Saturday, June 27, 2015

Hebreers 3 - Geestelike Volwassenheid


Hebreërs 5 en 6

Die skrywer lei ons in die twee hoofstukke om te groei na geestelike volwassenheid.

Jesus as Hoëpriester : Hebr. 5: 1-10 

Die rol van die Hoëpriester
Hebr. 5:1Laat ons oor hoëpriesters nadink. ’n Hoëpriester word uit mense gekies en aangestel om ander mense se sake by God te behartig. Dit gaan oor godsdienstige dinge wat God raak: die hoëpriester moet allerhande offers vir God gee sodat God nie die mense straf vir al die verkeerde dinge wat hulle doen nie.

Hy was Middelaar tussen God en die mens.

Twee primêre offers is gebring:
1. Sondeoffer – Die sonde van die mens is oorgedra op die lam.
2. Brandoffer – Dit het ‘n  aangename geur aan God gebring. Die perfektheid van die lam is oorgedra na die mens.

Jesus word deur God aangestel (gestuur) as Hoëpriester en as lam Hebr. 5:6

Joh 3:16 “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

As Hoëpriester word Jesus die middelaar tussen God en die mens.

Rom 8: 33Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. 34Wie sal ons veroordeel? Christus Jesus is tog die Een wat vir ons gesterf het, wat boonop ook opgestaan het, wat op die ereplek langs God sit en wat daar vir ons pleit.


  • Ons sonde word op Hom geplaas (Sondeoffer).
  • Sy identiteit word oorgeplaas na ons (Brandoffer).


Hebr. 5:7Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het. 8Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het.
9 Op hierdie manier het Hy volmaaktheid bereik sodat Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword.

Die besef dat ons verlore was en uit genade gered is, laat ons na God soek.
Calvin:   “That none of us will seek God until we first become displeased with ourselves as sinners.”

Luk 18: 9Toe het Jesus hierdie gelykenis vertel met die oog op sommige mense wat oortuig is dat hulle saak voor God reg is, maar die ander mense verag het: 10“Twee mense het na die tempel toe gegaan om te bid. Die een was ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. 11Die Fariseër het gaan staan en by homself gebid: ‘O God, ek is dankbaar teenoor U dat ek nie soos die ander mense is nie – diewe, onregverdiges, ontugtiges of ook soos hierdie tollenaar. 12Ek vas twee keer gedurende die week, en ek gee ’n tiende van alles wat ek verdien!’
13“Die tollenaar het op ’n afstand bly staan en wou selfs nie na die hemel opkyk nie. Hy het vol skuldbesef op sy bors geslaan en gesê: ‘O God, wees my, sondaar, genadig!’
14 “Ek sê vir julle: Hierdie man, eerder as die eerste een, gaan huis toe as iemand wie se saak met God reg is. Elkeen wat homself verhef bo ander, sal verneder word, maar hy wat homself nederig ag, sal verhoog word.”

Groei na geestelike volwassenheid Hebr. 5:11-14 en 6: 1-3

Selgroep vraag "Wat beteken geestelike volwassenheid vir julle?"

Die skrywer daag ons uit om nie te bly by die sondeoffer nie, maar verder te beweeg na die brandoffer.

Om te bly by die sondeoffer is om net Jesus te sien as die een wat jou sonde gedurig deur moet vergewe en jou moet help.

Om te beweeg na die brandoffer is om in besit te neem dit wat Jesus vir jou in stoor het.

“Dit is nie wat jy doen wat bepaal wie jy is nie, dit is wat jy is, wat bepaal wat jy doen”

Ons probleem is volgens vers 11 dat ons “traag is om te leer”

Die letterlike vertaling sê ons hoor, maar ons maak die waarheid nie deel van ons lewe nie.

Julle moes al: 
volgens vers 12 onderrig gegee het oor Geestelike waarhede.
Die vermoë  gehad het om goed bo kwaad te kies. Vers 14.

By wedergeboorte het jy nie op een slag al jou ou gewoontes wat met tyd aangeleer, is afgelê nie.
Daarom moet ons gedurig ons gedagtes vernuwe en ‘n nuwe Koninkrykslewe aanleer.

Jy staan elke dag voor ‘n geloof en gehoorsaamheid keuse.
Die Heilige Gees se stem roep jou na waarheid.
Die vlees se stem roep jou na ‘n leuen.
Jou wil moet kies watter stem jy wil glo en volg.

Selgroep vraag:  "Hoe hanteer jy versoekings?"

Daar is nog meer in stoor vir jou.  Hebr 11:13-20

Die skrywer gebruik Abraham as voorbeeld, dat God se uitsprake en beloftes absolute waarheid is.

Sy woord staan vas.
Hebr 6: 18 Ons wat na God toe is om gered te word kan daarom vir seker weet dat God sy beloftes sal hou. 19 Om God so te vertrou is soos ’n geestelike anker. Dit gee ons lewe vastigheid en sekerheid. Dit verbind ons ook direk met God self in die heiligste van heilige plekke

God het uitstprake oor jou lewe:
‘n Uitspraak van Genade en geen afstand.
‘n Uitspraak oor wie jy in Christus is.
‘n Uitspraak oor Sy volheid wat in jou is.

 As jy God se woord oor jou aangryp en  Sy wyse van lewe as totale waarheid sien, sal jou geloof in Sy woord jou laat groei.  Jy sal dan beleef wat beteken ‘n volheidslewe in Christus.

Selgroepvraag: "Watter waarhede vorm geestelike ankers in jou lewe?"

Laastens – Geestelike volwassenheid is om n kanaal te wees waardeur hierdie waarhede in en deur jou vloei.

No comments:

Post a Comment