Saturday, January 20, 2018

Big on Mobilization



Big on Mobilization

Lees weer Mark 6 se storie oor die vermeerdering van die brood en visse.

Dit is een van ons Bakens waarop ons as Doxa Deo gebou is.
Jy hoor die empatie vir mense in nood.
Jy sien ‘n wonderwerk wat in die hande van die dissipels gebeur.
Hierdie storie is juis die motivering van 2018 se jaar tema: “Acceleration in Mobilization”

“Acceleration” is om:
Spoed op te tel.
Meer intensioneel te beweeg.
Met groter passie te leef.
Groter dringendheid.

“Mobilization”
Is om jou talente, gawes en passie te belyn met die Here se plan om n stad te sien verander.
Jesus daag ons uit om BROOD uit te deel en die wonderwerk in jou hand te aanskou.

Jes 40:9 You’re the preacher of good news.
Speak loud and clear. Don’t be timid!
Tell the cities of Judah,
“Look! Your God!”
Look at him! GOD, the Master, comes in power,
ready to go into action.

Les: God in aksie deur jou.

Mobiliseer beteken om GROOT te gaan.

Jesus kom leer ons die beginsel van GROOT.

Hy skuif ons vertrekpunt.
Om groot te wees.
Om Impak te maak.
Om ʼn leier te wees, beteken om die minste te wees, ʼn dienaar.

Lees Joh 13 Die storie waar Jesus die dissipels se voete was.

Joh13:13 Julle noem My Leermeester en Here, en tereg só, want Ek is dit. 14 As Ek dan, wat julle Here en Leermeester is, julle voete gewas het, moet julle ook mekaar se voete was.
 15 Ek het vir julle ’n voorbeeld gestel, en soos Ek vir julle gedoen het, moet julle ook doen.

Luk 22 vleg hierby in, waar Jesus die belangrikheid van die beginsel van diensbaarheid die volgende aand onderstreep.

Luk 22:26 “By julle moet dit egter nie só gaan nie, maar die belangrikste een onder julle moet wees soos die geringste, en die een wat leiding gee, soos een wat dien. 27 Wie is die belangrikste: die een wat aan tafel is of die een wat bedien? Dit is tog hy wat aan tafel is. Ek is egter in julle midde soos een wat dien. 28 Maar julle is die mense wat deur dik en dun in my swaarkry by My gebly het.

Die eerste kerk het hierdie beginsel uitgeleef. 

Hand 9: 36 In Joppe was daar ’n gelowige vrou met die naam Tabita (in Grieks is sy “Dorkas”). Sy was altyd besig om aan ander goed te doen en armes te help.

Waarvoor staan jy bekend?
Kan 2018 nie die jaar wees waar jy die bordjie om jou nek hang van dienskneg nie.

Eerstens Staan elke oggend op met die gebed: 
“Here waar wil U deur my dien”.

Tweedens wees intensioneel.

In jou hand moet brood en ʼn handdoek wees.

Gebruik dit in 4 areas om saam met Jesus ʼn verskil te maak.
“Connect” = Handdoek oomblik waar mense Jesus se liefde en vergifnis kan beleef.
“Grow” = Brood oomblik waar Jesus die brood van die lewe word vir mense. Waar jy sy waarhede deel met mekaar.
“Care” = Handdoek oomblik waar jy ander dien met Jesus se omgee liefde.
“Go” = Brood oomblik waar ander se behoeftes aangespreek word.

Word deel van ʼn “movement” waar Jesus se liefde en lewe soos ʼn stroom deur ons stad sal vloei.





No comments:

Post a Comment