Saturday, May 5, 2018

One Love - Awareness


Die verhaal van Jesus se ontmoeting met Saggeus inspireer ons om buite onsself te leef en uit te reik na ander.

Jesus stel die voorbeeld.

Die einde van die storie gee vir ons die motief van Jesus se hart en ʼn visie waarna ons kan streef.

Luk 19:10 Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom om wat verlore is, te soek en te red.”
Kom ons fokus op die twee woorde Soek en Red.

Soek
Luk 19: 1 Jesus het Jerigo binnegegaan en deur die stad gestap. 2 En daar was iemand met die naam Saggeus; hy was ’n hooftollenaar en ’n ryk man. 3 Hy het sy bes probeer om te sien wie Jesus is, maar hy kon nie vanweë die skare en omdat hy kort was. 4 Hy het vooruit gehardloop om voor te kom en in ’n vyeboom geklim om Jesus te sien omdat Hy daar sou verbygaan.

Elke mens is soekend, soekend na:
Ware lewensdoel
Sinvolle lewe
Aanvaarding
Ondersteuning in hulle omstandighede

Dis net in ons verhouding met Jesus wat ons soeke vervul word.

Gelukkig is ons nie die een wat alleen soekend is nie, maar in Jesus se eie woorde, is Hy die een wat eerste na ons uitreik.

Luk 19:5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Jesus het toegelaat dat die Heilige Gees Hom lei en sodoende het Hy gestop by Saggeus.
Ons moet bewus wees van mense rondom ons.
Joh 4: 35“Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier. Kyk net hoe ryp staan die ‘oes’. 36Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat ‘oes’, kry al hulle ‘lone’. Dit gaan natuurlik nie om ’n gewone oes nie, maar om die ‘oes van mense’. Omdat hulle deel van die ‘oes’ is, sal hulle vir altyd saam met God leef

Daar is 2 Geestelike gewoontes om ons te leer om ons geestelike oë oop te maak.
1. Bid
 Kol 4:2 Volhard in die gebed. Bid terwyl julle gees¬telik waaksaam en dankbaar is. 3 Bid ter¬selfdertyd ook vir ons, dat God ons ge¬leentheid sal gee om oor die geheim van Christus te praat. Dis hoekom ek in die ge¬vangenis is! 4 Bid dat wanneer ek daar¬oor praat, ek dit so duidelik sal uitlê soos ek dit moet doen.
Bid vir geleenthede om uit te reik en bid vir die mense.
Here ek is beskikbaar om deur U gebruik te word.
Here ek bid vir .... sal U met hom wees.

2. “Strangers empathy”
Gewoonte twee neem ons na ʼn geestelike gewoonte wat die ou kerkvaders beoefen het.
Gaan sit in ʼn koffiewinkel en fokus op iemand wat instap.
Probeer jou inleef in daardie persoon se leefwêreld.
Hy het ook probleme, hy soek antwoorde oor die lewe,
Wat as hy ontdek wat  sy ware identiteit in Christus is?
Wat voel jy? Wat dink jy? Wat ervaar jy?
Bid in stilte vir die persoon.
Jesus stop nie net by Empatie nie, hy stap in die lewe van Saggeus in.
Luk 19: 5 Toe Jesus by dié bepaalde plek kom, het Hy opgekyk in die boom en vir Saggeus gesê: “Saggeus, klim haastig af, want Ek moet nog vandag by jou tuisgaan.”

Evangelisasie is nie om iemand in n hoek te probeer kry om ‘n besluit te neem nie.
Iemand raak nie jou projek nie.

Beoefen die beginsel van “Tuisgaan”. 

Die proses is nie om iemand eers tot geloof te bring nie, daarna deel van die kerk te maak nie.
Die volgorde is eers verhouding, waar iemand omgee kan beleef, en uit dit vloei ʼn soeke wat tot bekering kan lei.

Tydens die “tuisgaan” word redding beleef

Die woord vir redding is Sozo: Dit beteken nie iemand het tot geloof gekom nie.

Die woord Sozo beteken om gesond te word, heel te word.
Jesus se motief is om uit te reik na Saggeus sodat hy Sy goedheid kan beleef.

Lees ook die volgende voorbeeld.
Luk 5:27 Later, toe Jesus die dorp verlaat, het Hy ’n tollenaar met die naam Levi by sy tolhokkie sien sit. “Kom, word my dissipel!” het Jesus vir hom gesê.
28 Levi het opgestaan, alles net so gelos en Jesus gevolg.

29 Kort daarna het Levi ’n feesmaal in sy huis aangebied met Jesus as die eregas. Baie van Levi se medetollenaars en ander gaste was daar. 30 Maar die Fariseërs en skrifkenners wat aan die Fariseërparty behoort, het by Jesus se dissipels gaan kla: “Waarom eet en drink julle saam met sulke immorele karakters?”
31 Jesus het hulle geantwoord: “Gesonde mense het nie ’n dokter nodig nie – siek mense wel. 32 Ek het gekom om sondaars te roep om tot inkeer te kom, nie om my tyd te verwyl met hulle wat dink dat hulle reeds goed genoeg is nie.”


Die beginsel van tuisgaan word deur Petrus verduidelik:

1 Petr 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. 9 Tweedens: Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla. 10 Derdens: God het aan elkeen van julle ’n genadegawe gegee. Met hierdie gawes moet julle mekaar dien sodat God se ryk genade deur julle na mekaar toe kan vloei.

Hy koppel dit aan die bediening van gasvryheid: 
1. Die atmosfeer moet die van onselfsugtige liefde en geen veroordeling wees nie.
2. ʼn Plek van diensbaarheid.

Tweedens moet ons betrokke raak in mense se lewens. Die tyd uitkoop.

Derdens toelaat dat die Heilige Gees se gawes in daardie geleenheid deur ons werk.

Kol 4:5 In julle verhouding met buitestanders moet julle slim optree deur elke kans te benut. 6 Met woorde wat altyd vriendelik en sinvol is, moet julle ge¬reed staan om die regte antwoord vir elke mens te gee.

Ons taak is om mense in te nooi in spasies waar die Heilige Gees hulle lewens kan aanraak en hulle die goedheid van God kan beleef. 

No comments:

Post a Comment