Friday, July 17, 2015

Hebreërs 6 - Vaderskap (God is nie Ver nie)


Heb 13:20-21
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het, julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.

JESUS WAS UNIEK

In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. Joh 1:4

Julle is die lig van die wêreld. Matt 5:14

Hoe kry ek deel aan die lig, is dit iets wat ek moet doen?

Doen = Godsdiens
Gedoen = Christus

Godsdiens doen twee dinge:
Plaas God ver
Beloning is ver

Godsdiens = gedryf uit vrees:

@ As jongman bybel gelees en gebid

Godsdiens = bring voorgee:

@ Boer by maskerbal

Disipels sien Jesus se verhouding met God is anders! Matt 6:9-10
So moet julle dan bid: 
Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
@SKYPE

Jesus begeer so om Sy disipels bewus te maak van Intimiteit met God

Joh 14:1-3 
Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. 
Ek gaan om vir julle plek te berei. 
En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is. 

Hierdie is nie ‘n bouprogram in die hemel nie

@ Jesus skep met ‘n woord

Joh 14:4-6 
En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle. Thomas sê vir Hom: Here, ons weet nie waar U gaan nie, en hoe kan ons die weg ken? 
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.

Jesus verklaar die plek – Dit is die Vader
Jesus verklaar die weg – Deur Hom

Ons het toegang tot God op die basis van ons insluiting in Christus!

@ Ons beleef die Vader in christus

Joh 14:7-9                                               
As julle My geken het, sou julle my Vader ook geken het, en van nou af ken julle Hom en het julle Hom gesien. 
Filippus sê vir Hom: Here, toon ons die Vader, en dit is vir ons genoeg. Jesus sê vir hom: Ek is so lankal by julle, en het jy My nie geken nie, Filippus? Hy wat My gesien het, het die Vader gesien.                                En hoe sê jy: Toon ons die Vader

@ x4 glassies – Vader/Jesus/HG/ Ek 

Joh 14:10-11   
Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie? Die woorde wat Ek tot julle spreek, spreek Ek nie uit Myself nie; maar die Vader wat in My bly, Hy doen die werke. Glo My dat Ek in die Vader is, en die Vader in My;

Jesus maak ‘n radikale stelling aan die Jode – God/Vader is in Hom

Joh 14 : 16 - 19 
En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees. 

Joh 14 : 16 - 19 
Ek sal julle nie as wese agterlaat nie; Ek kom weer na julle toe. Nog ‘n klein tydjie, en die wêreld sien My nie meer nie; maar julle sien My, omdat Ek lewe en julle sal lewe.

Joh 14:20  
In dié dag sal julle weet dat Ek in my Vader is, en julle in My, en Ek in julle.                             

Joh 14:23  
Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

Carlos Ortiz: “……all the luggage”

Ons oë moet oopgaan:

 @ man wat Drakensberge besoek

Saturday, July 11, 2015

Hebreërs 5 – Geloof

Ons almal het vrae oor geloof, hoe dit werk wat dit is en nog vele meer....


Die momente van hierdie hoofstukke:

1. Hebreërs 11 is ‘n beskrywing van geloof in Aksie, ‘n rekord van mense wat hierdie kapasiteit van geloof gebruik het om God se woord te hoor oor omstandighede en Sy plan raak te sien vir die transformering van hul lewens en die om hul se lewens.
2. Hebreërs 12 daag ons uit om hierdie geloof-gebaseerde lewenswyse na te volg as seuns en dogters van God. Dit beskryf Christus se geloof terwyl hy die uitdagings van die kruis beleef het.
3. Hebreërs 13 Jesus bly die konstante, wees vergenoegd met wat jy het, waardeer die in en om jou lewe en wees altyd gereed om Christus ten toon te stel.

Wat beteken geloof?

Definisie van geloof:

 (Heb 11:1 ALT) Now faith is [the] assurance [or, substance] of [things] being hoped for [or, being confidently expected], [the] confident assurance [or, proof] of things not seen.

Neem in ag ons benadering uit ‘n westerse kultuur is: Wat is die eienskappe van iets? (hoe lyk dit, hoe voel dit en hoe proe dit?)
Die benadering van ‘n nie-westerse kultuur is een van funksionalitiet, wat geloof doen, waarvoor dit gebruik word.
Ons benadering moet eerder wees wat dit doen as wat dit is….as ons hom nou vertaal vanuit ‘n plek van funksionaliteit…gee dit ons die regte vertrekpunt tot die verstaan van geloof.

‘Faith gives substance to the things we hope for (which have not yet become manifest in physical reality, but are real in eternity), provides evidence or proof for the things we cannot see (with our physical senses)’.

Hebreërs 11, Rom 4, Jak 2 bemoei hulle met die funksionele definisie van geloof (Abraham se storie van geloof)

Geloof is die vermoë om in die gees te kan sien.
Joh 5:19 AOV  Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.

Geloof is die sintuig van my gees, die oë om te kan sien, God se ewigheidsplan te kan sien, ‘n ewigheidsperspektief te kan vorm. Dit wat alreeds in my gees is word my oortuiging; sodat die wat om my is kan beleef dat ‘n man/vrou van geloof is.

11:1 Persuasion confirms confident expectation and proves the unseen world
to be more real than the seen. Faith celebrates as certain what hope still visualizes as future. (The shadow can no longer substitute the substance of faith. Jesus is the substance of things hoped for the evidence of everything the prophets foretold.)
11:2 People of previous generations received the testimony of their hope in faith. It was faith that made their hope tangible. (Only the Messiah can give substance to the Messianic hope. No substitute will suffice!)
11:3 Faith alone explains what is not apparent to the natural eye; how the ages were perfectly framed by the Word of God. Now we understand that everything visible has its origin in the invisible. – Francois du Toit

Ondekking van geloof….

Rom 12:3 MKJV  For I say, through the grace given to me, to everyone who is among you, not to think of himself more highly than he ought to think. But set your mind to be right-minded, even as God has dealt to every man the measure of faith.

Dieselfde geloof in Christus…is in my

Rom 10:6 But faith finds its voice in something much closer to man than his most disciplined effort to obey the law; faith understands that Christ is no longer a distant promise neither is he reduced to a mere historic hero. He is mankind’s righteousness now! Christ is no longer hidden somewhere in the realm of heaven as a future hope. For the Jews to continue to ask God to send the Messiah is a waste of time! That is not the language of faith. - Francois du Toit

Rom 10:17 It is clear then that faith’s source is found in the content of the message heard; the message is Christ. (We are God’s audience; Jesus is God’s language! Greek, ek, a preposition that denotes source or origin, thus faith comes out of the word that reveals Christ. The word of "Christ" appears in the best manuscripts.) - Francois du Toit

Wat het hierdie manne en vroue van Hebreërs 11 dan verstaan van geloof?

Abraham en Isak se storie (Heb 11:16-19 - Francois du Toit)

11:16 Their faith saw a greater reality in the spiritual realm than that which they experienced in their present situation; they reached for their true native city designed by God, where he himself is proud to be their permanent address. (The fulfilment of the promise is Christ. He is both our native land and our eternal city!)
11:17 Faith became a more tangible evidence of the promise than even Isaac could ever be to Abraham. Isaac neither fulfilled nor replaced the promise. Inspired by what faith saw, Abraham was ready to do the ridiculous; to sacrifice his only son, convinced that not even Isaac's death could nullify the promise that God had made to him. (If Isaac was not the substance of Abraham’s faith then who was? Abraham saw beyond Isaac; Jesus said, "Abraham saw my day!" John 8:56-58, "Before Abraham was, I am.")
11:18 Yet Abraham knew that God had said that his lineage of faith would be traced through Isaac!
11:19 He made a prophetic calculation by faith, to which there could only be only one logical conclusion based on the word he had received: that God would raise the promise from the dead. (In the context of Abraham’s vision, this was an analogy pointing to parable of the death and resurrection of Christ. Calculation, logical conclusion, logitzomai, from logos – God’s faith is God’s logic).

Hulle het Christus gesien….

 Joh 8:56 MKJV  Your father Abraham rejoiced to see My day, and He saw and was glad.

 Dit wat hulle gesien het, het hulle gedoen…

Jas 2:20-24 MSG  Use your heads! Do you suppose for a minute that you can cut faith and works in two and not end up with a corpse on your hands?  (21)  Wasn't our ancestor Abraham "made right with God by works" when he placed his son Isaac on the sacrificial altar?  (22)  Isn't it obvious that faith and works are yoked partners, that faith expresses itself in works? That the works are "works of faith"?  (23)  The full meaning of "believe" in the Scripture sentence, "Abraham believed God and was set right with God," includes his action. It's that mesh of believing and acting that got Abraham named "God's friend."  (24)  Is it not evident that a person is made right with God not by a barren faith but by faith fruitful in works?

Het ek dan te min geloof? (Die maansieke kind wat bevry is…Matt 17)

Mat 17:20 MKJV  And Jesus said to them, Because of your unbelief. For truly I say to you, If you have faith like a grain of mustard seed, you shall say to this mountain, Move from here to there. And it shall move. And nothing shall be impossible to you.

Ongeloof is om iets of iemand anders se inspraak bo die openbaring van Christus te stel (Israel in die woestyn Heb 3) (Tywfel is altyd met ons dit is nie ongeloof nie)

Implikasie vir my….
1. Kies intimiteit met die Here bo alles (Joh 14)
2. Belyn jou siel met die realiteit van die Woord (Rom 12:1-3)
3. Leef elke dag met die realiteit van jou gees (Heb 5:12)

Vrae vir jou kleingroep: (Andrew Wammack – You’ve already Got it – p 68)
1. Lees Heb 11-13, wat verstaan jy van geloof?
2. Hoe lyk geloof wanneer jul bymekaar is?
3. Hoe lyk geloof elke dag waar jy werk en leef?

Saturday, July 4, 2015

Hebreërs 4 – Verbond
















Wanneer ons die Bybel lees is dit belangrik om dit te lees vanuit ‘n perspektief om Christus te vind, maak nie saak waar ek lees nie dit is wat ek voor moet soek of ontdek.

Momente van hierdie gedeelte:
1. Melgisédek, ‘n voorbeeld van Jesus as ewige priester (Hfst 7)

  • Koning van geregtigheid en Koning van vrede (geregtigheid – in houtwerk die sterkste punt waar alles bymekaar kom; vrede – shalom- wat heelheid beteken) (MWBE – 7:2)
  • Onderskeid word gemaak tussen die levitiese orde (ingestel is deur Moses en die bediening van die tempel/tabernakel) en die nuwe orde in Melgisédek (Christus is en deur die Heilige Gees in hierdie tempel woon)
  • Met nuwe priesterskap beteken dit  ‘n nuwe manier van doen (wet van doen verander na ‘n wet van geloof (Rom 3:27); ‘n wet van Vryheid  (Jak 1:25); wet van die gees in Christus (Rom 8:2)

2. ‘n beter verbond met beter beloftes (Hfst 8)

  • Dat daar was ‘n ou verbond wat sekere implikasies gehad het maar nou in Christus het ons ‘n beter verbond met beter beloftes (MWBE – 8:1-2)

3. Mensgemaakte offers was onvoldoende maar Christus se offer was voldoende (Hfst 9+10)

  • Vergelyking tussen die tabernakel (prentjie), eers die voorhof, die heiligste, toe die allerheiligste wat die priester net een keer per jaar kon doen om mense se sonde te bedek.  Elke element in die tabernakel is ‘n verwysing na Christus wat in alle opsigte dit kom vervul het deur Homself te gee ‘n voldoende offer sodat ek en jy redding kan beleef.
  • Hierdie kan net gebeur deur geloof (Heb 10:38)…volgende week


Heb 8:6 ANV  Maar nou het Jesus 'n voortrefliker priesterdiens gekry deurdat Hy Middelaar is van 'n beter verbond wat op uitnemender beloftes gegrond is.

Heb 8:6 MWBE What everything else was merely pointing towards, Jesus is now the fulfilment of; just like when an arrow hits bulls-eye. What He now administrates is far superior since He is the arbitrator of a more effective covenant which was sanctioned on an announcement of far greater benefit to mankind.

Wat is ‘n verbond?  

Moenie die NT ‘n OT maak met ‘n turbo nie
Jy moet dit ontdek anders gaan jy godsdiens pleeg
Ou verbond beteken - ber-eeth –ooreenkoms
In ou verbond gaan dit oor my
Nuwe verbond - diathēkē - beteken erfenis
Gaan dit oor Christus
Iemand het namens jou alles kom bevredig in ooreenkoms sodat jy kan ontdek dat jy nie moet probeer nie maar jou erfinis in besit neem

Heb 9:16-17 ANV  Dit is soos met 'n testament: daar moet eers bewys word dat die testamentmaker dood is,  (17)  want 'n testament word alleen geldig by die dood van die testamentmaker; dit word nooit van krag so lank as hy nog leef nie.

Implikasies van verbond:


















Ou Verbond - Verbondsluiting


  • Vir beskerming – eenstam wat swakker is met ander stam aangaan
  • Besigheid – versekering gee tot ekonomiese vooruitgang
  • Vennootskap – gesluit op sterkte van verhouding (die huwelik) Dawid en Jonatan


Verbondloos

1 John 2:15-17 (MKJV)
Do not love the world, nor the things in the world. If anyone loves the world, the love of the Father is not in him, because all that is in the world,...
the lust of the flesh (‘self-protection’ … wanting your own way MSG), and
the lust of the eyes (‘self-provision’ … wanting everything for yourself MSG), and
the pride of life (‘self-presentation’ … wanting to appear important MSG),
…is not of the Father, but is of the world. 17And the world passes away, and the lust of it, but he who does the will of God abides forever.

1 John 2:16-17 (AMP)
For all that is in the world - the lust of the flesh [craving for sensual gratification] and the lust of the eyes [greedy longings of the mind] and the pride of life [assurance in one's own resources or in the stability of earthly things] - these do not come from the Father but are from the world [itself]. 17And the world passes away and disappears, and with it the forbidden cravings (the passionate desires, the lust) of it; but he who does the will of God and carries out His purposes in his life abides (remains) forever.

New Covenant

The conclusion I have come to is that Christ – His birth, life, death on the Cross, burial and resurrection – has become the cornerstone of our faith in the sense that everything about Him verifies in time and space what God has been saying to us all along. This makes Him the centrepiece of Eternity, the centrepiece of Creation, the centrepiece of Humanity, the centrepiece of History and the centrepiece of our Soteriology and Eschatology.

This is the perspective from which I maintain that the Old Covenant which was done away with historically by the death of Christ, was not replaced by a New Covenant which began when He shed His blood or when the Holy Spirit was poured out on the Day of Pentecost ... the New Covenant is not ‘new’ because it replaced something ‘old’. The new covenant is ‘new’ because it never has been/ will be/ can be replaced or updated. It is eternally new. – Rick Moser

Jesus se antwoord om in die nuwe verbond te leef…. Matt 4:1-11

Jesus word uitgedaag omdat Hy honger is om klippe in brood te verander…
1. Leef van die Woorde van Christus (vers 4)
Jesus word uitgedaag om van die gebou af te spring en die engele sal hom vang…
2. Vertrou die Here om te voorsien op Sy manier en Sy tyd (vers 7)
Jesus word uitgedaag om op Sy kniee te vale n die duiwel te aanbid….
3. Onderwerp jou trots en status gedrewenheid  and God se outoriteit (vers 10)

Vrae vir jou kleingroep…
1. Leef jy in die ou verbond?
2. Leef jy verbondloos?
3. Leef jy in die nuwe verbond?
4. Kom ons bid saam oor die area waar jy nie oorwining beleef nie.


Saturday, June 27, 2015

Hebreers 3 - Geestelike Volwassenheid


Hebreërs 5 en 6

Die skrywer lei ons in die twee hoofstukke om te groei na geestelike volwassenheid.

Jesus as Hoëpriester : Hebr. 5: 1-10 

Die rol van die Hoëpriester
Hebr. 5:1Laat ons oor hoëpriesters nadink. ’n Hoëpriester word uit mense gekies en aangestel om ander mense se sake by God te behartig. Dit gaan oor godsdienstige dinge wat God raak: die hoëpriester moet allerhande offers vir God gee sodat God nie die mense straf vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.

Hy was Middelaar tussen God en die mens.

Twee primêre offers is gebring:
1. Sondeoffer – Die sonde van die mens is oorgedra op die lam.
2. Brandoffer – Dit het ‘n  aangename geur aan God gebring. Die perfektheid van die lam is oorgedra na die mens.

Jesus word deur God aangestel (gestuur) as Hoëpriester en as lam Hebr. 5:6

Joh 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

As Hoëpriester word Jesus die middelaar tussen God en die mens.

Rom 8: 33Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. 34Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.


  • Ons sonde word op Hom geplaas (Sondeoffer).
  • Sy identiteit word oorgeplaas na ons (Brandoffer).


Hebr. 5:7Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het. 8Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het.
9 Op hierdie manier het Hy volmaaktheid bereik sodat Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword.

Die besef dat ons verlore was en uit genade gered is, laat ons na God soek.
Calvin:   “That none of us will seek God until we first become displeased with ourselves as sinners.”

Luk 18: 9Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het: 10“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. 11Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. 12Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ’n tiende van alles wat ek verdien!’
13“Die tollenaar het op ’n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig!’
14 “Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Groei na geestelike volwassenheid Hebr. 5:11-14 en 6: 1-3

Selgroep vraag "Wat beteken geestelike volwassenheid vir julle?"

Die skrywer daag ons uit om nie te bly by die sondeoffer nie, maar verder te beweeg na die brandoffer.

Om te bly by die sondeoffer is om net Jesus te sien as die een wat jou sonde gedurig deur moet vergewe en jou moet help.

Om te beweeg na die brandoffer is om in besit te neem dit wat Jesus vir jou in stoor het.

“Dit is nie wat jy doen wat bepaal wie jy is nie, dit is wat jy is, wat bepaal wat jy doen”

Ons probleem is volgens vers 11 dat ons “traag is om te leer”

Die letterlike vertaling sê ons hoor, maar ons maak die waarheid nie deel van ons lewe nie.

Julle moes al: 
volgens vers 12 onderrig gegee het oor Geestelike waarhede.
Die vermoë  gehad het om goed bo kwaad te kies. Vers 14.

By wedergeboorte het jy nie op een slag al jou ou gewoontes wat met tyd aangeleer, is afgelê nie.
Daarom moet ons gedurig ons gedagtes vernuwe en ‘n nuwe Koninkrykslewe aanleer.

Jy staan elke dag voor ‘n geloof en gehoorsaamheid keuse.
Die Heilige Gees se stem roep jou na waarheid.
Die vlees se stem roep jou na ‘n leuen.
Jou wil moet kies watter stem jy wil glo en volg.

Selgroep vraag:  "Hoe hanteer jy versoekings?"

Daar is nog meer in stoor vir jou.  Hebr 11:13-20

Die skrywer gebruik Abraham as voorbeeld, dat God se uitsprake en beloftes absolute waarheid is.

Sy woord staan vas.
Hebr 6: 18 Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. 19 Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke

God het uitstprake oor jou lewe:
‘n Uitspraak van Genade en geen afstand.
‘n Uitspraak oor wie jy in Christus is.
‘n Uitspraak oor Sy volheid wat in jou is.

 As jy God se woord oor jou aangryp en  Sy wyse van lewe as totale waarheid sien, sal jou geloof in Sy woord jou laat groei.  Jy sal dan beleef wat beteken ‘n volheidslewe in Christus.

Selgroepvraag: "Watter waarhede vorm geestelike ankers in jou lewe?"

Laastens – Geestelike volwassenheid is om n kanaal te wees waardeur hierdie waarhede in en deur jou vloei.

Saturday, June 20, 2015

Hebreërs 2 - Lewe vanuit ʼn plek van rus


Hebreërs gaan oor my en jou erfporsie, die ontdek dat ons gemaak is as ʼn seun en ʼn dogter van ʼn lewende hemelse Vader. Sy begeerte is dat ons onsself sal ontdek in die bloudruk van Jesus Christus. Dat ons sal besef ons het nodig om aan te hou groei in wie ons is in Jesus en dat ons op hierdie aarde sal heers vanuit daardie perspektief (Rom 5:17).

Agtergrond oor die boek…..
Die boek is geskryf aan ʼn gemeente (heidene wat God gevrees het maar nog nie beskou was as Christene nie) wat in hul geestelike ontwikkeling kort geraak het van asem (Soos iemand wat min geoefen is (Heb 5:12). En ook vir die wat begin twyfel het aan hul geloof in Christus, kan die Here dit nog doen? Is hierdie die geloof wat ek moet navolg?

Riglyn vir die boek….

Nuwe identiteit – Seunskap Hfst 1&2 – jy moet ontdek jy is ingesluit in die erfenis
Nuwe verwysing – Rus Hstk 3&4 – rus van God wat vertroue gehad het in sy woord ons rus deur te vertrou /geloof in rus want God se werk sal doen wat hy gese het maak die woord deel van ons lewe sodat dit uitstroom oor ons lewe
Nuwe stand – geregtigheid Hfst 5&6 – dit vestig my in geregtigheid posisie van waar ek leef
Nuwe vrymoedigheid – intimiteit Hfst 7-10
Nuwe verwagting – geloof Hfst 11&12
Nuwe lewenswyse – vrug Hfst 13

Vandag -  Hoofstuk 3 en 4

Hierdie 2 hoofstukke gaan primêr oor die geleentheid wat ons het om in die rus van God in te gaan.

Hoofstuk 3 begin waar die skrywer se:
“Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.

Terwyl Jesus die bloudruk / voorbeeld vir en van ons is, is dit nodig om aandagtig op Jesus te fokus – Hy se eintlik maak seker dat niks julle aandag van Hom af wegvat nie.
Baie interessant – dit is die enigste plek in die Bybel waar Jesus ʼn Apostel genoem word – Die woord apostel beteken “One who is sent” God het Hom na ons gestuur met ʼn boodskap – nodig is om hoor wat Hy se en te let op Hom – want Hy is deel van die boodskap.
Hebreërs is ook die enigste boek in die Bybel wat na Jesus verwys as ons Hoëpriester. So as Apostel praat Hy met die mens namens God en As Hoëpriester praat Hy met God namens die mens. As middelaar staan Hy in die gaping tussen God en die mens.

Die skrywer haal Psalm 95:8-11 aan wat blykbaar aan die begin van elke Sabat in die sinagoges voorgelees is
Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie, waar julle voorvaders My uitgetart en my geduld beproef het, hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het. Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad, Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk, hulle wil my paaie nie ken nie.’ Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê dat hulle nooit sou uitkom by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.
Vers 19 se - Ons sien dus dat hulle as gevolg van hulle ongeloof nie in sy rus kon ingaan nie.

Heb 4:1
Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie.
God maak dit nog moontlik om in sy rus in te gaan

Psalm 23 gee vir ons ’n prentjie van God se rus – ‘n plek van rus
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Die sleutel tot hierdie plek van rus – plek van vrede is verhouding
Op die sewende dag nadat God alles geskape het, het Hy gerus -
Gen 2:2  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
Gen 2:3  En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Hierdie dag van rus was eintlik ‘n aankondiging / deklerasie dat sy werk volbring is
Francois du Toit
The Sabbath Rest, the celebration of a perfect union. In Christ the Sabbath Rest is no longer a shadow, a special holy day in the week, but the celebration of a perfect redemption; the exact image and likeness of God revealed and redeemed in human form; it is the place of God’s unhindered enjoyment of man, and man’s unhindered enjoyment of God.

Wat is nodig om hierdie rus van God in te gaan? - Geloof

Heb 4:3
Ons wat glo, gaan wel in die rus in.........


4:9 The conclusion is clear the original rest is still in place for God’s people.
4:10 God’s rest celebrates His finished work, whoever enters into God’s rest immediately quits his own efforts to add to or complement what God has already perfected. (The language of the law is “do”; the language of grace is“done.”)
4:11Let us therefore be quick to understand and fully appropriate that rest
and not fall again into the same trap that snared Israel in unbelief. (Their
addiction to the law of their own effort.)

Dis God se woord wat ons belyn met Christus en gepaard met geloof neem dit ons na ‘n plek van rus
Heb
4:12 (The moment we cease from our own efforts to justify ourselves, God’s word takes over the action; what God spoke to us in the incarnation, His final Word, radiating His image and likeness (1:1-3) powerfully impacts our whole being, body, soul and spirit) what He spoke becomes a living and powerful influence in us, cutting like a doctor’s scalpel, sharper than a
soldier’s sword, piercing to the deepest core of human conscience, to the division of soul and spirit, ending the dominance of the sense realm of the soul and its neutralising effect upon the human spirit; thus freeing the spirit to be the ruling influence again in the thoughts and intentions of the heart.(Spirit and not soul is compatible to mingle with faith,)

Omdat Jesus ons Hoe Priester is wat vir ons in die gaping staan het ons vrymoedigheid.
Heb 4:14  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
Heb 4:15  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

MATTEUS 11:28

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”


Kleingroep vrae:
1.Hoe beleef jy God se rus in jou lewe?
2.Is daar areas in jou lewe wat veroorsaak dat jy nie kan leef vanuit 'n plek van rus nie?
3. Watter rol speel die Bybel in jou geloofslewe?

Friday, June 12, 2015

Hebreërs 1- ‘n Nuwe Gesprek...Seunskap

Hebreërs gaan oor my en jou erfporsie, die ontdek dat ons gemaak is as ‘n seun en ‘n dogter van ‘n lewende hemelse Vader. Sy begeerte is dat ons onsself sal ontdek in die bloudruk van Jesus Christus. Dat ons sal besef ons het nodig om aan te hou groei in wie ons is in Jesus en dat ons op hierdie aarde sal heers vanuit daardie perspektief (Rom 5:17).

Waar pas Hebreers in?

Wanneer ek die Bybel lees dan is dit vir my hierdie ontvou van ‘n prentjie van God en die mens en Sy intense behoefte aan die mens en om homself daarin te sien

  • Johannes – verhouding
  • Romeine – identiteit
    •   Goeie Nuus
    •   Verklaring van onskuld van die mens
    •   Jou nuwe identiteit
    •   Kerk is die agent wat die bevryding van skuld,skaamte en seer kom vasmaak
    •   Waar ek die Effek van die goeie nuus ontdek het, dat genade my kom bevry het van die mag van sonde, die effek wat sonde op my het
    •  Hy in ons 
    •  Nie meer ‘n muur van skeiding nie dit is afgehandel
    •  Vader wat verhouding met sy kinders wil herstel 
    •  Nie net sonde uitsorteer nie, Hy wil my sondebewustheid verwyder.
  • Efesiers – die kerk
  • Hebreers – erfenis (1 Joh 2:12-14; kinders, seuns, vaders)

Agtergrond oor die boek…..

Niemand weet wie het die boek geskryf nie, dit is heelwaarskynlik die tweede of derde geslag van Christen wat van die geskrifte van sy voorgangers gelees het.
Die boek is geskryf aan ‘n gemeente (heidene wat God gevrees het maar nog nie beskou was as Christene nie) wat in hul geestelike ontwikkeling kort geraak het van asem (Soos iemand wat min geoefen is (Heb 5:12). En ook vir die wat begin twyfel het aan hul geloof in Christus, kan die Here dit nog doen? Is hierdie die geloof wat ek moet navolg?

  • Baie van Paulus se insigte
  • Hebreërs se verwysing alles wat hy gese het was ‘n skadubeeld 
  • Ou verbond en die nuwe verbond
  • Vervulling van verbond
  • Bybel verhaal van verbond – OT en NT
  • Wat is Testament? – dit is erfenis
  • Hebreërs gaan oor verklaring wat ons sin is

Riglyn vir die boek….

Nuwe identiteit – Seunskap Hfst 1&2 – jy moet ontdek jy is ingesluit in die erfenis
Nuwe verwysing – Rus Hstk 3&4 – rus van God wat vertroue gehad het in sy woord ons rus deur te vertrou /geloof in rus want God se werk sal doen wat hy gese het maak die woord deel van ons lewe sodat dit uitstroom oor ons lewe
Nuwe stand – geregtigheid Hfst 5&6 – dit vestig my in geregtigheid posisie van waar ek leef
Nuwe vrymoedigheid – intimiteit Hfst 7-10
Nuwe verwagting – geloof Hfst 11&12
Nuwe lewenswyse – vrug Hfst 13

Vandag – Hfst 1&2....

  1. Die gesprek oor die Seun (1:1-5) – Ps 2 (Die Messias – eis van my nasies)
  2. Die Eergebore Seun (1:6-14) – Efe 4:8-10 – die gawe van Christus (likeness) wat hy in besit neem –julle was duisternis maar nou is julle lig – die engele se werk (v14) is om hierdie erfdeel(gelykvormigheid aan Christus) te administreer.
  3. Die Naam wat ek en jy kry (2:1-12) – Gen 45:1 – Josef homself bekend gemaak het aan sy broers – safar – term wat gebruik is om iets te vat end it uit te kap sodat dit ‘n ewebeeld vorm.
  4. My en jou assosiasie met Hom (2:13-18) – Rom 5:10 – versoen met Hom


Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun  wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.  (Heb 1:1-4 AOV)

1:1 Throughout ancient times God spoke in many fragments and glimpses of prophetic thought to our fathers.
1:2 Now, the sum total of His conversation with man has finally culminated in a son; He is the official heir of all things, He is after all the author of the ages. In Him everything finds their destiny. (Christ is the crescendo of God’s conversation with us.)
1:3 We have our beginning and our being in Him; He is the force of the universe that sustains everything that is by His eternal utterance! Jesus is the radiance and flawless expression of the nature of God; He makes the glory (intent) of God visible and gives stature to the character and person of God in human form. (Gen.1:26, 27) This powerful final utterance of God (the incarnation) is the vehicle that carries the weight of the universe. He is the central theme of everything that exists. The content of His message celebrates the fact that God took it upon Himself to successfully purge and acquit mankind. Jesus is now His right hand of power, seated in the boundless measure of His majesty. He occupies the highest seat of authority there representing our innocence.(“Having accomplished purification of sins, He sat down...”) .....Francois du Toit


  • Dit beteken God het ‘n nuwe gesprek oop
  • Hoe hy gepraat het in die verlede is oud
  • Vandag praat hy met my en jou deur sy Seun
  • Die boek van Heb gaan oor hierdie verwysing van dat hier iets gebeur het wat alles nuut maak. Wat is die nuwe gesprek?

Inhoud van hierdie gesprek....

Resultaat van die gesprek is dat ek en jy ons sekuriteit van ons waarde sal vind in Hom.Dat ek sal verstaan dat my identiteit gewortel is in Sy waarde.

Ons begin by Gen 1:26-28...geskape na Sy beeld, gelykenis om te heers
Ons eindpunt (destination) - Rom 8:29-30 … gelykvormig aan Christus, as broers en susters, dit is ons erfenis.

‘n nuwe skepping 
‘n nuwe skepsel… 2 Kor 5:17 / Joh 1:12 / Rom 8:14-16/Heb 2:11...dieselfde oorsprong

‘n nuwe onskuld
… I am no longer a sinner, I am aware of my INNOCENCE before God (Rom 4:24 MWBE).

‘n nuwe identiteit 
Gal 2:20 MSG  Christ's life showed me how, and enabled me to do it. I identified myself completely with him. Indeed, I have been crucified with Christ. My ego is no longer central…

‘n nuwe woonplek
Ekbeleef hierdie konstante teenwoordigheid waarin die Heilige Gees kom woning maak het in my en jou...’n permanente woonplek (Joh 14:21 / 1 Kor 6:20 / Efe 2:19-22)

‘n nuwe verwysing
Ek bestudeer die Bybel vanuit ‘n Nuwe Testmentiese perspektief, die woorde uit Christus se mond (Rom 10:17 Amp) word my verwysing (Heb 1:1-3 / John 5:39-40 / Luk 24:27 / James 1:23-25 MWBE)

‘n Nuwe vrymoedigheid
Ek het geen vrees om dood te gaan omdat ek alreeds begin leef het vir ewig in Christus, ek sal Hom sien van aangesig tot aangesig, sal vir ewig saam Hom leef… (Joh 3:36 / 1 Joh 5:12-13 / 1 Joh 3:2 / 2 Kor 3:18)

‘n Nuwe verhouding (communion)
Die betekenis van die sakramente (doop – identifikasie -en nagmaal –vereenselwiging- )...’n konstante herinnering aan hoe Hy my sien en waardeer (Matt 26 / Mark 14 / Luk 23 / John 12 & 13)

Die Nuwe gesprek se dit is volbring in Christus.
Die Nuwe testament se alles wat myne is is joune.
Neem in besit jou erfdeel.

Hoekom neem ons dit nie in besit nie ?

Verlore seun se storie Luk 15:11 - 32


  • Hy soek sy erfdeel en besluit hy gaan dit gebruik
  • Die ander broer bly by die huis
  • Hy weet wat is sy erfporsie maar hongersnood (duiwel, selfsug, opinies van mense) laat hom dit verloor
  • Dan kies hy om terugtegaan na die wet


  1. Onkunde – Weet nie wat my erfdeel is nie ek ken net die wet (vers 16)
  2. Skuld en veroordeling - Weet dat ek ‘n seun is maar ek kies om ‘n slawementaliteit te hê (vers 18-19)
  3. Vasgeval in prestasie - Ek gedra my soos ’n kind (Vers 29) -Ouboet is ongelukkig. Selfregverdigende gedagtes. Hy het alles gehad, so vasgeval in prestasie jy moet in hierdie familie gereken word jy is ’n erfgenaam maar jy gedra jou soos ’n kind.

God found us first in Christ long before we were lost in Adam – Francois du Toit

We live and move in Him, can't get away from Him! One of your poets said it well: 'We're the God-created.'  (Act 17:28 MSG)

For all increase, progress, enlargement, growth, maturity, it is essential that there should be in the heart a continuous unveiling of Jesus Christ if we are to reach God’s full end. – T. Austin-Sparks

Kleingroep vrae:
1.Wat beteken dit vir jou om ‘n seun of ‘n dogter van God te wees?
2.Wat van jou identiteit het jy ontdek uit Heb 1 en 2?
3.Wat is die areas waarin jy nog ‘n slawementaliteit het?

Saturday, June 6, 2015

Sent - Gesonde stad - Spiritualiteit


Gesonde Stad


Een van die bakens  van ‘n gesonde stad is ‘n gesonde spiritualiteit.
Die middelpunt en hartklop van ‘n gesonde stad is Christus. Die kerk verteenwoordig Hom in die samelewing.

Die groot opdrag

Vanuit Matt 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Die verantwoordelikheid van die kerk is om:
‘n Passie te hê om mense te help om Jesus volgelinge te word.
Mense te help groei in hulle verhouding met Jesus.
Mense te help om in gehoorsaamheid aan Jesus te leef, sodat hulle ’n verskil sal maak.

Ons elkeen vorm deel daarvan om ‘n verskil te maak.
Selgroep vraag: Bespreek Matt 28:19 as ‘n opdrag vir julle selgroep.

Bybelstudie van Joh 4.

Jesus gee vir ons ‘n praktiese voorbeeld hoe  Hy iemand genader het.

Ons begin by die einde van die storie.

Jesus skets die realiteit van die samelewing.

Joh 4: 35 “Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier. Kyk net hoe ryp staan die ‘oes’. 36 Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat ‘oes’, kry al hulle ‘lone’. Dit gaan natuurlik nie om ’n gewone oes nie, maar om die ‘oes van mense’. Omdat hulle deel van die ‘oes’ is, sal hulle vir altyd saam met God leef.

Kyk om jou:  
Daar is mense wat nog Jesus moet volg.
Daar is mense wat naby jou wat  gereed is om die evangelie van goeie nuus te hoor.

Hierin is lewensvervulling
Joh 4: 31 Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” 32 Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.”
33 Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?”
34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Selgroep vraag: Vertel mekaar watter impak dit op jou lewe gemaak het om na ander uit te reik

Mense het nodig om tot bekering te kom.
Kyk na die Youtube link

https://www.youtube.com/watch?v=U3TC03kQ_Do

Hoe benader ek die mense rondom my? 

Joh 4: 34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.
Jou opdrag is om net te reageer op Jesus se leiding.
Hy stuur en jy reageer in gehoorsaamheid.

Jou opdrag is nie om drie mense per maand na die Here toe te lei nie, maar om ingestel te wees vir Sy stem wat jou uitdaag om betrokke te raak.

Sy opdrag kan so eenvoudig wees soos: 
Nooi iemand vir n braai.
Drink n koffie saam met ‘n kollega
Begin saam met ‘n iemand ‘n groep waar julle mense nooi om bv. deur ‘n huweliksproses te gaan.

Begin bid vir die mense wat die Here op jou hart plaas.

Jesus tree in gehoorsaamheid op en begin met die Samaritaanse vrou te gesels

Joh. 4: 7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”

Soek die geleentheid waar jy die gesprek van water na lewende water neem.

John 4: 7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”
10 Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Jesus soek n geleentheid om die gesprek  in ‘n geestelike rigting  te lei.
Jesus wag om te sien of sy reageer.

Joh 4 11 Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?

Luister of jy kan hoor waarmee mense stoei in die lewe? 

Geleenthede waar jy kan vertel hoe Jesus jou gehelp het.
Wanneer vriende vertel van hulle krisisse.
Wees sensitief vir geleenthede waar die Heilige Gees se gawes deur jou kan bedien.
Bid vir mense.
Hoe kan jy hulle prakties help.
Skep n geleentheid waar hulle God se goedheid kan beleef

Luister tussen die lyne of jy die volgende uitroep kan hoor

Ek het Jesus nodig.
Here Help my.

Dit is hier waar Jesus haar begelei na ‘n fontein van ewige Water.

JOh 4:13 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Gebruik jou storie: 
EK was ver van die Here en in beheer van my eie lewe.
Jesus het my so liefgehad dat Hy my nie in die toestand wou los nie.
Ek het my lewe aan Hom gegee.
Dit het my lewe ingrypend verander.

Die groot vrae? 
Wil jy nie hê Jesus moet elke dag deel wees van jou lewe nie?
Wil jy nie Jesus volg nie?
Wil jy nie jou lewe aan Jesus gee nie?

Kan ek saam met jou bid
Bid dat Jesus jou verlede sal vergewe.
Se vir Jesus jy wil Hom volg met jou hele lewe.

Nooi die persoon na ‘n kerk of groep waar hy geestelik kan groei. 
Jes 32 1 Kyk, daar kom ’n koning wat met absolute regverdigheid regeer. Ook sy amptenare se administrasie sal eerlik wees. 2 Net soos ’n sterk skuilplek iemand teen die wind en die storms beskerm, sal hulle die volk beskerm. Hulle sal vir die volk soos ’n stroom koue water in ’n droë land wees en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n kaal, onherbergsame land. 3 Dan sal hulle oë en hulle ore oop wees om te sien wat die Here vir hulle wil wys, en te hoor wat Hy vir hulle wil sê. 4 Selfs dié wat ongeduldig en oorhaastig was, sal rustig oor ’n saak dink en gesonde oordeel aan die dag lê. Dié wat onseker was van hulleself en stamelend hulle saak probeer stel het, sal vol vertroue praat en hulle punt maak.