Saturday, June 20, 2015

Hebreërs 2 - Lewe vanuit ʼn plek van rus


Hebreërs gaan oor my en jou erfporsie, die ontdek dat ons gemaak is as ʼn seun en ʼn dogter van ʼn lewende hemelse Vader. Sy begeerte is dat ons onsself sal ontdek in die bloudruk van Jesus Christus. Dat ons sal besef ons het nodig om aan te hou groei in wie ons is in Jesus en dat ons op hierdie aarde sal heers vanuit daardie perspektief (Rom 5:17).

Agtergrond oor die boek…..
Die boek is geskryf aan ʼn gemeente (heidene wat God gevrees het maar nog nie beskou was as Christene nie) wat in hul geestelike ontwikkeling kort geraak het van asem (Soos iemand wat min geoefen is (Heb 5:12). En ook vir die wat begin twyfel het aan hul geloof in Christus, kan die Here dit nog doen? Is hierdie die geloof wat ek moet navolg?

Riglyn vir die boek….

Nuwe identiteit – Seunskap Hfst 1&2 – jy moet ontdek jy is ingesluit in die erfenis
Nuwe verwysing – Rus Hstk 3&4 – rus van God wat vertroue gehad het in sy woord ons rus deur te vertrou /geloof in rus want God se werk sal doen wat hy gese het maak die woord deel van ons lewe sodat dit uitstroom oor ons lewe
Nuwe stand – geregtigheid Hfst 5&6 – dit vestig my in geregtigheid posisie van waar ek leef
Nuwe vrymoedigheid – intimiteit Hfst 7-10
Nuwe verwagting – geloof Hfst 11&12
Nuwe lewenswyse – vrug Hfst 13

Vandag -  Hoofstuk 3 en 4

Hierdie 2 hoofstukke gaan primêr oor die geleentheid wat ons het om in die rus van God in te gaan.

Hoofstuk 3 begin waar die skrywer se:
“Daarom, broers wat vir die Here afgesonder is en deelgenote is van die hemelse roeping, moet julle noukeurig let op Jesus, die Apostel en Hoëpriester van die geloof wat ons bely.

Terwyl Jesus die bloudruk / voorbeeld vir en van ons is, is dit nodig om aandagtig op Jesus te fokus – Hy se eintlik maak seker dat niks julle aandag van Hom af wegvat nie.
Baie interessant – dit is die enigste plek in die Bybel waar Jesus ʼn Apostel genoem word – Die woord apostel beteken “One who is sent” God het Hom na ons gestuur met ʼn boodskap – nodig is om hoor wat Hy se en te let op Hom – want Hy is deel van die boodskap.
Hebreërs is ook die enigste boek in die Bybel wat na Jesus verwys as ons Hoëpriester. So as Apostel praat Hy met die mens namens God en As Hoëpriester praat Hy met God namens die mens. As middelaar staan Hy in die gaping tussen God en die mens.

Die skrywer haal Psalm 95:8-11 aan wat blykbaar aan die begin van elke Sabat in die sinagoges voorgelees is
Moenie hardkoppig wees soos destyds by Meriba, soos die dag by Massa in die woestyn nie, waar julle voorvaders My uitgetart en my geduld beproef het, hoewel hulle gesien het wat Ek gedoen het. Veertig jaar lank het Ek 'n weersin in daardie geslag gehad, Ek het gesê: ‘Hulle is 'n moedswillige volk, hulle wil my paaie nie ken nie.’ Daarom het Ek in my toorn 'n eed afgelê dat hulle nooit sou uitkom by die rusplek wat Ek hulle wou gee nie.
Vers 19 se - Ons sien dus dat hulle as gevolg van hulle ongeloof nie in sy rus kon ingaan nie.

Heb 4:1
Terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog van krag is, moet ons oppas dat dit nie miskien later blyk dat een van julle agtergebly het nie.
God maak dit nog moontlik om in sy rus in te gaan

Psalm 23 gee vir ons ’n prentjie van God se rus – ‘n plek van rus
Die Here is my herder, ek kom niks kort nie. Hy laat my rus in groen weivelde. Hy bring my by waters waar daar vrede is. Hy gee my nuwe krag. Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam. Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig. U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.”

Die sleutel tot hierdie plek van rus – plek van vrede is verhouding
Op die sewende dag nadat God alles geskape het, het Hy gerus -
Gen 2:2  En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het.
Gen 2:3  En God het die sewende dag geseën en dit geheilig, omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat God geskape het deur dit te maak.

Hierdie dag van rus was eintlik ‘n aankondiging / deklerasie dat sy werk volbring is
Francois du Toit
The Sabbath Rest, the celebration of a perfect union. In Christ the Sabbath Rest is no longer a shadow, a special holy day in the week, but the celebration of a perfect redemption; the exact image and likeness of God revealed and redeemed in human form; it is the place of God’s unhindered enjoyment of man, and man’s unhindered enjoyment of God.

Wat is nodig om hierdie rus van God in te gaan? - Geloof

Heb 4:3
Ons wat glo, gaan wel in die rus in.........


4:9 The conclusion is clear the original rest is still in place for God’s people.
4:10 God’s rest celebrates His finished work, whoever enters into God’s rest immediately quits his own efforts to add to or complement what God has already perfected. (The language of the law is “do”; the language of grace is“done.”)
4:11Let us therefore be quick to understand and fully appropriate that rest
and not fall again into the same trap that snared Israel in unbelief. (Their
addiction to the law of their own effort.)

Dis God se woord wat ons belyn met Christus en gepaard met geloof neem dit ons na ‘n plek van rus
Heb
4:12 (The moment we cease from our own efforts to justify ourselves, God’s word takes over the action; what God spoke to us in the incarnation, His final Word, radiating His image and likeness (1:1-3) powerfully impacts our whole being, body, soul and spirit) what He spoke becomes a living and powerful influence in us, cutting like a doctor’s scalpel, sharper than a
soldier’s sword, piercing to the deepest core of human conscience, to the division of soul and spirit, ending the dominance of the sense realm of the soul and its neutralising effect upon the human spirit; thus freeing the spirit to be the ruling influence again in the thoughts and intentions of the heart.(Spirit and not soul is compatible to mingle with faith,)

Omdat Jesus ons Hoe Priester is wat vir ons in die gaping staan het ons vrymoedigheid.
Heb 4:14  Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van God, laat ons die belydenis vashou.
Heb 4:15  Want ons het nie ‘n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde.
Heb 4:16  Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.

MATTEUS 11:28

“Kom na My toe, almal wat uitgeput en oorlaai is, en Ek sal julle rus gee.”


Kleingroep vrae:
1.Hoe beleef jy God se rus in jou lewe?
2.Is daar areas in jou lewe wat veroorsaak dat jy nie kan leef vanuit 'n plek van rus nie?
3. Watter rol speel die Bybel in jou geloofslewe?

No comments:

Post a Comment