Saturday, July 7, 2018

Get Smart: Walk With Me


Get Smart: Walk With Me

Jesus nooi ons om Hom deel te maak van elke faset van ons lewe.

Lees die uitnodiging van Jesus

Matt 11:28-30 “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.”

Ons fokus vandag  op die woorde  “Walk with me.”

Uit Jesus se lewe kan ons leer hoe om saam met hom te wandel.

Joh 14:9 Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien. En hoe sê jy: Toon ons die Vader?
Joh 14:10 Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke.

Jesus nooi ons om in so ’n lewenswyse te wandel.

Die uitnodiging is juis vir die wat voel:
Die lewe is swaar.
Die lewe se uitdagings is te veel.
Jou toekomsprentjie maak jou emosioneel moeg.

Die metafoor wat Jesus gebruik om dit te verduidelik is ’n juk.

Matt 11: 28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik. 29 Neem my juk op julle skouers. Kom leer van My,

1. ’n Juk help dat twee osse saamtrek aan die vrag.
2. ʼn Juk laat toe dat een os die ander een lei.

Laat jou lewe beïnvloed word deur Jesus se leiding:
Laat Hom toe om jou lewensperspektief te vorm.
Laat Hom toe om oor jou gedagtes te heers en dit te beïnvloed.
Laat Hom toe om jou volgende aksie stap te bepaal.

Rom. 12 2 Moenie julle leefstyl aanpas by die gedragspatrone van hierdie wêreld nie, maar laat God julle omvorm deurdat Hy julle denkpatrone vernuwe. Dan sal julle goed kan onderskei wat Hý wil hê dat julle moet doen, naamlik dit wat werklik goed en aanvaarbaar en volmaak is.

Laat Jesus jou denke omvorm – Vernuwe.
Sodat jy kan onderskei in die elke dag lewe wat die regte besluit is.

Vernuwe
Skep geleenthede, soos bid, Bybel lees, geestelike byeenkomste waar Jesus jou elke dag denke te verander.

Onderskei
Laat toe dat Jesus jou elke dag (oomblikke) bepaal.

Hoe kan Jesus in jou elke dag lewe jou optrede bepaal?
Leef vanuit Jesus se wysheid.
Voorbeeld van Salomo:

Ek Het God se wysheid

1 Kon 3:7 O Here my God, U het my koning gemaak in die plek van my pa, Dawid. Maar ek is soos ’n klein seuntjie wat nog nie weet hoe om op te tree nie

1 Kon 3:9 Gee my tog die vermoë om met verstandigheid en regverdigheid oor u volk te regeer, want wie kan op sy eie oor hierdie groot volk van U regeer?”

Wysheid is nie iets wat kom en gaan nie. Jesus is wysheid en in Hom het jy wysheid.

Jak 1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid
1 Kon 3 Gee ons ‘n praktiese voorbeeld hoe God se wysheid deur Salomo werk.
23Toe sê die koning: “Albei van julle maak aanspraak op die lewende kind, en albei sê die dooie een is die ander een s’n. 24 Goed, bring vir my ’n swaard.” Iemand het vir hom ’n swaard gebring. 25 Hy sê toe: “Sny die lewende kind in twee en gee ’n helfte vir elkeen van hulle!”

In die oomblik vloei Goddelike wysheid deur spontane gedagtes wat deur die Heilige Gees geïnspireer word.

Laat jou keuses deur Goddelike waardes bepaal word.

Kol 3:16 Laat die rykdom van alles wat Chris¬tus ons leer, julle leefstyl bepaal. Met alle wys¬heid moet julle mekaar on¬derrig en me¬kaar die regte pad wys.

Laat jou gewete jou besluite beïnvloed.
Rom 1: 19 In hulle harte het hulle immers ’n duidelike besef van God, want God het dit aan hulle bekendgemaak.
Rom 2:15 Hulle optrede toon duidelik dat die vereistes van die wet in hulle harte geskryf staan. Boonop bevestig hulle gewetens dit deurdat hulle gedagtes hulle óf aankla óf vryspreek

Rom 14:22 Jy is dalk persoonlik daarvan oortuig dat jy niks verkeerds doen nie, maar hou dit liewer tussen jou en God. Gelukkig is jy as jy nie jouself hoef te verwyt oor wat jy weet op sigself reg is nie. 23 Maar as jy twyfel en tog eet, staan jy veroordeel omdat jy nie volgens jou geloofsoortuiging handel nie. Alles wat jy nie uit volle geloofsoortuiging doen nie, is sonde.

Geloofsoortuiging = gewete
Laat jou geloofsoortuiging in die oomblik rigting gee.

Jesus kan deur jou emosies praat.
Mark 6 31Omdat daar voortdurend talle mense gekom en gegaan het sodat hulle selfs nie kans gekry het om te eet nie, het Jesus toe vir hulle gesê: “Kom julle nou self eenkant toe na ’n stil plek en skep ’n bietjie asem.”
32 Hulle het toe per skuit na ’n stil plek vertrek waar hulle alleen kon wees.

Jesus verander Sy rigting as gevolg van ʼn emosionele belewenis.
33 Maar baie mense het hulle sien vertrek en agtergekom waarheen hulle op pad was. Hulle het toe te voet van al die dorpe daarheen aangehardloop gekom en Jesus en sy dissipels ingewag. 34Toe Jesus uit die skuit klim en die groot klomp mense sien, het Hy ’n diep deernis vir hulle gevoel, want hulle was soos skape sonder ’n wagter. Daarom het Hy hulle uitvoerig begin onderrig.

Jou emosies waarsku jou ... , stop ... , moenie ..., waag...

In die oomblik vertrou Hy God se wysheid om spontaan deur Hom te vloei.

Mark. 6:35 Toe dit alreeds laatmiddag begin word, kom sê sy dissipels vir Jesus: “Dis ’n verlate plek hierdie en kyk hoe laat is dit al. 36Stuur die mense weg sodat hulle op die omliggende plase en in die dorpies iets kan gaan koop om te eet.”
37 Hierop antwoord Jesus: “Gee julle vir hulle kos.”

Leer om sensitief te wees vir geopende deure.
Open 3:7 Skryf aan die voorganger van die gemeente in Filadelfia. So sê die Heilige, die Betroubare
Hy wat die sleutel van Dawid hou
en deure oopsluit, en niemand kan
dit toesluit nie;
en Hy sluit en niemand kan
dit weer oopmaak nie:
8 Ek ken jou handel en wandel. Kyk, Ek het ’n geopende deur voor jou gegee en niemand kan dit weer toemaak nie. Al het jy ook net beperkte krag, het jy my boodskap nogtans gehoorsaam en My nie verloën nie.

Sien geleenthede raak en draai weg van deure wat toe bly. 

Leer om sensitief te raak vir God se wysheid. 

Sy waardes
Sy stem deur jou gewete
Sy emosies
Sy geopende deure


1 comment:

  1. Dis wonderlik hoe die Heilige Gees met ons praat deur ons gewete ,gevoelens en gedagtes! Dis Hy wat ons herhinner dat ons Konings in Christus is en so moet leef en in Sy naam regeer, elke dag , nie net wanneer dit ons pas nie en dat ons elke dag in Sy genade en liefde leef

    ReplyDelete