Saturday, November 25, 2017

Finishing strong 3 Balans



Finishing strong: Balans.

Balans gaan nie  eerstens daaroor of jy jou tyd gelykop verdeel  tussen gesin, werk en godsdiens nie.

Balans moet by die middelpunt van jou lewe begin. 

Ps 16 ’n Gebed van Dawid.
Beskerm my, o God,
want ek kom na U toe
vir skuiling.
2 Ek sê vir die Here:
“U is my Here!
Alle goeie dinge
kry ek van U alleen.”
5 Here, U alleen is my erfenis,
my beker van seën.
U waarborg
my lotsbestemming.
6’n Pragtige plek
is vir my afgemeet.
Wat ek geërf het,
is vir my mooi!
7 Ek prys die Here
wat my insig gee;
ook in die nag
is ek daarvan bewus.
8 Die Here is altyd by my.
Ja, Hy is aan my regterhand;
daarom sal ek nie struikel nie.
9 Hieroor is my hart vol vreugde.
Ek besing sy lof,
en woon in veiligheid.
11 U wys vir my die lewenspad;
in u teenwoordigheid
is vreugde,
en aan u regterhand
is daar blydskap vir altyd

Ps 16 Leer ons dat Jesus die middelpunt van ons lewe moet wees.
Nie jou werk, gesin, finansies, ambisies ens. mag die sentrale plek in jou lewe inneem nie.

Wees verseker: Sonder Jesus gaan jou lewe uit balans wees.
Ps 16 Leer ons die waarde van Jesus as middelpunt. Hy is ons:
Skuiling
Erfenis
Beker van seën
Insig
Vastigheid
Veiligheid
Wysheid
Blydskap

Daarom bedank as die CEO van jou lewe, en vertrou Hom.

Ps 37: 3
Vertrou op die Here
en doen wat goed is.
Woon in die land
en geniet veiligheid.
4 Wees bly in die Here,
en Hy sal jou hartsbegeertes
aan jou gee.
5 Vertrou jou lewe toe
aan die Here.
Vertrou Hom,
en Hy sal vir jou sorg.


As jy verstaan dat Jesus vir jou is en jy nie sonder Hom kan wees nie, sal jy jou lewe om Hom bou.

Matt 6:33 (NLV) “Nee, maak die koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.


  • Om tyd saam met Hom te spandeer sal jou hoogste prioriteit wees.


3 Joh 2 Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan.


  • As dit met jou geestelik goed gaan sal dit op alle terreine met jou goed gaan.


Bepaal wat is waardevol

As iets vir jou waardevol is sal jou bereid wees om ʼn prys te betaal vir dit.
Herinner jouself dat daar belangriker dinge is as die dringende dinge in jou lewe en pas jou lewe daarvolgens aan.

Luk 2:52 En Jesus het toegeneem in wysheid en grootte en in genade by God en die mens

Groei gebalanseerd   
Wysheid
Gesondheid
Geesmens
Sosiale dimensie

Die Beginsels van die Sabbat.
Gen 2:1 So is die skepping van die hemel en die aarde en alles wat daarin is, voltooi. 2 Op die sewende dag was God klaar met alles wat Hy gemaak het en Hy het op die sewende dag na al sy werk gerus. 3 God het ook die sewende dag geseën. Hy het bepaal dat dit afgesonder moet word van die ander dae omdat Hy op daardie dag gerus het nadat Hy sy skeppingswerk gedoen het. 4 Dit is dan die geskiedenis van die skepping van die hemel en die aarde.
Daar is seën in rus.
Jy moet tyd uitkoop om jouself op te bou.
Geestelik
Emosioneel
Liggaamlik


No comments:

Post a Comment