Saturday, October 14, 2017

Hey Brother ...leef anders


Ons is in die midde van ‘n reeks met die naam van Hey…Brother

Die eerste week het ons gefokus op Geloof wat leef, Woorde wat leef en vandag fokus ons op Leef anders.

Hooftema van Jakobus: 
Hoe om ‘n getroue getuie van Christus te wees in die midde van al die uitdagings van die lewe

Hier die vraag wat ek wil hê jy moet vra vir die persoon langs jou: Wat veroorsaak gevegte en verskille tussen jou en ander mense?

Baie keer is dit die mense wat jy die beste verhouding mee het…soos die bure (voorbeeld)
Hy hou nie beloftes nie, hy praat lelik, hy kyk nie na die kinders nie…bla bla bla…
Dit is asof ons wys die hele tyd na die omstandighede.

Wanneer Jakobus hieroor gesels dan sê hy wag so bietjie…kom ons word groot…julle gedra julself nou soos kinders. Hy sê hierdie uitbarstings is alles ‘symptoms’ van iets wat bietjie dieper is, wat onder die watervlak is. Dit beteken ons het nodig om te kyk na die oorsprong van hierdie uitbarstings.

As ek en jy die waagmoed het om hierdie woord te vat vandag sal ons hier uitstap en ander mense nie blameer vir ons ongelukkigheid nie. Miskien is daar vandag mense hier wat die druk beleef van my en jou ongelukkigheid en hulle voel verantwoordelik vir jou ongelukkigheid. Maar as ons toelaat dat die Heilige Gees met ons harte kom werk vandag en die woord van Jakobus ons lewens infiltreer kan ons vandag hier uitstap met ‘n splinter nuwe perspektief op verhoudings of uitdagings van die lewe.
Hierdie een waarheid het die vermoeë om my en jou vry te maak vandag om ander te blameer vir dit wat verkeerd gaan in ons lewe of ons ongelukkigheid met die lewe.

Jak 4:1-4 ANV  Waar kom die stryd vandaan, waar kom die rusies onder julle vandaan? Kom dit nie van julle selfsugtige begeertes wat gedurig binne-in julle woed nie?  (2)  Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.  (3)  As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.  (4)  Weet julle nie, julle ontroues, dat vriendskap met die wêreld vyandskap teen God is nie? Wie 'n vriend van die wêreld wil wees, wys daarmee dat hy 'n vyand van God is.

Jas 4:1-4 MSG  Where do you think all these appalling wars and quarrels come from? Do you think they just happen? Think again. They come about because you want your own way, and fight for it deep inside yourselves.  (2)  You lust for what you don't have and are willing to kill to get it. You want what isn't yours and will risk violence to get your hands on it. You wouldn't think of just asking God for it, would you?  (3)  And why not? Because you know you'd be asking for what you have no right to. You're spoiled children, each wanting your own way.  (4)  You're cheating on God. If all you want is your own way, flirting with the world every chance you get, you end up enemies of God and his way.

Die doel van begeerte….

We have longings, yearnings, placed deep within us by God, for the purpose of wooing us into His grace and presence. As we understand their origin in God, we begin to cooperate with these longings in accordance with His will. We find the answer to our longings in the One who put them in us. His master plan extends even into the realm of our emotions – The 7 longings of a man’s heart – Mike Bickle

Wanneer ek die begeertes wat ek het vervul volgens die konteks van die evangelie (in Christus) beleef ek oorwinning in my hart. Wanneer my hart in die regte plek is dan leef ek ‘n lewe van my oorspronklike ontwerp volgens die raamwerk in Christus.

Spr 4:23 ANV  Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe.

Die gevegte tussen julle is agv die gevegte in julle….

Die geveg aan die binne – kant…..
(2)  Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op 'n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie.
Die waarheid is: Jy wil iets hê maar jy kan dit nie kry nie…

Die rede hoekom ek kwaad is vir jou is omdat ek nie gekry het wat ek wil hê nie
Voorbeeld Kind in die winkel (vloer skroefie – gooi die tantrim – kind roep uit ek wil dit hê)
Ons probeer om ons vervulling te kry uit die verhoudings met mense en goed.

Bid dan so….

Hierdie is wat jul veronderstel het om te weet…Het jy al ooit gewonder om die Here te vra…
IPV om almal te tap vir wat ek wil hê…vra Hom, want in Hom is vervulling….

Jas 1:17 ANV  Elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk kom van Bo. Dit kom van die Vader wat die hemelligte geskep het, maar wat self nie soos hulle verander of verduister nie.

Jas 1:17-18 MSG  Every desirable and beneficial gift comes out of heaven. The gifts are rivers of light cascading down from the Father of Light. There is nothing deceitful in God, nothing two-faced, nothing fickle.  (18)  He brought us to life using the true Word, showing us off as the crown of all his creatures.

Alles wat jy nodig het is in Hom…Vat alles na Hom toe ….
Gee oor aan hom… want hy sal ander gebruik as instrumente in jou lewe

Adultery, whether it is the husband or the wife who does the flirting, is destructive. Can’t you see that even though the world system might approve of such behavior, it is contrary to God’s design for you? Whose friend do you want to be? Are you prepared to distance yourself from God (and the life of your design) just to win the plastic applause of the world? [James 4:4]- Mirror Bible

Jakobus se perspektief…..
Jak 4:6 AOV  Maar Hy gee groter genade; daarom sê Hy: God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade.

His gift of grace (1:17) is in direct opposition to the vanity of the proud mindset of self effort, whereby people strive to prove themselves as superior to others! Gift and reward are opposites! Humility attracts grace. [James 4:6] - Mirror Bible

“Humility isn’t thinking less of yourself, it is thinking of yourself less”.

Doen dan so….

Jak 4:7 AOV  Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Efe 6:11 AOV  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

“Methodeia ... slinkse strategie” – “something by which you are ‘taken in’, with which you ‘agree to go along” in Grieks is dit die woorde meta (saam met; in samewerking;) en hodeia (journey / process). Dit beteken die proses waarmee jy gewilliglik saamwerk om jou eie ondergang te bewerkstellig. Die vyand se grootste wapen is misleiding. 
1. Buig jou knie
2. Ontdek die openbaring van Christus (Rom 8:29)
3. Om-arm jou identiteit in Christus

Jas 4:7-10 MSG  So let God work his will in you. Yell a loud no to the Devil and watch him scamper.  (8)  Say a quiet yes to God and he'll be there in no time. Quit dabbling in sin. Purify your inner life. Quit playing the field.  (9)  Hit bottom, and cry your eyes out. The fun and games are over. Get serious, really serious.  (10)  Get down on your knees before the Master; it's the only way you'll get on your feet.

Vind my ‘n man en ‘n vrou wat bereid is om op hul knieë te gaan ….
Wie jou lewe het jy laat voel of hulle die probleem is ?...ons leef regtig anders

No comments:

Post a Comment