Saturday, April 14, 2018

Re:Acts – Gehoorsaamheid



Hoe hanteer ons daaglikse lewe ten opsigte van God se plan, God se opinie, God se droom vir ons lewens?

Ons glo God wil vir ons die beste hê, maar hoekom leef ons dan nie in God se beste nie?

Daar is net een ding wat ontbreek om die plan, die gedagte, van God ‘n realiteit te maak in ons lewens is:
Gehoorsaamheid

Jou droom en plan van God vir ons lewe is nie die resultaat van ons sweet, jou harde werk en jou krag en vermoëns nie.

Die plan van God in jou lewe is die resultaat van gehoorsaamheid.

In die boek handelinge sien ons gehoorsaamheid as die goue draad in die lewens van die apostels.
Filippus as voorbeeld

Hand 8:26-40
'EN ’n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is ’n eensame pad. Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was ’n man van Ethiópië, ’n hofdienaar, ’n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid. En hy was op die terugreis en het op sy wa gesit en die profeet Jesaja gelees. Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa. En Filippus het daarheen gehardloop en hom die profeet Jesaja hoor lees; en hy sê: Verstaan u wel wat u lees? En hy antwoord: Hoe kan ek tog as niemand my die weg wys nie? Toe vra hy Filippus om op te klim en by hom te kom sit. En die gedeelte van die Skrif wat hy besig was om te lees, was dít: Soos ’n skaap is Hy gelei om geslag te word, en soos ’n lam wat stom is voor die een wat hom skeer, so maak Hy sy mond nie oop nie. In sy vernedering is sy oordeel weggeneem, en wie sal sy geslag beskrywe? Want sy lewe word van die aarde weggeneem. En die hofdienaar antwoord en sê vir Filippus: Ek bid u, van wie sê die profeet dit, van homself of van iemand anders? En Filippus het sy mond geopen en van hierdie Skrif af begin en die evangelie van Jesus aan hom verkondig. En terwyl hulle voortreis op die pad, kom hulle by water; en die hofdienaar sê vir hom: Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word? Toe sê Filippus: As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop. En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind. En hy het die land deurgegaan en die evangelie verkondig in al die stede, totdat hy in Cesaréa gekom het.'

Hoe leef ons in gehoorsaamheid tot God:
1. Die Engel van die Here het met Filippus gepraat (God praat met ons)

Ons almal wil hê Engele (God) moet met ons praat.

Filippus het by ‘n plek gekom waar hy sy lewe onderdanig gemaak het aan God se plan.

Een van die grootste struikelblokke tot die hoor van die Here se stem in ons lewens is nie Sy onvermoë om met ons te praat nie – maar ons onbereidwilligheid om te doen wat Hy sê.

God sal altyd meer met jou praat as wat jy wil hoor – dit sal altyd so wees – hoekom – want die begeerte tot kommunikasie is die vrug van liefde – en jy sal nooit God meer kan lief hê as wat Hy jou lief het nie.

Die enigste ding wat meer belangrik is as om God se stem te hoor, is om in gehoorsaamheid daaraan te leef.

2. Filippus reageer – Hand 8:27 Toe het hy opgestaan en gegaan.

Filippus hoor nie net die stem nie, maar hy reageer. Al die planne en gedagtes van God is van geen waarde as jy nie reageer op sy stem nie.

Die goedheid, guns van God is beskikbaar vir elkeen van ons, maar wat ons toegang gee tot daai plek van goedheid en guns is ons gehoorsaamheid

Heb 11:6
En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag ....

Rom 10:17
Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God. 

Geloof is om te reageer op God se woord

Gehoorsaamheid – reageer op God se woord – uitspraak – opinie

As Filippus nie die keuse en besluit geneem het om hierdie pad af te stap nie het hierdie wonderwerk nie plaasgevind nie

3. Die rol van die HG in ons alke dag lewe

Vers 29 – Toe sê die Gees vir Filippus: Gaan daarheen en bly by daardie wa

Die HG lei Filippus in hierdie situasie wat hy moet doen – daar was ‘n ingesteldheid by Filippus – hy het ‘n hart wat gereed was om te luister – Hy leef in intimiteit met God – hy leef in verhouding met God

Maak tyd ……

Wil nie hierdie lewenspad in eie krag stap nie

Storie van Andrew Murrey – “for a moment there I could not sense the holy Spirit and I just wanted to make sure”

4. Skuif – As al die treetjies van gehoorsaamheid geneem is kom die Here en Kom skuif Hy vir Filippus

En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis. Maar Filippus is in Asdod gevind.

Partymaal vertrou ons die Here vir ‘n bonatuurlike uitkoms, maar ons probeer dit nog in ‘n natuurlike manier vermag – kan nie op natuurlike manier by bonatuurlike uitkoms uitkom nie

Dis nie onmoontlik nie – die sleutel is gehoorsaamheid

Steven Furtick – Great moves of God are usually preceded by simple acts of obedience.

Om saam te vat / opsomming
- Gee prioriteit aan God se opinie
- Reageer in gehoorsaamheid op wat God se
- Loop deurlopend saam met die HG
- Gehoorsaamheid is meer as eie krag

No comments:

Post a Comment