Saturday, March 21, 2015

Deur die oë van Jesus: Geklee in geregtigheid.


Deur die oë van Jesus: Geklee in geregtigheid.

Hoe ons onsself sien, is baie keer anders as wat Jesus ons sien.
Ons beeld van die ware EK word dikwels verdof deur die verlede en teologiese beskouing.

Jesaja maak die opmerking dat Jesus ons geklee het met geregtigheid.

Jes 61 10 Ek verheug my in die Here! Ek is bly in my God! Want Hy het vir my klere van redding aangetrek, en vir my die mantel van regverdigheid omgehang. Ek is soos ’n bruidegom met sy sierkroon, soos ’n bruid verfraai met haar juwele

Selgroep Vraag: “Hoe sien jy jouself as jy in die spieël van die lewe kyk?”

  • Sien jy jou geklee met tekortkominge, sonde, hartseer oomblikke ens?
  • Of sien jy jouself geklee met God se geregtigheid. 


Die wapenrusting in Ef,6 maak hierdie waarheid vas in ons hart

Efesiërs is geskryf om die makro gemeente Efesiërs voor te berei vir hulle sendingwerk in Asië.
Paulus bou fondasie-beginsels in die gemeente in, sodat hulle kan vasstaan as die storms hulle lewenspad tref.

Die duiwel gebruik juis hierdie elemente om onsekerheid in jou hart te kweek.
Joh 10: 10 Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.

Nou kom Paulus en hy haal Jes. 59 aan as vertrekpunt om die Efesiërs gemeente toe te rus vir dit wat voorlê

Ef  6:14 Waarheid as gordel

Les:  Wat jy as waarheid sien, bepaal jou optrede en emosies. Laat toe dat Jesus se woorde jou absolute waarheid word.
“The Christian faith is not true because it works, it works because it is true... It is not simply “true for us”; it is true for any who seeks in order to find, because truth is true even if nobody believes it and falsehood is false even if everybody believed it”  Os Guinness

Is dit wat jy glo, regtig die waarheid?  As dit nie waarheid is nie, bepaal ‘n leuen jou optrede.

Selgroep vraag: Watter waarhede uit die Bybel het al jou deur die storms van die lewe gedra?

Ef 6:16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

Les Die realiteit van die oorwinning wat Christus vir ons behaal het, word in ons lewens geaktiveer wanneer ons dit glo.
As jy die waarheid glo dat dit jou realiteit word, sal dit die primêre sleutel wees wat die aanvalle van die duiwel afweer.

Wat moet jy Glo? 

Ef 6:14 Vryspraak as borsharnas

Les : Alles is vergewe!” Jesus se sterwe in ons plek onderstreep dit met hoofletters. Hy oorstroom ons lewens met genade. Gaan staan met bedelaarshande voor Christus, dan stap jy vry daar weg.
Hande vol ewige lewe, oorvloed en genade is dan joune.

Die resultaat hiervan is dat jy in verhouding met  God kan staan.

Die strategie van die duiwel is om jou te oortuig jy is nie vrygesrpeek nie, dat jy nog vol sonde is. Dit maak jou onvrymoedig om in verhouding met Jesus te staan.

Lees 1 Joh 3:21
So sal ons daarvan seker kan wees dat wat ons doen uit die fontein van God se waarheid borrel. Ons sal met vertroue voor God self kan staan. 20Selfs as daar dinge is waaroor ons skuldig of onseker voel, weet ons dat God groter is as al ons skuldgevoelens of onsekerhede. Hy weet immers meer oor ons as ons self. 21 My liewe vriende, as ons van hierdie skuldgevoelens en slegte gewete ontslae is, is daar niks wat ons meer keer om by God op ons gemak te wees nie.
Skuldgevoelens is ‘n emosie wat deur ‘n leuen bewerk word, ‘n leuen wat ons glo.

Selgroep vraag: Watter rolspeel geregtigheid in jou verhouding met Jesus.

Jes 59
Sonde kla ons aan en ons word bewus van ons tekortkominge
Die gee ‘n gevoel van skeiding tussen God en jou.

Jes 59 16 Hy sien dat daar niemand tussenbeide tree nie,
Hy is verbaas daaroor.
Daarom tree Hy self op
en laat Hy self sy geregtigheid geld.
17 Hy trek geregtigheid aan soos 'n pantser
en redding is die helm op sy kop;
Hy trek straf aan as klere,
Hy hang woede om Hom soos 'n mantel
Hy het die straf klere om aangetrek, sodat geklee kan wees met geregtigheid

Ef 6:17 verlossing as ’n helm om julle koppe te beskerm.

Jy word nie net vrygespreek nie, maar ook verlos.
Dit beteken meer as net ek is verlos van iets, maar dat ek ontvang.

Ek is

  • Vrygespreek 
  • Kind van God 
  • Heerser oor sonde 
  • Ek is iemand met betekenis 
Ek het 

  • krag om sonde te oorwin
  • wyheid om die lewe te leef 
  • potensiaal om n verskil te maak

Selgroep vraag: Wat kan jy nog byvoeg by die lys?

Kom ons gaan terug na die skild van geloof

Jes 59: 19 Van oos tot wes sal die Naam
en die mag van die Here geëer word.
Wanneer die teëstander aanstorm soos 'n rivier,
jaag die Gees van die Here hom op loop.

As jy die waarheid begin glo oor die verlossingswerk wat vir jou bewerk is, kan die duiwel jou nie onderkry nie.

Ef 6:17 vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.
Les: Nou vat jy daardie waarhede waarop jy jou geloof bou en jy begin dit spreek.

Die woord, “woord” se Grieks is Rhema – Die beteken die openbaarde woord van God

Lees nou.

Jes 59
20 Die Here kom na Sion toe as Verlosser,
na dié toe in Jakob wat hulle van hulle sonde bekeer.

So sê die Here.
21 Wat My betref, sê die Here,
dit is my verbond met die volk:
my Gees wat op jou is
en my woorde wat Ek in jou mond lê,
sal nie uit jou mond en uit die mond van jou kinders
en jou kindskinders verdwyn nie, sê die Here,
nie nou nie en nooit nie.

Hoe om die woord in te bou in jou lewe?


  • Ef 6:15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete
  • Bid God se woord Ef  618 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees
Selgroep oomblik: Skep n geleentheid waar julle waarheid in mekaar se lewensspreek


So bou jy ‘n muur van geloof in jou lewe, op die fondasie van waarheid, wat jy ontvang het in verhouding met God, wat jy elke dag kan beleef omdat jy deur Hom geregverdig is. 

Saturday, March 14, 2015

Natuurlik/Onnatuurlik - Hoe skep ek ‘n positiewe omgewing in ‘n negatiewe wêreld?

Ons word elke dag blootgestel aan ‘n wêreld wat my en jou wil onderkry?
Ons sit dalk in gebroke omstandigheid en jy is al moedeloos gevra vir ‘n uitkoms.
As jy na die nuus kyk dan voel jy ek moet net my goed pak dit sal beter wees as ek trek of immegreer beter wees vir die land en vir my.
My kinders het ‘n beter opvoeding nodig.
Wanneer ek die nuus kyk dan beleef ek hoe leiers polariseer in verskillende rigtings, ek weet nie wat om te doen nie.
Het die Here iets hieroor te sê of moet ek en jy dit maar net probeer uitwerk en hoop vir die beste?
Of is dit moontlik dat Hy dalk iets anders in gedagte het vir my en jou?
Is dit moontlik dat daar goed is in Sy hart oor die land wat ek en jy nie sien nie?
Is daar ‘n rede dat ek en jy hier moet wees?
As dit so is, hoe spreek ek en jy dit aan?
Daar is ‘n soortgelyke storie van ‘n profeet in die Bybel wat in die midde van alles besluit het om op te staan en te sê dit wat op die Here se hart is.

Die storie van Miga….

Miga was deel van die suidelike koningkryk van Juda.
Hy het geleef tydens Jotam (wat goeie koning was), Agas (Wat ‘n slegte koning was) en Hiskia (wat ‘n baie goeie koning was)
Miga het gesien hoe die land waarin hy bly oorgeneem word deur korrupsie self onder Christene, hoe geweld hoogty vier en daar ‘social injustice’ gepleeg word om elke hoek en draai. Maar Miga het ‘n woord (visioen) van die Here af gehad en het begin om dit situasie aan te spreek.
In hoofstuk 1-3 begin hy woord te gee oor elke dorp en stad op ‘n manier wat daardie stad se mense vasgryp in hulle harte om te besef God gaan nie dat mense wegkom met hul verkeerde manier van dinge doen nie.
In hoofstuk 4-5 begin hy woord te gee dat dit wat hy oor gepraat het Hfst 1-3 is nie die einde van die storie nie maar dat Christus se koninkryk gevestig gaan word in die midde van dit alles. Dat deur hierdie Koning in die midde van omstandighede daar vrede en voorsiening gaan wees.
In hoofstuk 6-7 is waar Miga en God in gesprek is met mekaar in ‘n hof opset. Dan praat die Here oor wat Sy verwagting is van die mense in hierdie stad in die midde van alles.

Miga 6:6-8 ANV  Wat sal ek saamvat as ek na die Here toe gaan, as ek voor die hoë God gaan kniel? Moet ek met offers na Hom toe gaan, met jaaroud kalwers?  (7)  Sal die Here duisende ramme aanvaar saam met tien duisende offers van olie? Moet ek my eersgeborene offer vir my sonde, hom wat uit my liggaam kom, vir my oortreding?  (8)  Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Mic 6:6-8 MSG  How can I stand up before GOD and show proper respect to the high God? Should I bring an armload of offerings topped off with yearling calves?  (7)  Would GOD be impressed with thousands of rams, with buckets and barrels of olive oil? Would he be moved if I sacrificed my firstborn child, my precious baby, to cancel my sin?  (8)  But he's already made it plain how to live, what to do, what GOD is looking for in men and women. It's quite simple: Do what is fair and just to your neighbor, be compassionate and loyal in your love, And don't take yourself too seriously-- take God seriously.

Ek moet net my goed bring dan sal hy alles vir my doen, Hy sal alles uitsorteer. (Johan van verlede week se preek oor generosity). Wat kan ek ruil sodat dit met my beter gaan.
Ontdek eers dat God goed is maak nie saak wat die omstandighede nie.

Reg laat geskeid (fair en just)
Liefde en trou sal bewys (love and loyalty)
Bedagsaam voor God sal leef (Wat Hom erenstig opneem)

‘n Positiewe atmosfeer in my optrede…..

Jesus was sy dissipels se voete…(Joh 16:6-8)

Joh 13:6-8 ANV  Toe Hy by Simon Petrus kom, vra dié vir Hom: “Here, gaan Ú mý voete was?”  (7)  En Jesus antwoord hom: “Wat Ek doen, begryp jy nie nóú nie, maar later sal jy dit verstaan.”  (8)  Maar Petrus sê vir Hom: “U sal in alle ewigheid nooit my voete was nie!” Daarop sê Jesus vir hom: “As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie.”

Fil 2:3-5 ANV  Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself.  (4)  Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander.  (5)  Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was:

Praktiese voorbeeld – In die winkels

My gesingheid in my optrede is alles. Baie keer dink ons, ons optrede is om reg te wees, maar dit is gaan oor Christus se optrede.

Our response to things is almost always more important than the thing that is happening. – Steve Buckland

‘n Positiewe atmosfeer in my denke….

Om myself te gee is ‘n aktiewe besluit: lewendige, heilige welgevallige offer
Dat ek die Gawes wat Hy my gegee het sal gee as die fondasie van hoe ek dink
Mense se belewenis van my liefde kry definisie in vers 9

Rom 12:2 ANV  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

Hoe ek dink bepaal hoeveel liefde ek gaan gee en of ek getrou daarin gaan wees.
Love is not a feeling but an act of your will – Don Francisco

Rom 12:9-21 MSG  Love from the center of who you are; don't fake it. Run for dear life from evil; hold on for dear life to good.  (10)  Be good friends who love deeply; practice playing second fiddle.  (11)  Don't burn out; keep yourselves fueled and aflame. Be alert servants of the Master,  (12)  cheerfully expectant. Don't quit in hard times; pray all the harder.  (13)  Help needy Christians; be inventive in hospitality.  (14)  Bless your enemies; no cursing under your breath.  (15)  Laugh with your happy friends when they're happy; share tears when they're down.  (16)  Get along with each other; don't be stuck-up. Make friends with nobodies; don't be the great somebody.  (17)  Don't hit back; discover beauty in everyone.  (18)  If you've got it in you, get along with everybody.  (19)  Don't insist on getting even; that's not for you to do. "I'll do the judging," says God. "I'll take care of it."  (20)  Our Scriptures tell us that if you see your enemy hungry, go buy that person lunch, or if he's thirsty, get him a drink. Your generosity will surprise him with goodness.  (21)  Don't let evil get the best of you; get the best of evil by doing good.

Our goal is ultimately hope (the confident expectation that good is coming). Our destination is not good actions, but a way of thinking called hope. It is the soil that faith and obedience put their roots into. Without hope, there can be little positive change in life. – Steve Buckland.

‘n Positiewe atmosfeer in my gees….

Die verhaal van Jesus en Petrus….(Matt 16:13-16)

Mat 16:13-23 ANV  (15)  “Maar julle,” het Hy gevra, “wie, sê julle, is Ek?”  (16)  Simon Petrus het geantwoord: “U is die Christus, die Seun van die lewende God.”  (19)  Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.” (23)  Maar Jesus het na Petrus toe gedraai en vir hom gesê: “Moenie in my pad staan nie, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, want jy dink nie aan wat God wil hê nie, maar aan wat die mense wil hê.”

Wanneer my gees vol is van die openbaring van Christus dan sal my lewe ook dit reflekteer.

Waar begin ek om ‘n positiewe omgewing te skep?

Psa 16:7-11 AOV  Ek sal die HERE loof wat my raad gegee het; selfs in die nag vermaan my niere my.  (8)  Ek stel die HERE altyddeur voor my; omdat Hy aan my regterhand is, sal ek nie wankel nie.  (9)  Daarom is my hart bly en my eer juig; ook sal my vlees in veiligheid woon;  (10)  want U sal my siel aan die doderyk nie oorgee nie; U sal nie toelaat dat u gunsgenoot verderwing sien nie.  (11)  U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig.

Psa 16:7-11 MSG  The wise counsel GOD gives when I'm awake is confirmed by my sleeping heart.  (8)  Day and night I'll stick with GOD; I've got a good thing going and I'm not letting go.  (9)  I'm happy from the inside out, and from the outside in, I'm firmly formed.  (10)  You canceled my ticket to hell-- that's not my destination!  (11)  Now you've got my feet on the life path, all radiant from the shining of your face. Ever since you took my hand, I'm on the right way.

1. Aanbidding en gebed (Vind uit wat is sy uitsprake)

1Co 14:2 MSG  If you praise him in the private language of tongues, God understands you but no one else does, for you are sharing intimacies just between you and him.

Gebruik jou gebedstaal as ‘n sleutel tot intimiteit. Veral as jy nie weet hoe om te bid nie.

Jak 1:25-27 ANV  Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat 'n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen.  (26)  As iemand dink hy is godsdienstig, maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself. Sy godsdiens is waardeloos.  (27)  Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld.

2. Mediteer op die beloftes van die Here (mediteer beteken medisyne vir my denke)
3. Proklamasie van waarheid oor die individue, plek en stad
4. Om goed te doen aan die wat dit nie verdien nie.

Efe 6:11 AOV  Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.

Liste ... Methodeia ... slinkse strategie ... wiles ... schemes ... cunning strategy ...
... something by which you are ‘taken in’, with which you ‘agree to go along’  
meta (saam met; in samewerking;) hodeia (journey / process)

proses waarmee jy gewilliglik saamwerk om jou eie ondergang te bewerkstellig

Standing is resting, trusting, thanking and obeying the last thing that God said about the circumstance. – Steve Buckland

2 Kor 10:3-5 AOV  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie;  (4)  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp,  (5)  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

2Cor 10:3-5 MSG  The world is unprincipled. It's dog-eat-dog out there! The world doesn't fight fair. But we don't live or fight our battles that way--never have and never will.  (4)  The tools of our trade aren't for marketing or manipulation, but they are for demolishing that entire massively corrupt culture.  (5)  We use our powerful God-tools for smashing warped philosophies, tearing down barriers erected against the truth of God, fitting every loose thought and emotion and impulse into the structure of life shaped by Christ.

An Inferior kingdom must surrender to a Superior kingdom – Bianca Steffen

‘n Omgewing verander net wanneer ek en jy lewe bid, sê en doen.

Eph 3:10 AMP  [The purpose is] that through the church the complicated, many-sided wisdom of God in all its infinite variety and innumerable aspects might now be made known to the angelic rulers and authorities (principalities and powers) in the heavenly sphere.

I am now realizing that those who grow radically in Christ are those who have found a way to be consistent in powerful habits even in the toughest of times. – Steve Bucland

Vir jou kleingroep:
1. Maak tyd om neer te skryf wat die omgewings in jou en jou groep se lewe waar daar nie waarheid is nie.
2. Maak ‘n lys van sy belotes, of woord oor daardie plekke neer
3. Vat tyd om saam te bid daaroor.

Saturday, March 7, 2015

Natuurlik onnatuurlik: Generosity


Generosity 'n lewenswyse wat “sent” moontlik maak.

Kyk wat word van Christene van die eerste kerk geskryf.

Hand 2:7 Hulle het God heeltyd geprys omdat Hy so groot en goed is.
Die gelowiges se lewenstyl het die ander mense in Jerusalem aangegryp. Almal het daaroor gepraat. Daarom het daar elke dag baie mense tot geloof in Christus gekom.

Deel van hierdie lewenswyse was om na mekaar en vir die kerk om te sien.

Selgroep vraag: Watter lewenswyses  sal Christenskap aantreklik maak vir mense buite die kerk.

Die storie van Johannes Luk 3:11 -14

Luk 3: 11 Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”
12’n Klompie mense wat belasting ingevorder het, het ook na Johannes toe gekom om gedoop te word. Hulle vra toe vir hom: “Meneer, wat van ons? Wat moet ons doen om in die regte verhouding met God te kom?”
13“Moenie meer belasting uit die mense wurg as wat hulle volgens die wet moet betaal nie. Wees eerlik,” was sy antwoord aan hulle.
14’n Groep soldate het ook ’n vraag vir Johannes gehad: “En ons? Wat moet ons doen om gered te word?”
Johannes het vir hulle gesê: “Moenie julle mag misbruik nie. Moenie mense met geweld intimideer nie. En moenie mense afpers om geld uit hulle te probeer kry nie. Wees tevrede met julle betaling.”

Johannes se lering het die kultuur van die omgewing begin beïnvloed.

Mense begin hom die vraag te vra: Hoe lyk iemand wat God volg?

Sy antwoord is opgesluit in “Generosity".

  • Wees mededeelsaam.
  • Gun ander ‘n plek in die son.
  • Wees vergenoegd met wat jy het.


Die teenpool van Generosity is Gierigheid: 

Gierigheid fokus op: 


  • Ek moet op myself vertrou

My sekuriteit is in hoeveel ek het.
Hoe meer ek vashou aan wat ek het, Hoe veiliger is my toekoms.
Ek bekommer my oor geld.
As iemand my iets skuld pla dit my.


  • Ek het net genoeg of net  nie genoeg vir myself nie,



  • Ek skuld myself. 

Luk. 12:19 (Boodskap) Ek kan myself op die skouer klop en sê: Mooi so! Jy het nou so baie geld en besittings dat jy dit nooit kan uitleef nie. Gaan geniet nou jou lewe. Hou partytjie. Gee jou oor aan drank en plesier. Doen net wat jy wil. Jy verdien dit mos.’
Weet jy hoeveel het dit gekos om hier te kom?

Selgroepvraag: In watter mate is gierigheid nog deel van jou lewe? 

Die teenpool is ‘n gesindheid van Generosity 


  • Begin om wat jy het met ander te deel


Luk 3: 11 Johannes sê toe: “As julle twee stelle klere het, gee dan een vir iemand wat niks het om aan te trek nie. Doen dieselfde met julle kos. Deel julle kos met mense wat niks het om te eet nie.”


  • Verander jou lewenswyse sodat jy by n plek van meer as genoeg kan uitkom.
Genoeg om te kan,  gee, spaar en leef.


Luk 3:14 “Wees tevrede met julle betaling.”

Die eerste sleutel  van Generosity is om in dankbaarheid te leef 

 1 Tim 6:17 Sê aan hulle wat ryk is in hierdie wêreld om nie trots te wees en op hulle geld te vertrou wat spoedig sal verdwyn nie. Maar hulle vertroue moet in die lewende God wees wat aan ons ryklik alles skenk wat ons nodig het om die lewe te geniet. 18Sê hulle moet hulle geld gebruik om goed te doen. Hulle moet ryk wees in goeie dade en moet ruim gee aan dié in nood; hulle moet altyd gereed wees om wat God aan hulle gegee het, met ander te deel

Verander jou motivering om te gee van die beginsel van saai en maai, na dankbaarheid
.
Saai en maai as motivering

  • Ek het nie en as ek gee sal ek ontvang
  • Of ek het en as ek gee sal ek nog meer ontvang


Ef 1:3 verwys daarna dat ons reeds alles in Christus het.



  • Sien raak die oorvloedige goedheid van die Here. Leef in dankbaarheid


Die tweede motivering vir n lewensstyl van Generosity is om die Here as jou bron te vertrou. 

Lees 1 Tim 6:17 verder

Selgroepvraag: Hoe het God al vir jou voorsien? 

2 Kor. 9: 10 God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid 'n ryk oes laat oplewer. 11 Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word,

Die Here voorsien Brood en saad

Dit wat Hy weet jy nodig het en genoeg om ander te seën bv.

  • Die kerk 
  • Iemand in nood 
  • Gemeenskap projekte



  • Vir jou wat in ‘n seisoen is waar dit finansieel goed gaan, onthou wie is jou bron.
  • Vir jou wat in ‘n moeilike finansiële seisoen is, onthou wie is jou bron.

Plaas jou vertroue in Jesus  dat hy sal voorsien

Matt 6: 24“Niemand kan tegelyk twee base dien nie. Hy sal óf ’n renons in die een hê en van die ander een hou; óf hy sal aan die een lojaal wees en die ander een geringskat. Om God én die geldgod saam te dien, is onmoontlik.25 “Daarom sê Ek vir julle, hou op om julle te bekommer oor julle daaglikse lewe


  • Jy kan jouself en jou geld vertrou en die gevolg is gierigheid.
  • Of jy kan God vertrou. 


Hier is die belofte 

Matt 6: 30“ As God dan die veldplante wat vandag daar is en môre verbrand word, so mooi aantrek, hoeveel te meer sal Hy nie vir julle sorg nie? Is julle geloof dan so klein?
31“Moet julle dus nie bekommer en vra: ‘Wat sal ons tog eet?’ of: ‘Wat sal ons drink?’ of: ‘Wat sal ons aantrek?’ nie. 32Dit is die ongelowiges wat oor hierdie soort dinge begaan is. Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het.


  • God weet alles van jou geldsake, Hy weet wat jy nodig het vertrou Hom


Selgroepvraag: Vir wie kan daar gebid word vir hulle finansies.

Saturday, February 28, 2015

Natuurlik Onnatuurlik

In die Message vertaling verduidelik Ef 5:1 vir ons hoe om n nuwe lewenswyse aan te leer en uit te leef.

Ef 5:1  Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents.
2  Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn't love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that

Die eerste stap van verandering begin nie by werke nie, maar binne intimiteit met Jesus. 

Wat beleef jy as jy na die volgende prentjie kyk?


God wants you to love Him so much that you walk closely enough with Him to allow the knowledge of who HE REALLY is define who YOU REALLY ARE. S. Omartian

You actually want to come to God more than you want to use Him. Tell God, that you want Him more than any other blessing – to know Him, adore Him, enjoy Him, serve Him, reveal Him, become like Him Larry Crabb

“Ons mag die begeerte hê om gelukkig te wil wees, maar om geluk te vind is om dit in Christus te vind en nie deur Christus nie.”


  • Deur Christus = Hy moet volgens my wil optree.
  • In Christus – Sy wil en hartklop raak my wil en my hartklop.
  • Deur Christus is ek in beheer en ek  wil die lewe volgens my begeerte leef.
  • In Christus gee ek beheer oor aan Hom.


Hoe kan jy  Christus beleef?

  • Aanbidding. 
  • Opregte hartsgebede.
  • Stil word en Sy teenwoordigheid beleef.
  • Hom in meer oomblikke raak te sien.


Gesels as selgroep oor die verskil tussen “in Christus” en “deur Christus”.


Waarom is die beginsel van “in Christus” so belangrik vir geestelike volwassenheid?

Tydends intimiteit  smeer Sy hart en wil af op ons.
Hoe meer jy toelaat dat God se Gees jou hart beïnvloed, hoe makliker is die om die lewe saam met Hom te leef.

Ef 5:1  Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents.
2  Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn't love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that.

Paulus maak ‘n stelling dat een van die primêre karakter eienskappe van God is liefde.

Lees Jer 31:3 en staan ‘n oomblik daarby stil.
Jer 31:3, I've never quit loving you and never will. Expect love, love, and more love!

Sy grootste liefdestaal vind  ons in Sy  genade.
Hier is ‘n paar definisies van ons vennote oor Christus se liefde binne Genade.


  • Hanlie Rietoff Genade is wanneer daar NIKS is wat ek kan doen... wat ek is... wat ek het of of wat ek gee enige-iets kan verander aan God se liefde vir my nie... ALLES ALLES ALLES is omdat Hy ons so lief het en net goedheid en guns vir ons wil hê....
  • Nita Terblanche "the love and mercy given to us by God because God desires us to have it, not because of anything we have done to earn it"
  • Jacques Nel Ek definieer dit as die onverdiende guns van God wat mens ontvang as 'n geskenk wat gegee word deur Hom uit liefde. Dis ook 'n geskenk wat jy slegs kan ontvang/aanvaar deur geloof

Selgroep: Hoe sien julle Jesus se liefde uitdrukking kry binne genade?

We can understand someone dying for a person worth dying for, and we can understand how someone good and noble could inspire us to selfless sacrifice. But God put his love on the line for us by offering his Son in sacrificial death while we were of no use whatever to him. Rom 5:7-8 MSG

Woorde wat genade omvat: 

  • Onvoorwaarlike liefde
  • Vergifnis
  • Sonder verdienste
  • Oor begin 
  • Geen afstand


Teks Ef 5:1  Watch what God does, and then you do it, like children who learn proper behavior from their parents.
2  Mostly what God does is love you. Keep company with him and learn a life of love. Observe how Christ loved us. His love was not cautious but extravagant. He didn't love in order to get something from us but to give everything of himself to us. Love like that 

As jy tyd met God spandeer, en Hom toelaat dat Sy hartklop jou lewe bepaal, sal ons nie net leef in Sy genade nie, maar Sy genade sal deur ons lewe uitdrukking kry.


  • Dit is ‘n omgewing van:
  • Onvoorwaardelike liefde, sal optree. 
  • Waar ek jou nie sal veroordeel vir jou foute nie
  • Waar ons mekaar aanvaar vir wie ons is. 


Genade is onvoorwaardelike liefde in aksie.

Jy sal liefdevolle genade aan mense rondom jou bewys want:


  • Genade is goedheid wat aan iemand anders bewys word wat dit nie verdien nie.
  • Genade is nie wederkerig nie. Dit loop in een rigting.
  • Genade is verdraagsaam.
  • Genade maak ruimte om te verskil en foute te maak.


Genadevolle liefde los mense nie waar hulle is nie want:


  • Genade kyk na wat mense kan word en sien hulle potensiaal. Genade is nie veroordelend teenoor iemand wat dit nog nie bereik het nie.
  • Genade fokus op oplossing en nie probleme nie.
  • Genade lei tot optrede.
  • Genade verheug hom oor sukses en hou nie boek van die kwaad nie.
  • Genade fokus op wat belangrik is nie onbenullighede nie.
  • Genade fokus eerder op wat kan wees as wat hulle nie is nie


Selgroep: Hoe kan liefdevolle genade tussen mekaar in jou omgee groep uitgeleef word? 

Gesonde verhouding in n gemeente bestaan uit:
To know and be known.
To love and be loved
To serve and be served
To celebrate and be celebrated



Saturday, February 21, 2015

Natuurlik Onnatuurlik - Week 1


As ‘n gestuurde – hoe gee ek uitdrukking daaraan in my elke dag se lewe?

Met watter verantwoordelikheid en “commitment” leef en demonstreer ek aan ‘n wereld en omgewing die verandering wat Christus in my lewe kom doen het.
Jesus was anders.

Fil 2:15
Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.

(Message)
Go out into the world uncorrupted, a breath of fresh air in this squalid and polluted society. Provide people with a glimpse of good living and of the living God. Carry the light-giving Message into the night….

The world is changedby examples, not by opinions - Paulo Coelho

Rom 12:1-2
En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

(Message)
So here’s what I want you to do, God helping you: Take your everyday, ordinary life—your sleeping, eating, going-to-work, and walking-around life—and place it before God as an offering. Embracing what God does for you is the best thing you can do for him. Don’t become so well-adjusted to your culture that you fit into it without even thinking. Instead, fix your attention on God. You’ll be changed from the inside out. Readily recognize what he wants from you, and quickly respond to it. Unlike the culture around you, always dragging you down to its level of immaturity, God brings the best out of you, develops well-formed maturity in you.

Conformed beteken - to conform or fashion one's self, one's mind, one's character to another's pattern

Paulus se eintlik – moenie so gemaklik en tuis wees in die wêreldse kultuur dat die andersheid nie sigbaar is nie.

Metamorpho – waarvan ons die woord metamofose kry – dit beteken leterlik - "to change into another form"  
"to undergo a complete change, which under the power of God, will find expression in character and conduct" - Vines

In Mat 5:13-16
“Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.
“Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you light-bearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.

Die vraag wat saak maak is nie of ek invloed het nie – maar watter soort invloed? Positief of negatief.

Ons ken almal die kenmerke van sout:
  • Preserveer
  • Reinig
  • Dit maak jou dors
  • Maak gesond


You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept.

‘n Stad op ‘n berg kan nie weggesteek word nie – ‘n mens steek ook nie ‘n lamp op en sit dit onder ‘n emmer nie.

Imagine a world where people were skeptical of what we believed, but envious of how well we treated one another – Andy Stanley

Wees die verskil wat jy in die wereld wil sien!!!



Saturday, February 14, 2015

Sent 4 Hier is ek stuur my na die stad


Hier is ek,  stuur my na die stad
               
Ons opdrag van “sent” strek wyer as net na mekaar toe,  dit strek ook na ons stad.
Ons kampus (gemeente) is deel van ‘n Visie om God se Heerskappy in die stad te vestig.

Voorbeeld 1  Luk 10
Tema : Jesus leer sy Dissipels hoe om “sent” uit te leef.

  • Les 1 Leef teen die stroom (kultuur van die Wêreld)
Luk 10:3 Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur.
  • Les 2 Groet die omgewing met ‘n vredesgroet.

Proklameer dat God Sy goedheid wil uitstort in die omgewing.

  • Les 3 Raak prakties betrokke.

Luk 10: 8 “As ’n dorp julle verwelkom, eet wat ook al aan julle voorgesit word.9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

  • Les 4  Sit jou energie in  plekke waar mense vrede soek.

Luk 10: 8 “As ’n dorp julle verwelkom, eet wat ook al aan julle voorgesit word.9Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

Omgee is wyer as net geestelike behoeftes. Dit is om mense in hulle lewenswêreld te help.

Matt 25:34 Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. 35Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; 36toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.’

Voorbeeld 2 Hand 11

‘n Voorbeeld van ‘n gemeente wat ‘n verskil gemaak het.
Antiogië was ‘n wêreldstad met verskillende kulture en lewenswyses.

  • Les 1 Hulle het Christus se voorbeeld so gevolg dat hulle lewenswyse hulle kenmerk geword het.

Hand 11:26 In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.
Byvoorbeeld ‘n lewenswyse van genade, omgee, liefde ens.

Hand 11: 27-30  is ‘n voorbeeld van hoe hulle as Christene opgetree het.
  • Les 2 Hulle het prakties betrokke geraak by die nood van die omgewing.


Hoe kan ons prakties betrokke raak by die nood van ‘n stad?

Sagaria  profeteer vir 50 000 Jode wat terugkeer na Jerusalem. Hy profeteer oor hoe God toekomstige stad Jerusalem sien. 
Dit gaan oor meer as net om die nood van ‘n stad aan te spreek maar oor ‘n Visie vir ‘n gesonde stad.
Zag 8: 2 Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “My liefde vir Sion is baie sterk. Ek is passievol oor Jerusalem.


Vier temas uit Sagaria  8 oor hoe ‘n gesonde stad lyk.

Gesonde Kerk (Spiritualiteit)
Waar …
Christus sentraal in elkeen se lewe.
Mense  ware lewe in Christus ontdek het.
Mense  leef volgens Christus se waardes.
Bou van die tempel; Stad van Trou, die berg van die Here, die Almagtige; 
Mense van baie nasies, selfs groot nasies, sal Jerusalem toe kom om die Here, die Almagtige, te soek en om te vra dat die Here hulle sal seën.”  
Gesonde Lewensbeskouing
Waar…
Daar ‘n opvoedkundige stelsels is wat elke kind tot sy volle potensiaal sal ontwikkel.
Mense met Hoop  lewe.
Stad sal weer vol seuns en dogters wees wat daar speel;
Moenie bang of mismoedig wees nie. Wees sterk;  
Gesonde  Produktiwiteit
Waar ...
Besighede produktief is en effektief vir sy mense kan sorg, sodat elke gesin versorg is.
Genoeg werksgeleenthede is vir al sy mense.
Elkeen bekwaam is om sy werk effektief te doen.
Daar op elke terrein met Integriteit, gesonde waardes en effektiwiteit regeer sal  word.
Die wingerde sal swaar dra aan druiwe. Die aarde sal sy opbrengs lewer en die hemel sal dou lewer;
Maak seker dat die regspraak in julle howe regverdig is en tot vrede lei.
Gesonde Lewenswyse
Waar
Gesonde families (Huwelike) ‘n kenmerk is.
Mense hulle finansies wys bestuur.
Daar effektiewe gesondheidsorg is.
Mense die waarde van gesond leef, eet en oefen sal besef en toepas.
Mense deur kuns die mooi van die lewe sal ontdek.
“Ou mans en vroue sal weer op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie omdat hulle so oud is
Dit word nou feeste van vrolikheid en vreugde





Saturday, February 7, 2015

Sent 3 Hier is ek stuur my na ander

Sent 3 – na mekaar:

Church will always be renewed when our attention shifts from ourselves to those who need our care.  Henri Nouwen

Om meer van God te beleef, moet jy toelaat dat Hy deur jou beweeg.

1 Tim 1: 18 Timoteus, my kind, hiermee gee ek my opdrag aan jou, gegrond op die profetiese woorde wat voorheen oor jou uitgespreek is. Mag daardie woorde jou die selfvertroue gee om goed te veg in die Here se veldslae.

Besef jou inspraak in ander mense se lewens kan iemand se toekoms beïnvloed.

Ons het mekaar nodig om:
  • Saam te groei.
  • Versorg.
  • Te bemoedig en
  • Mekaar te lei in wysheid.


Hand 2 44 Al die gelowiges het gereeld bymekaargekom, en hulle het alles wat hulle besit het, met mekaar gedeel. 45Hulle het hulle grond en besittings verkoop en die geld aan almal uitgedeel volgens elkeen se behoefte. 46 Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die maaltyd van die Here gevier, en hulle kos met jubelende blydskap en in alle opregtheid geëet.
47 Hulle het God deurentyd geprys, en die goedgesindheid van die hele volk geniet. En die Here het elke dag mense wat verlos word, by hulle gevoeg.

Wees teenwoordig.

  • Doen moete om gereeld saam te kom.
  • Maak intensionele afsprake met vriende en werkskollegas.


Kyk dieper ... lees tussen die lyne.

 Alexa Meade
... as long as you’re willing to look beyond what’s already been brought to light, that you can see what’s below to surface, hiding in the shadows and recognise that there can be more there than meets the eye.



Maak ruimte vir die gawes van die Heilige Gees.

2 Kor.5:20 Ek is Christus se ambassadeur hier op aarde. Ek verteenwoordig Hom op elke plek waar ek kom. God praat deur my met julle almal.

In daardie oomblik waar jy teenwoordig is, verteenwoordig jy Jesus en wil Hy deur jou werk

Beweeg waar die Here jou lei.

Ef 2:10 want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.

  1. Iemand het nood
  2. God stuur (Jy sien, of hoor dieper)
  3. Jy reageer in gehoorsaamheid
  4. Die Heilige Gees werk deur jou.
  5. Jy was net die instrument  


Die Heilige Gees gee jou die vermoëns en werk deur jou.

1 Kor 12:7  (Boodskap) Die doel daarvan is egter dat ons vir ander mense iets moet beteken. Daar is baie verskillende maniere waarop die Gees in ons kan werk, byvoorbeeld: 8 Party mense kan vir ’n mens goeie raad gee oor hoe om te leef. 

God gee sy Gawes aan ons om by mense in nood stil te staan. Byvoorbeeld

  • Gawe van wysheid en Kennis – Om raad te gee en dieper insig te hê
  • Profesie – Bemoedig
  • Geloof – Saam te glo vir groot deurbraak
  • Krag, wonders en genesing – Saam die Here te vertrou vir Bonatuurlike


Verskillende mense gaan jou padlangs kom

Vriend wat siek is Bv.  Kanker - Hy het  ondersteuning n
nodig
Broer in ‘n Finansiële krisis
‘n MA voel  kinders raak te veel
Vriendin wie se man haar emosioneel afbreek
Vriend wat onseker is oor sy werksekuriteit.

Begin vir mekaar Bid.
Wees bereid om mekaar te dien.  
Die Gawes van die Here behoort deel van ons DNA te wees.


Mark 3: 1 Jesus het weer na die sinagoge toe gegaan.
Daar was ’n man met ’n misvormde hand. 2 Omdat dit op die Sabbat was, het Jesus se vyande Hom fyn dopgehou. Sou Hy die man se hand op die Sabbat gesond maak? Indien wel, sou hulle Hom kon aankla. 3 Hy sê toe vir die man met die misvormde hand: “Kom staan hier in die middel.” 4 Daarna sê Hy vir sy teenstanders: “Mag ’n mens goeddoen op die Sabbat of kwaad? Is hierdie dag bedoel om ’n lewe te red of te vernietig?” Maar hulle wou Hom nie antwoord nie.5Terwyl hulle so rondom Hom staan, het Hy hulle die een na die ander met verontwaardiging aangekyk, diep bedroef oor die gevoelloosheid van hulle harte. Toe sê Hy vir die man: “Steek uit jou hand.” 

As daar nood is : raak betrokke.


Twee vrae:
  • Vir wie gaan jy bid in die hierdie week?
  • Here na Wie stuur U my