Saturday, November 18, 2017

Finishing Strong 2




 “Finishing Strong”
...TEN SPYTE VAN STORMS
(Hnd 27:21-44)

Jes 40:31
31 ...dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. (NV)


Hnd 27:20-24a
20 Dae lank was die son en die sterre nie te sien nie en het die geweldige wind voortgewoed. Uiteindelik het ons alle hoop laat vaar om gered te word.
21 Nadat hulle ’n lang tyd nie meer geëet het nie, het Paulus tussen hulle gaan staan en gesê: “Manne, julle moes na my geluister het en nie van Mooi Hawens in Kreta af weggevaar het nie. Dan sou ons hierdie ramp en skade gespaar gewees het. 22 En nou vra ek julle: Hou moed! Daar sal verseker geen lewensverlies onder julle wees nie; net die skip sal tot niet gaan. 
23 Verlede nag het daar ’n engel van die God aan wie ek behoort en wat ek dien, langs my gestaan 24 en vir my gesê: ‘Hou op bang wees, Paulus... 

2 Kor 1:8
8 Ons wil hê, broers, dat julle moet weet van die moeilikhede wat ons in die provinsie Asië ondervind het. Die swaar wat ons moes verduur, het ver bo ons kragte gegaan, sodat ons selfs die hoop om te bly lewe, laat vaar het. (NV)

Hnd 27:24-30
24 ...Jy moet nog voor die keiser verskyn. En dis nie al nie – om jou ontwil spaar God almal wat hier saam met jou op die skip is.’ 25 Daarom, hou moed, manne! Verseker vertrou ek op God dat alles presies só sal gebeur soos Hy vir my gesê het. 26 Ons moet op ’n eiland strand.”
27 Die veertiende nag wat ons so op die Adriatiese See rondgedobber het, teen middernag, het die matrose vermoed dat hulle naby land kom. 28 Hulle het ’n dieplood uitgegooi en ’n diepte van 36 meter gekry. ’n Bietjie verder het hulle weer gemeet, en toe kry hulle 27 meter. 29 Hulle was bang ons loop naderhand op die rotse en het daarom vier ankers by die agterstewe uitgegooi en gebid dit moet dag word. 30 Die matrose wou wegkom van die skip af en het die reddingsbootjie in die see begin neerlaat asof hulle ankers by die boeg van die skip wou laat sak. 

Hnd 27:31-34
31 Paulus sê toe vir die Romeinse offisier en sy soldate: “As hierdie mense nie op die skip bly nie, kan julle nie gered word nie.” 32 Toe het die soldate die toue van die bootjie afgekap en hom laat afval. 33 Net toe die dag begin breek, het Paulus by almal aangedring om iets te eet: “Vandag is al die veertiende dag dat julle in spanning sonder kos wag, en niks eet nie,” het hy gesê. 34 “Daarom dring ek by julle daarop aan om nou iets te eet. Dit sal julle verseker help om te oorleef. Daar sal nie eers ’n haar van een van julle se koppe af verlore gaan nie!”

Hnd 27:35-38
35 Nadat hy dit gesê het, het hy brood gevat, God voor almal gedank, ’n stuk afgebreek en begin eet. 36 Hulle het toe almal moed geskep en self ook begin eet. 37 (Ons was altesaam 276 mense op die skip.) 38 Nadat hulle genoeg geëet het, het hulle die skip nog ligter gemaak deur die res van die koringvrag oorboord te gooi.

Hnd 27:42-44
42 Die plan van die soldate was om die gevangenes dood te maak om te keer dat hulle sou uitswem en ontsnap. 43 Maar die Romeinse offisier wou Paulus red en het hulle gekeer om hulle plan uit te voer. Hy het die mense wat kon swem, beveel om eerste oorboord te spring en die land te probeer haal. 44 Die ander moes dan volg, sommige deur aan planke en ander deur aan wrakstukke vas te klou. Op hierdie manier het dit gebeur dat almal veilig aan land gekom het.



Wanneer ons die wind van voor kry; deur ʼn storm gaan; ons skip selfs op die rotse loop; leer ons ’n paar belangrike beginsels uit hierdie stuk geskiedenis:

#1. SIEN DIT ______  

“See it coming so you never end up running.”

Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)


“Trials and tribulations are not an elective class in the Christian Life
but a required course.”
– Steven Lawson


“Life is tough, ...but God is good.”


“If there’s an absence of adversity in my life,
there might be an absence of progress as well.”


Ons is op ’n wenpad – maar om bo uit te kom is die pad kwaai opdraand!



#2. SIEN DIT ______  

Die uitdaging is nie dat ek moet VERSTAAN nie,
maar dat ek sal VASSTAAN!



#3. SKUD DIT ____

Hnd 28:1-6
1 Nadat ons veilig aan wal gekom het, het ons uitgevind dat die eiland “Malta” genoem word. 2 Die inboorlinge was buitengewoon vriendelik teenoor ons. Dit het begin reën en dit was koud. Hulle het toe ’n vuur aangesteek en ons almal genooi om daar te kom sit.3 Paulus het ’n klomp hout bymekaargemaak en op die vuur gegooi. Van die hitte het daar ’n slang uitgekom en hom aan sy hand gepik. 4 Toe die inboorlinge die gedierte aan sy hand sien hang, sê hulle vir mekaar: “Hierdie man is beslis ’n moordenaar. Al is hy uit die see gered, het geregtigheid hom nie toegelaat om te bly lewe nie.” 5 Paulus het egter die ongedierte in die vuur afgeskud en geen nagevolge gehad nie. 6 Hulle het verwag dat hy sou opswel of skielik morsdood neerslaan, maar nadat hulle ’n lang ruk gewag het en gesien het dat daar niks buitengewoons met hom gebeur nie, het hulle van mening verander en begin sê hy is ’n god. 

Hnd 28:9
9 Ná hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland gekom, en is hulle gesond gemaak.



Jhn 16:33
33 ...In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.” (NV)



Jes 40:29,31
29 God energizes those who get tired, and gives fresh strength to dropouts…31 Those who wait upon God get fresh strength.  They spread their wings and soar like eagles, they run and don't get tired, they walk and don't lag behind.” (Mess)



Ef 1:19-20a
19 “Oh, the utter extravagance of His work in us who trust Him – endless energy, boundless strength!  20 All this energy issues from Christ.” (Message)

No comments:

Post a Comment