Thursday, April 26, 2018



Re:Acts Staan vir wat jy glo -Aanddiens

Lees Handelinge 17 vanaf vers 16.

Wat is die behoeftes in jou stadsplein?



Wat leer ons by Paulus in Handelinge 17

Passie (compassion) vir mense bo ons eie kommer (v 16)


Is ek aktief in die markplein? (v17)


Wat is die mense se soeke na die waarheid en hoe kan ek dit aanspreek? (v22)


Kan ek sonder oordeel my geloof deel, en so praat dat my mense met my kan vereenselwig (relate)? (v 23)


Kommunikeer ek op so ’n manier dat ek die minste konfrontasie uitlok? (v 24-25)


Spreek my boodskap die ware behoeftes van die mense aan? (v 27)


Praat ek ’n taal wat mense kan verstaan? (v 28)


In my soeke na relevansie, is ek dalk besig om die evangelie af te water? (v 30-31)


Gaan ek lief wees vir mense selfs al aanvaar hulle nie die boodskap nie? (v 32-34)


Paulus haal nie een teksvers aan in Athene nie. Wat kan ek by Paulus leer oor die integrasie van die Woord?

Saturday, April 14, 2018

Re:Acts – Gehoorsaamheid



Hoe hanteer ons daaglikse lewe ten opsigte van God se plan, God se opinie, God se droom vir ons lewens?

Ons glo God wil vir ons die beste hê, maar hoekom leef ons dan nie in God se beste nie?

Daar is net een ding wat ontbreek om die plan, die gedagte, van God ‘n realiteit te maak in ons lewens is:
Gehoorsaamheid

Jou droom en plan van God vir ons lewe is nie die resultaat van ons sweet, jou harde werk en jou krag en vermoëns nie.

Die plan van God in jou lewe is die resultaat van gehoorsaamheid.

In die boek handelinge sien ons gehoorsaamheid as die goue draad in die lewens van die apostels.
Filippus as voorbeeld

Hand 8:26-40
'EN ’n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ’n eensame pad. Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ’n man van Ethiópië, ’n hofdienaar, ’n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem. En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders? En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.'

Hoe leef ons in gehoorsaamheid tot God:
1. Die Engel van die Here het met Filippus gepraat (God praat met ons)

Ons almal wil hê Engele (God) moet met ons praat.

Filippus het by ‘n plek gekom waar hy sy lewe onderdanig gemaak het aan God se plan.

Een van die grootste struikelblokke tot die hoor van die Here se stem in ons lewens is nie Sy onvermoë om met ons te praat nie – maar ons onbereidwilligheid om te doen wat Hy sê.

God sal altyd meer met jou praat as wat jy wil hoor – dit sal altyd so wees – hoekom – want die begeerte tot kommunikasie is die vrug van liefde – en jy sal nooit God meer kan lief hê as wat Hy jou lief het nie.

Die enigste ding wat meer belangrik is as om God se stem te hoor, is om in gehoorsaamheid daaraan te leef.

2. Filippus reageer – Hand 8:27 Toe het hy opgestaan en gegaan.

Filippus hoor nie net die stem nie, maar hy reageer. Al die planne en gedagtes van God is van geen waarde as jy nie reageer op sy stem nie.

Die goedheid, guns van God is beskikbaar vir elkeen van ons, maar wat ons toegang gee tot daai plek van goedheid en guns is ons gehoorsaamheid

Heb 11:6
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag ....

Rom 10:17
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Geloof is om te reageer op God se woord

Gehoorsaamheid – reageer op God se woord – uitspraak – opinie

As Filippus nie die keuse en besluit geneem het om hierdie pad af te stap nie het hierdie wonderwerk nie plaasgevind nie

3. Die rol van die HG in ons alke dag lewe

Vers 29 – Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa

Die HG lei Filippus in hierdie situasie wat hy moet doen – daar was ‘n ingesteldheid by Filippus – hy het ‘n hart wat gereed was om te luister – Hy leef in intimiteit met God – hy leef in verhouding met God

Maak tyd ……

Wil nie hierdie lewenspad in eie krag stap nie

Storie van Andrew Murrey – “for a moment there I could not sense the holy Spirit and I just wanted to make sure”

4. Skuif – As al die treetjies van gehoorsaamheid geneem is kom die Here en Kom skuif Hy vir Filippus

En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind.

Partymaal vertrou ons die Here vir ‘n bonatuurlike uitkoms, maar ons probeer dit nog in ‘n natuurlike manier vermag – kan nie op natuurlike manier by bonatuurlike uitkoms uitkom nie

Dis nie onmoontlik nie – die sleutel is gehoorsaamheid

Steven Furtick – Great moves of God are usually preceded by simple acts of obedience.

Om saam te vat / opsomming
- Gee prioriteit aan God se opinie
- Reageer in gehoorsaamheid op wat God se
- Loop deurlopend saam met die HG
- Gehoorsaamheid is meer as eie krag

Saturday, April 7, 2018

Re:Acts - Gebed






Lees Handelinge 4:23-31

Lees weer Handelinge 4:23-31

Wat merk jy op oor die gebed?

Watter emosies beleef jy?

Wat wil jy graag bid nadat jy die gebed gelees het?

Praat met die Here oor wat jy beleef het. Maak dit ’n gesprek tussen jou en Hom.


-Jou eie gebed-


Wat begeer jy vir jou gesprekslewe(gebedslewe) met die Here?

Besluit op ’n gebedsgewoonte. Onthou, gee baba-tree, klein aksiestappie kan oor ’n lang tyd groot transformasie bring.

Saturday, March 24, 2018

Kaleidoskoop 4: Vanuit die perspektief van die Pa



Die verhaal van die verlore seun vanuit die perspektief van die Pa.

Kyk weer na die skildery van Rembrandt, maar fokus op die hande.



Sien jy die verskil:

  • Genade en vergifnis in die regterhand.
  • Bevestiging, aanmoediging, Jy is kind van God, in die linkerhand.

Dit bring ons by die drie hooftemas van die pa se karakter:
• ’n Pa wat na pyn toe hardloop.
• ‘n Pa wat onvoorwaarlik vergewe.
• ‘n Pa wat jou nie wil los waar jy is nie.

Die Pa soek jou en vind jou waar jy is.

Die tema “Totdat jy hom kry” vind ons alreeds in die vorige 2 gelykenisse:

Luk 15:3 Jesus het toe hierdie gelykenis vertel: 4“As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
Luk 15:8 “Of veronderstel ’n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie ’n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie?

Jesus neem dit net verder en jy tel die Vader se hart op oor ons as mens.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.
28“Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat,

Verander die gedagte dat jy die eerste tree moet neem en besef die Vader reik uit na jou, ons reageer net.

1 Joh 4:10 Dít is volmaakte liefde:
nie dat ons vir God
liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het
en sy Seun as versoeningsoffer
gestuur het

Rom 5:5 En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.

• Omdat God liefde is...
• In ons toestand van hulpeloosheid
• Nog voordat ons vra vir hulp.
Kom die Heilige Gees en stort die Vader se liefde in ons harte uit.

Hoor en beleef genade in die Vader se optrede.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen
Dit is asof die verlede nie meer ‘n realiteit is nie.
Deur genade word ons onskuldig verklaar.

Daarom is die pa se reaksie dat die seun hom moet belyn soos wat die Pa hom sien.

  • As sy seun.
  • Jy is my seun: Trek aan die kleed, ring en sandale. 

Dit is tyd om te begin optree soos ‘n seun van die huis.

Identifiseer jouself met die Pa

Luk 6:36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

Jesus skryf die gedeelte in die konteks van mense wat ons te nagekom het.
Jou vyande, mense wat jou so seer gemaak het dat jy iets in jou hart teenoor hulle het.

Soos die Pa na toe pyn gehardloop het, so moet ons na pyn toe hardloop.
• Sien die pyn in die gemeenskap, in jou vriende se lewens en raak betrokke
• Doen onvoorwaardelik goed.
• Sien die pyn wat onvergewensgesindheid bring en hardloop na die plek van vergifnis toe.
Hardloop na die pyn toe met ‘n hart vol genade.

Kan ons ‘n gemeenskap wees, wat met ʼn hart van genade teenoor mekaar leef?
• Om ʼn Gemeenskap te wees van geen veroordeling nie, waar ons nie fokus op mekaar se verlede nie.
• Waar my reëls nie jou reëls is nie. Ek oordeel jou nie volgens my standaarde nie.
• Waar ek nie telling hou oor jou optredes nie.
• Plek waar ons in ʼn sirkel kan sit en eerlik en opreg kan praat, sonder die motief om jou te oortuig van my standpunt.
• Waar ons ruimte het dat mense foute kan maak en weer oor kan begin, al is dit die 3de of 4de keer.
• ʼn Plek waar ons nie opgee op mense nie.
• Dat ons mekaar sal inspireer om ons te belyn met wie ons in Christus is.
• Om ander te gun om te groei in die areas waar Jesus nou met hulle ʼn pad stap.

Lees Luk 6:27-42
Wees lief vir jou vyand!
27“Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. 28 Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak. 29 As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan. 30 Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie. 31 Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

32 “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! 33 En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook. 34 En as julle geld leen net aan dié wat julle kan terugbetaal, is dit iets besonders? Selfs sondaars leen aan sondaars om die volle bedrag terug te kry.
35 “Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.

36 Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.”

37 “Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word.
41 “En waarom sien jy die splinter in jou vriend se oog raak en sien nie die yslike stomp in jou eie oog nie? 42 Hoe kan jy dan vir jou vriend sê: ‘Vriend, laat ek jou help om die splinter uit jou oog te kry,’ terwyl jy nie verby die stomp in jou eie oog kan sien nie? Skynheilige! Raak eers ontslae van die stomp in jou eie oog, dan sal jy goed genoeg kan sien om die splinter uit jou vriend se oog te haal.”










Saturday, March 17, 2018

KALEIDOSKOOP 3 - Die jongste seun (2)




Laat jouself toe om ‘n skat van rykdom te ontdek in hierdie oorbekende verhaal. 

Laat my vanoggend toe om jou op ‘n reis van restourasie te neem:

Restoration involves:
·       Unconditional Forgiveness
·       Restored Identity
·       Renewed Purpose and Meaning
·       Joyful Celebration

Luk 15:12
(12)  En die jongste van hulle het vir sy vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.

Ons ken die verhaal gewoonlik, as “gee my my erfporsie”, die seun het vir sy pa vir sy deel van die familieplaas gevra. Daardie plaas wat heel moontlik van generasie na generasie oorgedra is. Nadat sy pa die grond tussen hom en sy broer verdeel het, het hy dit verkoop, en die geld gebruik om na ‘n ver land te reis. Nou dit, is in die Joodse kultuur, die hoogste vorm van verraad. Nie net was hy disrespekvol teenoor sy pa deur eintlik vir hom te sê: “Ek kan nie meer wag dat jy doodgaan nie”, hy verkoop sy pa, en oupa en oupa grootjie se erfgrond en laat sy hele kultuur agter, deur na ‘n ander land te gaan. In die Joodse kultuur, word so ‘n persoon dood verklaar vir die familie en die gemeenskap. Wanneer so ‘n persoon dit sou durf waag om terug te keer na die erfgrond, was daar ‘n goeie moontlikheid dat hy gestenig kon word. Die bure sou op hom afhardloop, ‘n fles met gebrande neute en koring voor sy voete breek en vir hom sê hy is dood vir hulle. Daarom was dit vir hierdie seun so ‘n ontsettende groot besluit en waagstuk om huis toe te gaan.

Ek vermoed dat dit nie sy eie waagmoed was wat hom gemotiveer het om huis toe te gaan nie.

Luk 15:17
(17)  Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed van brood, en ek vergaan van honger!
Die Engelse vertalings sê: “He came to his senses”. Die NAV sê: “Hy het tot inkeer gekom”.
In beide die vorige twee verhale, die verlore skaap en die verlore penning, is daar heeltyd die eienaar wat soek totdat dit opgespoor word. Met die eerste oogopslag wil dit lyk of die seun op sy eie teruggekeer het, wat dit in kontras laat staan met die vorige twee verhale. Maar die sleutel lê in “Hy het tot inkeer gekom” Wanneer het hy tot inkeer gekom? Die oomblik toe hy onthou hoe goed sy pa vir sy huurlinge sorg. Toe hy onthou wie sy pa is, en dat hy ‘n goeie pa is, het dit hom tot sy sinne laat kom. Hy het geweet wie sy pa is en dat hy ‘n goeie pa is, want hy sorg vir sy werkers.

Op grond van die vorige twee verhale weet ons dat iets wat verlore is, nie vanself gevind word nie, maar daar is iemand wat aktief besig is om na hulle te soek.
Ps 23:3
(3)  Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
In engels: “He restores my soul”. Die Hebreeuse woorde daar, is NAFSHI YESHOBEB, wat letterlik beteken “He brings me back/He causes me to repent”
Rom 2:4b
“It’s your kindness that leads us to repentance”.
Die verlore seun het tot sy sinne gekom deur die Heilige Gees wat hom herinner het daaraan dat hy ‘n goeie vader het.

Miskien herken jy jouself in hierdie prentjie. Miskien het jy net vandag nodig om herinner te word daaraan dat jy ‘n Goeie Vader het, wat jou deur Sy goedheid tot inkeer bring en roep om na Hom toe te hardloop.
Die seun het die lang terugtog aangepak en sy strategie baie fyn beplan. Ek kan net dink hoe hy oor en oor die gesprek in sy kop gehad het. Dis nou te sê as sy bure hom nie stenig voor hy by sy pa kom nie.

Luk 15:20
(20)  En hy het opgestaan en na sy vader gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom gevoel en gehardloop en hom omhels en hartlik gesoen.
Hy het egter nie baie ver gekom met sy toespraak nie. Toe sy pa hom van ver af sien kom, het hy op hom afgestorm, hom gegryp, hom omhels en gesoen. Hierdie prentjie moes hom totaal onkant gevang het. In die eerste plek, ‘n Joodse vader hardloop nie! Dit is totaal onvanpas binne in hulle kultuur. En tweedens het sy pa hom gesoen en gesoen en gesoen. Die woord “soen” word hier in die “present continues tense” gebruik.

Die pa het nie net na hoe hom toe gehardloop omdat sy gebede verhoor is en hy so bly was om hom te sien nie, maar ook sodat hy voor die bure by hom kon wees. Voordat hulle kon uitroep: “Jy is dood!” en die seun kon sê: “Ek is nie waardig nie!” het die pa seker gemaak die seun hoor: “Welkom tuis! Jy is my seun!” Hy doen dit op 4 verskillende maniere

Luk 15:22
(22)  Maar die vader sê vir sy diensknegte: Bring die beste kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n ring vir sy hand en skoene vir sy voete.
Kleed
Van die vertalings sê: Bring gou! Daar was ‘n dringendheid in die pa se hart om daardie kleed om sy seun se skouers te hang. Die beste kleed was heel moontlik die pa se eie kleed, en mense het jou herken aan die kleed wat jy dra. Bv. Jy dra ‘n bloubul trui. Assosiosiëer met daardie span. Voordat die bure vir hom kon sê hy is dood, wou die vader daardie vuil, vodde bedek met die beste kleed, sodat hy en die res van die wêreld kon weet: Jy is myne!

Dit herinner my aan hoe God ‘n bokkie geslag het om Adam en Eva se naaktheid te bedek. Hy het hulle sonde bedek met ‘n bokkie se vel. Net so het Jesus kom sterf, om ons vuil, vodde sonde te kom bedek

Is,61:10
(10) For He has clothed me with garments of salvation, He has covered me with a robe of righteousness”
Geregtigheid beteken wanneer God na jou kyk, sien Hy Sy Seun, en nie meer jou sonde nie. Net soos die pa sy seun se vodde bedek het met die beste kleed. Wanneer hy, en die gemeenskap na hom kyk, sien hulle aan wie hy behoort en nie sy geskiedenis en foute raak nie. Daar kleed is ‘n teken van die herstel van verhouding tussen die pa en seun.

Ring
Die tweede ding wat die pa doen, is om dadelik ‘n ring aan sy seun se vinger te steek. In die Joodse kultuur was ‘n ring nie ‘n blote versiering nie, maar het twee goed verteenwoordig.
Eerstens was die ring ‘n vorm van identifikasie. Elke familie het ‘n spesifieke seëlring gehad, waarmee hulle geïdentifiseer is. In ons kultuur is dit nie so groot nie, maar mens sien altyd in rolprente hoe seker Fraternal en Klubs en skole, kenmerkende ringe gehad het. As jy ‘n sekere ring gedra het, het almal geweet jy behoort aan daardie familie. Die pa herstel dadelik die seun se identiteit en sê daarmee dat hy ‘n seun van sy huishouding is. Dit beteken jy behoort. Amper soos wanneer ‘n meisie ‘n verloofring dra.
Tweedens beteken daardie ring dat jy die gesag en volmag het om namens daardie familie besigheid te doen. Jy kon besigheid doen en aankope doen, en dan net die ring wys, sodat hulle weet wie verantwoordelik is vir daardie rekening. Die implikasie daarvan is dat die pa vir sy seun sê ek staan in vir die skuld wat jy gemaak het. Jou skuld is my skuld. Dit kommunikeer onvoorwaardelike aanvaarding, om vir iemand, wat nou net die helfte van al jou geld uit gemors het, weer toegang tot al jou geld te gee!

Daardie ring gee jou die volmag om namens iemand anders op te tree. Ons sien in Gen 41 hoe Farao so ring afgehaal en dit vir Josef gegee het, sodat Josef Farao se seël op enige kommunikasie kan sit wat hyself geskryf het.

Net so steek ons Vader ‘n ring aan ons vinger sodat ons en almal wat dit sien, kan weet aan wie ons behoort. Verder gee Hy ons die outoriteit om te heers en in Sy naam te regeer oor sonde, skuld en skaamte.

Sandale
Die derde ding wat die pa vir sy seun gee, is skoene vir sy voete. Op hierdie manier herstel hy weereens sy seun se waarde, want slawe het nie skoene gedra nie. Hy sê duidelik hiermee dat hy nooit aan hom as ‘n slaaf sal dink nie, maar as sy seun.

Wanneer gaste kom kuier het, het julle hulle skoene uitgetrek, en ‘n slaaf het hulle voet gewas, maar die eienaar het sy skoene aangehou. Hiermee sê die pa dan ook vir hom dat hy tuis is, en nie net ‘n gas nie.

Skoene was ‘n teken van waardigheid. Onthou hoe Moses en Joshua al twee hulle skoene uitgetrek het, omdat hulle nie waardig was om op die Heilige Grond te staan nie. Hiermee kommunikeer die pa juis vir die seun dat hy waardig is om skoene te dra.
Mense het ook hulle skoene uitgetrek as ‘n teken van rou. Ons sien hoe beide Esegiël en Rut kaalvoet geloop het tydens hulle routydperk. Die pa kondig dus ook die einde van ‘n routydperk vir hierdie seun aan.

Partytjie
Die laaste ding wat die pa doen, is hy reël vir sy seun ‘n reuse partytjie! Een van die grootste sleutels van hierdie verhaal is die jongste seun se reaksie op sy pa se verwelkoming. Hy het dit in besit geneem. Hy het nie in ‘n hoekie gaan sit en huil of daarop aangedring om soos ‘n slaaf hanteer te word nie, hy het dadelik in sy herstelde posisie in beweeg en dit met blydskap ontvang. Hy het nie gevoel hy moet eers sy pa se geld terugkoop of op enige manier restitusie doen nie. Hy het van “ek is nie waardig…”  tot by dans by ‘n partytjie gegaan in enkele ure! Hy het sy pa se hart vir hom verstaan. Hy het nie toegelaat dat die stemme van die gemeenskap harder praat as die van sy pa nie.

En dit is presies God se reaksie wanneer ons na Hom toe terugdraai en sê: “Vader!” Hy wag nie eers om die res van ons beleidenis te hoor nie! Hy hardloop na ons toe! Gryp en soen ons. Bedek ons sonde met die bloed van Sy seun, steek vir ons ‘n ring aan ons vinger om te wys ons is Syne en gee vir ons skoene om ons kindskap te bevestig. Hy kom herstel ons vreugde en vrede.

Vergifnis is leeg sonder restourasie. Wanneer ons na Hom toe draai, vergewe Hy ons nie net nie, Hy vat ons na ‘n plek van onskuld en restoureer ons heeltemal.
“Jesus did not come to make bad people good, He came to make dead people alive again!”- Ravi Zacaria.

Luk 15:24
(24)  Want hierdie seun van my was dood en het weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik word.

Saturday, March 10, 2018

Kaleidoskoop 2 Die Jongste seun


Kaleidoskoop 2 

Met hierdie reeks  kyk ons na die storie van die verlore seun  uit drie perspektiewe:
• Die van die oudste seun
• Die van die jongste seun en
• Die pa

Voordat Jesus die gelykenis van die verlore seun vertel was Hy besig om saam met mense te eet wat volgens die samelewing dit die minste verdien het.

Luk 15:1Tollenaars en ander sondaars het dikwels na Jesus se onderrig kom luister. 2 Fariseërs en wetskenners het beswaar gemaak dat Hy met veragtelike mense geassosieer het – en selfs saam met hulle geëet het!

Die storie vanuit die perspektief van die jongste seun wil jou juis nooi om saam aan die etenstafel met Jesus te kom sit.

Moontlike ooreenkomste tussen ons en die verlore seun: 
• Die verlore seun het  geglo dat daar iets is wat hy nodig het wat hy nie in sy  Pa se huis kon kry nie, hy moes dit op n ander plek gaan soek het.
• Sy behoefte na aanvaarding, liefde, vrede sekuriteit het hy buite sy pa se huis gesoek.
• Jongste seun dink hy weet hoe om die lewe te leef.

Die vraag is:
Wie bepaal jou lewensroetes? Laat jy Jesus toe om saam die padkaart van die lewe te teken?

Luk 15 11 Om dié punt verder te verklaar, het Jesus vir hulle die volgende verhaal vertel: “’n Man het twee seuns gehad. 12Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel.
13“’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe.


In die tweede plek het het hy gevoel  hy verdien nie om in my Pa se huis te wees nie agv. van die keuses wat hy gemaak het.

Sy optredes het veroorsaak dat hy homself as ‘n slaaf gesien het.
Luk 15:18 Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; 19 ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’

Watter optredes of ervaring laat jou so voel? 

Jesus kom en bring jou terug na die waarheid.
Henry Nouwen skryf:
As long as we remain in touch with the voice that calls us Beloved, these voices are harmless.”

Die pa se uitnodiging is: “Kom huis toe net soos jy is en kom eet saam met my.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. 21Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.’

Omstandighede en optrede het nog nooit die pa se perspektief oor sy kind verander nie.
Luk 15: 23 En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier, 24 want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.’

Die pa vergewe hom nie net nie, maar verklaar hom onskuldig.

Heb 10:17  en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.


  • Die pa se grootste begeerte was om hom weer deel van die gesin te hê.
  • Onvoorwaardelike aanvaarding.


1 Kor 3:16 Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as sy tempel woon nie?
Woning maak: Verhouding met jou kom staan
17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel.

Aan die etenstafel kan die Pa inspraak in sy lewe gee en sy lewensroetes help bepaal.



Saturday, February 17, 2018

Big on Go


Waaroor droom jy? 

Wat het hierdie droom in jou hart wakker gemaak?
Is dit nie tyd om jou drome groter te maak as jou eie wêreld nie?
• Werksdoelwitte
• ‘n Vakansiehuis
• Kinders te laat studeer.

As jy jou wêreld vergroot en jou drome daarby inpas, hoe sal dit lyk?
Daar is ‘n groter visie waarbinne ek en jy inpas.

Waarom betrokke raak om die wêreld ‘n beter plek te maak:

Sien Jesus se passie vir die wêreld in die volgende gedeeltes.
Joh 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
• Jesus het ʼn passie en liefde vir die Wêreld – Die Griekse woord wat gebruik word is “Kosmos” wat beteken die aarde en die volheid daarvan.
• Jesus red ons nie net om hemel toe te gaan nie, maar om Sy liefde vir die wêreld te ervaar en in te beweeg in ons skeppingsdoel.

Kol 1:19 God het dit goedgedink
om met sy volle Goddelikheid
in die Seun te woon,
20 en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy vrede gemaak.
Ja, deur Hom het Hy alles
op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.

Versoen beteken dat God betrokke raak in die wêreld en dat Hy die wêreld wil beïnvloed met Sy teenwoordigheid.

Hoe doen Hy dit? 
Hy kies die kerk, wat bestaan uit mense as gesante om deur te werk.

Ef.1:20  Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk  20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

Sien in die volgende gedeelte hoe Jesus jou toerus om as gesant op te tree.

Ef 1:21 Nou is Christus hoog verhewe bo elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie, nie net in hierdie wêreld nie, maar ook in die wêreld wat kom. 22 God het alle dinge onder sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul.

Christus is op missie, as hoof van die kerk wil Hy Sy kerk mobiliseer om Sy teenwoordigheid in die wêreld te bring.

Lees Jes. 61 waar hierdie missie prakties raak.
Jes. 61:4 Die Here het hulle geplant
soos sterk en groot eike
om sy roem te vermeerder
6 Julle sal genoem word:
die priesters van die Here,
die bedienaars van ons God.

Waar pas jy in?
1. Ons is priesters en diensknegte om die stad te herbou.
Joh 17 :18 Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur
2. Jou bydrae is waardevol en onmisbaar
Covey sê die volgende “The need to leave a legacy is our spiritual need to have a sense of meaning, purpose and contribution.
3. Jou lewe van gee het ‘n ewigheidseffek
Matt 10:42 Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry.“  .
Openbaring 22:12 Kyk Ek kom! Ek bring die loon saam met my om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.

Kan jy jou drome belyn met God se visie vir die wêreld?
1 Kor 9: 24Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang. 25 Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. 26 Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref. 27Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees

Jou doelwitte moet gefokus wees om jou lewensdoel te tref:
• Beweeg van “Concern” na “Compassion”
Laat Jesus se passie vir die wêreld jou hart gryp.
Passie = om jou alles te gee.
• Passie ontstaan in ʼn oomblik van inspirasie, waar die Heilige Gees jou hart gevange neem.
Selfdissipline:
Sit jou voet op die water en waag uit.
Kry vir jou ‘n span of word deel van ʼn span.
Ontwikkel ʼn strategie.

Sien hoe jou bydrae die heerlikheid van God vestig om ʼn gesonde
• Spiritualiteit
• Lewensbeskouing
• Lewenswyse
• Produktiwiteit
in die stad te vestig.