Saturday, December 2, 2017

“CHRISTMAS IS A VERB” - JOY / KERSFEESVREUGDE


Kersfees is ‘n tyd van gee, ‘n tyd van saamwees & liefde, maar ook van vrede & vreugde.

Luk.2: 8-14
'Daardie nag was daar skaapwagters wat in die veld buite die dorpie hulle skape opgepas het. Skielik het ’n engel van die Here aan hulle verskyn en die glans van die Here het om hulle geskyn. Hulle het vreeslik bang geword,  maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!  Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!  En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:  “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”

Die verhaal van die eerste Kersfees.

Daar is mense wat vrees beleef oor Kerstyd:
-Selaphobia; FOMO; Eensaamheid; Veiligheid; Verwerping; Hartseer; vrees vir die onbekende nuwe jaar.

Luk.2:10 kontrasteer Vrees met Blydskap:
.... 'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou!

GROOT blydskap vir almal.
Gebruik Hebreeuse woord “Gheel”  - Selfde begrip as die Griekse woord “Agaliao”
-Letterlik: Om op te spring en van uitermatige vreugde in die rondte te draai!
Kersfees is ‘n tyd vir vreugde: “Joy”
-Hierdie VREUGDE is nie iets wat ons net van moet hoor/ lees nie:  Iets wat ons moet beleef.

Die grootste rede vir Kersfees vreugde:
- Die aankondiging van ‘n nuwe bedeling: ‘n Nuwe seisoen van Genade.
- Die Kersfeesgebeure is deel van God se Saligheidsplan vir die mens.

“We do Christmas, because it is done.”


Kersfees herinner ons daaraan dat Godvreugde in ons vind.

Luk.2:14
'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”'

Sefanja 3:17

'Die Here jou God is by julle. Hy is ’n magtige Verlosser. Hy is buitengewoon bly oor julle. Sy liefde sal julle rustig maak. Met uitroepe van vreugde sal Hy oor julle jubel.”


Ons vind in hierdie tyd ook opnuut vreugde in God.

Ps.21:7
'U het hom bekroon met seëninge vir altyd, en hom gegee die blydskap van u nabyheid.'

Fil.4:4
'Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!”


Kersfees is ‘n tyd om vreugde te vind in jouself.

Ps. 139:13-14
'U self het my diepste wese gemaak, my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!'


Kersfees is ook die tyd waarin ons vreugde moet vind in die teenwoordigheid van familie en vriende.
 

Ps.118:24
'Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig  en bly wees.'





No comments:

Post a Comment