Saturday, February 14, 2015

Sent 4 Hier is ek stuur my na die stad


Hier is ek,  stuur my na die stad
               
Ons opdrag van “sent” strek wyer as net na mekaar toe,  dit strek ook na ons stad.
Ons kampus (gemeente) is deel van ‘n Visie om God se Heerskappy in die stad te vestig.

Voorbeeld 1  Luk 10
Tema : Jesus leer sy Dissipels hoe om “sent” uit te leef.

  • Les 1 Leef teen die stroom (kultuur van die Wêreld)
Luk 10:3 Gaan nou, en onthou dat Ek julle soos lammers tussen wolwe instuur.
  • Les 2 Groet die omgewing met ‘n vredesgroet.

Proklameer dat God Sy goedheid wil uitstort in die omgewing.

  • Les 3 Raak prakties betrokke.

Luk 10: 8 “As ’n dorp julle verwelkom, eet wat ook al aan julle voorgesit word.9 Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

  • Les 4  Sit jou energie in  plekke waar mense vrede soek.

Luk 10: 8 “As ’n dorp julle verwelkom, eet wat ook al aan julle voorgesit word.9Genees die siekes wat daar woon, en sê vir hulle: ‘Die koningsheerskappy van God is nou naby julle.’

Omgee is wyer as net geestelike behoeftes. Dit is om mense in hulle lewenswêreld te help.

Matt 25:34 Kom ontvang julle erfenis – die koninkryk wat my Vader reeds van voor die begin van die wêreld af vir julle gereed gemaak het. 35Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ’n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; 36toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle My opgesoek.’

Voorbeeld 2 Hand 11

‘n Voorbeeld van ‘n gemeente wat ‘n verskil gemaak het.
Antiogië was ‘n wêreldstad met verskillende kulture en lewenswyses.

  • Les 1 Hulle het Christus se voorbeeld so gevolg dat hulle lewenswyse hulle kenmerk geword het.

Hand 11:26 In Antiogië is die gelowiges die eerste keer Christene genoem.
Byvoorbeeld ‘n lewenswyse van genade, omgee, liefde ens.

Hand 11: 27-30  is ‘n voorbeeld van hoe hulle as Christene opgetree het.
  • Les 2 Hulle het prakties betrokke geraak by die nood van die omgewing.


Hoe kan ons prakties betrokke raak by die nood van ‘n stad?

Sagaria  profeteer vir 50 000 Jode wat terugkeer na Jerusalem. Hy profeteer oor hoe God toekomstige stad Jerusalem sien. 
Dit gaan oor meer as net om die nood van ‘n stad aan te spreek maar oor ‘n Visie vir ‘n gesonde stad.
Zag 8: 2 Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: “My liefde vir Sion is baie sterk. Ek is passievol oor Jerusalem.


Vier temas uit Sagaria  8 oor hoe ‘n gesonde stad lyk.

Gesonde Kerk (Spiritualiteit)
Waar …
Christus sentraal in elkeen se lewe.
Mense  ware lewe in Christus ontdek het.
Mense  leef volgens Christus se waardes.
Bou van die tempel; Stad van Trou, die berg van die Here, die Almagtige; 
Mense van baie nasies, selfs groot nasies, sal Jerusalem toe kom om die Here, die Almagtige, te soek en om te vra dat die Here hulle sal seën.”  
Gesonde Lewensbeskouing
Waar…
Daar ‘n opvoedkundige stelsels is wat elke kind tot sy volle potensiaal sal ontwikkel.
Mense met Hoop  lewe.
Stad sal weer vol seuns en dogters wees wat daar speel;
Moenie bang of mismoedig wees nie. Wees sterk;  
Gesonde  Produktiwiteit
Waar ...
Besighede produktief is en effektief vir sy mense kan sorg, sodat elke gesin versorg is.
Genoeg werksgeleenthede is vir al sy mense.
Elkeen bekwaam is om sy werk effektief te doen.
Daar op elke terrein met Integriteit, gesonde waardes en effektiwiteit regeer sal  word.
Die wingerde sal swaar dra aan druiwe. Die aarde sal sy opbrengs lewer en die hemel sal dou lewer;
Maak seker dat die regspraak in julle howe regverdig is en tot vrede lei.
Gesonde Lewenswyse
Waar
Gesonde families (Huwelike) ‘n kenmerk is.
Mense hulle finansies wys bestuur.
Daar effektiewe gesondheidsorg is.
Mense die waarde van gesond leef, eet en oefen sal besef en toepas.
Mense deur kuns die mooi van die lewe sal ontdek.
“Ou mans en vroue sal weer op die pleine van Jerusalem sit, elkeen met ’n kierie omdat hulle so oud is
Dit word nou feeste van vrolikheid en vreugde





No comments:

Post a Comment