Saturday, September 9, 2017

Love: Compassion



In Luk 10 vertel Lukas drie verhale wat ons in konteks met mekaar moet lees.
Hierin is sleutels opgesluit om liefdevolle meegevoel met ander mense te hê.

Jesus stuur die dissipels twee-twee uit.
Die opdrag was: 
Luk 10: 9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle
en potensiaal om dit te kan doen lê in die gesag wat hulle van Jesus ontvang het
Luk 10: 19 En Ek het julle gesag gegee oor alle mag van die vyand, en julle kan oor slange en skerpioene loop en hulle vermorsel. Niks sal julle beseer nie

Jesus stel die voorbeeld.
Direk na die gebeure beleef Jesus hoe die Heilige Gees Hom inspireer.

Jesus leer Sy volgelinge: 
As jy na Sy lewe kyk sal jy God die Vader se karakter in Sy optrede ontdek.

Luk 10 22 “My Vader het My gesag oor alles gegee. Niemand ken werklik die Seun nie, behalwe die Vader, en niemand ken werklik die Vader nie, behalwe die Seun en hulle aan wie die Seun Hom wil openbaar.”
23 Toe hulle alleen was, het Hy na die dissipels gedraai en gesê: “Hoe bevoorreg is julle om te sien wat julle sien! 24Ek sê vir julle, baie profete en konings het begeer om te sien en te hoor wat julle sien en hoor, maar hulle kon nie.”

Kyk na Hom: 
Hoe Jesus  mense met genade behandel het.
Hoe Hy nie verby mense in nood gestap het nie.

Johannes som dit wat hy sien op as:
God is liefde 1 Joh 4:16
Jesus se optrede was gekenmerk deur liefde.
Omdat Jesus se karakter liefde is (Sy DNA) was liefdevolle optrede soos tweede natuur.

Barmhartige Samaritaan Luk 10:25-35
Jesus is die voorbeeld van wie ons is en hoe ons moet leef.

Lees die storie vanuit die hoek dat Jesus die Barmhartige Samaritaan is en jy die man op reis is.

  • Ervaar hoe Jesus by jou kom stilstaan, jou wonde genees en vir jou lewe kom betaal.
  • Dit is die voorbeeld van die hart van die Vader. 
  • Jy het self hierdie liefde beleef daarom kan jy nie anders as om liefde uitdrukking te gee nie.


Luk 10: 36 “Nou, watter van hierdie drie sou jy sê, was ’n naaste vir die man wat deur die rowers aangeval is?” het Jesus gevra.
37 Die man het geantwoord: “Die een wat aan hom medelye bewys het.” Toe het Jesus gesê: “Gaan nou, en doen jy dieselfde.”

Die storie van Marta en Maria. 
Die laaste storie in die Hoofstuk mag dalk lyk of dit in kontras staan met ‘n lewe van diensbaarheid, maar dit wys dat ʼn lewe van liefde begin by ʼn verhouding met Jesus.

Jesus en sy volgeling besoek Marta en Maria.
Maria gaan sit aan die voete van Jesus.
Marta is besig om diensbaar (kos vir almal te maak) te wees.
Martha is ongelukkig dat Maria haar nie help nie, sy kla by Jesus dat Maria aan Sy voete sit en haar nie help nie.

Jesus se onverwagte antwoord bevat die sleutel hoe om hierde bonatuurlike liefde uit te leef.

Luk 10 41 Maar die Here het geantwoord: “Marta, Marta, jy kwel jou tog oor so baie dinge! 42 Daar is regtig net een ding wat nodig is om oor besorg te wees. Maria het dit ontdek – en Ek gaan dit nie van haar af wegneem nie.”

Net een ding: 
Kom sit aan die voete van Jesus. 
Waar ons Sy liefde beleef.
Waar ons Sy DNA in ons ontdek.
Waar Sy hart afsmeer op ons.

Geen wonder Jesus lei die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan soos volg in nie:
Luk 10:27 Die man het geantwoord: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, jou hele siel, al jou krag en jou hele verstand.’ En: ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’

Vanuit ʼn verhouding met Jesus.
Ontdek jy;

1. Sy liefde vir jou en dit inspireer jou om ander lief te hê.

1 Kor 1:3 God, die Vader van ons Here Jesus Christus, word geprys! Hy is die Vader van barmhartigheid en die God wat in elke opsig bemoedig. 4In al ons swaarkry bemoedig Hy ons. Hy doen dit sodat ons ook in staat sal wees om mense in al hulle swaarkry by te staan met dieselfde bemoediging waarmee God ons versterk het

When you begin to see the love of God unveiled you cannot but respond in love, because love awakens love.

2. Jy ontdek ook dat jy die volheid van God se liefde ontvang het.

Rom 5:5 Hy het sy liefde mos in ons harte uitgestort deur sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.

Soos Jesus se karakter liefde is, so is jou DNA liefde.
Jy moet net toelaat dat Jesus se liefde wat in jou is deur jou vloei.

2 Cor 5 14 For the love of Christ controls and compels us,

Hoe meer jy aan Jesus se voete sit, hoe meer sal jy beleef liefde raak tweede natuur

John 4:12 NLT No one has ever seen God. But if we love each other, God lives in us, and his love is brought to full expression in us. 

No comments:

Post a Comment