Saturday, December 16, 2017

CHRISTMAS IS A VERB - GIVING


Dis moeilik om te glo, dat dit regtig more oor ‘n week alweer Kersfees is!

Daar is ‘n rede hoekom hulle dit Silly Season noem! Mense raak heeltemal laf oor hierdie tyd. En dit blyk ook  dat Silly Season al hoe vroeer begin elke jaar, met winkels wat skaars kan wag dat Valentynsdag verby is, dat hulle kan begin om hulle Kersversierings op te sit en hulle Bony-M Cd te begin speel nie!

Daar word voorspel dat Amerikaners hierdie jaar, van die einde van November, tot en met Kersdag, oor die 6 Biljoen Dollar, ongeveer 84 Biljoen Rand, aan Kersgeskenke gaan spandeer.

Ek onthou hoe ek verlede jaar, redelik naby aan kersdag by ‘n winkelsentrum gehoor het hoe ‘n man vir sy vrou knor dat hulle nou nog net vir haar ma ‘n geskenk moet soek. Hoekom koop ons nie net ‘n horlosie en kry klaar nie, het hy gesis. Dit was vir my so ‘n tipiese prentjie van hoe Kerstyd vir baie mense lyk. Baie geld, wat aan baie geskenke spandeer word, net om teleurgesteld jou geskenkpapier na die tyd op te frommel en te wens jy kan volgende jaar vir jouself ‘n kersgeskenk koop!

Nou hoor ek hoe mense dadelik uitroep: Kersfees gaan nie oor geskenke nie! Dan wil ek jou vandag gou reghelp: Kersfees gaan juis oor geskenke!

Daar is iets betowerends daaraan om dop te hou hoe iemand jou geskenk oopmaak. Dis die asem ophou oomblik om te sien hoe hy op jou geskenk gaan reageer. Was dit hierdie jaar die perfekte geskenk?

Die beste geskenk word onderskei deur twee goed:
1. Die liefde in die hart van die een wat gee en
2. Of dit die grootste behoefte van die persoon aanspreek van die persoon wat dit ontvang.

‘n Geskenk is die uitrdrukking van ‘n persoon se hart vir die ontvanger. Die persoon aan die ontvangkant ontvang dit nie omdat hy waarvoor gewerk het of dit verdien nie.

Kan jy dink hoe dit moes voel om ‘n geskenk so perfek te gee, dat dit meer as 2000 jaar later nog steeds gevier word?

James 1:17
Every good gift and every perfect present comes from heaven; it comes down from God, the Creator of the heavenly lights, who does not change or cause darkness by turning.

Wanneer ons as Christene Kersfees vir, weet ons hoe onlosmaaklik dit vervleg is met die grootste geskenk, naamlik Jesus Christus se geboorte wat ons op hierdie dag vier.

Ons kan nie anders as om na die volgende skrif toe te gaan wanneer ons Kersfees vier nie:
Joh 3:16
Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Toe God vir die mensdom iets van Sy hart wou wys, en vir hulle die perfekte geskenk wou gee, kon Hy wonderlike geskenke op die aarde laat neer reën het, of miljoene rande uit die hemel laat val het, maar nee. Wanneer God vir die mens Sy hart wil wys, gee Hy Sy kosbaarste besitting, naamlik Sy Seun, Jesus Christus, want Hy het geweet dat niks anders die mens se behoefte aan redding kan aanspreek behalwe Jesus nie!

Eph 5:1 He didn’t love in order to get something from us, but to give everything of himself to us.
Christus het geweet hoeveel vreugde die mens se vrymaking Hom so bring. Daarom was Hy bereid om die perfekte geskenk te wees.

Heb 12:2
die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Jesus se geboorte bring ‘n reuse omwenteling in die hele mensdom. Na 400 jaar van stilte, praat God vir die eerste keer weer met Sy volk, en dit deur hierdie grootste geskenk.
Die mens se spontane reaksie wanneer hulle voor hierdie perfekte geskenk staan, is om ook te gee.

Ons is almal bekend met die verhaal van die Wyse Manne wat ons in Matt 2 optel

Mat 2:11
En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.

Julle weet natuurlik die storie sou heeltemal anders geklink het as dit wyse vroue was wat die geskenke gebring het. Eerstens sou hulle aanwysings gevra het, en betyds gewees het om Maria te help met haar bevalling, tweedens sou daar onder die geskenke weggooi doeke, borslappe en formule melk gewees het, asook ‘n groot bak lasagne met ‘n vars slaaitjie!

Die engelse vertaling sê: They openend their treasure chests.
Die woord wat in elkeen van hierdie kontekste vir Gee gebruik word, is die woord Didomi, wat letterlik beteken: Granting, Bestowing or Imparting. Implies giving an object of value.

‘n Tipiese voorbeeld van waar iemand iets so kosbaars gegee het, is die verhaal van Maria Magdalena wat ons lees in Johannes 12

Joh 12:3
En Maria het ‘n pond egte, baie kosbare nardussalf geneem en die voete van Jesus gesalf en sy voete afgedroog met haar hare. En die huis is vervul met die reuk van die salf.

So ‘n kruik nardussalf, was tipies deel van ‘n jong vrou se bruidskat, wat sy op haar eerste huweliksnag op haar man se voete sou uitgiet om haar trou aan hom te belowe. Wanneer Maria Magdalena daardie geskenk vir Jesus gee, is dit ‘n teken van haar absolute toewyding aan Hom.

Die manier waarop Christus Homself vir ons gegee het, beweeg ons om alles wat ons het en wie ons is vir Hom te gee.

Gee is iets wat altyd binne verhouding plaasvind. Wanneer ons iets vir iemand gee, is dit goed deurdag en bedoel om ‘n impak op hulle lewens te hê, wat weer tot groot vreugde by ons lei.
Dit is dan hoekom ons, veral in hierdie Kersseisoen, beweeg word om alles wie ons is vir Hom te gee. Paulus praat van hoe hy homself as ‘n drankoffer uitgiet.

Php 2:17
Maar al word ek as ‘n drankoffer uitgegiet oor die offer en bediening van julle geloof, verbly ek my, ja, verbly ek my saam met julle almal;

Mag ons in hierdie tyd net weer die keuse maak om alles wie ons is, in verhouding met Hom, voor Hom uit te stort in reaksie op hoe Hy alles wie Hy is vir ons uitgestort het.
Maar saam met dit, is daar soveel verhoudings wat geraak word deur die perfekte geskenk wat God gegee het.
Waar ons in hierdie tyd tyd spandeer saam met ons familie en vriende, laat ons vooraf besluit, om die perfekte geskenk, iets bitterlik kosbaar, vir elkeen om daardie tafel te wees. Ek vermoed Paulus praat nie net van finansies as in die volgende sê nie:

2Co 9:7
Laat elkeen gee soos hy hom in sy hart voorneem, nie met droefheid of uit dwang nie, want God het ‘n blymoedige gewer lief.

Laat dit nie ‘n emosionele besluit wees nie, maar neem vooraf die besluit, dat jy iets baie kosbaars, met blymoedigheid gaan gee hierdie jaar.
En dan is daar soveel mense, wat nie deel is van ons binnekring nie, maar met wie ons paaie gereeld kruis, kan ons besluit om ook in hierdie tyd, as gevolg van die manier waarop Christus gegee het, ook vir hulle te gee. Miskien nie eers net iets tasbaars nie, maar iets soos ‘n warm glimlag, ‘n ekstra oomblik stop om te hoor hoe dit regtig gaan, ens.

Mat 25:35-40
Want Ek het honger gehad, en julle het My te ete gegee; Ek het dors gehad, en julle het My te drinke gegee; Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My herberg gegee;
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
En wanneer het ons U ‘n vreemdeling gesien, en herberg gegee; of naak, en geklee?
En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis, en na U gekom?
En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: Voorwaar Ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broeders van My, het julle dit aan My gedoen.


“We make a living by what we get. We make a life by what we give” Winston Churchill

Ons vier Kersfees, en ja, dit gaan oor geskenke! Met die grootste geskenk wat Hy vir ons gegee het, het Hy Emmaneul, God in ons geword. Daarom het ons nie nodig om net fisiese geskenke te gee hierdie jaar nie. Ons kan die mense rondom ons bless, met die grootste geskenk in ons.

Col 1:27
To them God chose to make known how great among the Gentiles are the riches of the glory of this mystery, which is Christ in you, the hope of glory.

Kom ons bring hoop op Heerlikheid waar ons ookal gaan hierdie jaar

No comments:

Post a Comment