Laat jouself toe om ‘n skat van rykdom te ontdek in
hierdie oorbekende verhaal.
Laat my vanoggend toe om jou op ‘n reis van restourasie
te neem:
Restoration involves:
· Unconditional Forgiveness
· Restored Identity
· Renewed Purpose and
Meaning
· Joyful Celebration
Luk 15:12
(12) En die jongste van hulle het vir sy
vader gesê: Vader, gee my die deel van die eiendom
wat my toekom. En hy het die goed tussen hulle verdeel.
Ons
ken die verhaal gewoonlik, as “gee my my erfporsie”, die seun het vir sy pa vir
sy deel van die familieplaas gevra. Daardie plaas wat heel moontlik van
generasie na generasie oorgedra is. Nadat sy pa die grond tussen hom en sy
broer verdeel het, het hy dit verkoop, en die geld gebruik om na ‘n ver land te
reis. Nou dit, is in die Joodse kultuur, die hoogste vorm van verraad. Nie net
was hy disrespekvol teenoor sy pa deur eintlik vir hom te sê: “Ek kan nie meer
wag dat jy doodgaan nie”, hy verkoop sy pa, en oupa en oupa grootjie se
erfgrond en laat sy hele kultuur agter, deur na ‘n ander land te gaan. In die
Joodse kultuur, word so ‘n persoon dood verklaar vir die familie en die
gemeenskap. Wanneer so ‘n persoon dit sou durf waag om terug te keer na die
erfgrond, was daar ‘n goeie moontlikheid dat hy gestenig kon word. Die bure sou
op hom afhardloop, ‘n fles met gebrande neute en koring voor sy voete breek en
vir hom sê hy is dood vir hulle. Daarom was dit vir hierdie seun so ‘n
ontsettende groot besluit en waagstuk om huis toe te gaan.
Ek vermoed dat dit nie sy eie waagmoed was wat hom gemotiveer het om huis
toe te gaan nie.
Luk 15:17
(17) Maar hy het tot homself gekom en gesê: Hoe baie huurlinge van my vader het oorvloed
van brood, en ek vergaan van honger!
Die
Engelse vertalings sê: “He came to his senses”. Die NAV sê: “Hy het tot inkeer
gekom”.
In
beide die vorige twee verhale, die verlore skaap en die verlore penning, is
daar heeltyd die eienaar wat soek totdat dit opgespoor word. Met die eerste
oogopslag wil dit lyk of die seun op sy eie teruggekeer het, wat dit in kontras
laat staan met die vorige twee verhale. Maar die sleutel lê in “Hy het tot
inkeer gekom” Wanneer het hy tot inkeer gekom? Die oomblik toe hy onthou hoe
goed sy pa vir sy huurlinge sorg. Toe hy onthou wie sy pa is, en dat hy ‘n
goeie pa is, het dit hom tot sy sinne laat kom. Hy het geweet wie sy pa is en
dat hy ‘n goeie pa is, want hy sorg vir sy werkers.
Op
grond van die vorige twee verhale weet ons dat iets wat verlore is, nie vanself
gevind word nie, maar daar is iemand wat aktief besig is om na hulle te soek.
Ps 23:3
(3) Hy verkwik
my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om sy Naam ontwil.
In engels: “He restores my soul”. Die Hebreeuse woorde daar, is NAFSHI YESHOBEB,
wat letterlik beteken “He brings me back/He causes me to repent”
Rom 2:4b
“It’s your kindness that leads us to
repentance”.
Die verlore seun het tot sy sinne gekom deur
die Heilige Gees wat hom herinner het daaraan dat hy ‘n goeie vader het.
Miskien herken jy jouself in hierdie prentjie.
Miskien het jy net vandag nodig om herinner te word daaraan dat jy ‘n Goeie
Vader het, wat jou deur Sy goedheid tot inkeer bring en roep om na Hom toe te
hardloop.
Die seun het die lang terugtog aangepak en sy
strategie baie fyn beplan. Ek kan net dink hoe hy oor en oor die gesprek in sy
kop gehad het. Dis nou te sê as sy bure hom nie stenig voor hy by sy pa kom
nie.
Luk 15:20
(20) En hy het opgestaan en na sy vader
gegaan. En toe hy nog ver was, het sy vader hom gesien en innig jammer vir hom
gevoel en gehardloop en hom omhels
en hartlik gesoen.
Hy het egter nie baie ver gekom met sy
toespraak nie. Toe sy pa hom van ver af sien kom, het hy op hom afgestorm, hom
gegryp, hom omhels en gesoen. Hierdie prentjie moes hom totaal onkant gevang
het. In die eerste plek, ‘n Joodse vader hardloop nie! Dit is totaal onvanpas
binne in hulle kultuur. En tweedens het sy pa hom gesoen en gesoen en gesoen.
Die woord “soen” word hier in die “present continues tense” gebruik.
Die pa het nie net na hoe hom toe gehardloop
omdat sy gebede verhoor is en hy so bly was om hom te sien nie, maar ook sodat
hy voor die bure by hom kon wees. Voordat hulle kon uitroep: “Jy is dood!” en
die seun kon sê: “Ek is nie waardig nie!” het die pa seker gemaak die seun
hoor: “Welkom tuis! Jy is my seun!” Hy doen dit op 4 verskillende maniere
Luk 15:22
(22) Maar die vader sê
vir sy diensknegte: Bring die beste
kleed en trek hom dit aan, en gee ‘n
ring vir sy hand en skoene vir
sy voete.
Kleed
Van die vertalings sê: Bring gou! Daar was ‘n
dringendheid in die pa se hart om daardie kleed om sy seun se skouers te hang.
Die beste kleed was heel moontlik die pa se eie kleed, en mense het jou herken
aan die kleed wat jy dra. Bv. Jy dra ‘n bloubul trui. Assosiosiëer met daardie
span. Voordat die bure vir hom kon sê hy is dood, wou die vader daardie vuil, vodde
bedek met die beste kleed, sodat hy en die res van die wêreld kon weet: Jy is
myne!
Dit herinner my aan hoe God ‘n bokkie geslag het om Adam
en Eva se naaktheid te bedek. Hy het hulle sonde bedek met ‘n bokkie se vel. Net
so het Jesus kom sterf, om ons vuil, vodde sonde te kom bedek
Is,61:10
(10) For He has clothed me with garments of salvation, He
has covered me with a robe of righteousness”
Geregtigheid beteken wanneer God na jou kyk, sien Hy Sy
Seun, en nie meer jou sonde nie. Net soos die pa sy seun se vodde bedek het met
die beste kleed. Wanneer hy, en die gemeenskap na hom kyk, sien hulle aan wie
hy behoort en nie sy geskiedenis en foute raak nie. Daar kleed is ‘n teken van
die herstel van verhouding tussen die pa en seun.
Ring
Die tweede ding wat die pa doen, is om dadelik ‘n ring
aan sy seun se vinger te steek. In die Joodse kultuur was ‘n ring nie ‘n blote
versiering nie, maar het twee goed verteenwoordig.
Eerstens was die ring ‘n vorm van identifikasie. Elke
familie het ‘n spesifieke seëlring gehad, waarmee hulle geïdentifiseer is. In
ons kultuur is dit nie so groot nie, maar mens sien altyd in rolprente hoe
seker Fraternal en Klubs en skole, kenmerkende ringe gehad het. As jy ‘n sekere
ring gedra het, het almal geweet jy behoort aan daardie familie. Die pa herstel
dadelik die seun se identiteit en sê daarmee dat hy ‘n seun van sy huishouding
is. Dit beteken jy behoort. Amper soos wanneer ‘n meisie ‘n verloofring dra.
Tweedens beteken daardie ring dat jy die gesag en volmag
het om namens daardie familie besigheid te doen. Jy kon besigheid doen en
aankope doen, en dan net die ring wys, sodat hulle weet wie verantwoordelik is
vir daardie rekening. Die implikasie daarvan is dat die pa vir sy seun sê ek
staan in vir die skuld wat jy gemaak het. Jou skuld is my skuld. Dit
kommunikeer onvoorwaardelike aanvaarding, om vir iemand, wat nou net die helfte
van al jou geld uit gemors het, weer toegang tot al jou geld te gee!
Daardie ring gee jou die volmag om namens iemand anders
op te tree. Ons sien in Gen 41 hoe Farao so ring afgehaal en dit vir Josef
gegee het, sodat Josef Farao se seël op enige kommunikasie kan sit wat hyself
geskryf het.
Net so steek ons Vader ‘n ring aan ons vinger sodat ons
en almal wat dit sien, kan weet aan wie ons behoort. Verder gee Hy ons die
outoriteit om te heers en in Sy naam te regeer oor sonde, skuld en skaamte.
Sandale
Die derde ding wat die pa vir sy seun gee, is skoene vir
sy voete. Op hierdie manier herstel hy weereens sy seun se waarde, want slawe
het nie skoene gedra nie. Hy sê duidelik hiermee dat hy nooit aan hom as ‘n
slaaf sal dink nie, maar as sy seun.
Wanneer gaste kom kuier het, het julle hulle skoene
uitgetrek, en ‘n slaaf het hulle voet gewas, maar die eienaar het sy skoene
aangehou. Hiermee sê die pa dan ook vir hom dat hy tuis is, en nie net ‘n gas
nie.
Skoene was ‘n teken van waardigheid. Onthou hoe Moses en
Joshua al twee hulle skoene uitgetrek het, omdat hulle nie waardig was om op
die Heilige Grond te staan nie. Hiermee kommunikeer die pa juis vir die seun
dat hy waardig is om skoene te dra.
Mense het ook hulle skoene uitgetrek as ‘n teken van rou.
Ons sien hoe beide Esegiël en Rut kaalvoet geloop het tydens hulle routydperk.
Die pa kondig dus ook die einde van ‘n routydperk vir hierdie seun aan.
Partytjie
Die laaste ding wat die pa doen, is hy reël vir sy seun
‘n reuse partytjie! Een van die grootste sleutels van hierdie verhaal is die
jongste seun se reaksie op sy pa se verwelkoming. Hy het dit in besit geneem.
Hy het nie in ‘n hoekie gaan sit en huil of daarop aangedring om soos ‘n slaaf
hanteer te word nie, hy het dadelik in sy herstelde posisie in beweeg en dit
met blydskap ontvang. Hy het nie gevoel hy moet eers sy pa se geld terugkoop of
op enige manier restitusie doen nie. Hy het van “ek is nie waardig…” tot by dans by ‘n partytjie gegaan in enkele
ure! Hy het sy pa se hart vir hom verstaan. Hy het nie toegelaat dat die stemme
van die gemeenskap harder praat as die van sy pa nie.
En dit is presies God se reaksie wanneer ons na Hom toe
terugdraai en sê: “Vader!” Hy wag nie eers om die res van ons beleidenis te
hoor nie! Hy hardloop na ons toe! Gryp en soen ons. Bedek ons sonde met die
bloed van Sy seun, steek vir ons ‘n ring aan ons vinger om te wys ons is Syne
en gee vir ons skoene om ons kindskap te bevestig. Hy kom herstel ons vreugde
en vrede.
Vergifnis is leeg sonder restourasie. Wanneer ons na Hom
toe draai, vergewe Hy ons nie net nie, Hy vat ons na ‘n plek van onskuld en restoureer
ons heeltemal.
“Jesus did not come to make bad people good, He came to
make dead people alive again!”- Ravi Zacaria.
Luk 15:24
(24) Want hierdie seun van my was dood en het
weer lewendig geword; en hy was verlore en is gevind. En hulle het begin vrolik
word.
No comments:
Post a Comment