Saturday, May 12, 2018

One Love – Belief (Geloof)



MATTHEW 28:19 (Amplified)
Go therefore and make disciples of all the nations [help the people to learn of Me, believe in Me, and obey My words], baptizing them in the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit,

Een van die mooiste stories vir my in die Bybel oor bewustheid en hoe daar dan gereageer word in geloof is die storie van die Samaritaanse vrou by die put.

Lees Johannes 4 – Fassinerende storie

Uit die storie kan ons 3 punte in Jesus se interaksie met die Samaritaanse vrou sien wat haar lewe verander.

·       Gesprek
·       Deel waarheid
·       Reageer in geloof

Die storie eindig nie daar nie – Wat gaan den die vrou?

JOHANNES 4:28-30
Die vrou het haar waterkruik net daar gelos, na die dorp toe gegaan en vir die mense gesê: “Kom kyk self – ’n man het my alles vertel wat ek al gedoen het.  Is hy nie dalk die Messias nie?”

Die inwoners het toe van die dorp af na Jesus toe begin stroom.

JOHANNES 4:39
Uit daardie dorp het baie van die Samaritane in Jesus begin glo op grond van die woorde van die vrou wat met oortuiging kom vertel het: “Hy het my alles vertel wat ek gedoen het.”

Ons lees dan dat Jesus vir 2 dae daar gekuier het en nog waarhede met hulle gedeel het.

JOHANNES 4:41
Baie meer van hulle eie mense het op grond van sy woorde begin glo. Hulle het vir die vrou gesê: “Ons glo nie net meer op grond van wat jy gesê het nie; ons het nou self gehoor wat Hy sê, en ons weet dat Hy regtig die Verlosser van die wêreld is.”

Uit die vrou se storie kan ons dieselfde 3 punte sien en ook die impak in die hele dorp/stad.

·       Gesprekvoering
·       Deel waarheid
·       Mense reageer in geloof

Rom 10:9-10
Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word. Want as ons glo met ons hart, word ons vrygespreek en as ons met ons mond bely, word ons verlos.

Bely – “Homo Logao”. Letterlik om saam met God te begin praat en te verklaar wie jy regtig is.

Rom 10:9-10 (Message)
This is the core of our preaching. Say the welcoming word to God—“Jesus is my Master”—embracing, body and soul, God’s work of doing in us what he did in raising Jesus from the dead. That’s it. You’re not “doing” anything; you’re simply calling out to God, trusting him to do it for you. That’s salvation. With your whole being you embrace God setting things right, and then you say it, right out loud: “God has set everything right between him and me!”


ROMEINE 10:14-17
Maar hoe sal hulle Hom aanroep as hulle nie in Hom glo nie? En hoe sal hulle in Hom glo as hulle nog nooit van Hom gehoor het nie? En hoe sal hulle van Hom hoor sonder dat daar iemand is wat die boodskap bring? En hoe sal hulle die boodskap bring as hulle nie gestuur word nie? Daarom sê die Skrif: “Hoe lieflik klink die voetstappe van hulle wat die Goeie Boodskap bring!”
Die geloof volg uit die aanhoor van die boodskap. En die aanhoor van die boodskap volg uit die prediking van die Goeie Nuus wat handel oor Christus.

Die storie van goeie nuus word saamgevat in

Rom 5:17 - 18
Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een mens, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer
Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring.

Genade vir my skuld
Geregtigheid vir my skaamte 
Heerskappy vir my seer


Die doop is ‘n publieke verklaring  vanuit watter oortuiging ek leef – van wat ek glo

ROMEINE 6:3-5

Of het julle vergeet dat ons met ons doop een geword het met Christus Jesus en so saam met Hom gesterf het? Deur die doop is ons saam met Hom begrawe as mense wat deel in sy dood. En nou kan ons, net soos Christus wat deur ’n heerlike magsdaad van die Vader opgewek is, ook ’n totaal nuwe lewe leef. Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons ook saam met Hom opgewek word tot ’n nuwe lewe.



My geloof bepaal hoe ek leef en hoe ek leef beïnvloed of ander mense sal glo.

Jou storie wat ander inspireer het die vermoë om ’n kultuur te verander, waar mense die goedheid van die Here sal sien  en glo.

Wat glo ons?

ONS GLO ... in ’n ewige drie-enige God, Skepper, Onderhouer en Regeerder van die hele skepping. In God het alle dinge hul oorsprong, bestaan en toekoms.
ONS GLO ... in God die Vader, die Enigste Bron van Lewe, wat ons geskep het om in kwaliteit verhouding met Hom te kan leef.
ONS GLO ... in Jesus Christus as die enigste Weg tot die Vader. Hy is die Waarheid en die Lewe wat herstel bring in alle gebrokenheid van die skepping; Jesus Christus, wat ter wille van die mens en sy saligheid uit die hemel neergedaal en vlees geword het; ...wat verwek is deur die Heilige Gees en gebore is uit die maagd Maria; ...wat op die aarde geleef het as volwaardige mens asook volwaardig God; Hy wat gekruisig is,gesterwe het en begrawe is, opgestaan het uit die dood en opgevaar het na die hemel, waar Hy aan die regterhand van die Vader sit as enigste waarborg van ons verlossing en waar Hy vir ons voorspraak doen.
ONS GLO ... in die Heilige Gees wat as Bekragtiger, Trooster en Helper gestuur is, wat ons toerus met krag vir ons dienswerk; Hy wat ons bemagtig om te kan bedien met Sy gawes en te kan leef met Sy vrug; Hy wat die wêreld oortuig van sonde, geregtigheid en oordeel. Hy herinner ons aan die woorde van Jesus en lei ons in die hele waarheid; Hy bemagtig ons om die plan van God op aarde te verwesenlik.

Aangaande die MENS:

ONS GLO ... dat alle mense met geen uitsondering ten opsigte van ras, geslag, taal of kultuur geskape is na die beeld van God. As gevolg van hul ongehoorsaamheid aan God, is die mens verkneg aan sonde en die mag van duisternis. Deur die kruis het Jesus Christus die mensdom kom bevry. Die verlossingswerk van Jesus Christus aan die kruis hou as belofte van God rekonstruksie, restourasie en genesing vir die totale mens in.
Die kerk is die primêre agent op die aarde vir die proklamering en bediening van hierdie waarheid.
ONS GLO ... dat Jesus Christus die Hoof van die Kerk is, wat bestaan uit wedergebore gelowiges. Die kerk is die familie van God die Vader wat voorberei word as die bruid van Sy seun, Jesus Christus. Daar is ’n roeping en ’n mandaat vir die kerk om die Heerskappy van Jesus te proklameer hier op aarde. Die kerk vind sy primêre uitdrukking in die gemeenskap van gelowiges, wat saam ’n gemeente vorm waar verantwoordelikheid vir en aanspreeklikheid teenoor mekaar geneem word.

Aangaande die WOORD VAN GOD en die SAKRAMENTE:

ONS GLO ... dat die Bybel – beide die Ou en Nuwe Testament – die Woord van God is, geskryf deur mense onder die inspirasie van die Heilige Gees, waardeur die plan van God vir die mensdom bekend gemaak word. Ons glo dat dit die kommunikasie van die Wil van God is vir die hele mensdom en dat dit ons in alles onderrig wat nodig is vir saligheid en ’n lewe van oorwinning hier op aarde en tot in ewigheid.
Openbaringswysheid oor die inhoud van die Bybel is alleenlik moontlik deur die verligtende werk van die Heilige Gees.
ONS GLO ... in die doop van gelowiges deur onderdompeling as ’n stap van gehoorsaamheid aan die opdrag van die Here en volg op die ervaring van wedergeboorte. Ons erken dat daar ’n geestelike misterie rondom die simboliese gebeurtenis van die doop is waar ons identifiseer met die dood en opstanding van Jesus Christus. Dit is ’n gebeurtenis wat heenwys na ons reg tot ons erfenis in Christus waardeur ons ’n rein gewete voor God vra deur gebed.
ONS GLO ... dat die bekragtende ervaring om deur die Heilige Gees gevul te word na die wedergeboorte, bedoel is vir elke gelowige. Die primêre bewys en permanente konsekwensie van hierdie vervulling van die Heilige Gees is die vermoë om in tale te praat, ’n gawe wat deur elke gelowige begeer behoort te word.
ONS GLO ... in die gereelde gebruik van die Verbondsmaal en dat die elemente van die brood en wyn simbolies is van die gebroke liggaam van Christus en Sy bloed wat gevloei het. Op hierdie manier, deur geloof, bring ons Sy oorwinning deur die kruis in gedagtenis en verwelkom ons die implikasies daarvan in ons lewens.

Aangaande die CHRISTELIKE WANDEL en POSISIE:

ONS GLO ... in die toerusting van elke gelowige deur die bediening van die vyf-vuldige gawes van Apostels, Profete, Evangeliste, Herders en Leraars vir die doel om hulle te fasiliteer in die ontdekking van hul individuele roeping, die ontwikkeling van hul bedieningsgawes en geestelike groei na volwassenheid in Christus. Ons moedig alle gelowiges aan om ’n lewe van heiligheid en toewyding te leef, waarin hul hele lewe onder die heerskappy van Jesus Christus kan funksioneer.
ONS GLO ... dat die openbaarmaking, en die meegaande identifisering van die lewe in Christus, die fondasie is van ons geloof. Ons leefwyse behoort nooit in konflik te wees met die duidelike, definitiewe riglyne van God se Woord nie.

Heiligmaking word ’n lewende realiteit in die gelowige se lewe deur:
·  identifisering met Christus in Sy dood, opstanding en posisie van Heerskappy wat Hy nou beklee;
·  ’n daaglikse toewyding aan die leiding van die Heilige Gees en die outoriteit van die Woord in elke faset van ons lewens;
·  ’n aktiewe wilsbesluit om nie aan die wêreld gelyk te word nie, maar deur konstante transformasie deur die vernuwing van ons gedagtes, anders te begin dink, praat en optree.

Aangaande die EWIGHEID:

ONS GLO dat wanneer die tyd wat deur God vasgemaak is, ten volle gekom het, Christus sal terugkom om Sy kerk saam met Hom te neem na waar Hy ewig is. As gelowiges sal ons vir ewig vry wees van aardse beperkinge. Ons verwag die terugkeer van Christus, waar Hy ons saam met Hom sal neem om sodoende met Hom verenig te wees en te deel in Sy ewige en hemelse heerlikheid. Daar is ’n oordeelsdag wat steeds moet kom wanneer Christus die lewende en dode sal oordeel met die ewige lewe as  ergoeding vir die regverdiges en ewige straf vir die goddelose.










No comments:

Post a Comment