Saturday, March 24, 2018

Kaleidoskoop 4: Vanuit die perspektief van die Pa



Die verhaal van die verlore seun vanuit die perspektief van die Pa.

Kyk weer na die skildery van Rembrandt, maar fokus op die hande.



Sien jy die verskil:

  • Genade en vergifnis in die regterhand.
  • Bevestiging, aanmoediging, Jy is kind van God, in die linkerhand.

Dit bring ons by die drie hooftemas van die pa se karakter:
’n Pa wat na pyn toe hardloop.
‘n Pa wat onvoorwaarlik vergewe.
‘n Pa wat jou nie wil los waar jy is nie.

Die Pa soek jou en vind jou waar jy is.

Die tema “Totdat jy hom kry” vind ons alreeds in die vorige 2 gelykenisse:

Luk 15:3 Jesus het toe hierdie gelykenis vertel: 4“As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
Luk 15:8 “Of veronderstel ’n vrou het tien waardevolle silwermuntstukke en verloor een daarvan. Sal sy nie ’n lamp opsteek en die huis van hoek tot kant uitvee totdat sy dit kry nie?

Jesus neem dit net verder en jy tel die Vader se hart op oor ons as mens.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen.
28“Die ouer broer het hom liederlik vererg en wou nie ingaan nie. Sy pa het toe uitgekom en hom gesoebat,

Verander die gedagte dat jy die eerste tree moet neem en besef die Vader reik uit na jou, ons reageer net.

1 Joh 4:10 Dít is volmaakte liefde:
nie dat ons vir God
liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het
en sy Seun as versoeningsoffer
gestuur het

Rom 5:5 En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.
6 Ja, juis toe ons nog totaal hulpeloos was, het Christus vir ons, die goddeloses, kom sterf.

Omdat God liefde is...
In ons toestand van hulpeloosheid
Nog voordat ons vra vir hulp.
Kom die Heilige Gees en stort die Vader se liefde in ons harte uit.

Hoor en beleef genade in die Vader se optrede.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen
Dit is asof die verlede nie meer ‘n realiteit is nie.
Deur genade word ons onskuldig verklaar.

Daarom is die pa se reaksie dat die seun hom moet belyn soos wat die Pa hom sien.

  • As sy seun.
  • Jy is my seun: Trek aan die kleed, ring en sandale. 

Dit is tyd om te begin optree soos ‘n seun van die huis.

Identifiseer jouself met die Pa

Luk 6:36 Wees dan barmhartig, soos julle Vader ook barmhartig is.

Jesus skryf die gedeelte in die konteks van mense wat ons te nagekom het.
Jou vyande, mense wat jou so seer gemaak het dat jy iets in jou hart teenoor hulle het.

Soos die Pa na toe pyn gehardloop het, so moet ons na pyn toe hardloop.
Sien die pyn in die gemeenskap, in jou vriende se lewens en raak betrokke
Doen onvoorwaardelik goed.
Sien die pyn wat onvergewensgesindheid bring en hardloop na die plek van vergifnis toe.
Hardloop na die pyn toe met ‘n hart vol genade.

Kan ons ‘n gemeenskap wees, wat met ʼn hart van genade teenoor mekaar leef?
Om ʼn Gemeenskap te wees van geen veroordeling nie, waar ons nie fokus op mekaar se verlede nie.
Waar my reëls nie jou reëls is nie. Ek oordeel jou nie volgens my standaarde nie.
Waar ek nie telling hou oor jou optredes nie.
Plek waar ons in ʼn sirkel kan sit en eerlik en opreg kan praat, sonder die motief om jou te oortuig van my standpunt.
Waar ons ruimte het dat mense foute kan maak en weer oor kan begin, al is dit die 3de of 4de keer.
ʼn Plek waar ons nie opgee op mense nie.
Dat ons mekaar sal inspireer om ons te belyn met wie ons in Christus is.
Om ander te gun om te groei in die areas waar Jesus nou met hulle ʼn pad stap.

Lees Luk 6:27-42
Wees lief vir jou vyand!
27“Maar as julle gewillig is om te luister, sê Ek julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan dié wat julle haat. 28 Seën dié wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak. 29 As iemand jou op die wang klap, draai ook die ander wang. As iemand jou bo-kleed vra, bied ook jou onderkleed aan. 30 Gee wat jy het aan enigiemand wat dit van jou vra; en as iets van jou weggeneem word, moenie dit probeer terugkry nie. 31 Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen.

32 “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! 33 En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook. 34 En as julle geld leen net aan dié wat julle kan terugbetaal, is dit iets besonders? Selfs sondaars leen aan sondaars om die volle bedrag terug te kry.
35 “Nee, julle moet ook julle výande liefhê! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes.

36 Julle moet barmhartig wees soos julle Vader barmhartig is.”

37 “Hou op om ander te oordeel, en julle sal nie geoordeel word nie. Hou op om ander te kritiseer, en julle sal nie gekritiseer word nie. As julle ander vergewe, sal julle vergewe word.
41 “En waarom sien jy die splinter in jou vriend se oog raak en sien nie die yslike stomp in jou eie oog nie? 42 Hoe kan jy dan vir jou vriend sê: ‘Vriend, laat ek jou help om die splinter uit jou oog te kry,’ terwyl jy nie verby die stomp in jou eie oog kan sien nie? Skynheilige! Raak eers ontslae van die stomp in jou eie oog, dan sal jy goed genoeg kan sien om die splinter uit jou vriend se oog te haal.”










No comments:

Post a Comment