Saturday, October 7, 2017

Hey Brother … Woorde van lewe.




Hey Brother … Woorde van lewe.

In ons Bybelstudie oor die boek van Jakobus fokus hoofstuk 3 op die belangrikheid om reg te praat.
Ons woorde het ‘n invloed op elke aspek van ons lewe.

Jakobus gebruik drie voorbeelde om die belangrikheid van ons woorde te onderstreep.

Woorde bring beheer
Jak 3:3 Net as ons stange in hulle bek gesit het, gehoorsaam perde ons en het ons die hele dier onder beheer.
Woorde help jou om beheer oor jouself uit te oefen, bv. Beheer oor jou emosies

Wanneer jy herhaaldelik negatiewe woorde spreek, hoor jy die woorde weer, en beinvloed dit gedagtes.

  • Dit versterk jou denke.
  • Kwaad word woede.
  • Negatiwiteit word Bitterheid.


Dit gee rigting
Jak 3: 4 En ’n klein roertjie maak dat ’n groot skip draai net waarheen die stuurman wil, selfs wanneer sterk winde waai.

  • Positiewe woorde skep kapasiteit in jou om groot dinge te kan bereik.
  • Dit gee geboorte aan die toekoms. 


Dit beïnvloed ander.
Jak 3:5 So is die tong ook iets kleins, en tog kry dit groot dinge reg. ’n Klein vuurtjie kan ’n groot bos aan die brand steek.
Jak 3:6 Die tong is ook ’n vuur. Dit is vol dinge wat jou verhouding met God kan bederf.

  • Jou woorde plant saad in ander mense se harte.
  • Dit vorm opinies van ander by ander.


Herken die oorsprong.
Jak 3:6 Dit kan jou hele lewe in vlamme laat opgaan, want die duiwel steek dit aan.

  • Die rede waarom jou moet dink voor jy praat, is omdat jou woorde se oorsprong deur  die duiwel beinvloed kan word.
  • Herken dus die oorsprong.


Jou woorde kan vanuit God se gees in jou gees gebore word 
of vanuit jou vlees gebore word.

Jak: 6: 7 Die mens kan elke soort dier, voël, reptiel en seedier mak maak, 8maar geen mens kan die tong tem nie. Dit is ’n onbeheerbare kwaad, vol dodelike gif. 9 Partykeer loof daardie tong ons Here en Vader, en ander kere vloek dieselfde tong mense wat na die beeld van God gemaak is. 10 Dit beteken dat lof en vloek uit dieselfde mond kom. Dit kan tog nie so wees nie, my broers en susters! 11 Kan ’n fontein uit dieselfde oog soet en bitter water laat opborrel? 12 Kan jy olywe van ’n vyeboom afpluk, of vye van ’n druiwestok? Net so min as wat ’n brak bron vars water kan voortbring!

Onthou wie jy is: Jakobus verwys na die lesers as Broers en susters. Jou woorde moet beïnvloed woord deur Jesus.

Matt 12:33 “’n Boom word aan sy vrugte geken. ’n Goeie boom kan nie anders as om goeie vrugte te dra nie. En ’n slegte boom kan nie anders as om slegte vrugte te dra nie.
34“Julle nes van adders! Julle is sleg. Daarom is dit vir julle onmoontlik om goeie dinge te praat. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.
35 ’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge in sy hart goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn

Voorbeeld van die oorsprong van jou woorde.
Israel is vasgekeer voor die Rietsee, terwyl Faro hulle wil aanval.
Lees die verskil tussen Moses en die volk se woorde.
Ex 14 11 Hulle het ook by Moses gaan kla: “Was daar nie genoeg plek in Egipte om ons daar te begrawe nie dat jy ons hiernatoe moes bring om hier in die woestyn te sterf? Wat het jy met ons aangevang om ons uit Egipte te laat trek? 12 Het ons nie vir jou gesê om ons met rus te laat toe ons nog in Egipte slawe was nie? Dit was beter om slawe vir die Egiptenaars te wees as om lyke in die woestyn te wees!”
13 Moses het die volk geantwoord: “Moenie bang wees nie. Staan net daar waar julle is en kyk hoe die Here julle vandag red. Hierdie Egiptenaars wat julle vandag hier voor julle sien, sal nooit ooit weer gesien word nie. 14Wag en kyk! Die Here sal in julle plek veg.”

Homologao, om saam met God te praat en te bely. 
Rom 10:9 Want as jy met jou mond bely dat Jesus die Here is en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy verlos word.
Rom  10:9 Francois du Toit
Now your salvation is realised. Your own word echo God’s voice. The Masterful act of Jesus forms the word in your mouth, inspired by conviction in your heart that God indeed raised Him from the dead.
Begin woord bid:
In Christus... is ek met God versoen.                                                                 2Kor 5:19
In Christus... is daar geen veroordeling nie. Rom 8:1
In Christus... is ek tot alles in staat Phil 4:13
In Christus... ontvang ek geregtigheid, heiligmaking en verlossing 1Kor1:30
In Christus... is alles nuut, die ou dinge is verby Rom 5:17
In Christus... het ek lewe in oorvloed Joh 10:10
In Christus... het ek outoriteit oor die vyand Joh 1:12
In Christus... het ek die ewige lewe Rom6:23
In Christus... wandel ek in die Gees Rom 8:2
In Christus... sal die waarheid my getuienis wees Rom 9:1
In Christus... vorm ek deel van die liggaam van Christus  Rom 12:5
In Christus... het ek rede om te roem oor die dinge aangaande God Rom 15:17
In Christus... kan ek God se liefde met ander deel Joh 3:16
In Christus... vind ek my ware identiteit Ef 1:11
In Christus... het ek 'n nuwe lewe Rom 6:4

Beoefen die gewoonte van Shalom 
Jes 54:10 Want berge wyk en heuwels wankel maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk nie en my vrede verbond nie wankel nie Sê die Here, jou ontfermer.

Num 6:22  En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Num 6:23  Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê:
Num 6:24  Die HERE sal jou seën en jou behoed;
Num 6:25  die HERE sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees;
Num 6:26  die HERE sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.
Num 6:27  So moet hulle dan my Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën.


Neem jou gedagtes gevange
2 kor 10:4 Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente, 5 asook elke skans wat teen die kennis van God opgerig word. Ons neem ook elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak.

Sien jouself as ‘n profeet deur lewe te spreek oor ander mense.
1 Kor 14:3 Maar as jy profeteer, bou jou woorde mense op en bemoedig en vertroos hulle.

  • Skep lewe met jou woorde.
  • Skep lewe deur gebed.

Jak 5: 13 Is daar van julle wat swaarkry? Dan moet julle aanhou bid daaroor. En dié wat opgeruimd is, moenie ophou lofliedere sing nie.
14 Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. 15 En ’n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan. En watter sondes die sieke ook al gedoen het, dit sal hom vergewe word.

1 comment:

  1. Here. Bewaar ons monde sodat daar geen negatiewe woorde uit sal kom nie!

    ReplyDelete