Friday, June 12, 2015

Hebreërs 1- ‘n Nuwe Gesprek...Seunskap

Hebreërs gaan oor my en jou erfporsie, die ontdek dat ons gemaak is as ‘n seun en ‘n dogter van ‘n lewende hemelse Vader. Sy begeerte is dat ons onsself sal ontdek in die bloudruk van Jesus Christus. Dat ons sal besef ons het nodig om aan te hou groei in wie ons is in Jesus en dat ons op hierdie aarde sal heers vanuit daardie perspektief (Rom 5:17).

Waar pas Hebreers in?

Wanneer ek die Bybel lees dan is dit vir my hierdie ontvou van ‘n prentjie van God en die mens en Sy intense behoefte aan die mens en om homself daarin te sien

  • Johannes – verhouding
  • Romeine – identiteit
    •   Goeie Nuus
    •   Verklaring van onskuld van die mens
    •   Jou nuwe identiteit
    •   Kerk is die agent wat die bevryding van skuld,skaamte en seer kom vasmaak
    •   Waar ek die Effek van die goeie nuus ontdek het, dat genade my kom bevry het van die mag van sonde, die effek wat sonde op my het
    •  Hy in ons 
    •  Nie meer ‘n muur van skeiding nie dit is afgehandel
    •  Vader wat verhouding met sy kinders wil herstel 
    •  Nie net sonde uitsorteer nie, Hy wil my sondebewustheid verwyder.
  • Efesiers – die kerk
  • Hebreers – erfenis (1 Joh 2:12-14; kinders, seuns, vaders)

Agtergrond oor die boek…..

Niemand weet wie het die boek geskryf nie, dit is heelwaarskynlik die tweede of derde geslag van Christen wat van die geskrifte van sy voorgangers gelees het.
Die boek is geskryf aan ‘n gemeente (heidene wat God gevrees het maar nog nie beskou was as Christene nie) wat in hul geestelike ontwikkeling kort geraak het van asem (Soos iemand wat min geoefen is (Heb 5:12). En ook vir die wat begin twyfel het aan hul geloof in Christus, kan die Here dit nog doen? Is hierdie die geloof wat ek moet navolg?

  • Baie van Paulus se insigte
  • Hebreërs se verwysing alles wat hy gese het was ‘n skadubeeld 
  • Ou verbond en die nuwe verbond
  • Vervulling van verbond
  • Bybel verhaal van verbond – OT en NT
  • Wat is Testament? – dit is erfenis
  • Hebreërs gaan oor verklaring wat ons sin is

Riglyn vir die boek….

Nuwe identiteit – Seunskap Hfst 1&2 – jy moet ontdek jy is ingesluit in die erfenis
Nuwe verwysing – Rus Hstk 3&4 – rus van God wat vertroue gehad het in sy woord ons rus deur te vertrou /geloof in rus want God se werk sal doen wat hy gese het maak die woord deel van ons lewe sodat dit uitstroom oor ons lewe
Nuwe stand – geregtigheid Hfst 5&6 – dit vestig my in geregtigheid posisie van waar ek leef
Nuwe vrymoedigheid – intimiteit Hfst 7-10
Nuwe verwagting – geloof Hfst 11&12
Nuwe lewenswyse – vrug Hfst 13

Vandag – Hfst 1&2....

  1. Die gesprek oor die Seun (1:1-5) – Ps 2 (Die Messias – eis van my nasies)
  2. Die Eergebore Seun (1:6-14) – Efe 4:8-10 – die gawe van Christus (likeness) wat hy in besit neem –julle was duisternis maar nou is julle lig – die engele se werk (v14) is om hierdie erfdeel(gelykvormigheid aan Christus) te administreer.
  3. Die Naam wat ek en jy kry (2:1-12) – Gen 45:1 – Josef homself bekend gemaak het aan sy broers – safar – term wat gebruik is om iets te vat end it uit te kap sodat dit ‘n ewebeeld vorm.
  4. My en jou assosiasie met Hom (2:13-18) – Rom 5:10 – versoen met Hom


Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun  wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het. Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte, terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.  (Heb 1:1-4 AOV)

1:1 Throughout ancient times God spoke in many fragments and glimpses of prophetic thought to our fathers.
1:2 Now, the sum total of His conversation with man has finally culminated in a son; He is the official heir of all things, He is after all the author of the ages. In Him everything finds their destiny. (Christ is the crescendo of God’s conversation with us.)
1:3 We have our beginning and our being in Him; He is the force of the universe that sustains everything that is by His eternal utterance! Jesus is the radiance and flawless expression of the nature of God; He makes the glory (intent) of God visible and gives stature to the character and person of God in human form. (Gen.1:26, 27) This powerful final utterance of God (the incarnation) is the vehicle that carries the weight of the universe. He is the central theme of everything that exists. The content of His message celebrates the fact that God took it upon Himself to successfully purge and acquit mankind. Jesus is now His right hand of power, seated in the boundless measure of His majesty. He occupies the highest seat of authority there representing our innocence.(“Having accomplished purification of sins, He sat down...”) .....Francois du Toit


  • Dit beteken God het ‘n nuwe gesprek oop
  • Hoe hy gepraat het in die verlede is oud
  • Vandag praat hy met my en jou deur sy Seun
  • Die boek van Heb gaan oor hierdie verwysing van dat hier iets gebeur het wat alles nuut maak. Wat is die nuwe gesprek?

Inhoud van hierdie gesprek....

Resultaat van die gesprek is dat ek en jy ons sekuriteit van ons waarde sal vind in Hom.Dat ek sal verstaan dat my identiteit gewortel is in Sy waarde.

Ons begin by Gen 1:26-28...geskape na Sy beeld, gelykenis om te heers
Ons eindpunt (destination) - Rom 8:29-30 … gelykvormig aan Christus, as broers en susters, dit is ons erfenis.

‘n nuwe skepping 
‘n nuwe skepsel… 2 Kor 5:17 / Joh 1:12 / Rom 8:14-16/Heb 2:11...dieselfde oorsprong

‘n nuwe onskuld
… I am no longer a sinner, I am aware of my INNOCENCE before God (Rom 4:24 MWBE).

‘n nuwe identiteit 
Gal 2:20 MSG  Christ's life showed me how, and enabled me to do it. I identified myself completely with him. Indeed, I have been crucified with Christ. My ego is no longer central…

‘n nuwe woonplek
Ekbeleef hierdie konstante teenwoordigheid waarin die Heilige Gees kom woning maak het in my en jou...’n permanente woonplek (Joh 14:21 / 1 Kor 6:20 / Efe 2:19-22)

‘n nuwe verwysing
Ek bestudeer die Bybel vanuit ‘n Nuwe Testmentiese perspektief, die woorde uit Christus se mond (Rom 10:17 Amp) word my verwysing (Heb 1:1-3 / John 5:39-40 / Luk 24:27 / James 1:23-25 MWBE)

‘n Nuwe vrymoedigheid
Ek het geen vrees om dood te gaan omdat ek alreeds begin leef het vir ewig in Christus, ek sal Hom sien van aangesig tot aangesig, sal vir ewig saam Hom leef… (Joh 3:36 / 1 Joh 5:12-13 / 1 Joh 3:2 / 2 Kor 3:18)

‘n Nuwe verhouding (communion)
Die betekenis van die sakramente (doop – identifikasie -en nagmaal –vereenselwiging- )...’n konstante herinnering aan hoe Hy my sien en waardeer (Matt 26 / Mark 14 / Luk 23 / John 12 & 13)

Die Nuwe gesprek se dit is volbring in Christus.
Die Nuwe testament se alles wat myne is is joune.
Neem in besit jou erfdeel.

Hoekom neem ons dit nie in besit nie ?

Verlore seun se storie Luk 15:11 - 32


  • Hy soek sy erfdeel en besluit hy gaan dit gebruik
  • Die ander broer bly by die huis
  • Hy weet wat is sy erfporsie maar hongersnood (duiwel, selfsug, opinies van mense) laat hom dit verloor
  • Dan kies hy om terugtegaan na die wet


  1. Onkunde – Weet nie wat my erfdeel is nie ek ken net die wet (vers 16)
  2. Skuld en veroordeling - Weet dat ek ‘n seun is maar ek kies om ‘n slawementaliteit te hê (vers 18-19)
  3. Vasgeval in prestasie - Ek gedra my soos ’n kind (Vers 29) -Ouboet is ongelukkig. Selfregverdigende gedagtes. Hy het alles gehad, so vasgeval in prestasie jy moet in hierdie familie gereken word jy is ’n erfgenaam maar jy gedra jou soos ’n kind.

God found us first in Christ long before we were lost in Adam – Francois du Toit

We live and move in Him, can't get away from Him! One of your poets said it well: 'We're the God-created.'  (Act 17:28 MSG)

For all increase, progress, enlargement, growth, maturity, it is essential that there should be in the heart a continuous unveiling of Jesus Christ if we are to reach God’s full end. – T. Austin-Sparks

Kleingroep vrae:
1.Wat beteken dit vir jou om ‘n seun of ‘n dogter van God te wees?
2.Wat van jou identiteit het jy ontdek uit Heb 1 en 2?
3.Wat is die areas waarin jy nog ‘n slawementaliteit het?

No comments:

Post a Comment