Saturday, November 25, 2017

Finishing strong 3 Balans



Finishing strong: Balans.

Balans gaan nie  eerstens daaroor of jy jou tyd gelykop verdeel  tussen gesin, werk en godsdiens nie.

Balans moet by die middelpunt van jou lewe begin. 

Ps 16 ’n Gebed van Dawid.
Beskerm my, o God,
want ek kom na U toe
vir skuiling.
2 Ek sê vir die Here:
“U is my Here!
Alle goeie dinge
kry ek van U alleen.”
5 Here, U alleen is my erfenis,
my beker van seën.
U waarborg
my lotsbestemming.
6’n Pragtige plek
is vir my afgemeet.
Wat ek geërf het,
is vir my mooi!
7 Ek prys die Here
wat my insig gee;
ook in die nag
is ek daarvan bewus.
8 Die Here is altyd by my.
Ja, Hy is aan my regterhand;
daarom sal ek nie struikel nie.
9 Hieroor is my hart vol vreugde.
Ek besing sy lof,
en woon in veiligheid.
11 U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd

Ps 16 Leer ons dat Jesus die middelpunt van ons lewe moet wees.
Nie jou werk, gesin, finansies, ambisies ens. mag die sentrale plek in jou lewe inneem nie.

Wees verseker: Sonder Jesus gaan jou lewe uit balans wees.
Ps 16 Leer ons die waarde van Jesus as middelpunt. Hy is ons:
• Skuiling
• Erfenis
• Beker van seën
• Insig
• Vastigheid
• Veiligheid
• Wysheid
• Blydskap

Daarom bedank as die CEO van jou lewe, en vertrou Hom.

Ps 37: 3
Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.
5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.


As jy verstaan dat Jesus vir jou is en jy nie sonder Hom kan wees nie, sal jy jou lewe om Hom bou.

Matt 6:33 (NLV) “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.


  • Om tyd saam met Hom te spandeer sal jou hoogste prioriteit wees.


3 Joh 2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.


  • As dit met jou geestelik goed gaan sal dit op alle terreine met jou goed gaan.


Bepaal wat is waardevol

As iets vir jou waardevol is sal jou bereid wees om ʼn prys te betaal vir dit.
Herinner jouself dat daar belangriker dinge is as die dringende dinge in jou lewe en pas jou lewe daarvolgens aan.

Luk 2:52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mens

Groei gebalanseerd   
Wysheid
Gesondheid
Geesmens
Sosiale dimensie

Die Beginsels van die Sabbat.
Gen 2:1 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. 2 Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. 3 God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. 4 Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde.
Daar is seën in rus.
Jy moet tyd uitkoop om jouself op te bou.
• Geestelik
• Emosioneel
• Liggaamlik


Saturday, November 18, 2017

Finishing Strong 2




 “Finishing Strong”
...TEN SPYTE VAN STORMS
(Hnd 27:21-44)

Jes 40:31
31 ...dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (NV)


Hnd 27:20-24a
20 Dae lank was die son en die sterre nie te sien nie en het die geweldige wind voortgewoed. Uiteindelik het ons alle hoop laat vaar om gered te word.
21 Nadat hulle ’n lang tyd nie meer geëet het nie, het Paulus tussen hulle gaan staan en gesê: “Manne, julle moes na my geluister het en nie van Mooi Hawens in Kreta af weggevaar het nie. Dan sou ons hierdie ramp en skade gespaar gewees het. 22 En nou vra ek julle: Hou moed! Daar sal verseker geen lewensverlies onder julle wees nie; net die skip sal tot niet gaan. 
23 Verlede nag het daar ’n engel van die God aan wie ek behoort en wat ek dien, langs my gestaan 24 en vir my gesê: ‘Hou op bang wees, Paulus... 

2 Kor 1:8
8 Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. (NV)

Hnd 27:24-30
24 ...Jy moet nog voor die keiser verskyn. En dis nie al nie – om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is.’ 25 Daarom, hou moed, manne! Verseker vertrou ek op God dat alles presies só sal gebeur soos Hy vir my gesê het. 26 Ons moet op ’n eiland strand.”
27 Die veertiende nag wat ons so op die Adriatiese See rondgedobber het, teen middernag, het die matrose vermoed dat hulle naby land kom. 28 Hulle het ’n dieplood uitgegooi en ’n diepte van 36 meter gekry. ’n Bietjie verder het hulle weer gemeet, en toe kry hulle 27 meter. 29 Hulle was bang ons loop naderhand op die rotse en het daarom vier ankers by die agterstewe uitgegooi en gebid dit moet dag word. 30 Die matrose wou wegkom van die skip af en het die reddingsbootjie in die see begin neerlaat asof hulle ankers by die boeg van die skip wou laat sak. 

Hnd 27:31-34
31 Paulus sê toe vir die Romeinse offisier en sy soldate: “As hierdie mense nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.” 32 Toe het die soldate die toue van die bootjie afgekap en hom laat afval. 33 Net toe die dag begin breek, het Paulus by almal aangedring om iets te eet: “Vandag is al die veertiende dag dat julle in spanning sonder kos wag, en niks eet nie,” het hy gesê. 34 “Daarom dring ek by julle daarop aan om nou iets te eet. Dit sal julle verseker help om te oorleef. Daar sal nie eers ’n haar van een van julle se koppe af verlore gaan nie!”

Hnd 27:35-38
35 Nadat hy dit gesê het, het hy brood gevat, God voor almal gedank, ’n stuk afgebreek en begin eet. 36 Hulle het toe almal moed geskep en self ook begin eet. 37 (Ons was altesaam 276 mense op die skip.) 38 Nadat hulle genoeg geëet het, het hulle die skip nog ligter gemaak deur die res van die koringvrag oorboord te gooi.

Hnd 27:42-44
42 Die plan van die soldate was om die gevangenes dood te maak om te keer dat hulle sou uitswem en ontsnap. 43 Maar die Romeinse offisier wou Paulus red en het hulle gekeer om hulle plan uit te voer. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en die land te probeer haal. 44 Die ander moes dan volg, sommige deur aan planke en ander deur aan wrakstukke vas te klou. Op hierdie manier het dit gebeur dat almal veilig aan land gekom het.



Wanneer ons die wind van voor kry; deur ʼn storm gaan; ons skip selfs op die rotse loop; leer ons ’n paar belangrike beginsels uit hierdie stuk geskiedenis:

#1. SIEN DIT ______  

“See it coming so you never end up running.”

Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)


“Trials and tribulations are not an elective class in the Christian Life
but a required course.”
– Steven Lawson


“Life is tough, ...but God is good.”


“If there’s an absence of adversity in my life,
there might be an absence of progress as well.”


Ons is op ’n wenpad – maar om bo uit te kom is die pad kwaai opdraand!



#2. SIEN DIT ______  

Die uitdaging is nie dat ek moet VERSTAAN nie,
maar dat ek sal VASSTAAN!



#3. SKUD DIT ____

Hnd 28:1-6
1 Nadat ons veilig aan wal gekom het, het ons uitgevind dat die eiland “Malta” genoem word. 2 Die inboorlinge was buitengewoon vriendelik teenoor ons. Dit het begin reën en dit was koud. Hulle het toe ’n vuur aangesteek en ons almal genooi om daar te kom sit.3 Paulus het ’n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar ’n slang uitgekom en hom aan sy hand gepik. 4 Toe die inboorlinge die gedierte aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar. Al is hy uit die see gered, het geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.” 5 Paulus het egter die ongedierte in die vuur afgeskud en geen nagevolge gehad nie. 6 Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik morsdood neerslaan, maar nadat hulle ’n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en begin sê hy is ’n god. 

Hnd 28:9
9 Ná hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland gekom, en is hulle gesond gemaak.



Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)



Jes 40:29,31
29 God energizes those who get tired, and gives fresh strength to dropouts…31 Those who wait upon God get fresh strength.  They spread their wings and soar like eagles, they run and don't get tired, they walk and don't lag behind.” (Mess)



Ef 1:19-20a
19 “Oh, the utter extravagance of His work in us who trust Him – endless energy, boundless strength!  20 All this energy issues from Christ.” (Message)

Saturday, November 11, 2017

Finishing strong: Uitbranding



Finishing strong

Navorsing bewys dat 63% van alle Suid Afrikaanse mans een of ander tyd ʼn seisoen van uitbranding beleef.
Meeste van ons het ‘n “blindekol”, en leef in ontkenning dat dit nie met ons kan gebeur nie.

Uitbranding: Dit is die oorweldigende gevoel dat ek nie die kapasiteit het om die taak wat voor my is, af te handel nie.

Lees 1 Konings 18 en ontdek hoe Elia groot oorwinnings beleef het. 

Dan kom die omswaai ... van bo na onder.

Sy optrede wys simptome waarna ons kan oplet in ons eie lewe.
1 Konings 19 som die storie op waar Elia totale uitbranding beleef het.
1 Kon 19: 4 Hy self het die woestyn ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf.
“Ek het nou genoeg gehad, Here,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie.”
5 Hy het gaan lê en onder die besembos aan die slaap geraak. 

Bv. 
• ʼn Gevoel van sinloosheid. 
• ʼn Gevoel van oorweldiging.
• Bekommernis.
• Gebrek aan slaap.
• Eetlus verdwyn.  

Herken simptome in jou lewe

Hiperaktief
Verwardheid
Frustrasie
Wanhoop
Optrede
Hoë ambisie.
Werk hard en konstant.
Meer as een projek.
Meer reaktief as proaktief.
Probeer alles beheer.
Ambisie neem af.
Minder kreatief (probleem oplossing).
Werk hard met minder resultate.
Aanbieding, idees opervlakkig.
Geen kreatiwiteit.
Plekke om te ontvlug – Alkohol.

Kan nie meer werk nie.
Geen energie.
Aandagafleibaar.
Emosies
Adrenalien.
Gevoel van verantwoordelikheid vir alles – alles moet reg loop.
Bang jy is nie goed genoeg nie.
Eie grootste kritiseerder.
Onseker oor jouself.
Bang jy gee in.
Verloor geloof in jouself.
Bang jy kom nie uit jou omstandighede nie.
Gevoel van geen waarde toevoeging nie.
Depressie.
Gedagtes
Te veel informasie.
Vergeet.
Voel volgende ding amper voor jou – op jou.
Bekommernis.
Is nie tevrede met jou eie werk nie.
Tonnel-visie.
Ondankbaarheid.
Bekommer jou die heeltyd.
Selfveroordeling.
Sinies.
Wantroue.
Gevoel niks het sin nie.
Liggaam
Min slaap.
Min oefening.
Verkeerde eetpatrone.

Minder energie. Slaap probleem.
Eetversteuring.
Hoë bloeddruk.
Probleem gefokus.
Erge hoofpyn.
Immuniteit verlaag – veg en vlug.
Rug- en maagpyn.
Psigologiese probleme.
Vergeet.
Siekte – kronies.
Verhoudings
Min tyd vir verhoudings buite jou omgewing.
Probeer almal gelukkig hou.
Luister selektief.
Jy laat nie mense naby jou kom nie.
Selfregverdiging.
Gereeld geïrriteerd.
Voel almal om jou is skuldig.
Intimiteit verlore.
Nie lus vir vriende nie.

Vind fout met alle verhoudings.
Isoleer jouself.
Verloor goeie verhoudings.
Die gevoel van jy weet nie hoe om die verhouding te herstel nie.

Oplossing.

Fokus op ‘n gesonde lewensstyl.

1 Kon 19: “Staan op en eet!” 6 Hy kyk op en dáár sien hy by sy kop ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: “Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees.”
8 Hy het toe opgestaan, geëet en gedrink. Die kos het hom genoeg krag gegee sodat hy 40 dae en 40 nagte lank tot by Horeb, die berg van God, kon loop.

• Eet reg.
• Oefen. 
• Slaap genoeg.

Ontlaai jou emosies.

1 Kon 19:9 Maar die Here het met hom gepraat: “Wat maak jy hier, Elia?”

God nooi Elia om eerlik te wees oor sy emosionele ervarings.

Elia vertel God: Ek is bang, bitter kwaad, ek is alleen, kragteloos en negatief. 
Jes 40:29 Hy gee krag
aan dié wat moeg is.
Hy maak die kragteloses sterk.
30 Selfs jongmense raak uitgeput
en afgemat.
Baie jongmense struikel
en val.

Jesus gee ons raad bv.
  • Om te besef jy mag nee sê.
  • Om ander te vertrou. 
  • Om grense te skep.

Herstel van verhoudings.

1 Kon 19:16 Jy moet ook Elisa seun van Safat uit Abel-Megola salf om jou as my profeet op te volg. 17 Dan sal sake só verloop: Die een wat Gasael se swaard ontvlug, sal Jehu doodmaak; en die een wat Jehu se swaard ontvlug, sal Elisa doodmaak.

  • Om ander mense deel te maak van jou lewe is deel van die gesond word proses.

God verander sy fokus (gedrag). 

1 Kon 19: 15 Toe sê die Here vir hom: “Draai net hier om en gaan na die woestyn van Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael salf tot koning van Aram. 16 Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel.
  • Moenie net bestaan nie, maar leef met sin. 
  • Ontdek dinge wat vir jou lekker is.
  • Probeer om 20% van jou tyd rondom jou passie te spandeer.

Laat die Here jou krag gee.

1 Kon 10: 11 “Kom buitekant toe en gaan staan voor My by die berg,” sê die Here vir hom.
Terwyl Elia daar staan, het die Here by hom verbygegaan en ’n geweldige rukwind het die berg uitmekaargeruk en die rotse gebreek voor die Here. Tog was die Here nie in die wind nie. Na die wind was daar ’n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. 12 Na die aardbewing was daar ’n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ’n sagte gesuis.
13 Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak. Hy het by die ingang van die grot gaan staan.

Jes. 40:31 Maar dié wat hulle hoop
op die Here stel,
sal hulle krag terugkry.
Hulle vlieg hoog,
soos arende.
Hulle sal hardloop
en nie moeg word nie.
Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

  • Maak tyd vir Jesus.
  • Vanuit verhouding met Hom ontvang jy jou krag.
  • Laat Hy jou leer hoe om te lewe.

Mat 11: 28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.
29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig.

Saturday, November 4, 2017

Live 3 Wholeness



Die Definisie van Shalom

James Metzler says, "The basic meaning of shalom is wholeness, which includes the idea of  completeness, well-being, prosperity, harmony, and having a common will and a mutual responsibility.  It is used as a companion... or synonym for the terms 'blessing', 'salvation', 'righteousness', and 'justice'.  Shalom [wholeness] depicts the relationship that God establishes and intends for humanity with Himself, with other humans and with nature."

Shalom is die teenpool van ’n gebroke gemeenskap.

Dit is die antwoord vir:
• Stukkende huwelike.
• ‘n Gemeenskap wat in vrees lewe.
• Rassespanning en onverdraagsaamheid.

Twee stede in kontras met mekaar.

Jerusalem (Jerusalom) 
Die voorbeeld waar God lewe en heelheid (Shalom) wil bring.
Dit is nie die afwesigheid van pyn nie, maar dit is die aanwesigheid van God in die midde van gebrokenheid.

Babel 

Dit is die simboliek van ’n stad sonder God. Die mens is in beheer.
Gen 11:7 4“Kom,” sê hulle, “laat ons vir onsself roem verwerf en ’n stad bou met ’n toring wat aan die hemel raak.

Vanuit die konteks vind ’n stukke interessante geskiedenis plaas.

Israel word in gevangenisskap weggevoer na Babel
Jer 29:7 Dra ook julle deel by vir vrede in Babel waarheen Ek julle in ballingskap laat gaan het. Bid tot die Here sodat dit goed sal gaan met die stad waarin julle bly. As dit met Babel goed gaan, sal dit ook met julle goed gaan.” 8 Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: “Moenie toelaat dat die profete en die waarsêers by julle julle bedrieg nie. Julle moet julle ook nie aan hulle drome steur nie. 9 Hulle verkondig leuens aan julle en sê hulle praat namens My. Ek het hulle beslis nie gestuur nie!” sê die Here.

Die doemprofete voorspel dat daar geen hoop is nie.  “Julle bevind julle in ’n plek sonder God”
Jeremia profeteer die teenpool: Julle teenwoordigheid bring “Jerusalem” in Babel in.
Omdat julle hier is, sal God se lewe in Babel wees.

Psalm 16:8-9 Ek het die Here altyd by my: omdat Hy by my is, sal ek nie struikel nie. 9 Daarom is ek bly en juig ek en voel ek my veilig
"I am always aware of the Lord's presence... He is near and nothing
can shake me.  I'm so thankful and glad and I feel completely secure

God is alomteenwoordig en wil Sy teenwoordigheid ervaarbaar maak.

Jesus stel vir ons die voorbeeld

Luk 15  1-3 By this time a lot of men and women of doubtful reputation were hanging around Jesus, listening intently. The Pharisees and religion scholars were not pleased, not at all pleased. They growled, “He takes in sinners and eats meals with them, treating them like old friends.” Their grumbling triggered this story.

Jesus bevind hom in ’n gemeenskap wat gebroke is, wat Shalom nodig het.

Daar is 2 groepe
• Stukkende mense.
• En die selfregverdigende Fariseërs.

 Ons moet nie dink verandering is net vir ander mense nie. Heelwording begin eerste in ons eie lewens.

• Spr 5:21 ‘n Mens se lewe lê oop voor die Here, elke tree wat hy gee, sien hy.
• Ps. 69:5 (GN) My sins, O God, are not hidden from you; you know how foolish I have been."

Jesus leer selfregverdigende mense ‘n lewensles uit die volgende gelykenis: 

Luk 15: 3 Jesus het toe hierdie gelykenis vertel: 4 “As jy 100 skape het en een het verdwaal en verlore geraak, sal jy nie die 99 ander net daar laat staan en die een gaan soek tot jy hom kry nie?
Hy ryk uit na die “een” – na jou toe.

Uit die letsels van die verlede het jy stories om ander mee te help.

Soos Jesus, moet ons, ons bevind tussen stukkende mense.
Die “een” moet weer vir ons belangrik word.
Om een te bereik is net so belangrik soos die massas.

Jesus het ook ’n groep bedien

Jou passie en hart vir gebroke mense sal jou lei om intensioneel op ’n sekere area te fokus.
Raak deel van ʼn groep of begin ‘n aksie wat jou passie ‘n realiteit laat word.

Daar is Hoop oor ons toekoms al voel ons baie maal ons bevind ons in Babel.

Jer 29: 11 Ek weet wat Ek vir julle beplan het,” sê die Here. “Ek beplan voorspoed vir julle, nie teëspoed nie. Ek wil hê dat julle hoop vir die toekoms moet hê. 12Julle sal na My roep en bid, en Ek sal na julle luister.



Saturday, October 28, 2017

Live 2: workplace


Werksplek

Ek weet nie of jy jouself as deel van die volgende studies sien nie?

A recent survey suggested that 65% of American workers are unhappy with their jobs.
a. They go to work simply to pay the bills. (I owe, I owe, so of to work I go.
b. We struggle to be content, happy as Christians when we go to work.

Baie van ons assosieer werk as een van die gevolge van die sondeval, maar die waarheid is dat werk deel van God se skeppingsplan is vir die mens was.

God self het die voorbeeld gestel.

Gen 2:  2Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus.
 3 God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het
Dit is deel van ons skeppingsopdrag.
Gen 1:28 God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.”

Ps 8:7 U laat hom heers oor die werke van u hande; u het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, die almal en ook die diere van die veld, die voëls van die see, wat trek deur die paaie van die see

Lees Gen. 2:5-15

  • God stel die mens aan om te heers.
  • Ons heers deur skeppend te wees en orde te bring.


Sien jou doel en rol in die groter prentjie.

Romans 12: 1 (The Message)
“Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering.”

Jou elke dag lewe vorm deel van die plan van God, sodat die mens op aarde namens Hom kan heers.
Sien jou werk in die konteks van ‘n bydrae.
• As onderwyser is ek besig om n nasie te bou.
• As ingenieur is ek besig om infrastruktuur te skep.

Om te heers neem ek God se kultuur in die omgewing in.
Joh 17:15, 18-19 "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees."


  • Ons is in die wêreld maar anders as die wêreld. Ons bring God se beginsels in die omgewing in. 


Ons neem verantwoordelikheid om te versorg.

  • Waar nood is spreek ons dit aan.
  • Ons skep ‘n omgewing waar mense gelukkig kan wees.


Ons gebruik ons oorvloed en talente om transformasie te bewerk.

Daniel is voorbeeld vir ons.
Daniel 1 3 Die koning het vir Aspenas, wat aan die hoof was van die paleisamptenare, opdrag gegee.
5Die koning het opdrag gegee dat hulle elke dag kos en drank uit die paleis moes kry. Hulle moes drie jaar lank opgelei word sodat hulle aan die einde daarvan as adviseurs in sy diens kon staan.
6 Daniël, Gananja, Misael en Asarja was onder hierdie jong manne uit Juda. 7 Die hoofamptenaar het vir hulle nuwe name gegee. Daniël het Beltsasar geword, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego


  • Die name van Daniël, Gananja, Misael en Asarja het verwys na hulle identiteit.
  • Alhoewel hulle hulself in ‘n ander omgewing bevind het, het hulle nog steeds volgens hulle identiteit opgetree.


Dan 1:8 Daniël het egter besluit dat hy nie homself met die koning se kos en drank gaan verontreinig nie. Hy het die hoofamptenaar versoek om nie daarvan te eet nie. 9 God het gemaak dat die hoofamptenaar van Daniël hou en hom goedgesind is. 10Hy het egter vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal dat julle hierdie kos en drank moet gebruik. As hy sien dat julle nie so goed lyk soos die ander van julle ouderdom nie, gaan julle my kop laat rol by die koning.”


  • Hulle het geglo daar is lewe om volgens God se Koninkryk beginsels te leef.


Dan 1 15 Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het. 16Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.


  • Hulle kapasiteit was vanuit Christus se potensiaal. 


Dan 1:17 God het vir hierdie vier jong manne kennis gegee, insig in dinge wat neergeskryf is en ook wysheid. Vir Daniël het hy die vermoë gegee om gesigte en drome te verstaan.
Dan 1 17 Deur God se goedheid was hierdie vier jongmans besonder slim
20 Hy het gevind dat hulle in sake wat wysheid en insig vereis, tien keer beter was as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk.


  • Stap in Goddelike outoriteit. Sy wysheid is in jou.


Spr. 3;  13 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het,
14 want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud.
15 Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie.
16 Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer.
17 Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

Saturday, October 21, 2017

Live - Worldview


Wêreldbeskouing is die lens waardeer jy jou realiteit interpreteer – dit is die leenswaardeer jy alles om jou sien.

The beliefs I build my life on – Rick Warren

A worldview is the framework from which we view reality and make sense of life and the world – George Barna

Die realiteit is dat ons binne ‘n sekere konteks groot word wat ons wêreldbeskouing beïnvloed en vorm.

Alan Platt maak die stelling – “Genuine Christianity is a way of seeing and comprehending all reality.
Daardeur se hy: "Christenskap in sy wese, is ‘n wêreldbeskouing".

“The reward of Christianity is not heaven – The reward of Christianity is the Christian life”

Joh 17:3 (NLV)
"En die inhoud van die ewige lewe (ware lewe) is dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het."


Ons is hier om ‘n verskil te maak.Die vraag is – hoe beïnvloed ons, ons omgewing?

Joh 1:1-14
"Hy was reeds in die begin by God. Alles het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding wat bestaan, ontstaan nie.
En die Woord het mens geword en by ons kom woon. Ons het sy heerlikheid duidelik gesien, ’n heerlikheid soos dié van die enigste Seun van die Vader, vol liefdevolle goedheid en waarheid."


Ongelukkig – het ons as kerk en christene ons self in die verlede verkeerd geposisioneer as gevolg van ‘n verkeerde benadering
1. Deur somtyds antie– alles te wees
2. Om kontra die stad of omgewing te wees
3. Ons is Pro die wêreld
Dis hoekom die kerk sukkel om ‘n invloed te hè

Rom 8:19
"Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God."


Kol 1:15-17 en 20
"Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het.
Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of magshebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind.
en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy vrede gemaak. Ja, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen."


‘n Pro Inkarnasie beginsel

Spreuke 4:23
Wees versigtig wat jy dink. Jou denke kan jou lewe ingrypend beïnvloed.


Jy het nodig om die waarheid te glo en vanuit daardie verwysing te leef

Joh 17:20
"Maar Ek bid nie vir hulle (wat my ken) alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle woord in My sal glo — dat almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U; dat hulle ook in Ons een mag wees, sodat die wêreld kan glo dat U My gestuur het."


Joh 17:26
"En Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle."


Hier is die challenge: Ons lewe in ‘n veranderende wêreldwat humanisties, sekulêr en somtyds heidens is. Kan ons hierdie wêreld "engage" met genade?

Kom ons vertrou God vir guns om mense nuwe lense te gee

Jesus het gebid - Joh 17:15, 18-19
"Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees."


Principles to influence a secular society.
(These principles are based on the life of Daniel.)
1.  God allowed the Jews with potential who had prepared themselves to be chosen and set apart (Daniel 1:4).
Notice their qualifications: Good appearance, showing intelligence in every branch of wisdom, endowed with wisdom and understanding, and the ability to serve in the king’s court as his advisors, the highest political positions.

2.  Daniel and his friends were trained in higher education to be placed as the heads of societal positions. They had a Biblical foundation, thus a biblical worldview with secular application. (Daniel 1:5).

3.  Daniel and his friends were trained in all the literature and language of the Chaldeans             (Daniel 1:4).
Effective biblical worldview thinking means knowing and understanding popular and contemporary literature so the Bible can be applied skillfully to it. Daniel and his friends were trained to speak the language of Babylon.

4.  Daniel allowed himself to be renamed (Daniel 1:7).
They fully identified themselves to their surrounding culture, without any sense of compromise.
Paul said that his method of soul winning included becoming all things to all people that he may win some (1 Corinthians 9).

5.  Daniel didn’t compromise his faith or his internal identity (Daniel 1:8).
Daniel purposed in his heart his commitment to what he knew was right, and engaged the secular with grace! When Jesus became a human He lived in such a way, making himself attractive even to sinners, without ever compromising His divinity and holiness.

6.  Daniel and his friends trusted God to grant favor and lift them up every step of the way in their journey into prominent positions of influence (Daniel 1:9). We live from a sense of calling and destiny, and live within divine favor that translates into moments of tangible blessing.

7. Daniel seized every opportunity presented him to reason with those in influence (Daniel 1;12-14)
           God loved the Babylonians so much he allowed His people to be taken captive and live in their land so that His word could transform this empire.

 Barna says, "Although most people own a Bible and know some of its content, our research found that most Americans have little idea how to integrate core biblical principles to form a unified and meaningful response to the challenges and opportunities of life."

Saturday, October 14, 2017

Hey Brother ...leef anders


Ons is in die midde van ‘n reeks met die naam van Hey…Brother

Die eerste week het ons gefokus op Geloof wat leef, Woorde wat leef en vandag fokus ons op Leef anders.

Hooftema van Jakobus: 
Hoe om ‘n getroue getuie van Christus te wees in die midde van al die uitdagings van die lewe

Hier die vraag wat ek wil hê jy moet vra vir die persoon langs jou: Wat veroorsaak gevegte en verskille tussen jou en ander mense?

Baie keer is dit die mense wat jy die beste verhouding mee het…soos die bure (voorbeeld)
Hy hou nie beloftes nie, hy praat lelik, hy kyk nie na die kinders nie…bla bla bla…
Dit is asof ons wys die hele tyd na die omstandighede.

Wanneer Jakobus hieroor gesels dan sê hy wag so bietjie…kom ons word groot…julle gedra julself nou soos kinders. Hy sê hierdie uitbarstings is alles ‘symptoms’ van iets wat bietjie dieper is, wat onder die watervlak is. Dit beteken ons het nodig om te kyk na die oorsprong van hierdie uitbarstings.

As ek en jy die waagmoed het om hierdie woord te vat vandag sal ons hier uitstap en ander mense nie blameer vir ons ongelukkigheid nie. Miskien is daar vandag mense hier wat die druk beleef van my en jou ongelukkigheid en hulle voel verantwoordelik vir jou ongelukkigheid. Maar as ons toelaat dat die Heilige Gees met ons harte kom werk vandag en die woord van Jakobus ons lewens infiltreer kan ons vandag hier uitstap met ‘n splinter nuwe perspektief op verhoudings of uitdagings van die lewe.
Hierdie een waarheid het die vermoeë om my en jou vry te maak vandag om ander te blameer vir dit wat verkeerd gaan in ons lewe of ons ongelukkigheid met die lewe.

Jak 4:1-4 ANV  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?  (2)  Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.  (3)  As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.  (4)  Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.

Jas 4:1-4 MSG  Where do you think all these appalling wars and quarrels come from? Do you think they just happen? Think again. They come about because you want your own way, and fight for it deep inside yourselves.  (2)  You lust for what you don't have and are willing to kill to get it. You want what isn't yours and will risk violence to get your hands on it. You wouldn't think of just asking God for it, would you?  (3)  And why not? Because you know you'd be asking for what you have no right to. You're spoiled children, each wanting your own way.  (4)  You're cheating on God. If all you want is your own way, flirting with the world every chance you get, you end up enemies of God and his way.

Die doel van begeerte….

We have longings, yearnings, placed deep within us by God, for the purpose of wooing us into His grace and presence. As we understand their origin in God, we begin to cooperate with these longings in accordance with His will. We find the answer to our longings in the One who put them in us. His master plan extends even into the realm of our emotions – The 7 longings of a man’s heart – Mike Bickle

Wanneer ek die begeertes wat ek het vervul volgens die konteks van die evangelie (in Christus) beleef ek oorwinning in my hart. Wanneer my hart in die regte plek is dan leef ek ‘n lewe van my oorspronklike ontwerp volgens die raamwerk in Christus.

Spr 4:23 ANV  Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Die gevegte tussen julle is agv die gevegte in julle….

Die geveg aan die binne – kant…..
(2)  Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.
Die waarheid is: Jy wil iets hê maar jy kan dit nie kry nie…

Die rede hoekom ek kwaad is vir jou is omdat ek nie gekry het wat ek wil hê nie
Voorbeeld Kind in die winkel (vloer skroefie – gooi die tantrim – kind roep uit ek wil dit hê)
Ons probeer om ons vervulling te kry uit die verhoudings met mense en goed.

Bid dan so….

Hierdie is wat jul veronderstel het om te weet…Het jy al ooit gewonder om die Here te vra…
IPV om almal te tap vir wat ek wil hê…vra Hom, want in Hom is vervulling….

Jas 1:17 ANV  Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Jas 1:17-18 MSG  Every desirable and beneficial gift comes out of heaven. The gifts are rivers of light cascading down from the Father of Light. There is nothing deceitful in God, nothing two-faced, nothing fickle.  (18)  He brought us to life using the true Word, showing us off as the crown of all his creatures.

Alles wat jy nodig het is in Hom…Vat alles na Hom toe ….
Gee oor aan hom… want hy sal ander gebruik as instrumente in jou lewe

Adultery, whether it is the husband or the wife who does the flirting, is destructive. Can’t you see that even though the world system might approve of such behavior, it is contrary to God’s design for you? Whose friend do you want to be? Are you prepared to distance yourself from God (and the life of your design) just to win the plastic applause of the world? [James 4:4]- Mirror Bible

Jakobus se perspektief…..
Jak 4:6 AOV  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

His gift of grace (1:17) is in direct opposition to the vanity of the proud mindset of self effort, whereby people strive to prove themselves as superior to others! Gift and reward are opposites! Humility attracts grace. [James 4:6] - Mirror Bible

“Humility isn’t thinking less of yourself, it is thinking of yourself less”.

Doen dan so….

Jak 4:7 AOV  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Efe 6:11 AOV  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

“Methodeia ... slinkse strategie” – “something by which you are ‘taken in’, with which you ‘agree to go along” in Grieks is dit die woorde meta (saam met; in samewerking;) en hodeia (journey / process). Dit beteken die proses waarmee jy gewilliglik saamwerk om jou eie ondergang te bewerkstellig. Die vyand se grootste wapen is misleiding. 
1. Buig jou knie
2. Ontdek die openbaring van Christus (Rom 8:29)
3. Om-arm jou identiteit in Christus

Jas 4:7-10 MSG  So let God work his will in you. Yell a loud no to the Devil and watch him scamper.  (8)  Say a quiet yes to God and he'll be there in no time. Quit dabbling in sin. Purify your inner life. Quit playing the field.  (9)  Hit bottom, and cry your eyes out. The fun and games are over. Get serious, really serious.  (10)  Get down on your knees before the Master; it's the only way you'll get on your feet.

Vind my ‘n man en ‘n vrou wat bereid is om op hul knieë te gaan ….
Wie jou lewe het jy laat voel of hulle die probleem is ?...ons leef regtig anders