Saturday, February 3, 2018

Big on Grow


St Patrick
Christ beside me, Christ before me,
Christ behind me, Christ within me,
Christ beneath me, Christ within me,
Christ to the right of me, Christ to the left of me,
Christ in my lying, my sitting, my rising,
Christ in the heart of all who know me,
Christ in the tongue of all who meet me,
Christ in the ear of all who hear me.

Jou doelwit is om te groei na wie Jy in Jesus is.

Ef. 4:13 So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos 'n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus. 14 Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. 15 Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof,


  • Jesus is die voorbeeld van wie ons is.
  • Jou lewensbeskouing, waardes en optrede moet belyn wees met Jesus se lewenswyse.


Ware lewensvreugde is om soos Jesus te lewe.

Jesus kondig ʼn Jubeljaar aan.

Luk 4:18“Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My aangestel het
om die Goeie Nuus
vir die armes aan te kondig.
Hy het My gestuur om aan te kondig
dat gevangenes vrygelaat sal word,
dat blindes sal sien,
dat onderdruktes bevry sal word
van hulle verdrukkers,
19en dat die tyd van die Here
se goedheid gekom het.”

Luk 11: 28 Hy het geantwoord: “Maar nog meer geseënd is almal wat die woord van God hoor en dit uitleef.”

Daar is twee groepe Jesus volgelinge:

1. Hulle wat toelaat dat Jesus se waarheid ‘n groter waarheid as hulle eie waarheid word.

Matt 13: 12 Hulle wat reeds verstaan, vir hulle sal nog meer gegee word en hulle sal oorvloedige kennis hê 16 Maar julle – gelukkig is julle oë omdat hulle sien en julle ore omdat hulle hoor.

2. Die tweede groep se tradisie en vooropgestelde idees oorheers Jesus se waarhede.

Matt 13:14 Die profesie van Jesaja word in hulle geval bewaarheid:
‘Julle sal my woorde hoor en tog nie verstaan nie.
Julle sal sien wat Ek doen en dit tog nie werklik begryp nie

Jak 1 Verwys na die twee groepe  soos volg:

Jak 1 Julle hóór moet uitloop op dóén
19 My geliefde broers en susters, wees altyd gou om te luister, nie te gou om te praat nie, en nie te gou om kwaad te word nie.
Leer om te luister – Nou terugkom hierna

20 As jy kwaad is, kan jy nie doen wat God wil hê nie. 21 Raak daarom ontslae van die vuilheid en boosheid wat so welig in julle tier, en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red.

22Julle moet mense word wat dóén wat die woord sê. Moet dit nie net aanhoor nie; dan bedrieg julle julleself.
23 Julle sal saamstem: As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed of jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. 24Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. 25 As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ’n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.

In hierdie gedeelte kry ons die sleutel van Geestelike groei:

Jak 1: 21 en aanvaar nederig die woord wat God in julle geplant het. Hierdie woord het die mag om julle te red.
Jak 1: 25 As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet

Stap 1 Verdiep jou in die woord. Bou ʼn geestelike dissipline in waar Die Woord jou lewe kan verander.

Stap 2 Aanvaar met nederigheid God se Woord.
Wees bereid om te verander.

Stap 3 Laat toe dat die Woord in jou geplant word.

Neem die Woord van die kop na die hart.
Jak 1:21 ... Hierdie woord het die mag om julle te red

Stap 4 Laat die Woord as saad ontkiem en groei in jou lewe.

Bou geestelike dissiplines in jou lewe in, wat jou help om te groei.
Van ʼn Uitspraak
na Geloof
na ‘n Waarde
na ‘n Lewenswyse.




No comments:

Post a Comment