Saturday, July 28, 2018

Liefde: Kom groei saam in die liefde.


Liefde: Kom groei saam in die liefde.

Paulus daag jou uit om liefde jou hoogste waarde te maak.
1 Kor 14:1 Lê julle toe op die liefde.
“Let love be your greatest aim.”    (LB)

Alles wat God doen vloei vanuit liefde.

Dit is tog wie Hy is.
1 Joh. 4 God is liefde...
Ons moet God se voorbeeld te volg en liefde uitleef.

Ons is op aarde geplaas om liefde deur ons te laat vloei.
Daarom daag Jesus jou uit om liefde jou hoogste waarde te maak.

Matt 12: 28  “Watter gebod is die heel belangrikste?”
29 Jesus het hom geantwoord: “Die belangrikste gebod is die volgende: ‘Luister, o Israel, die Here ons God is die enigste Here. 30 Daarom moet jy die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou ganse siel, met jou totale verstand en met al jou krag.’ 31 Die tweede gebod is net so belangrik: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’ Hierdie twee vorm saam die allerbelangrikste opdrag.”

Sodat...
1 kor 14:16 Alles wat julle doen, moet in liefde geskied.

Die vraag is, kan jy liefde aanleer? 
1 Joh. 4 Antwoord die vraag en verduidelik hoe.

Les 1 
Ontdek die bron van liefde.

1 Joh 4:7 Geliefdes, laat ons mekaar
aanhou liefhê,
want volmaakte liefde
is van God afkomstig.
Elkeen wat só liefhet,
is uit God gebore
en ken God persoonlik.


  •  In jou is die saad van liefde wat jy moet laat ontkiem. 


Gal 5 22 Maar die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23 sagmoedigheid en selfbeheersing
 25 Ons lewe deur die Gees; daarom moet die Gees ook ons leefstyl bepaal.


  • Maak jou hart oop om God se liefde te ervaar.


1 Joh 4:19 Laat ons mekaar liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het.
Mense wat liefde ontvang het, kan liefde gee.
Mense wat vergifnis ontvang het, kan ander vergewe.

Kom by ʼn plek waar jy die volgende waarheid glo.

1 Joh 4:16 Ons leef uit die wete en is absoluut oortuig daarvan dat God ons liefhet. God is die liefde self en almal wat uit dié liefde leef, leef in ’n hegte verhouding met God en God met hulle.

Les 2 
Liefde is nie alleen ʼn emosie nie. 

Luk 6:32 “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! 33 En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook
35 “Nee, julle moet ook julle vyande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes. 36 Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.”

Les 3 
Liefde is ‘n wyse van optrede, daarom kan jy kies om lief te hê. 

1 Joh 3:18 Kinders, laat ons nie liefhê met woorde of gepratery nie, maar eerder deur ons optrede, en met opregte bedoelings

Les 4 
Liefde is n vaardigheid wat jy kan aanleer.

1 John 4:7 “Dear friends, let us practice loving each other...” 
1 Tim 416 Let goed op jouself en jou leer. Bly getrou aan wat reg is, en jy sal jouself red sowel as almal wat na jou luister.

Les 5 
Hou dit aan beoefen totdat dit ʼn leefstyl raak.

Hebreers 13 “Julle is gelowiges, julle moet aanhou om lief te wees vir mekaar.” (Hebr. 13:1 ABA)

Laat liefde jou hoogste doel wees.











No comments:

Post a Comment