Saturday, June 9, 2018

Speechless Wees Stil.


Ps. 46 is bekend vir die volgende aanhaling:
“Wees stil en weet dat ek jou God is”

Om dit te verstaan moet ons kyk na die konteks waarin die Psalm geskryf is.
Lees die verhaal 2 Kon 18 en 19, Kron. 32 en Jes. 36-37.

1. Jerusalem is omsingel deur die Assiriërs.
2. Die Assiriërs se koning Sanherib stuur boodskappe aan Israel wat hulle vertel dat hulle God hulle nie kan red nie.
3. Hiskia besluit om eerder stil te word en na die tempel te gaan, sodat God met hom kan praat.
4. God sê deur die profeet Jesaja dat die oorwinning Israel sin is.
5. Die volgende oggend het  ʼn engel van die Here 185 000  Assiriërs dood gemaak.

Ps. 46 neem ons na ʼn plek waar ons uit die gejaag van die lewe moet klim sodat ons God in die lewe kan ontdek.

Die Beginsel van “AL”.
Ps. 46 3.
Al bewe die aarde,
al verskuif die berge
diep in die see;
4 al bruis en skuim die waters,
al skud die berge
as die waters styg!


  • Al voel alles te veel.
  • Al is die lewe ‘n gejaag. 

Stop sodat God kan praat.
Psa 46:10 MSG  "Step out of the traffic! Take a long, loving look at me, your High God, above politics, above everything."

Wees stil Hebreeus  =   “râphâh”
Om stadiger  te wees  - “to slow down”
Bedaar.
Om op te hou.

Matt 6: 25“Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe – wat julle sal eet of drink; of oor julle liggame – wat julle sal aantrek.
26 Hou die voëls wat daar vlieg dop. Hulle saai nie, hulle oes nie, en hulle maak nie in skure bymekaar nie. Dit is onnodig, want julle hemelse Vader gee aan hulle, hulle kos. Besef julle dan nie dat julle vir God nog baie kosbaarder is as hulle nie?

Stop en kyk na die voëls...
Stop en waardeer die oomblikke in die lewe,
Sien God in die oomblik.

Skep ‘n spasie waar strome van vreugde, waarheid, inspirasie kan vloei.

Ps. 46:5 Die strome van die rivier 
bring vreugde
in die Godstad,
in die heilige woning
van die Allerhoogste.
6 God self woon daar;
dit sal nie beweeg nie.
Die Here is die stroom wat nooit opdroog nie.

8 Die Here, die Almagtige,
is by ons;
ons skuilplek
is die God van Jakob

“Die God van Jakob”

Al het Jakob verkeerd opgetree, nog steeds nooi God hom in die spasie van ontmoeting.

Gen 28: 15 Ek sal by jou wees en jou beskerm waar jy ook al gaan. Ek sal jou weer terugbring na hierdie land toe. Ek sal jou nie verlaat nie, maar doen wat Ek beloof het.”
16Toe Jakob wakker word, sê hy: “Sowaar! Die Here is op hierdie plek, en ek het dit nie eers geweet nie!”

Stop skep spasie ... Dat die Heilige Gees, “Die profeet” kan praat.

In die spasie hoor: 
PS 46:2 God is ons toevlug en ons krag;
in nood is Hy gereed
om te help.
6 As die dag breek,
sal God kom help.
7 God praat,
en die aarde versmelt.
8 Die Here, die Almagtige,
is by ons;
ons skuilplek
is die God van Jakob.

In die spasie, neem wat jy hoor na jou hart.

“Meditation moves from looking at the words of the text to entering the world of the text. As we take the text into ourselves, we find that the text is taking us into itself. Meditation  is letting the images and stories of the entire revelation penetrate our understanding.” Eugene Peterson

Stap 3 In die spasie ...wees net bewus God is by jou.
“ Sela”

Stap 4 In die spasie laat toe dat “die Profeet" praat.

Rigting gee.
Antwoord gee.
Hoop gee.

Ps 46:8 Come and see what the LORD has done.
See what amazing things he has done on earth.

No comments:

Post a Comment