Saturday, May 19, 2018

One Love: Confession


Who are you and who am I?
Who are you?
And who am I?
The question asked by great men
The question asked by all men
Who are you and who am I?
I walk with you and realize;
On this road, we’ve become entwined
The more I see of you the more I discover the true me
Who are you and who am I?
You have created me to be like you
I rejoice and I worship
How Great is my God?
You who have blessed me with the capacity to be as patient as you are
To love much,
To be as kind and good as you
It seemed impossible, but it comes so naturally
It is the rhythm of my heart, beating in time with yours, the Creator of all
Who are you and who am I?

Belydenis/ Confession. 
Dit is meer as om terug te kyk, jou sondes te bely, en te vra vir vergifnis.
Dit gaan ook oor die belyning met die uitspraak wat die Here oor jou lewe het.

Die Griekse woord vir belydenis is:   Homologeo.
“to say the same thing as another, eg. to agree with”

Dit is om saam met God te praat.

  • Oor jou identiteit.

Gen 1:27 God het die mens in
ooreenstemming
met Homself geskep;
volgens sy eie beeld.

Matt 3:16 Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. 17 Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.”


  • Oor jou toekoms en hoop. 

Matt 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. 19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. 20 Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.”
Wat is God se uitspraak oor jou lewe?
Wat het jy ontdek oor wie Hy sê jy is?
Het jy al beloftes ontdek oor jou toekoms?
Het jy al ontdek wat leer Hy jou oor die lewe?

Die eerste keer wanneer ons op God se stem eggo, is by ons wedergeboorte.

Die eggo klink in ‘n gebed soos volg:

God, ek weet dat U is. Dankie dat ek U kan ervaar. Ek weet dat ek waardevol is vir U, so waardevol dat U, U Seun Jesus gestuur het om vir my te sterf. Here ek besef ek het hierdie lewe self probeer leef. Ek kan dit nie reg kry nie, ek wil nie meer so leef nie. Here Jesus ek glo dat U alles in U hand hou. Ek aanvaar vandag die nuwe lewe wat U vir my gee.
Ek glo dat U my vergewe van my sondige verlede, en dat deur U genade alles tussen U en my herstel is. Ek bely vandag dat ek U kind word. Ek is nie meer my verlede nie, maar in Christus aanvaar ek ‘n nuwe Identiteit, U Identiteit.
Ek behoort nou aan U en U aan my. Ons is een.

Ons eggo hierdie wedergeboorte-oomblik ook in ons doop.

Rom 6. 3 Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? 4 Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. 5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.
6 Ons weet dat ons ou, sondige self saam met Christus gekruisig is sodat die sonde se mag oor ons verbreek kan word en ons nie meer slawe van die sonde sal wees nie. 7 Want as iemand sterf, word hy vry van die mag van die sonde. 8 Aangesien ons saam met Christus gesterf het, weet ons dat ons ook deel sal hê aan sy lewe

Ek is een met Christus – Hy het kom woning maak in my.
My ou mens is begrawe – Identiteit – Nuwe lewe in Hom.
Die mag van sonde (EK in beheer van my eie lewe) is verbreek.
Ek is nie meer n slaaf van my ou lewensstyl nie.
Ek is vry daarvan. Ek deel aan sy volheidslewe. Ek sien my self in Hom.

Spurgeon:  Salvation is not by what you bring to Christ, but by what you take from Him

Romeine 10: 8 Verduidelik hierdie eggo oomblik.

Rom 10:  8 Nee, die verlossing wat joune word deurdat jy glo – en dit is juis hierdie boodskap wat ons verkondig – is sommer hier by jou. Om die waarheid te sê, die Skrifwoord lui:
‘Die boodskap is hier by jou,
op jou lippe en in jou hart.’”

9 Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. 10 Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos

Rom  10:9 Mirror Translation
Now your salvation is realised. Your own word echo God’s voice. The Masterful act of Jesus forms the word in your mouth, inspired by conviction in your heart that God indeed raised Him from the dead.

Paulus gebruik 2 verskillende begrippe vir verlos:

  1. Verlos van my ou identiteit: Ek word goed genoeg verklaar.
  2. Ek word elke dag al hoe meer wie ek is. 

My woorde eggo God se uitsprake en dit skep ʼn geloof wat tot dade oorgaan.

Hebr 6

  • God het ʼn woord oor Abraham se toekoms gespreek.
  • Die skrywer verduidelik dat God se woord ‘n kragtige aansporing is.

Hebr 6:18 Die twee onveranderlike dinge, die belofte en die eed, waarborg dat God sy woord gestand sal doen en is vir ons wat ons toevlug tot Hom geneem het, 'n kragtige aansporing om vas te hou aan die hoop op wat vir ons weggelê is


  • Die metafoor om dit te verduidelik is ‘n anker.

Hebr 6:19 Hierdie hoop besit ons as 'n veilige en onbeweeglike lewensanker, wat agter die voorhangsel vas is.


  1. God se woord oor jou lewe eggo vanuit die teenwoordigheid van die allerheiligste, waarhede oor jou lewe. 
  2. Die anker verwys nie net om vas te staan nie. Die anker is ook gebruik om jou in ‘n nuwe posisie in te trek.
  3. Jou eggo van God se woorde (homologeo), maak dat dit in jou siel geanker word en jou in die waarheid intrek.


Die geheim is om ook oor ander se lewens te profeteer.
Fil 1:6 Ek bid dat die geloof wat ons met mekaar deel, jou ’n diep insig sal gee in al die goeie dinge wat ons vir Christus kan doen.

Phm 1:6  That the communication of thy faith may become effectual by the acknowledging of every good thing which is in you in Christ Jesus.

Dit sal die Hoop en waarheid in ander se lewens aktiveer.

1 comment:

  1. As ek nie God as my anker het nie, sal ek nie deur die dag kom nie!!

    ReplyDelete