Saturday, February 17, 2018

Big on Go


Waaroor droom jy? 

Wat het hierdie droom in jou hart wakker gemaak?
Is dit nie tyd om jou drome groter te maak as jou eie wêreld nie?
Werksdoelwitte
‘n Vakansiehuis
Kinders te laat studeer.

As jy jou wêreld vergroot en jou drome daarby inpas, hoe sal dit lyk?
Daar is ‘n groter visie waarbinne ek en jy inpas.

Waarom betrokke raak om die wêreld ‘n beter plek te maak:

Sien Jesus se passie vir die wêreld in die volgende gedeeltes.
Joh 3:16 “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.
Jesus het ʼn passie en liefde vir die Wêreld – Die Griekse woord wat gebruik word is “Kosmos” wat beteken die aarde en die volheid daarvan.
Jesus red ons nie net om hemel toe te gaan nie, maar om Sy liefde vir die wêreld te ervaar en in te beweeg in ons skeppingsdoel.

Kol 1:19 God het dit goedgedink
om met sy volle Goddelikheid
in die Seun te woon,
20 en om deur Hom alles
met Homself te versoen.
Deur die bloed van sy Seun
aan die kruis
het Hy vrede gemaak.
Ja, deur Hom het Hy alles
op die aarde
en in die hemel
met Homself versoen.

Versoen beteken dat God betrokke raak in die wêreld en dat Hy die wêreld wil beïnvloed met Sy teenwoordigheid.

Hoe doen Hy dit? 
Hy kies die kerk, wat bestaan uit mense as gesante om deur te werk.

Ef.1:20  Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het. 19 Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo. Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk  20 toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het.

Sien in die volgende gedeelte hoe Jesus jou toerus om as gesant op te tree.

Ef 1:21 Nou is Christus hoog verhewe bo elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie, nie net in hierdie wêreld nie, maar ook in die wêreld wat kom. 22 God het alle dinge onder sy beheer gestel en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. 23 Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul.

Christus is op missie, as hoof van die kerk wil Hy Sy kerk mobiliseer om Sy teenwoordigheid in die wêreld te bring.

Lees Jes. 61 waar hierdie missie prakties raak.
Jes. 61:4 Die Here het hulle geplant
soos sterk en groot eike
om sy roem te vermeerder
6 Julle sal genoem word:
die priesters van die Here,
die bedienaars van ons God.

Waar pas jy in?
1. Ons is priesters en diensknegte om die stad te herbou.
Joh 17 :18 Net soos U My na die wêreld toe gestuur het, het Ek hulle ook na die wêreld toe gestuur
2. Jou bydrae is waardevol en onmisbaar
Covey sê die volgende “The need to leave a legacy is our spiritual need to have a sense of meaning, purpose and contribution.
3. Jou lewe van gee het ‘n ewigheidseffek
Matt 10:42 Wie aan een van hierdie geringstes net 'n beker koue water gee omdat hy my dissipel is, sál sy beloning kry.“  .
Openbaring 22:12 Kyk Ek kom! Ek bring die loon saam met my om elkeen te beloon vir wat hy gedoen het.

Kan jy jou drome belyn met God se visie vir die wêreld?
1 Kor 9: 24Onthou, daar hardloop baie atlete op die baan, maar net een ontvang die prys. Hardloop só dat julle die prys sal ontvang. 25 Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. 26 Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref. 27Ek brei my liggaam en dissiplineer dit om werklik bruikbaar te wees

Jou doelwitte moet gefokus wees om jou lewensdoel te tref:
Beweeg van “Concern” na “Compassion”
Laat Jesus se passie vir die wêreld jou hart gryp.
Passie = om jou alles te gee.
Passie ontstaan in ʼn oomblik van inspirasie, waar die Heilige Gees jou hart gevange neem.
Selfdissipline:
Sit jou voet op die water en waag uit.
Kry vir jou ‘n span of word deel van ʼn span.
Ontwikkel ʼn strategie.

Sien hoe jou bydrae die heerlikheid van God vestig om ʼn gesonde
Spiritualiteit
Lewensbeskouing
Lewenswyse
Produktiwiteit
in die stad te vestig.

1 comment: