Saturday, December 9, 2017

Christmas is a Verb - Peace / Vrede





Johannes 14:27 (Boodskap)
'“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. '
John 14:27 (NLT)
'“I am leaving you with a gift—peace of mind and heart. And the peace I give is a gift the world cannot give. So don’t be troubled or afraid.

JESAJA 9:5 (NLV)
'Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee.  Hy sal die heerser wees  met die koninklike titels:  Wonderbare Raadsman,  Magtige God,  Ewige Vader,  Vredevors.

LUKAS 2:10-14
'maar die engel het hulle gerusgestel: “Moenie bang wees nie!” het hy gesê. “Ek bring vir julle goeie nuus wat groot blydskap vir almal inhou! Die Verlosser – ja, die Messias, die Here – is vannag in Betlehem, die tuisdorp van Dawid, gebore!  En dit is hoe julle Hom sal herken: Julle sal ’n Kindjie vind wat in ’n krip lê en in doeke toegedraai is!” Skielik was daar saam met die engel ’n groot menigte ander engele, ’n leërskare uit die hemel, wat God prys:  “Eer aan God in die hoogste  hemel,  en vrede op aarde  vir almal in wie Hy  ’n welbehae het.”'

Johannes 14:27 (Boodskap)
'“Julle hoef nie bekommerd te wees nie. Ek los ook vir julle ’n geskenk wanneer Ek weggaan: vrede! Moet dit egter nie verwar met die oppervlakkige vrede van hierdie wêreld nie. Dit is vrede wat iemand net by My kan kry. Daarom hoef julle nie gespanne of selfs bang te voel oor die toekoms nie. '
Fear is not rational. It is not based on fact. Researchers have found that 40 % of the things we worry about never happen, 30 % are in the past and can’t be helped. Another 12 % of our worries involve the affairs of others and are not even our business. 10 % of our worries relates to sickness, real or imagined. That leaves only 8 % of things we worry about that are even likely to happen
 – Jentezen Franklin.

Die fondasie van vrede  - lê in vrede met God

ROMEINE 5:1
'As mense wat deur God vrygespreek is omdat ons glo, het ons nou vrede met God op grond van wat Jesus Christus (Vredevors / koning van Vrede) ons Here gedoen het.

Die effek van sonde – en gevoel van afstand:
• Skuld – Skuldgevoel – Gevoel van ek het iets verkeerd gedoen
• Skaam – Gevoel van ek is verkeerd  - daarom verdien ek nie God se teenwoordigheid nie
• Seer – Die effek van sonde –  Gevoel van vrees en gebrek aan vrede

Maar in dit wat Jesus kom doen het se Rom 5:17
- Is ek vrygespreek en leef ek vanuit ‘n posisie van onskuld
- Is ek Goed genoeg verklaar
- Is alle afstand uitgewis en weet ek dat ek ingesluit is


1. Onuitgesproke dankbaarheid

KOLOSSENSE 3:15 (NLV)
'Verder, laat die vre¬¬de wat Christus bewerk het, in jul¬le le¬wens die deurslag gee; want as le¬de van een lig¬gaam is julle tot vrede ge¬roep. Wees altyd dank¬baar. '

FILIPPENSE 4:6-7
'Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is.'


2. Onrealistiese verwagtinge van jouself

Brené Brown (Shame researcher) - Well-meaning but unchecked expectations are loaded with potential shame and resentment bombs

FILIPPENSE 4:8-9
Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is.  En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees. '
Daar is ‘n konneksie tussen wat ek dink en vrede wat ek het
Psalm 139:14
'Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed!'

Jou vrede met jouself – kan direk ‘n invloed op verhouding met iemand anders he


3. Ongesonde motivering

Die probleem is nie altyd wat ek doen nie – hoekom ek dit doen?
Wat motiveer my om dit te doen?

ROMEINE 8:6
'As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede. '

Fil 2:3
'Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. '

Ek en jy gaan soveel meer vervulling en vrede in die lewe ervaar as die lewe gaan – nie oor wat kan ek kry nie – maar wat kan ek gee


No comments:

Post a Comment