Saturday, September 23, 2017

Love: Contribution


Contribution 

Om te verstaan wat jou bydrae is, is dit nodig om jou rol in die Koninkryk van God te verstaan.

Daar was ’n Profetiese woord oor die die lewe van Jesus.

Luk. 1: 32 Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
33 en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.

Jesus kondig aan dat ‘n nuwe koninkryk gevestig gaan word.

Matt 4:17 Van toe af het Jesus begin om God se boodskap aan te kondig met die woorde: “Kom tot inkeer! God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin!”

Selfs in Jesus se gebed wat Hy vir ons geleer het, bring Hy die konsep “Koninkryk van God” in.

Matt 6:9 Onse Vader wat in die Hemel is, laat U koninkryk gevestig word
Soos in die Hemel so ook op die aarde.

Waar pas ons in die prentjie in? 


  • Ons is burgers van God se Koninkryk.


Petrus maak ʼn stelling dat ons nie in die eerste plek deel van ʼn aardse regering is nie, maar deel van die Koninkryk van God is.

1 Petr  2:11 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners.
Dus in die eerste plek is ons mense van God se Koninkryk en ons lewe moet hierdie kultuur uitleef in die omgewing waar ons, ons bevind.


  • Tweedens word die visie van die Koninkryk van God ons visie.

Rom 8:19 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God

Wie is jy? 

Jy is nie net ’n burger van die koninkryk nie.

Jy is ’n koning in God se koningkryk. ‘n Koning wat moet regeer oor jou omgewing.

Open 1:5  en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in sy bloed
6 en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen.

Jesus is die Koning van God se Koninkryk en Hy is die Koning van die konings (Jy/ons).
Anders gestel, jy is ‘n Ambassadeur in God se koningkryk.

2 Kor.5:20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal.

Hoe lyk ’n ambassadeur ? 

Ef 2:10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe


  • Handewerk: Jy is deel van God se storie
  • Eenheidsbad: Eerstens tree ek op in gehoorsaamheid aan Jesus en beweeg ek volgens Sy potensiaal in my.

ʼn Ambassadeur stel Sy lewe beskikbaar om God te verteenwoordig in sy omgewing.

Vier aksies  wat jou rol as ambassadeur beskryf. 

Raak deel van Jesus se visie.
Matt 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou.
19 Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.

Connect 
ʼn Beweging om te sien hoe mense hulself in Jesus ontdek.
Om nuwe mense te help connect met groepslewe.

Care 
Ons gee om en ondersteun mekaar.
Om verantwoordelikheid op te neem om mense binne en buite die gemeente te versorg.

Grow 
Die verantwoordelikheid om te groei en te laat groei.
Om verantwoordelikheid op te neem om ander te help groei deur dissipelskap.

Go 
Om as ʼn City Changer ʼn verskil te maak deur my passie uit te leef
Om prakties my talent en tyd te gebruik om die stad te sien transformeer.

Lets start a City Changers Movement.

https://alpha.org/how-to-run-alpha




No comments:

Post a Comment