jou eie reputasie te beskerm?

Hier  kry ons vir die eerste keer te doen met Saulus, wat toesig gehou het oor Stephanus se steniging.
Vandaar af word Saulus een van die Christene se grootste vyande.

And Saul just went wild, devastating the church, entering house after house after house, dragging men and women off to jail. Forced to leave home base, the followers of Jesus all became missionaries. Wherever they were scattered, they preached the Message about Jesus. 
Acts 8:3‭-‬5 MSG

Saulus was ook baie passievol en het opgestaan vir dit waarin hy geglo het. Maar dit waarin hy geglo het, was nie die waarheid nie en het baie skade aan die Koninkryk van God en sy kerk gedoen.

Wanneer laas het jy ‘n bietjie gestop om te evalueer of dit waaroor jy so sterk voel, dit waarvoor jy staan, of dit werklik die waarheid is. Partykeer glo ons iets al vir so lankal, dat ons nie meer weet hoekom ons dit glo nie. Wil jy nie ‘n bietjie tyd spandeer om te dink oor hoe jy dink nie, waarvoor jy staan nie. Miskien veg jy so hard vir iets, wat eintlik teen God se hart en plan vir jou lewe is.

Saulus, op pad na Damaskus, om nog Christene te gaan vervolg, het ‘n dramatiese ontmoeting met God, wat hom vir drie dae blind laat. God stuur vir Ananias om vir Saulus in Reguit Straat te ontmoet, waar hy vir hom bid. Daar val daar skubbe van sy oë af, hy word vervul met die Heilige Gees en God se waarheid, die werklike waarheid, word daar sy waarheid. God verander sy hele lewe in ‘n oomblik en verander ook sy naam na Paulus.

Miskien sit jy vanoggend hier, en jy voel so verward oor dit wat jy nog altyd geglo het. Dalk voel jy vanoggend onseker oor dit wat jy nog altyd aan vasgehou het. Wil jy nie vanoggend die Here ‘n kans gee om Sy waarheid, jou waarheid te maak nie? Wil jy nie vanoggend die Here vertrou vir ‘n Damaskus ervaring nie?

Daarna is Paulus gedoop en het hy met nog ‘n groter passie as waarmee hy die Christene vervolg het, het hy begin om die evangelie te verkondig.

In ‘n laaste storie uit Handelinge 17, sien ons hoe die Here vir Paulus wysheid gegee het, hoe om op so ‘n manier op te staan vir waarin hy glo, dat hy by mense se harte uitkom.

Paulus kom in Athene aan en die Bybel sê hy het so kwaad geword toe hy al die afgode sien. In die verlede sou hy losgetrek het en vir hulle vertel het hoe verkeerd dit van hulle was om soveel gode te aanbid.

Maar die Here gee vir hom wysheid, en toe hy die geleentheid het om met hulle te praat, gee hy erkenning aan die feit dat hulle baie godsdienstig is en hy vind ‘n aanknopingspunt. Hy het verstaan hoe hulle dink en het moeite gedoen om iets van hulle kultuur te verstaan. Hy gebruik die altar wat gebou is vir “Die Onbekende God” en hy vertel hulle van Jesus, op so ‘n manier dat hulle bereid is om na hom te luister en talle mense het hulle daar tot die Christendom bekeer.

Die kerk en Christene van vandag word so baie daarvan beskuldig dat ons skynheilig en veroordelend is. Miskien het ons nie altyd die wysheid om ons openbaring van die Waarheid van God op so ‘n manier te deel, dat ons by mense se harte uitkom nie. Kan ons die Here vertrou om ons te help, om soos Paulus ‘n strategie te hê wanneer ons die waarheid met mense deel. Kan ons probeer om te luister en ‘n aanknopingspunt te vind. Kan ons, sonder om dadelik ons waarheid te verkondig, dalk eers kyk of ons raakpunte kan kry.

1. Waarvoor staan jy?
2. Is dit waarvoor jy staan die waarheid?
3. Wat is die waarheid?
4. Staan jy op so ‘n manier dat God se koninkryk uitgebrei word daardeur?