Saturday, November 11, 2017

Finishing strong: Uitbranding



Finishing strong

Navorsing bewys dat 63% van alle Suid Afrikaanse mans een of ander tyd ʼn seisoen van uitbranding beleef.
Meeste van ons het ‘n “blindekol”, en leef in ontkenning dat dit nie met ons kan gebeur nie.

Uitbranding: Dit is die oorweldigende gevoel dat ek nie die kapasiteit het om die taak wat voor my is, af te handel nie.

Lees 1 Konings 18 en ontdek hoe Elia groot oorwinnings beleef het. 

Dan kom die omswaai ... van bo na onder.

Sy optrede wys simptome waarna ons kan oplet in ons eie lewe.
1 Konings 19 som die storie op waar Elia totale uitbranding beleef het.
1 Kon 19: 4 Hy self het die woestyn ’n dagreis ver binnegegaan. Hy het toe onder ’n besembos gaan sit en gewens dat hy liewer maar moet sterf.
“Ek het nou genoeg gehad, Here,” het hy gesê. “Neem nou maar my lewe, want ek is niks beter as my voorouers nie.”
5 Hy het gaan lê en onder die besembos aan die slaap geraak. 

Bv. 
ʼn Gevoel van sinloosheid. 
ʼn Gevoel van oorweldiging.
Bekommernis.
Gebrek aan slaap.
Eetlus verdwyn.  

Herken simptome in jou lewe

Hiperaktief
Verwardheid
Frustrasie
Wanhoop
Optrede
Hoë ambisie.
Werk hard en konstant.
Meer as een projek.
Meer reaktief as proaktief.
Probeer alles beheer.
Ambisie neem af.
Minder kreatief (probleem oplossing).
Werk hard met minder resultate.
Aanbieding, idees opervlakkig.
Geen kreatiwiteit.
Plekke om te ontvlug – Alkohol.

Kan nie meer werk nie.
Geen energie.
Aandagafleibaar.
Emosies
Adrenalien.
Gevoel van verantwoordelikheid vir alles – alles moet reg loop.
Bang jy is nie goed genoeg nie.
Eie grootste kritiseerder.
Onseker oor jouself.
Bang jy gee in.
Verloor geloof in jouself.
Bang jy kom nie uit jou omstandighede nie.
Gevoel van geen waarde toevoeging nie.
Depressie.
Gedagtes
Te veel informasie.
Vergeet.
Voel volgende ding amper voor jou – op jou.
Bekommernis.
Is nie tevrede met jou eie werk nie.
Tonnel-visie.
Ondankbaarheid.
Bekommer jou die heeltyd.
Selfveroordeling.
Sinies.
Wantroue.
Gevoel niks het sin nie.
Liggaam
Min slaap.
Min oefening.
Verkeerde eetpatrone.

Minder energie. Slaap probleem.
Eetversteuring.
Hoë bloeddruk.
Probleem gefokus.
Erge hoofpyn.
Immuniteit verlaag – veg en vlug.
Rug- en maagpyn.
Psigologiese probleme.
Vergeet.
Siekte – kronies.
Verhoudings
Min tyd vir verhoudings buite jou omgewing.
Probeer almal gelukkig hou.
Luister selektief.
Jy laat nie mense naby jou kom nie.
Selfregverdiging.
Gereeld geïrriteerd.
Voel almal om jou is skuldig.
Intimiteit verlore.
Nie lus vir vriende nie.

Vind fout met alle verhoudings.
Isoleer jouself.
Verloor goeie verhoudings.
Die gevoel van jy weet nie hoe om die verhouding te herstel nie.

Oplossing.

Fokus op ‘n gesonde lewensstyl.

1 Kon 19: “Staan op en eet!” 6 Hy kyk op en dáár sien hy by sy kop ’n roosterkoek wat op warm klippe gebak is en ’n kruik vol water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
7 Die engel het weer gekom, aan hom geskud en gesê: “Staan op en eet weer, anders sal die pad vir jou te lank wees.”
8 Hy het toe opgestaan, geëet en gedrink. Die kos het hom genoeg krag gegee sodat hy 40 dae en 40 nagte lank tot by Horeb, die berg van God, kon loop.

Eet reg.
Oefen. 
Slaap genoeg.

Ontlaai jou emosies.

1 Kon 19:9 Maar die Here het met hom gepraat: “Wat maak jy hier, Elia?”

God nooi Elia om eerlik te wees oor sy emosionele ervarings.

Elia vertel God: Ek is bang, bitter kwaad, ek is alleen, kragteloos en negatief. 
Jes 40:29 Hy gee krag
aan dié wat moeg is.
Hy maak die kragteloses sterk.
30 Selfs jongmense raak uitgeput
en afgemat.
Baie jongmense struikel
en val.

Jesus gee ons raad bv.
  • Om te besef jy mag nee sê.
  • Om ander te vertrou. 
  • Om grense te skep.

Herstel van verhoudings.

1 Kon 19:16 Jy moet ook Elisa seun van Safat uit Abel-Megola salf om jou as my profeet op te volg. 17 Dan sal sake só verloop: Die een wat Gasael se swaard ontvlug, sal Jehu doodmaak; en die een wat Jehu se swaard ontvlug, sal Elisa doodmaak.

  • Om ander mense deel te maak van jou lewe is deel van die gesond word proses.

God verander sy fokus (gedrag). 

1 Kon 19: 15 Toe sê die Here vir hom: “Draai net hier om en gaan na die woestyn van Damaskus. Wanneer jy daar aankom, moet jy Gasael salf tot koning van Aram. 16 Dan moet jy Jehu seun van Nimsi salf tot koning oor Israel.
  • Moenie net bestaan nie, maar leef met sin. 
  • Ontdek dinge wat vir jou lekker is.
  • Probeer om 20% van jou tyd rondom jou passie te spandeer.

Laat die Here jou krag gee.

1 Kon 10: 11 “Kom buitekant toe en gaan staan voor My by die berg,” sê die Here vir hom.
Terwyl Elia daar staan, het die Here by hom verbygegaan en ’n geweldige rukwind het die berg uitmekaargeruk en die rotse gebreek voor die Here. Tog was die Here nie in die wind nie. Na die wind was daar ’n aardbewing, maar die Here was nie in die aardbewing nie. 12 Na die aardbewing was daar ’n vuur, maar die Here was nie in die vuur nie. Na die vuur was daar die geluid van ’n sagte gesuis.
13 Toe Elia dit hoor, het hy sy gesig met sy mantel toegemaak. Hy het by die ingang van die grot gaan staan.

Jes. 40:31 Maar dié wat hulle hoop
op die Here stel,
sal hulle krag terugkry.
Hulle vlieg hoog,
soos arende.
Hulle sal hardloop
en nie moeg word nie.
Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie.

  • Maak tyd vir Jesus.
  • Vanuit verhouding met Hom ontvang jy jou krag.
  • Laat Hy jou leer hoe om te lewe.

Mat 11: 28 “Kom na My toe, julle almal wat moeg is en swaar laste moet dra, en Ek sal julle lewens verkwik.
29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele; 30  want my juk is sag en my las is lig.

2 comments:

  1. Indeed, God gives us the stregth to carry on. He created us for a purpose and we need to discover that purpose and do it with passion, for Him.

    ReplyDelete
  2. 1 Koning 10:11 bo moet lees 1 Koning 19:11

    ReplyDelete