Die storie van goeie nuus
Kan jy nog daardie seisoen van jou lewe onthou toe jy besluit het om Jesus te volg?
Wat het gebeur?
2 Kor 5:17 Daarom – iemand wat aan Christus verbind is, is ’n nuwe skepping. Die ou dinge is verby, kyk, die nuwe is hier!
Die ou dinge is verby.
Rom 5:17 Die oortreding van hierdie een mens, Adam, het veroorsaak dat die dood oor ons regeer, maar deur die een mens, Jesus Christus, word vir ons nog veel meer gegee: Almal wat God se oorvloedige genadegeskenk van vryspraak ontvang, sal koninklik oor die sonde en die dood triomfeer
- Adams se effek het die mens in ‘n toestand van sonde gebring.
Rom 5: 18Ja, Adam se een oortreding het God se veroordeling oor almal gebring, maar net so het Christus se een daad van gehoorsaamheid vryspraak en lewe vir almal gebring.
- Dit het veroorsaak dat die mens vanuit homself geleef het en sy optrede het hom geskei van God.
Rom 3:23 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie,
Alles het nuut geword
Jou geloof in Jesus het die verhouding kom herstel.
Open 3:20 Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As jy my stem herken en die deur oopmaak, sal Ek na jou toe ingaan en ons sal die fees-ete saam geniet.
Jesus reik uit na ons deur die kruis.
- As ons reageer op sy uitreik na ons vind genade en geregtigheid plaas
Jes 53:6 Almal van ons het weggedwaal
soos ’n klomp skape.
Ons het ons eie pad gevolg.
En toe het die Here
ons almal se skuld en sondes
op hom laat neerkom.
- Jesus het na die mens uitgereik en ons sonde van die verlede op Hom geneem.
- Hy het jou geregtigheid geword deur jou te regverdig (goed genoeg te verklaar).
- Nou kyk ek in die Spieël en sien myself in Jesus. Ek identifiseer my met Hom.
Hierdie is nie net ‘n teologie vir ons nie, maar ʼn waarheid, ʼn realiteit.
Die dissipels kon nie stilbly oor hulle ervaring van Jesus se opstanding nie.
Lees Hand 8:26-34 die storie van Filippus en die hofdienaar.
Lesse wat ons hieruit kan leer.
• Die eerste plek waar ons Publiek gaan met ons storie is die Doop
Die doop is die uitroep van wat Jesus vir ons kom doen het.
• Ons moet intensioneel met ander mense in verhouding staan, sodat ons die goeie nuus van wat Jesus in ons lewe gedoen het met ander kan deel.
Ons moet mense in ʼn omgewing inbring waar hulle bewus kan word van Jesus.
• Deur jou diensbaarheid,
• Gesprekke oor Jesus en wat Hy vir jou beteken.
Tydens hierdie oomblikke hou jou oë oop vir mense wat soekend is.
Soekend na vrede, hoop, sin ens.
Luk 10:6 As daar iemand woon vir wie die vrede bestem is, sal die vrede op hom bly; so nie, sal dit na julle toe terugkom.
- Met hulle wat soekend is, neem die gesprek verder.
- Nooi hulle na n geleentheid waar Jesus deel van hulle lewe kan word
Bv Alpha kursus
https://www.youtube.com/watch?v=CmeSw6KVweU&t=745s
• Bid vir jou vriende
• Vra vir Jesus om jou moed te gee om na ander uit te reik.
Tim Tebow
https://www.youtube.com/watch?v=NPkz6Cd4xGU'
No comments:
Post a Comment