Saturday, October 28, 2017

Live 2: workplace


Werksplek

Ek weet nie of jy jouself as deel van die volgende studies sien nie?

A recent survey suggested that 65% of American workers are unhappy with their jobs.
a. They go to work simply to pay the bills. (I owe, I owe, so of to work I go.
b. We struggle to be content, happy as Christians when we go to work.

Baie van ons assosieer werk as een van die gevolge van die sondeval, maar die waarheid is dat werk deel van God se skeppingsplan is vir die mens was.

God self het die voorbeeld gestel.

Gen 2:  2Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus.
 3 God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het
Dit is deel van ons skeppingsopdrag.
Gen 1:28 God het hulle geseën deur te sê: “Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde. Onderwerp die aarde en heers oor die visse van die see, die voëls in die lug en oor al die diere op die aarde.”

Ps 8:7 U laat hom heers oor die werke van u hande; u het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, die almal en ook die diere van die veld, die voëls van die see, wat trek deur die paaie van die see

Lees Gen. 2:5-15

  • God stel die mens aan om te heers.
  • Ons heers deur skeppend te wees en orde te bring.


Sien jou doel en rol in die groter prentjie.

Romans 12: 1 (The Message)
“Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering.”

Jou elke dag lewe vorm deel van die plan van God, sodat die mens op aarde namens Hom kan heers.
Sien jou werk in die konteks van ‘n bydrae.
As onderwyser is ek besig om n nasie te bou.
As ingenieur is ek besig om infrastruktuur te skep.

Om te heers neem ek God se kultuur in die omgewing in.
Joh 17:15, 18-19 "Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. Soos U my gestuur het in die wêreld, het Ek ook hulle in die wêreld gestuur. En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees."


  • Ons is in die wêreld maar anders as die wêreld. Ons bring God se beginsels in die omgewing in. 


Ons neem verantwoordelikheid om te versorg.

  • Waar nood is spreek ons dit aan.
  • Ons skep ‘n omgewing waar mense gelukkig kan wees.


Ons gebruik ons oorvloed en talente om transformasie te bewerk.

Daniel is voorbeeld vir ons.
Daniel 1 3 Die koning het vir Aspenas, wat aan die hoof was van die paleisamptenare, opdrag gegee.
5Die koning het opdrag gegee dat hulle elke dag kos en drank uit die paleis moes kry. Hulle moes drie jaar lank opgelei word sodat hulle aan die einde daarvan as adviseurs in sy diens kon staan.
6 Daniël, Gananja, Misael en Asarja was onder hierdie jong manne uit Juda. 7 Die hoofamptenaar het vir hulle nuwe name gegee. Daniël het Beltsasar geword, Gananja Sadrag, Misael Mesag en Asarja Abednego


  • Die name van Daniël, Gananja, Misael en Asarja het verwys na hulle identiteit.
  • Alhoewel hulle hulself in ‘n ander omgewing bevind het, het hulle nog steeds volgens hulle identiteit opgetree.


Dan 1:8 Daniël het egter besluit dat hy nie homself met die koning se kos en drank gaan verontreinig nie. Hy het die hoofamptenaar versoek om nie daarvan te eet nie. 9 God het gemaak dat die hoofamptenaar van Daniël hou en hom goedgesind is. 10Hy het egter vir Daniël gesê: “Ek is bang vir die koning. Hy het bepaal dat julle hierdie kos en drank moet gebruik. As hy sien dat julle nie so goed lyk soos die ander van julle ouderdom nie, gaan julle my kop laat rol by die koning.”


  • Hulle het geglo daar is lewe om volgens God se Koninkryk beginsels te leef.


Dan 1 15 Aan die einde van die tien dae het Daniël-hulle beter en gesonder gelyk as die jong manne wat die koning se kos geëet het. 16Daarom het die amptenaar hulle vrygestel van die koning se kos en drank. Hy het vir hulle groente gegee om te eet.


  • Hulle kapasiteit was vanuit Christus se potensiaal. 


Dan 1:17 God het vir hierdie vier jong manne kennis gegee, insig in dinge wat neergeskryf is en ook wysheid. Vir Daniël het hy die vermoë gegee om gesigte en drome te verstaan.
Dan 1 17 Deur God se goedheid was hierdie vier jongmans besonder slim
20 Hy het gevind dat hulle in sake wat wysheid en insig vereis, tien keer beter was as al die towenaars en voorspellers in sy hele koninkryk.


  • Stap in Goddelike outoriteit. Sy wysheid is in jou.


Spr. 3;  13 Dit gaan goed met die mens wat wysheid gevind het, wat insig as sy deel ontvang het,
14 want dit bring meer winste in as silwer en lewer 'n groter opbrengs as goud.
15 Dit het meer waarde as edelstene; wat jy ook al as kosbaar beskou, niks kan daarmee vergelyk word nie.
16 Die wysheid gee met die een hand 'n lang lewe en met die ander rykdom en eer.
17 Die wysheid bring 'n ryk en 'n vol lewe.

No comments:

Post a Comment