Saturday, March 10, 2018

Kaleidoskoop 2 Die Jongste seun


Kaleidoskoop 2 

Met hierdie reeks  kyk ons na die storie van die verlore seun  uit drie perspektiewe:
Die van die oudste seun
Die van die jongste seun en
Die pa

Voordat Jesus die gelykenis van die verlore seun vertel was Hy besig om saam met mense te eet wat volgens die samelewing dit die minste verdien het.

Luk 15:1Tollenaars en ander sondaars het dikwels na Jesus se onderrig kom luister. 2 Fariseërs en wetskenners het beswaar gemaak dat Hy met veragtelike mense geassosieer het – en selfs saam met hulle geëet het!

Die storie vanuit die perspektief van die jongste seun wil jou juis nooi om saam aan die etenstafel met Jesus te kom sit.

Moontlike ooreenkomste tussen ons en die verlore seun: 
Die verlore seun het  geglo dat daar iets is wat hy nodig het wat hy nie in sy  Pa se huis kon kry nie, hy moes dit op n ander plek gaan soek het.
Sy behoefte na aanvaarding, liefde, vrede sekuriteit het hy buite sy pa se huis gesoek.
Jongste seun dink hy weet hoe om die lewe te leef.

Die vraag is:
Wie bepaal jou lewensroetes? Laat jy Jesus toe om saam die padkaart van die lewe te teken?

Luk 15 11 Om dié punt verder te verklaar, het Jesus vir hulle die volgende verhaal vertel: “’n Man het twee seuns gehad. 12Die jongste het vir sy pa gesê: ‘Ek wil my deel van die boedel nou hê, eerder as om te wag tot Pa doodgaan.’ Die pa het toe ingestem om sy goed tussen sy twee seuns te verdeel.
13“’n Paar dae later het hierdie jonger seun al sy besittings in geld omskep, na ’n ver land gereis, en daar al sy geld verkwis met ’n uitspattige lewe.


In die tweede plek het het hy gevoel  hy verdien nie om in my Pa se huis te wees nie agv. van die keuses wat hy gemaak het.

Sy optredes het veroorsaak dat hy homself as ‘n slaaf gesien het.
Luk 15:18 Ek sal teruggaan na my pa toe en vir hom sê: Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; 19 ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie. Neem my asseblief in diens as ’n gehuurde werker.’

Watter optredes of ervaring laat jou so voel? 

Jesus kom en bring jou terug na die waarheid.
Henry Nouwen skryf:
As long as we remain in touch with the voice that calls us Beloved, these voices are harmless.”

Die pa se uitnodiging is: “Kom huis toe net soos jy is en kom eet saam met my.

Luk 15:20 “Daarop het hy teruggegaan na sy pa toe. En toe hy nog ver weg was, het sy pa hom gesien aankom. Oorweldig met liefde en deernis het hy na sy seun toe gehardloop, hom omhels en gesoen. 21Sy seun het vir hom gesê: ‘Pa, ek het gesondig teen die hemel én teen Pa; ek is nie langer werd om Pa se seun genoem te word nie.’

Omstandighede en optrede het nog nooit die pa se perspektief oor sy kind verander nie.
Luk 15: 23 En slag die vetgemaakte kalf. Ons moet feesvier, 24 want hierdie seun van my was dood en hy het nou teruggekeer na die lewe. Hy was verlore, maar nou is hy gevind.’

Die pa vergewe hom nie net nie, maar verklaar hom onskuldig.

Heb 10:17  en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie.


  • Die pa se grootste begeerte was om hom weer deel van die gesin te hê.
  • Onvoorwaardelike aanvaarding.


1 Kor 3:16 Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as sy tempel woon nie?
Woning maak: Verhouding met jou kom staan
17As iemand die tempel van God beskadig, sal God hom skade aandoen. God se tempel is immers heilig en julle is self daardie tempel.

Aan die etenstafel kan die Pa inspraak in sy lewe gee en sy lewensroetes help bepaal.



No comments:

Post a Comment