Saturday, June 6, 2015

Sent - Gesonde stad - Spiritualiteit


Gesonde Stad


Een van die bakens  van ‘n gesonde stad is ‘n gesonde spiritualiteit.
Die middelpunt en hartklop van ‘n gesonde stad is Christus. Die kerk verteenwoordig Hom in die samelewing.

Die groot opdrag

Vanuit Matt 28:19 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en 20 leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.

Die verantwoordelikheid van die kerk is om:
‘n Passie te hê om mense te help om Jesus volgelinge te word.
Mense te help groei in hulle verhouding met Jesus.
Mense te help om in gehoorsaamheid aan Jesus te leef, sodat hulle ’n verskil sal maak.

Ons elkeen vorm deel daarvan om ‘n verskil te maak.
Selgroep vraag: Bespreek Matt 28:19 as ‘n opdrag vir julle selgroep.

Bybelstudie van Joh 4.

Jesus gee vir ons ‘n praktiese voorbeeld hoe  Hy iemand genader het.

Ons begin by die einde van die storie.

Jesus skets die realiteit van die samelewing.

Joh 4: 35 “Julle sê mos partykeer: ‘Oor vier maande kan ons begin oes.’ Ek het vir julle nuus. Maak julle geestelike oë oop en kyk om julle. Kyk mooi na die ‘lande’. ‘Oestyd’ is hier. Kyk net hoe ryp staan die ‘oes’. 36 Die oes word nou reeds volstoom ingesamel. Mense wat ‘oes’, kry al hulle ‘lone’. Dit gaan natuurlik nie om ’n gewone oes nie, maar om die ‘oes van mense’. Omdat hulle deel van die ‘oes’ is, sal hulle vir altyd saam met God leef.

Kyk om jou:  
Daar is mense wat nog Jesus moet volg.
Daar is mense wat naby jou wat  gereed is om die evangelie van goeie nuus te hoor.

Hierin is lewensvervulling
Joh 4: 31 Intussen het sy dissipels Hom gesmeek en gesê: “Rabbi, eet tog net iets.” 32 Maar Hy het reageer: “Ék het kos om te eet waarvan júlle nie eers weet nie.”
33 Die dissipels sê toe onder mekaar: “Het iemand anders dalk vir Hom iets gebring om te eet?”
34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.

Selgroep vraag: Vertel mekaar watter impak dit op jou lewe gemaak het om na ander uit te reik

Mense het nodig om tot bekering te kom.
Kyk na die Youtube link

https://www.youtube.com/watch?v=U3TC03kQ_Do

Hoe benader ek die mense rondom my? 

Joh 4: 34 Jesus antwoord hulle: “My kos is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk klaar te maak.
Jou opdrag is om net te reageer op Jesus se leiding.
Hy stuur en jy reageer in gehoorsaamheid.

Jou opdrag is nie om drie mense per maand na die Here toe te lei nie, maar om ingestel te wees vir Sy stem wat jou uitdaag om betrokke te raak.

Sy opdrag kan so eenvoudig wees soos: 
Nooi iemand vir n braai.
Drink n koffie saam met ‘n kollega
Begin saam met ‘n iemand ‘n groep waar julle mense nooi om bv. deur ‘n huweliksproses te gaan.

Begin bid vir die mense wat die Here op jou hart plaas.

Jesus tree in gehoorsaamheid op en begin met die Samaritaanse vrou te gesels

Joh. 4: 7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”

Soek die geleentheid waar jy die gesprek van water na lewende water neem.

John 4: 7 Daar kom toe 'n Samaritaanse vrou water haal, en Jesus vra vir haar: “Gee My 'n bietjie water om te drink.”
10 Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: ‘Gee My 'n bietjie water om te drink,’ sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.”

Jesus soek n geleentheid om die gesprek  in ‘n geestelike rigting  te lei.
Jesus wag om te sien of sy reageer.

Joh 4 11 Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water vandaan kry?

Luister of jy kan hoor waarmee mense stoei in die lewe? 

Geleenthede waar jy kan vertel hoe Jesus jou gehelp het.
Wanneer vriende vertel van hulle krisisse.
Wees sensitief vir geleenthede waar die Heilige Gees se gawes deur jou kan bedien.
Bid vir mense.
Hoe kan jy hulle prakties help.
Skep n geleentheid waar hulle God se goedheid kan beleef

Luister tussen die lyne of jy die volgende uitroep kan hoor

Ek het Jesus nodig.
Here Help my.

Dit is hier waar Jesus haar begelei na ‘n fontein van ewige Water.

JOh 4:13 Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; 14maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom 'n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Gebruik jou storie: 
EK was ver van die Here en in beheer van my eie lewe.
Jesus het my so liefgehad dat Hy my nie in die toestand wou los nie.
Ek het my lewe aan Hom gegee.
Dit het my lewe ingrypend verander.

Die groot vrae? 
Wil jy nie hê Jesus moet elke dag deel wees van jou lewe nie?
Wil jy nie Jesus volg nie?
Wil jy nie jou lewe aan Jesus gee nie?

Kan ek saam met jou bid
Bid dat Jesus jou verlede sal vergewe.
Se vir Jesus jy wil Hom volg met jou hele lewe.

Nooi die persoon na ‘n kerk of groep waar hy geestelik kan groei. 
Jes 32 1 Kyk, daar kom ’n koning wat met absolute regverdigheid regeer. Ook sy amptenare se administrasie sal eerlik wees. 2 Net soos ’n sterk skuilplek iemand teen die wind en die storms beskerm, sal hulle die volk beskerm. Hulle sal vir die volk soos ’n stroom koue water in ’n droë land wees en soos die koel skaduwee van ’n groot rots in ’n kaal, onherbergsame land. 3 Dan sal hulle oë en hulle ore oop wees om te sien wat die Here vir hulle wil wys, en te hoor wat Hy vir hulle wil sê. 4 Selfs dié wat ongeduldig en oorhaastig was, sal rustig oor ’n saak dink en gesonde oordeel aan die dag lê. Dié wat onseker was van hulleself en stamelend hulle saak probeer stel het, sal vol vertroue praat en hulle punt maak.

No comments:

Post a Comment